Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Exodus 17

Water uit die rots.

1

DAAROP het die hele vergadering van die kinders van Israel, 1volgens die bevel van die HERE, 2van plek tot plek uit die woestyn Sin getrek en laer opgeslaan in 3Ráfidim. En daar was geen water vir die volk om te drink nie.

2

Toe twis die volk met Moses en sê: Gee 4julle vir ons water om te drink. Maar aMoses antwoord hulle: Wat twis julle met my? Waarom 5versoek julle die HERE?

3

Maar die volk het daar gesmag na water, en 6die volk het teen Moses gemurmureer en gesê: Waarom het u ons dan uit Egipte laat optrek om my en my kinders en my vee van dors te laat omkom?

4

Toe het Moses die HERE aangeroep en gesê: Wat moet ek met hierdie volk doen? Dit 7skeel maar min of hulle stenig my.

5

En die HERE het Moses geantwoord: 8Trek voor die volk uit, en neem 9van die oudstes van Israel met jou saam; en neem jou staf b10waarmee jy die Nyl geslaan het, in jou hand en gaan weg.

6

cKyk, Ek sal daar voor jou by die rots op Horeb staan; dan moet jy die rots slaan, en daar sal water uit kom, dat die volk kan drink. En Moses het so gedoen voor die oë van die oudstes van Israel

7

en die plek 11Massa en 12Mériba genoem vanweë die twis van die kinders van Israel en omdat hulle die HERE versoek het deur te sê: Is die HERE in ons midde of nie?

Oorwinning oor Ámalek.

8

dDAAROP het 13Ámalek gekom om 14teen Israel by Ráfidim te veg.

9

En Moses het aan Josua gesê: Kies vir ons manne en trek uit, veg teen Ámalek. Môre sal ek op die 15top van die heuwel staan met 16die staf van God in my hand.

10

En Josua het gedoen soos Moses aan hom gesê het, om te veg teen Ámalek. Maar Moses, Aäron en 17Hur het op die top van die heuwel geklim.

11

En telkens as Moses sy hand ophou, was Israel die sterkste; maar as hy sy hand laat sak, was Ámalek die sterkste.

12

Maar die hande van Moses het swaar geword; daarom het hulle ’n klip geneem en dit onder hom neergelê, dat hy daarop kon sit. En Aäron en Hur het sy hande ondersteun, 18die een duskant en die ander anderkant. So het sy hande dan vas gebly tot sononder.

13

En Josua het 19Ámalek en sy volk met die 20skerpte van die swaard ’n 21neerlaag toegebring.

14

Toe sê die HERE vir Moses: Skrywe dit as ’n aandenking 22in ’n boek 23en prent dit Josua in, edat Ek die gedagtenis van Ámalek 24onder die hemel 25heeltemal sal uitdelg.

15

En Moses het ’n altaar gebou en dit genoem: 26Die HERE is my banier.

16

En hy het gesê: Waarlik, 27die hand op die troon van die HERE! fOorlog het die HERE teen Ámalek van geslag tot geslag.

1 Hebr. op of na die mond.

2 Hulle dagreise was soos volg: van Sin tot Dofka, van Dofka tot Alus, van Alus tot Ráfidim, Núm. 33:12-14. Moses vermeld in hierdie hfst. nie al die reise of stilhouplekke van die volk nie, maar slegs dié waar iets besonders gebeur het.

3 Ráfidim is ’n plek in die woestyn by die berg Horeb. Dit was die elfde plek waar laer opgeslaan is.

a Núm. 20:3, 4. 4 Naamlik julle, Moses en Aäron.

5 Naamlik deur jul ongeloof; want hulle het getwyfel of die HERE ook by hulle was, vers 7. Hulle wou hê dat Hy dit deur wonders sou laat blyk. Dit is om God te versoek, Ps. 78:18, 19. Matt. 16:1.

6 Nie die hele volk nie, maar enkele kwaadwillige mense.
7 Hebr. Nog ’n klein bietjie, en hulle sal my stenig; met dergelike woorde het hulle Moses ook gedreig, Núm. 14:10.
b Ex. 7:20. 8 Naamlik na die berg Horeb.

9 Sodat hulle getuies mag wees van dit wat gaan gebeur.

10 Dit is, jy het Aäron beveel om daarmee te slaan.

c Núm. 20:9. Ps. 78:15; 114:8. 1 Kor. 10:4.
11 Dit is, versoeking.

12 Dit is, twis; sien oor ’n ander Mériba Núm. 20:13.

d Deut. 25:17, 18. 13 Dit is, die Amalekiete, die nakomelinge van Esau, die broer van Jakob, Gén. 36:15, 16. Dit wat hier beskryf word, het gebeur toe Moses saam met die Israeliete op pad was na Horeb. Sien Deut. 25:17, 18.

14 Dit is, teen die Israeliete.

15 Hebr. kop.

16 Dit is, die staf waarmee God groot wonders gedoen het.

17 Hierdie Hur moet blykbaar onderskei word van Hur wat die grootvader van Besáleël en die seun van Kaleb was, 1 Kron. 2:19.
18 Hebr. van hier af een, en van daar af een.
19 Dit wil voorkom of ’n mens hier deur Ámalek die koning of owerste moet verstaan, en deur sy volk die leër. Ander verstaan deur Ámalek die Amalekiete, en deur sy volk die nasies wat hom te hulp gekom het.

20 Hebr. mond.

21 Hebr. verswak, verbreek.

e Núm. 24:20. Deut. 25:17-19. 1 Sam. 15:2, 3. 22 Naamlik, waarin jy die geskiedenisse van die Israeliete moet beskryf.

23 Hebr. lê dit in die ore van Josua.

24 Dit is, oral, so wyd soos die hemel strek.

25 Hebr. uitdelgende sal uitdelg.

26 Hebr. JEHOVA Nissi. Moses het hierdie altaar so genoem ter gedagtenis aan die oorwinning oor Ámalek.
f 1 Sam. 15:2. 27 Verstaan die hand van God, dit is, sy mag, wat Hy van die hemel (as sy troon) uitstrek tot beskerming van sy volk, en vernietiging van sy vyande. ’n Mens kan deur die troon ook die kerk van God verstaan. Sommige verklaar dit as God se eedswering. Anders: Waarlik, die hand van Ámalek teen die troon van die HERE, dit is, teen Hom en sy volk; die bedoeling van die teks is ietwat onseker.