Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Esra 9

Rou en gebed van Esra oor volksondes van vermenging met die heidene.

1

EN toe dit klaar was, het die owerstes na my gekom en gesê: Die volk van Israel en die priesters en die Leviete het hulle nie afgesonder van die 1volke van die lande, wat hulle gruwels betref nie, naamlik van die Kanaäniete, Hetiete, Feresiete, Jebusiete, Ammoniete, Moabiete, Egiptenaars en Amoriete.

2

Want hulle het van húlle dogters vir hulleself en vir hul seuns geneem, sodat die 2heilige geslag hom met die volke van die lande vermeng het; en die owerstes en die 3leiers het in hierdie ontrou 4eerste die hand gehad.

3

En toe ek dit hoor, het ek my kleed en my mantel 5geskeur en 6van die hare van my hoof en my baard uitgepluk en 7verslae neergesit.

4

En by my het byeengekom almal 8wat gebeef het vir die woorde van die God van Israel, oor die ontrou van die 9ballinge; maar ek het verslae bly sit tot die 10aandoffer toe.

5

Maar op die tyd van die aandoffer het ek opgestaan uit my 11verootmoediging; en terwyl ek my kleed en my mantel skeur, het ek op my knieë my gebuig en my hande uitgebrei na die HERE my God

6

en gesê: My God, ek voel te beskaamd en verleë om my aangesig tot U, my God, op te hef, want ons ongeregtighede het oor ons hoof agegroei, en ons skuld is 12hemelhoog.

7

Van die dae van ons vaders af tot vandag toe is ons in ’n groot skuld, en oor ons ongeregtighede is ons self, ons konings, ons priesters oorgegee in die hand van die konings van die lande, aan die swaard, aan gevangenskap en aan plundering en beskaming van die aangesig soos dit vandag is.

8

En nou was daar vir ’n klein oomblik genade van die kant van die HERE onse God, om 13vrygeraaktes vir ons te laat oorbly en ons ’n 14pen te gee in sy 15heilige plek, sodat onse God ons 16oë verhelder het en ons ’n bietjie 17verademing geskenk het in ons diensbaarheid.

9

Want slawe is ons; in ons slawerny egter het onse God ons nie verlaat nie, maar Hy het ons 18guns laat vind voor die konings van Persië, sodat hulle ons verademing geskenk het om die huis van onse God weer op te rig en sy 19puinhope te herstel en ons ’n 20muur te gee in Juda en Jerusalem.

10

En wat sal ons nou ná hierdie dinge sê, onse God? Want ons het u gebooie verlaat

11

wat U 21deur u knegte, die profete, beveel het deur te sê: bDie land waar julle inkom om dit in besit te neem, is ’n 22onrein land vanweë die onreinheid van die volke van die lande, deur hulle gruwels waarmee hulle dit 23van die een end tot die ander vervul het in hulle onreinheid.

12

Gee dan nou julle dogters nie aan hulle seuns en neem hulle dogters nie vir julle seuns nie, en soek tot in ewigheid nie hulle 24vrede en 25geluk nie, sodat julle kan sterk word en die goeie van die land geniet en dit aan julle kinders as besitting kan gee tot in 26ewigheid.

13

En ná alles wat oor ons gekom het vanweë ons slegte dade en ons groot skuld — 27want U, onse God, het ons minder toegereken as wat ons ongeregtighede verdien het, en aan ons nog soveel vrygeraaktes gegee —

14

sal ons weer u gebooie verbreek en ons verswaer met hierdie gruwelike volke? Sal U nie op ons vertoorn wees, totdat ons vernietig is, sodat daar geen oorblyfsel of vrygeraakte meer is nie?

15

HERE, God van Israel, U is 28regverdig; want ons het as vrygeraaktes oorgebly soos dit vandag is. Hier is ons in ons skuld voor u aangesig, want niemand kan 29om sulke dinge voor u aangesig bestaan nie.

1 Wat aan die heidense gruwels van afgodery bly vashou het, met wie God sy volk uitdruklik verbied het om te trou. Sien Deut. 7:2, 3, ens., en elders.
2 Hebr. heilige saad, wat Israel was vanweë die verbond wat God met Abraham en sy nageslag gesluit het. Vgl. Gén. 6:2. 1 Kor. 7:14.

3 Of: regeerders, magistrate, vooraanstaandes.

4 Sodat hulle hierdeur vir ander ’n slegte voorbeeld gestel het.

5 Sien Gén. 37:29 se kanttekening.

6 Nie uit vertwyfeling of bygeloof nie (wat verbied word in Lev. 19:27), maar uit besonder groot droefheid en ontsteltenis oor hierdie gruwel.

7 Of: verbaas, eensaam.

8 Dit is, wat die HERE en sy woord van harte gevrees het. Vgl. Jes. 66:2, 5.

9 Hebr. van die wegvoering; soos voorheen, en dikwels elders.

10 Sien Ex. 29:39, 41. Núm. 28:4 se kanttekening.

11 Anders: bedruktheid, droefheid.
a Ps. 38:5. 12 Vgl. 2 Kron. 28:9 se kanttekening.
13 Hebr. ontkoming, bevryding. Dit is, sommige wat ontkom het; so ook in verse 13-15.

14 Dit is, enige vastigheid van ons toestand. Vgl. Jes. 22:23.

15 Hebr. in die plek van sy heiligheid.

16 Dit is, ons verkwik het. Vgl. 1 Sam. 14:27, 29.

17 Dit is, herstelling, verkwikking, rus.

18 Soos in Esra 7:28.

19 Dit is, om die vervalle huis van God en die godsdiens te herstel.

20 Dit is, soos ’n muur wat van los klippe rondom wingerde gepak is; hy wil sê dat God begin het om hulle enigsins te beveilig teen die omliggende vyande.

b Lev. 18:25, 27. Deut. 7:3. 21 Hebr. deur die hand van u knegte.

22 Hebr. land van afsondering; ’n beeld van ’n vrou of iemand anders, wat vanweë enige onreinheid van die geselskap van mense afgesonder word. Sien Lev. 12:2 en Núm. 19:9 se kanttekeninge, ens.

23 Hebr. van mond tot mond; dit is, oral, van die een end tot die ander, of só dat die een onreinheid gedurig op die ander gevolg het. Vgl. 2 Kon. 10:21; 21:16.

24 Dit is, hulle welstand. Sien Deut. 23:6.

25 Hebr. goed.

26 Sien Gén. 17:7 se kanttekening.

27 Dit is, God het sy dreigement in Deut. 28:43 nie oor ons uitgevoer nie. Anders: want U, onse God, het belet dat ons tot niet is vanweë ons ongeregtigheid. Of: U het U, of u toorn, u roede teruggehou onder ons ongeregtigheid.
28 Dit is, God hou sy verbondsbeloftes, om die Messías se ontwil, wat aan God se geregtigheid vir die volk se sondes sal voldoen; wat hieruit blyk dat ons vrygeraak het, hoewel belas met ’n groot skuld, waarmee ons nie voor u aangesig kan bestaan nie, indien U met ons volgens ons verdienste sou handel. Vgl. Neh. 9:8, ens.

29 Anders: met sulke dinge.