Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Esra 8

Register van Juda wat saam met Esra teruggegaan het. Hulle reis.

1

EN dit is hulle familiehoofde, met hulle geslagsregister, wat saam met my onder die regering van koning Artasásta uit Babel opgetrek het:

2

van die 1kinders van Pínehas: Gersom; van die kinders van Ítamar: Daniël; van die kinders van Dawid: Hattus,

3

van die kinders van Segánja; van die kinders van Parhos: Sagaría, en saam met hom in die register opgeneem, aan manspersone, honderd-en-vyftig;

4

van die kinders van Pahat-Moab: Eljehóënai, die seun van Serágja, en saam met hom tweehonderd manspersone;

5

van die kinders van Sattu: Segánja, die seun van Jahásiël, en saam met hom driehonderd manspersone;

6

en van die kinders van Adin: Ebed, die seun van Jónatan, en saam met hom vyftig manspersone;

7

en van die kinders van Elam: Jesaja, die seun van Atálja, en saam met hom sewentig manspersone;

8

en van die kinders van Sefátja: Sebádja, die seun van Mígael, en saam met hom tagtig manspersone;

9

van die kinders van Joab: Obádja, die seun van Jéhiël, en saam met hom tweehonderd-en-agttien manspersone;

10

en van die kinders van Bani: Selómit, die seun van Josífja, en saam met hom honderd-en-sestig manspersone;

11

en van die kinders van Bébai: Sagaría, die seun van Bébai, en saam met hom agt-en-twintig manspersone;

12

en van die kinders van Asgad: Jóhanan, die seun van Hakkátan, en saam met hom honderd-en-tien manspersone;

13

en van die kinders van Adoníkam 2wat later gekom het, en dit was hulle name: Elifélet, Jeï-el en Semája, en saam met hulle sestig manspersone;

14

en van die kinders van Bigwai: Útai en Sabbud, en saam met hom sewentig manspersone.

15

En ek het hulle versamel by die rivier wat 3na 4Áhawa loop, en ons het daar drie dae laer opgeslaan; en ek het op die volk en die priesters ag gegee, maar van die 5kinders van Levi daar nie aangetref nie.

16

Daarom het ek Eliëser, Áriël, Semája en Élnatan en Jarib en Élnatan en Natan en Sagaría en Mesúllam, die hoofde, en Jójarib en Élnatan, die 6leraars, 7gestuur

17

en hulle bevel gegee aan Iddo, die 8hoof in die plek 9Kasífja; en ek het die woorde in hulle mond 10gelê wat hulle met Iddo, en 11sy broers, die 12tempelbediendes in die plek Kasífja, moes spreek, dat hulle vir ons dienaars vir die huis van onse God moes bring.

18

En hulle het vir ons, 13omdat die goeie hand van onse God oor ons was, verstandige manne uit die kinders van Magli, die seun van Levi, die seun van Israel, gebring, 14naamlik Serébja met sy seuns en sy broers, agttien;

19

en Hasábja, en saam met hom Jesaja, van die kinders van Merári, sy broers en hulle seuns, twintig;

20

en van die tempelbediendes wat 15Dawid en die owerstes vir die diens van die Leviete gegee het, tweehonderd-en-twintig tempelbediendes wat almal met hulle name aangewys was.

21

Toe het ek daar ’n vastyd uitgeroep aan die rivier 16Áhawa, om ons te 17verootmoedig voor die aangesig van onse God ten einde van Hom ’n 18voorspoedige reis te vra vir ons en ons families en al ons goed.

22

Want ek was skaam om van die koning ’n leër en perderuiters te vra om ons te help teen vyande op die pad, omdat ons met die koning gespreek en gesê het: Die hand van onse God is 19ten goede oor almal wat Hom soek, maar sy 20krag en sy toorn oor almal wat Hom verlaat.

23

So het ons dan gevas en onse God dit gevra, en Hy 21het ons verhoor.

24

Toe het ek van die priesterowerstes twaalf afgesonder: Serébja, Hasábja en tien van hulle broers saam met hulle.

25

En ek het vir hulle die asilwer en die goud en die voorwerpe afgeweeg, die offergawe aan die huis van onse God wat die koning en sy raadsmanne en sy vorste en die hele Israel wat aanwesig was, aangebied het.

26

En ek het in hulle hand afgeweeg: seshonderd-en-vyftig 22talente silwer en 23silwervoorwerpe van honderd talente, honderd talente in goud,

27

en twintig goue bekers van duisend 24darieke en twee mooi 25goudgeel voorwerpe van koper, kosbaar soos goud.

28

En ek het vir hulle gesê: Julle is 26heilig aan die HERE, en die voorwerpe is heilig, en die silwer en die goud is ’n vrywillige gawe aan die HERE, die God van julle vaders.

29

Waak daaroor en bewaar dit, totdat julle dit afweeg 27voor die owerstes van die priesters en die Leviete en die familie-owerstes van Israel in Jerusalem, in die 28vertrekke van die huis van die HERE.

