Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Exodus 19

Aankoms by Sinai.

1

IN1 die derde 2maand ná die uittog van die kinders van Israel uit Egipteland, 3op dieselfde dag, het hulle in die woestyn 4Sinai gekom —

2

hulle het van Ráfidim af opgebreek en in die woestyn Sinai gekom en in die woestyn laer opgeslaan. En Israel het daar teenoor 5die berg laer opgeslaan.

3

aMaar Moses het opgeklim 6na God toe, en die HERE het hom 7van die berg af toegeroep en gesê: So moet jy aan die huis van Jakob sê en aan die kinders van Israel verkondig:

4

bJulle het self gesien wat Ek aan die Egiptenaars gedoen het, 8en dat Ek julle op arendsvlerke gedra en julle 9na My toe gebring het.

5

As julle dan nou 10terdeë na my stem luister en my verbond hou, csal julle my eiendom uit al die volke wees, want 11ddie hele aarde is myne.

6

eEn júlle sal vir My 12’n koninkryk van priesters en ’n 13heilige nasie wees. Dit is die woorde wat jy aan die kinders van Israel moet meedeel.

7

En Moses 14het gekom en die oudstes van die volk laat roep en hulle al hierdie 15woorde voorgehou wat die HERE hom beveel het.

8

Toe antwoord die hele volk eenparig en sê: fAlles wat die HERE gespreek het, sal ons doen. En Moses het die woorde van die volk aan die HERE oorgebring.

9

En die HERE het met Moses gespreek: Kyk, Ek sal 16in ’n dik wolk na jou toe kom, dat die volk kan hoor as Ek met jou spreek, en hulle ook 17vir altyd 18aan jóú kan glo. Want Moses het die woorde van die volk aan die HERE meegedeel.

10

Verder het die HERE aan Moses gesê: Gaan na die volk en 19heilig hulle vandag en môre, en laat hulle hul klere was

11

en hulle gereed hou teen die derde dag. Want 20op die derde dag sal die HERE voor die oë van die hele volk op die berg Sinai 21afdaal.

12

Ook moet jy vir die volk ’n grens rondom aanwys en sê: gPas op dat julle nie op die berg klim of sy 22voet aanraak nie. 23Elkeen wat die berg aanraak, 24moet sekerlik gedood word.

13

Geen hand mag hom aanraak nie; maar 25hy 26moet sekerlik gestenig of sekerlik met ’n pyl geskiet word; of dit ’n dier of ’n mens is — hy mag nie lewe nie. 27As die ramshoring 28lang geluide blaas, mag hulle 29op die berg klim.

14

Toe het Moses van die berg af na die volk gegaan en 30die volk geheilig, en hulle het hul klere gewas.

15

En hy het aan die volk gesê: Hou julle klaar teen die 31derde dag; hmoenie naby die vrou kom nie.

16

En op die derde dag toe dit môre word, iwas daar donderslae en blitse en ’n swaar wolk op die berg 32en die geluid van ’n baie sterk basuin, sodat die hele volk wat in die laer was, gebeef het.

17

Daarop het Moses die volk uit die laer gelei om God te ontmoet, ken hulle het gaan staan 33by die voet van die berg.

18

lEn die hele berg Sinai het gerook, omdat die HERE in ’n vuur daarop neergedaal het. En sy rook het opgetrek soos die rook van ’n oond, en die hele berg het vreeslik gebewe.

19

Toe die geluid van die basuin sterker en sterker word, het Moses gespreek, en God het hom telkens 34hardop geantwoord.

20

Terwyl die HERE op die berg Sinai neerdaal, 35op die top van die berg, het die HERE Moses na die top van die berg geroep, en Moses het opgeklim.

21

En die HERE het vir Moses gesê: Klim af, 36waarsku die volk, dat hulle nie na die HERE toe 37deurbreek om te sien en baie van hulle dan 38val nie.

22

En 39ook die priesters 40wat naby die HERE kom, moet hulleself heilig, sodat die HERE nie teen hulle losbreek nie.

23

Toe het Moses die HERE geantwoord: Die volk kan nie op die berg Sinai klim nie, want U het ons self gewaarsku en gesê: Baken die berg af en 41heilig dit.

24

Daarop sê die HERE vir hom: 42Gaan heen, klim af. Dan moet jy, en Aäron saam met jou, opklim; maar die priesters en die volk mag nie deurbreek om na die HERE toe op te klim nie, sodat Hy nie teen hulle losbreek nie.

25

En Moses het na die volk toe afgeklim en hulle 43dit aangesê.

1 Dit was die 430ste jaar nadat die verbond met Abraham opgerig is, Gén. 15:13, Gal. 3:17 en die kanttekeninge.

2 (Of: nuwemaan) deur die Jode Siwan genoem. Dit val gedeeltelik in ons maand Mei, en gedeeltelik in ons maand Junie. Vgl. Est. 8:9.

