Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Esra 4

Die Samaritane verhinder die bou van die tempel.

1

EN toe die 1teëstanders van Juda en Benjamin hoor dat die 2ballinge ’n tempel bou vir die HERE, die God van Israel,

2

het hulle aangekom na Serubbábel en na die familiehoofde en aan hulle gesê: 3Laat ons saam met julle bou, want net soos julle soek ons julle God, en aan 4Hom offer ons van die dae van a5Esar-Haddon af, die koning van Assirië, wat ons hierheen laat optrek het.

3

Maar Serubbábel en Jésua en die ander familiehoofde van Israel het aan hulle gesê: Dit sal 6nie gaan dat julle saam met ons ’n huis vir onse God bou nie, maar óns 7alleen sal vir die HERE, die God van Israel, dit bou bsoos koning Kores, die koning van Persië, ons beveel het.

4

Toe het die 8volk van die land die hande van die volk van Juda 9laat verslap en hulle afgeskrik om nie te bou nie.

5

En hulle het raadgewers teen hulle gehuur om 10hulle plan te verydel al die dae van Kores, die koning van Persië, tot op die regering van 11Daríus, die koning van Persië.

6

En onder die regering van 12Ahasvéros, in die begin van sy regering, het hulle ’n aanklag geskrywe teen die inwoners van Juda en Jerusalem.

7

En in die dae van 13Artasásta het 14Bislam, Mítredat, Tábeël en 15sy ander 16partygenote aan Artasásta, die koning van Persië, geskrywe; en die skrif van die brief was Aramees geskrywe en in Aramees 17vertaal.

8

Rehum, die 18bevelhebber, en Simsai, die 19skrywer, het ’n brief geskrywe teen Jerusalem aan Artasásta, die koning, van 20die volgende inhoud:

9

Rehum, die bevelhebber, en Simsai, die skrywer, en hulle ander partygenote, die 21Dinaïete, die Afarsatgiete, die Tarpeliete, die Afarsiete, die Arkewiete, die Babiloniërs, die Susangiete, 22naamlik die Elamiete,

10

en die ander volke wat die groot en beroemde 23Asnappar weggevoer en in die 24stad Samaría en die orige gebied wes van die Eufraat laat woon het. 25En nou —

11

dit is ’n afskrif van die brief wat hulle aan hom gestuur het: Aan koning Artasásta, u dienaars, die 26manne wes van die Eufraat. En nou —

12

aan die koning word bekend gemaak dat die Jode wat van u af na ons opgetrek het, in Jerusalem aangekom het. Hulle is besig om die rebelse en slegte stad op te bou: die mure voltooi hulle en die fondamente 27herstel hulle.

13

Laat dit nou aan die koning bekend wees dat hulle, as dié stad opgebou en die mure voltooi is, geen 28belasting, 29opbrings of 30tol sal gee nie — 31wat aan die 32inkomste van die konings skade sal doen.

14

Aangesien ons nou die 33sout van die paleis geëet het en dit ons nie pas om die 34smaad van die koning aan te sien nie, daarom stuur ons en laat die koning weet,

15

dat hulle kan nasoek in die 35kroniekboek van u vaders; dan sal u in die kroniekboek vind en daaruit 36verneem dat dié stad ’n rebelse stad was wat aan konings en provinsies skade gedoen het, en dat hulle 37van ouds af daarin oproer 38verwek het; daarom is dié stad verwoes.

16

Ons maak die koning bekend dat, as dié stad opgebou en die mure voltooi word, 39u daardeur geen deel sal hê wes van die Eufraat nie.

17

Die koning het as antwoord gestuur: Aan Rehum, die bevelhebber, en Simsai, die skrywer, en hulle ander 40partygenote wat in Samaría en in die orige gebied wes van die Eufraat woon: 41Heil! En nou —

18

die brief wat julle aan ons gestuur het, is aan my 42in vertaling voorgelees.

19

En deur my is bevel 43gegee, en hulle het gesoek en gevind dat dié stad 44van ouds af hom teen konings versit, en dat rebellie en oproer daarin verwek is.

20

En magtige konings was daar oor Jerusalem wat geheers het oor die hele gebied wes van die Eufraat, en belasting, opbrings en tol is aan hulle gegee.

21

Gee nou bevel dat 45dié manne moet ophou en hierdie stad nie opgebou mag word totdat deur my bevel gegee sal word nie.

22

En wees gewaarsku om hierin geen nalatigheid te begaan nie, dat daar nie groter skade tot nadeel van die konings ontstaan nie.

23

Net toe die afskrif van die brief van Artasásta, die koning, aan Rehum en Simsai, die skrywer, en hulle partygenote voorgelees is, het hulle haastig na Jerusalem, na die Jode gegaan en hulle met 46geweld en mag laat ophou.

24

Toe het die werk aan die huis van God wat in Jerusalem is, opgehou; en dit is gestaak tot op die tweede jaar van die regering van 47Daríus, die koning van Persië.

1 Sien oor hulle verse 7-9.

2 Hebr. kinders van die wegvoering, gevangenskap, dit is, wat weggevoer was na en in gevangenskap was in Babel; so ook dikwels in dit wat volg.

a 2 Kon. 17:29, ens. 3 Hulle het vriendskap en gemeenskap aan die diens van God geveins, maar onder hierdie dekmantel wou hulle die goeie werk belemmer, of hul afgodery in die tempel invoer of met die suiwer godsdiens vermeng. Sien 2 Kon. 17:29-34. Daarom is hierdie huigelagtige versoek van hulle afgewys.