30

Toe het die priesters en die Leviete die gewig van die silwer en die goud en die voorwerpe ontvang om dit na Jerusalem, na die huis van onse God te bring.

31

Daarna het ons weggetrek van die rivier Áhawa af op die twaalfde van die 29eerste maand, om na Jerusalem te gaan; en die 30hand van onse God was oor ons, sodat Hy ons gered het uit die hand van die vyand en die wat ons voorlê op die pad.

32

En ons het in Jerusalem aangekom en daar 31drie dae gebly.

33

En op die vierde dag is die silwer en die goud en die voorwerpe in die huis van onse God afgeweeg 32onder bewaring van die priester Méremot, die seun van Uría, en by hom was Eleásar, die seun van Pínehas, en by hulle Jósabad, die seun van Jésua, en Noádja, die seun van Bínnuï, die Leviete —

34

volgens getal en gewig van alles; en tegelykertyd is die hele gewig opgeskrywe.

35

Hulle wat uit die gevangenskap gekom het, die seuns van die ballingskap, het brandoffers gebring aan die God van Israel: twaalf bulle vir die hele Israel, ses-en-negentig ramme, sewen-en-sewentig lammers, twaalf bokke as sondoffer — dit alles as brandoffer aan die HERE.

36

En hulle het die 33bevelskrifte van die koning gegee aan die landvoogde van die koning en die goewerneurs wes van die Eufraat, en dié het die volk en die huis van God 34ondersteun.

1 Of: seuns, dit is, nakomelinge, en so in dit wat volg.
2 Dit word gesê ten opsigte van die ander kinders, wat eerste saam met Serubbábel opgetrek het. Of: laasgeborenes, soos sommige verstaan.
3 Anders: aan, of: in.

4 Hierdeur verstaan sommige Adiabene, ’n gebied in Assirië, só genoem, na hulle mening, na die vernaamste rivier Adíava of Zab. Ander verstaan deur die woord rivier, wat in die teks genoem word, die Eufraat en deur Áhawa ’n ander rivier, wat in die Eufraat uitmond, of wat met die Eufraat saamvloei. Sien verse 21, 31.

5 Verstaan die Leviete, want van die priesterlike linie (wat ook uit die stam van Levi was) was daar enkele. Sien vers 2, en verder Esra 7:7 met die kanttekening.

6 Hebr. eintlik: hulle wat verstandig maak, verstand gee, dit is, hulle wat onderrig of leer; of: verstandiges, aangesien die Hebreeuse woord op beide maniere gebruik word, soos in Dan. 11:33; 12:3.

7 Of: laat kom om ’n bevel te ontvang wat bestem was vir Iddo. Sien die volgende vers.

8 Dit wil voorkom of hy die hoof leermeester was van die Leviete wat daar gewoon het.

9 Sommige meen dat dit die land van die Kaspiërs is, waar die groot meer was, Mare Caspium (Kaspiese See) of Hirkanum (Hirkaniese See) genoem, tussen die Kaspiese en Hirkaniese berge; van waar (hoewel dit ver van daar af was) hulle nogtans, deur God se seën, deur hulp van die koning se bevel en deur die gewoonlik oral beskikbare Persiese posperde, vinnig oorgekom het.

10 Soos in 2 Sam. 14:3, ens.

11 Hebr. Agiu, wat sommige as ’n eienaam verstaan.

12 Sien Esra 2:43 se kanttekening. Anders: aangesteldes. Hebr. hulle wat gegee is.

13 Soos in vers 31. Esra 7:6 en die kanttekening.

14 Hebr. en.

15 Toe hy die Leviete se dienste ingestel het, 1 Kronieke 25; 26. Sien ook Jos. 9:21. 1 Kron. 9:2.
16 Anders: van Áhawa. So ook in vers 31.

17 Vgl. Lev. 16:29 se kanttekening.

18 Dat Hy ons sal begelei, beskerm en voorspoedig in Jerusalem bring.

19 Om hulle te beskerm.

20 Om hulle met sy almagtige en straffende hand te bedwing, of te verdelg.

21 Of: het van Hom laat afbid. Sien Gén. 25:21 se kanttekening.
a Esra 7:14, 15.
22 Sien Ex. 25:39 se kanttekening.

23 Of: honderd silwervoorwerpe in talente. ’n Mens kan dit so verstaan dat elke stuk ’n talent geweeg het.

24 Sien Esra 2:69 se kanttekening.

25 Volgens sommige: baie blinkende.

26 Hebr. ’n heiligheid.
27 Hebr. voor die aangesig.

28 Sien 1 Kon. 6:5 se kanttekening. Neh. 10:39; 12:44; 13:4, 5, 9.

29 Sien Esra 7:9 en die kanttekening.

30 Soos in vers 18.

31 Dit is, ons het ons so lank stilgehou, en het uitgerus.
32 Hebr. op die hand van.
33 Dit is, wette, bevele, verordeninge.

34 Hebr. hulle het opgehef, opgelig, dit is, hulle het gehelp en was hulle goedgesind in alles, volgens die koning se bevel. Sien Esra 1:4 se kanttekening.