Statevertaling – Bybelstigting

Exodus 31

Verdeling van die werk.

1

VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê:

2

aKyk, Ek het Besáleël die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, 1by sy naam geroep;

3

en Ek het hom vervul 2met die Gees van God, met wysheid en verstand en kennis en bekwaamheid vir 3allerhande werk,

4

om 4kunstige planne uit te dink, om dit uit te voer in goud en silwer en koper,

5

en deur snywerk in 5stene wat 6ingelê moet word, en deur houtsnywerk; om werksaam te wees in allerhande werk.

6

En kyk, Ek het hom Ohóliab 7bygegee, die seun van Ahísamag, van die stam van Dan. En in die hart van elkeen wat kunsvaardig is, het Ek 8wysheid gegee, dat hulle alles wat ek jou beveel het, kan maak:

7

die tent van samekoms en die ark van die Getuienis en die versoendeksel wat daarop moet wees, en alles wat behoort by die tent,

8

en die tafel met sy gereedskap en 9die suiwer kandelaar met al sy gereedskap en die reukaltaar;

9

ook die brandofferaltaar met al sy gereedskap en die waskom met sy voetstuk

10

en die 10kunstige klere en die heilige klere 11van die priester Aäron en die klere van sy seuns, 12om die priesteramp te bedien;

11

ook die salfolie en die reukwerk van speserye vir die heiligdom — net soos Ek jou beveel het, moet hulle dit maak.

Heiliging van die sabbat.

12

13

Spreek jý met die kinders van Israel en sê: Julle moet 13sekerlik 14my sabbatte onderhou, want dit is ’n teken tussen My en julle in julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek die HERE is wat julle heilig.

14

bOnderhou dan die sabbat, want dit moet vir julle 15heilig wees. Hy wat dit ontheilig, moet sekerlik gedood word; want elkeen wat daarop werk verrig, dié 16siel moet 17uitgeroei word onder sy volksgenote uit.

15

Ses dae lank kan werk verrig word, maar op die sewende dag moet dit wees ’n dag van volkome rus, heilig aan die HERE. Elkeen wat op die sabbatdag werk doen, moet sekerlik gedood word.

16

En die kinders van Israel moet die sabbat onderhou deur die sabbat te vier in hulle geslagte 18as ’n ewige verbond.

17

Tussen My en die kinders van Israel is dit vir ewig 19’n teken; cwant in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, maar op die sewende dag het Hy 20gerus en 21Hom verkwik.

18

En 22Hy het aan Moses, toe Hy geëindig het om met hom te spreek op die berg Sinai, ddie twee tafels 23van die Getuienis gegee, tafels van klip, beskrywe met 24die vinger van God.

a Ex. 35:30. 1 Kron. 2:20. 1 Dit is, bo al die ander vir hierdie werk verkies, soos in Ex. 35:30.
2 Dit is, deur die gawes van die Gees van God, soos hierna beskryf word. Waaruit dan genoegsaam blyk dat kunstige handewerk ’n gawe van God is.

3 Hebr. alle, en so ook in vers 5.

4 Hebr. idees, ontwerpe.
5 Verstaan hier edelstene.

6 Hebr. gevul.

7 Hebr. met of by hom gegee.

8 Dit is, skranderheid of vernuf in die kuns wat hulle beoefen.

9 Dit is, wat uit suiwer goud gemaak sou word. Sien Ex. 25:31.
10 Verstaan hier onder die naam kunstige klere ook die tapyte en behangsels van die tabernakel waarvan in Exodus 26; 36 gespreek word. So ook die doeke waarmee die tafel, die ark, die altaar en die ander heilige gereedskap bedek en daarin toegemaak word, wanneer die laer opgebreek en van een plek na ’n ander verskuif het. Sien Núm. 4:5, 9, 11, 12.

11 Naamlik van die hoëpriester.

12 Dit is, wat hulle aangetrek het wanneer hulle die priesteramp bedien het.

13 Asof God sê: Alhoewel die werk van die tabernakel so vinnig as moontlik voltooi moet word, mag jy sekerlik nie op die sabbat daaraan werk nie; of: geheel en al, in alle geval.

14 Dit is, vir my diens ingestel.

b Ex. 20:8. Deut. 5:12. Eség. 20:12. 15 Hebr. heiligheid.

16 Dit is, dié persoon.

17 Sien Gén. 17:14 en die kanttekening.

18 Sien Gén. 17:7.
c Gén. 1:31; 2:2, 3. Ex. 20:11. 19 Vgl. Gén. 17:11.

20 Sien Gén. 2:2.

21 God, wat ’n Gees is, word nooit moeg nie; dit is dus menslikerwys gespreek, omdat mense ná lang en swaar arbeid deur rus verkwik word en asem skep.

d Ex. 32:16. 22 Naamlik die HERE.

23 Dit is, van die wet, waarin God getuig hoe Hy deur sy volk geëer en gedien wil word.

24 Die vinger van God beteken hier die krag en die werk van God. Vgl. Ex. 8:19. Luk. 11:20 vergeleke met Matt. 12:28 en elders.