4 Anders: ons offer nie.

5 Hy was Sánherib se seun en het ná hom geregeer, 2 Kon. 19:37.

b Esra 1:1-3. 6 Hebr. nie julle en ons nie; of: julle en ons het nie, naamlik met mekaar te doen in hierdie saak nie.

7 So kan die Hebreeuse woordjie jagad (wat dikwels tesame, tegelyk, met mekaar, byeen, ineen beteken) hier goed gebruik word, soos jagid ook ’n enkeling, eenling, eensame beteken. Anders: ons wat hier byeen is, sal, ens. Of: ons alleen sal met mekaar, ens. Sien ook Job 34:29. Ps. 33:15.

8 Soos in Esra 3:3.

9 Dit is, het die lus en ywer van God se volk gebreek, en hulle flou en traag gemaak in die bouwerk.

10 Naamlik die goeie voorneme van die Jode.

11 Hebr. Darjawesj. Sien vers 24 se kanttekening.

12 Hebr. Agasjwerosj, anders Assuerus genoem. Daar is verskeie menings oor wie hy was. Sommige verstaan Kambuses, die seun van Kores, ander die beroemde Xerxes.
13 Hebr. Artagsjasta, anders Artaxerxes genoem, wat sommige meen Artaxerxes Longimanus was, dit is, Langhand.

14 Dit kan ’n eienaam wees, asook die betekenis hê van in vrede, dit is, in tyd van vrede, stilswyende, toe die Jode nie daaraan gedink het nie. Of: vreedsaam, dit is, met toewensing van vrede aan die koning.

15 Aram. ander, en so in dit wat volg, dit is, die res.

16 Verstaan die ander lede van die raad, wat die konings van Persië in hierdie gebiede, wat oorkant die Eufraat geleë was, aangestel het.

17 Dit is, geskryf nie net met Aramese letters nie, maar ook met Aramese woorde, soos sommige dit verklaar. Aramees of Siries was die taal wat die Jode in Babilonië bykomend geleer het.

18 Aram. heer of meester van die raad; dit is, president van die raad, of kanselier.

19 Of sekretaris.

20 Of: op hierdie manier, aldus, soos volg, soos ons sal sê, ens.

21 Dit is alles name van verskeie heidense volke, wat die koning van Assirië oorgestuur het, om in die plek van die tien stamme van Israel te gaan woon, waaruit ’n raad van die koning aangestel is tot sy diens in hierdie streke.

22 Of: die Dehawiete, die Elamiete.

23 In vers 2 Esar-Haddon genoem.

24 Anders: stede van die Samaritane.

25 Of: op hierdie tydstip. Aram. Ke’enet. Dit wil voorkom of dit die datering, wat boaan geskryf is, of paragrafering van die brief is, soos baie dit vandag nog doen. So ook in vers 11, vers 17 in die koning se antwoord, en in Esra 7:12. Uit hierdie verwysings word afgelei dat Ke’enet nie die naam van ’n sekere volk is nie, soos sommige meen.

26 Aram. die man, of: die mens, dit is, elkeen.
27 Aram. eintlik: aanmekaar werk of lap.
28 Die Aramese woord beteken eintlik maat, en gevolglik heffing of belasting, wat elkeen volgens die maat van sy goed aan die koning moes gee, Neh. 5:4. Sien ook vers 20 en Esra 7:24.

29 Dit is, belasting wat vroeër algemeen op allerlei koophandel gehef was. Anders: heffing per kop.

30 Tol wat gehef word op hawens, hoofpaaie, bevaarbare riviere, ens. Sommige maak van hierdie drie soorte heffing slegs twee, en vertaal dit aldus: hulle sal die belasting en tol nie gee nie.

31 Indien u (koning) hulle voorneme nie belet nie. Anders: dit, naamlik Jerusalem, sal, ens.

32 Of: die skatkamer.

33 Aram. die sout van die paleis gesout het, of: met die sout, ens. Dit is, omdat ons in die koning se paleis opgevoed is en ons van daar salaris ontvang; of: met soldy besoldig word. So word salaris (wat van sout kom), asook soldy en nog ander maniere van spreek vandag gebruik, omdat sout nodig is vir ’n mens se onderhoud; soos die woord brood ook in die algemeen vir ’n mens se onderhoud gebruik word.

34 Aram. eintlik: naaktheid, blootheid, ontbloting, wat deur sommige verstaan word as die berowing van sy middele, uit die voorgaande vers.

35 Aram. boek van die gedagtenisse.

36 Dit is, bevind.

37 Aram. van die dae van ewigheid. So ook in vers 19.

38 Aram. gemaak. So ook in vers 19.

39 Dit is, hulle sal alles wat u aan hierdie kant van die Eufraat besit, van u vervreem en afvallig maak.
40 Dit is, ampsgenote, of metgeselle.

41 Aram. Sjelam en Ke’et. Vgl. vers 10. Ander verstaan beide as name van plekke waar Rehum en Simsai gewoon het.

42 Of: duidelik.
43 Aram. gestel. En so ook dikwels in dit wat volg.

44 Soos in vers 15.

45 Naamlik, die Jode.
46 Aram. met arm en mag. Dit is, met gewapende mag.
47 Hier verstaan sommige Daríus, die seun van Histaspes, wat ná Kambuses geregeer het. Ander meen dit was Daríus Nothus, wat geregeer het ná Artaxerxes Longimanus en vóór Artaxerxes Mnemon. Die aandagtige leser sal self hieroor kan oordeel deur geskiedkundige bronne te raadpleeg.