Statevertaling – Bybelstigting
Koning Artasásta stuur Esra na Jerusalem om die diens van God te herstel.
EN ná hierdie gebeurtenisse, onder die regering van 1Artasásta, die koning van Persië, het Esra, 2die seun van Serája, die seun van Asárja, die seun van Hilkía,
die seun van Sallum, die seun van Sadok, die seun van Ahítub,
die seun van Amárja, die seun van Asárja, die seun van Mérajot,
die seun van Serágja, die seun van Ussi, die seun van Bukki,
die seun van Abisúa, die seun van Pínehas, die seun van Eleásar, die seun van Aäron, die 3hoëpriester,
het hierdie Esra opgetrek uit Babel; en hy was ’n 4skrifgeleerde, vaardig in die wet van Moses wat die HERE, die God van Israel, gegee het; en die koning het, 5omdat die hand van die HERE sy God oor hom was, al sy begeertes ingewillig.
Ook van die kinders van Israel en van die priesters en die 6Leviete en die sangers en die poortwagters en die 7tempelbediendes het na Jerusalem opgetrek in die sewende jaar van koning Artasásta.
En hy het in Jerusalem gekom in die 8vyfde maand; dit was die sewende jaar van die koning.
Want op die eerste van die 9eerste maand 10het hy die optog uit Babel gereël, en op die eerste van die vyfde maand het hy in Jerusalem aangekom, 11omdat die goeie hand van sy God oor hom was.
Want Esra het sy hart daarop gerig om die wet van die HERE te ondersoek en te betrag, en om Israel die 12insettinge en verordeninge te leer.
En dit is die afskrif van die brief wat koning Artasásta gegee het aan Esra, die priester-skrifgeleerde, wat skrifgeleerd was in die woorde van die gebooie en insettinge van die HERE oor Israel:
Artasásta, die koning van die konings, aan die priester Esra, skrifgeleerde in die wet van die God van die hemel, 13volkome vrede! 14En nou —
deur my is bevel gegee dat elkeen van die volk van Israel en van sy priesters en Leviete wat in my koninkryk gewillig is om na Jerusalem te trek, met jou mag saamtrek;
omdat jy vanweë die koning en sy 15sewe raadsmanne gestuur is om oor Juda en in Jerusalem 16ondersoek te doen volgens die wet van jou God 17wat in jou hand is,
en om die asilwer en goud weg te bring wat die koning en sy raadsmanne vrywillig gee aan die God van Israel wie se woning in Jerusalem is,
en al die silwer en goud wat jy 18sal vind in die hele provinsie Babel saam met die vrywillige gawes van die volk en die priesters wat vrywillig gee vir die huis van hulle God wat in Jerusalem is.
19Daarom moet jy sorgvuldig met hierdie geld koop bulle, ramme, lammers met die spysoffers en drankoffers wat daarby behoort, en dit op die altaar van die huis van julle God in Jerusalem offer.
En wat jy en jou broers goedvind om met die orige silwer en goud te doen, kan julle doen volgens die wil van julle God.
Maar die voorwerpe wat aan jou gegee word vir die diens van die huis van jou God, moet jy aflewer voor die God van Jerusalem.
En die ander benodigdhede vir die huis van jou God wat jy sal moet gee, mag jy gee uit die skathuis van die koning.
En deur my, koning Artasásta, is bevel gegee aan al die skatmeesters wat wes van die Eufraat is, dat alles wat Esra, die priester, die skrifgeleerde in die wet van die God van die hemel, van julle vra, sorgvuldig gedoen moet word,
tot honderd 20talente silwer en tot honderd 21kor koring en tot honderd bat wyn en tot honderd bat olie toe en sout 22sonder beperking.
Alles wat volgens die bevel van die God van die hemel is, moet stiptelik uitgevoer word vir die huis van die God van die hemel; want waarom sou daar ’n 23toorn kom oor die koninkryk van die koning en sy seuns?
En ons maak julle bekend dat wat betref al die priesters en Leviete, sangers, poortwagters, tempelbediendes of dienaars van hierdie huis van God, niemand gemagtig is om hulle 24belasting, opbrings of tol op te lê nie.
En jy, Esra, volgens die wysheid 25van jou God wat jy besit, stel 26owerhede en regters aan om vir die hele volk wat wes van die Eufraat is, reg te spreek, almal wat die wette van jou God ken; en wie dit nie ken nie, moet julle dit leer.