3 Toe hulle van Ráfidim af opgetrek het, wat die eerste dag van die maand was (vgl. Eség. 46:1, 6), die sewen-en-veertigste dag ná pasga of die uittog uit Egipte.

4 Dit is ’n woestyn in Arabië, waar die gelyknamige berg Sinai geleë is, Gal. 4:25. Hand. 7:30.

5 Naamlik die berg Sinai.
a Hand. 7:38. 6 Dit is, na die wolkkolom op die berg.

7 Naamlik van die top van die berg, terwyl Moses laer af op dieselfde berg was.

b Deut. 29:2; 32:11. 8 God wil sê: Soos ’n arend sy kleintjies op sy rug dra, so het Ek julle met haas en met sekerheid uit Egipteland gedra, sien Deut. 32:11.

9 Dit is, na die plek van my teenwoordigheid, en in geskikte omstandighede waar julle My kon dien.

c Deut. 7:6; 10:14, 15; 14:2; 26:18. Ps. 135:4. Jes. 41:8. Tit. 2:14.

d Ps. 24:1.

10 Hebr. luisterende sal luister.

11 Naamlik met alles wat daarin is.

e 1 Petr. 2:9. 12 Dit is, ’n ryk wat uit priesters en konings bestaan.

13 Dit is, gewy aan die diens van God.

14 Naamlik van die berg af na die volk.

15 Of: sake.

f Ex. 24:3.
16 Hebr. in die dikheid van die wolk.

17 Dit is, hulle lewe lank.

18 Sien Ex. 14:31.

19 Dit is, beveel hulle, en jy en die oudstes van die volk moet noukeurig toesien dat hulle hul heilig berei om my gebooie te ontvang. Sien verder Lev. 11:45 se kanttekening.
20 Dit was die vyftigste dag ná pasga, wat om daardie rede deur die Grieke pentekoste, dit is, vyftigste dag, genoem word; ons noem die dag Pinkster.

21 Terwyl die HERE in die wolkkolom verskyn, verse 9, 16.

g Hebr. 12:18. 22 Of: grens, kante.

23 Of: Alles wat.

24 Hebr. sal dodende gedood word.

25 Verstaan mens of dier, wat die berg aangeraak het.

26 God wil sê: As hy naby is, moet hulle hom stenig; as hy ver is, moet hulle hom met ’n pyl skiet.

27 Daar was nie ’n ramshoring nie, maar hulle het ’n geluid soos die geluid of die toon van ’n ramshoring gehoor, sien vers 16.

28 Naamlik in een toon, of ’n eenstemmige geluid, soos dit aan die einde van liedere gebruiklik is.

29 Naamlik, by die voet van die berg, vers 17; naamlik so naby dat hulle die afkondiging van die wet sou kon hoor.

30 Dit is, hy het bevel gegee dat hulle hul sou heilig, soos in vers 10.
h 1 Sam. 21:4. 1 Kor. 7:5. 31 Hebr. drie dae.
i Hebr. 12:18. 32 Sien vers 13.
k Deut. 4:10, 11. 33 Maar so dat hulle die berg nie aangeraak het nie, en ook nie die vasgestelde grens, vers 12, oorskry het nie.
l Rig. 5:4. Ps. 68:9; 114:4. Háb. 3:10.
34 Hebr. in of met ’n stem, dit is, op ’n sagter manier as deur donder en die skrikwekkende geluid van die basuin. God het dit gedoen om Moses te bemoedig, omdat hy eers baie verskrik en beangs was, Hebr. 12:21.
35 Hebr. op die kop.
36 Dit is, wys hulle met groot erns daarop, en skerp dit by hulle in.

37 Naamlik deur die begrensing wat vir hulle gestel is.

38 Sien oor hierdie manier van spreek Gén. 14:10. 1 Kor. 10:8, ens. Dit is, deur die HERE gedood word, soos Hy in vers 12 dreig.

39 Verstaan hier die eersgeborenes, wat God die HERE vir Homself geheilig het, en wat vóór die afsondering van die stam van Levi die priesterskap in die families bedien het, Ex. 13:2; 24:5, in die plek waarvan Hy later die stam van Levi verkies het, Núm. 8:14, ens.

40 Sien Lev. 10:3.

41 Dit is, sê vir die volk dat hulle hierdie berg vanweë my teenwoordigheid as heilig moet beskou, en dit daarom nie betree nie.
42 Naamlik, om vir die volk my verbod aan te sê; daarna moet jy en Aäron weer na My toe opklim.
43 Naamlik, dit wat die HERE hom beveel het.