Statevertaling – Bybelstigting

Exodus 27

Die koperaltaar vir die brandoffers.

1

JY moet ook die aaltaar van akasiahout maak; vyf el moet die lengte wees en vyf el die breedte — 1vierkantig moet die altaar wees — en drie el sy hoogte.

2

En jy moet sy 2horings op die vier hoeke maak; sy horings moet, daarmee saam, 3uit een stuk wees; en 4jy moet dit met koper oortrek.

3

En maak sy potte om die as te verwyder, ook sy 5skoppe en 6komme en 7vurke en vuurpanne. 8Al dié gereedskap moet jy van koper maak.

4

Jy moet daar 9’n traliewerk aan maak, ’n netwerk van koper, en aan die net vier koperringe maak, aan die vier hoeke.

5

En jy moet dit onder die lys van die altaar bevestig, onderaan, sodat die net tot by die helfte van die altaar kom.

6

Jy moet ook draaghoute vir die altaar maak, draaghoute van akasiahout; en trek dit oor met koper.

7

En die draaghoute moet in die ringe gesteek word, sodat die draaghoute aan altwee kante van die altaar is as hulle dit dra.

8

Jy moet dit hol, van planke, maak. 10Soos dit jou op die berg getoon is, so moet 11hulle dit maak.

Die voorhof.

9

bJY moet ook 12die voorhof van die tabernakel maak. Aan die suidekant, na die suide toe, moet daar vir die voorhof behangsels wees van fyn dubbeldraad-linne; honderd el moet die lengte vir die een kant wees;

10

daarby 13twintig 14pilare met hulle twintig kopervoetstukke; die kramme en die ringe van die pilare moet van silwer wees.

11

So moet daar ook aan die noordekant, in die lengte, behangsels wees, honderd el lank; daarby twintig pilare met hulle twintig kopervoetstukke. Die kramme en die ringe van die pilare moet van silwer wees.

12

En in die breedte van die voorhof, aan 15die westekant, moet daar behangsels van vyftig el wees; daarby tien pilare en hulle tien voetstukke.

13

En die breedte van die voorhof aan die oostekant, teen sonop, vyftig el —

14

sodat daar vyftien el behangsels vir die een 16kant is, daarby drie pilare en hulle drie voetstukke;

15

en vir die ander kant vyftien el behangsels, daarby drie pilare en hulle drie voetstukke;

16

en vir die poort van die voorhof ’n bedekking van twintig el, van pers, purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, veelkleurige werk; daarby vier pilare en hulle vier voetstukke.

17

Al die pilare van die voorhof moet rondom van silwerringe voorsien wees; hulle kramme moet van silwer wees en hulle voetstukke van koper.

18

Die lengte van die voorhof moet honderd el wees en die breedte 17vyftig by vyftig en die hoogte 18vyf el, van fyn dubbeldraad-linne, daarby 19voetstukke van koper.

19

Aangaande al die gereedskap van die tabernakel, by sy hele bewerking, en al sy 20penne en al die penne van die voorhof, hulle moet van koper wees.

20

cEn jý moet die kinders van Israel beveel dat hulle vir jou suiwer, uitgestampte olyfolie vir 21die kandelaar 22bring, om gedurigdeur ’n brandende lamp te hê.

21

In die tent van samekoms, buitekant die voorhangsel wat voor 23die Getuienis is, moet Aäron en sy seuns dit regmaak om te brand van die aand tot die môre voor die aangesig van die HERE. Dit sal ’n ewige insetting wees in hulle geslagte, van die kant van die kinders van Israel.

a Ex. 38:1. 1 Naamlik, aangaande sy breedte en sy lengte, maar dit was slegs drie el hoog.
2 Hierdie horings het nie net as versiering van die altaar gedien nie, maar ook, so wil dit voorkom, om te verhoed dat dit wat op die altaar gelê het, daarvan afval.

3 Dit is, uit dieselfde stuk, nie aanmekaargesit of -geheg nie; soos dikwels in hierdie beskrywing.

4 Die rede waarom hierdie altaar nie net van buite nie, maar ook van binne, met koper oorgetrek, ja, daarmee só bedek is dat ’n mens geen hout kon sien nie, is om vry en onbeskadig van die vuur te wees en te bly.

5 Of: skoffels. Anders: besems.

6 Naamlik, om die bloed van die brandoffers daarin op te vang en daarmee te besprinkel.

7 Of: gaffels, instrumente met tande, geskik om die vleis uit die pot te trek, soos in 1 Sam. 2:13, 14.

8 Hebr. Vir al sy gereedskap sal jy koper maak of berei.

9 Dit was ’n breë koperplaat met baie klein gaatjies, waar die bloed, as en klein kooltjies, of iets dergeliks, kon deurval; en dit was die herd van die altaar, waarop die vuur gelê en gebrand het.
10 Naamlik deur God die Here.

11 Naamlik die werkmeesters.

b Ex. 38:9. 12 Dit was ’n oop ruimte waar die volk daagliks gekom het om offers te bring en die openbare godsdiens te beoefen, Ps. 100:4; 116:17-19.
13 Naamlik van die voorhof.

14 Hierdie pilare het daartoe gedien om die behangsels daaraan vas te maak met silwer hakies; asook tot versiering. In Ex. 38:17, 19 staan dat die toppe daarvan ook versilwer was.

15 Hebr. aan die seekant of aan die kant van die see. Sien Gén. 12:8.
16 Hebr. skouer. Verstaan hier en in die volgende vers die kante van die voorhof.
17 Dit is, vyftig aan elke kant.

18 Die helfte so hoog as die tabernakel, Ex. 26:16.

19 Naamlik van die pilare.

20 Of: spykers, wat gedien het om die hele raamwerk en al die dele daarvan aan mekaar vas te sit.
c Lev. 24:2. 21 Daar was sewe brandende ligte in die kandelaar, Ex. 25:37.

22 Hebr. neem, dit is, om te neem en te bring. Sien Gén. 12:15.

23 Dit is, die ark van die Getuienis.