En elkeen wat die wet van jou God en die wet van die koning nie doen nie, teen hom moet 27geregtelik opgetree word, hetsy ter dood of tot 28verbanning of geldboete of gevangenisstraf.
29Geloofd sy die HERE, die God van ons vaders, wat so iets in die hart van die koning gegee het, om die huis van die HERE wat in Jerusalem is, te versier;
en wat my 30guns laat vind het voor die koning en sy raadsmanne en voor al die magtige vorste van die koning. Toe het ek 31moed geskep, 32omdat die hand van die HERE my God oor my was, en ek het die hoofde uit Israel versamel om saam met my op te trek.
| 1 Sien Esra 6:14 se kanttekening.
2 Vgl. 1 Kron. 6:4, ens., waar meer voorouers van Esra genoem word as hier, maar hier is enkele ter wille van bondigheid uitgelaat. |
| 3 Of: hoofpriester. Sien 2 Kon. 25:18 se kanttekening. |
| 4 Hebr. skrywer, waardeur iemand verstaan word wat in die Heilige Skrif behoorlik geoefen en ’n leraar of onderwyser is, of as een geag word. Dieselfde woord word ook dikwels in die Nuwe Testament gebruik. Sien verse 11, 21. Jer. 8:8. Vgl. Ps. 45:2.
5 Dit is, omdat die HERE met hom was en sy voorneme geseën het, terwyl Hy die sake deur sy goddelike voorsienigheid bestuur het, volgens Esra se wens. Vgl. vers 9, 28, asook Esra 8:18 en Neh. 2:8. |
| 6 Dit word hier in die algemeen gesê, maar lees in Esra 8:15, ens. hoe die Leviete onderweg by Esra aangesluit en saam opgetrek het.
7 Sien Esra 2:43 se kanttekening. |
| 8 Genaamd Ab, wat ooreenkom met ’n deel van Julie en ’n deel van Augustus. |
| 9 Genaamd Abib of Nisan.
10 Of: was die grondlegging, fondasie of begin van die optog. ’n Mens kan dit verstaan as die beoogde plan van die optog. Die optog het eintlik plaasgevind op die twaalfde van die eerste maand, sien Esra 8:31. 11 Vgl. vers 6 met die kanttekening daar, en vers 28. |
| 12 Hebr. insetting en verordening. |
| 13 Anders: die volkome skrifgeleerde.
14 Sien Esra 4:10 se kanttekening. |
| 15 Vgl. Est. 1:14.
16 Om vas te stel of die wet van God goed onderhou word of nie, en om alles wat vervalle was, volgens die wet weer op te rig en te verbeter. 17 Dit is, wat jy steeds by jou het of saamneem, waarmee jy omgaan en wat jy vaardig kan gebruik. So ook in vers 25. |
| a Esra 8:25. |
| 18 Dit is, kan bekom of verkry. |
| 19 Of: Sodat jy, ens. |
| 20 Sien oor ’n talent Ex. 25:39 se kanttekening.
21 Sien oor hierdie mate, kor en bat, 1 Kon. 4:22 en 7:26 se kanttekeninge. 22 Hebr. sonder voorskrif, dit is, sonder om ’n maat daarvan voor te skryf, of: soveel as wat benodig sal word. |
| 23 Hy wil sê dat hy sekerlik God se toorn en straf oor hom, sy ryk en seuns sou bring, indien hy anders sou doen. |
| 24 Sien Esra 4:13 se kanttekening. |
| 25 Dit is, wat jou God aan jou gegee of in jou gewerk het; of verstaan die wet van God waarin die wysheid van God geopenbaar is, soos in vers 14.
26 Anders: regters en ondersoekers van sake. |
| 27 Of: spoedig, deeglik, volledig.
28 Aram. ontworteling; omdat ’n mens se vaderland of geboorteplek soos ’n akker is, waarin hy geplant en gewortel is, en die verdrywing daaruit is soos ’n ontworteling. |
| 29 Dit is nou die woorde van Esra. Hebr. Geseënd. |
| 30 Of: goedertierenheid, weldadigheid.
31 Of: my versterk. 32 Vgl. vers 6 se kanttekening. |