Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Exodus 33

1

VERDER het die HERE met Moses gespreek: Gaan heen, trek hiervandaan op, jy en die volk wat jy uit Egipteland laat optrek het, na die land wat Ek 1met ’n eed aan Abraham, Isak en Jakob beloof het, met 2die woorde: aAan jou nageslag sal Ek dit gee;

2

en Ek sal ’n engel 3voor jou uit stuur — en die Kanaäniete, Amoriete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete4 verdrywe —

3

na ’n land wat oorloop van melk en heuning; want 5Ek sal in jou midde nie optrek nie, bomdat jy ’n hardnekkige volk is; anders sal jy op die weg verteer word.

4

Toe die volk hierdie onheilspellende woord hoor, het hulle getreur; en niemand het sy versiersels aangesit nie.

5

Die HERE het naamlik met Moses gespreek: Sê aan die kinders van Israel: Julle is ’n hardnekkige volk; as Ek 6vir een oomblik in jou midde sou optrek, sou Ek jou vernietig. Maar haal nou jou versiersels van jou af, dan sal Ek weet wat Ek met jou moet doen.

6

Toe het die kinders van Israel hulleself beroof van hul versiersels, van die berg Horeb af.

7

En Moses het elke keer 7’n tent geneem en dit vir hom 8buitekant die laer opgeslaan, ver van die laer af; en hy het dit genoem die tent van samekoms. En elkeen wat die HERE wou 9raadpleeg, het uitgegaan na die tent van samekoms wat buitekant die laer was.

8

En as Moses 10uitgaan na die tent, staan die hele volk op en gaan elkeen aan die ingang van sy tent staan. Dan kyk hulle Moses agterna tot hy in die tent ingegaan het.

9

En as Moses in die tent ingaan, kom die wolkkolom 11af en gaan by die ingang van die tent staan, en dan 12spreek Hy met Moses.

10

En as die hele volk die wolkkolom sien staan by die ingang van die tent, staan die hele volk op en buig, elkeen aan die ingang van sy tent.

11

Dan spreek die HERE met Moses van 13aangesig tot aangesig soos ’n man met sy vriend spreek. Daarna gaan 14hy na die laer terug; maar sy dienaar Josua, ’n jongman, die seun van Nun, 15het hom nie uit die tent verwyder nie.

12

Toe het Moses met die HERE gespreek: 16U sê nou wel aan my: Ek moet hierdie volk laat optrek, maar Ú laat my nie weet 17wie U saam met my sal stuur nie, hoewel U gesê het: Ek 18ken jou by die naam, en jy 19het ook genade in my oë gevind.

13

As ek dan nou genade in u oë gevind het, 20maak my dan tog u weë bekend, dat ek U kan ken; 21sodat ek genade in u oë kan vind. En bedink tog dat hierdie nasie u volk is.

14

En Hy antwoord: 22Moet Ek 23self meegaan om jou die rusplek te verskaf?

15

Toe sê 24hy vir Hom: As U nie self meegaan nie, laat ons dan nie hiervandaan optrek nie.

16

Want waaraan sou dan bekend word dat ek genade in u oë gevind het, ek en u volk? Is dit nie daaraan dat U met ons saamtrek nie? cSo sal ons, ek en u volk, onderskeie wees van elke volk wat op die aarde is.

17

Toe sê die HERE aan Moses: 25Ook hierdie versoek wat jy uitgespreek het, daaraan sal Ek voldoen; want jy het genade gevind in my oë, 26en Ek ken jou by die naam.

18

Daarop vra hy: Laat my tog u heerlikheid sien.

19

Maar Hy antwoord: Ek sal al my majesteit by jou laat verbygaan en voor jou 27die Naam van die HERE uitroep; dmaar Ek sal genadig wees vir wie Ek genadig wil wees, en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm.

20

Verder het Hy gesê: Jy kan 28my aangesig 29nie sien nie, want 30geen mens kan My sien en bly lewe nie.

21

Ook het die HERE gesê: Kyk, hier is 31’n plek by My waar jy op die rots kan gaan staan.

22

En 32as my heerlikheid verbygaan, sal Ek jou in die skeur van die rots stel en jou met my hand oordek totdat Ek verbygegaan het.

23

En as Ek my hand wegneem, sal jy My van agter sien; maar 33my aangesig kan nie gesien word nie.

a Gén. 12:7; 26:4; 28:13. 1 Daarom word die land Kanaän die beloofde land genoem.

2 Naamlik tot elkeen van hulle drie in die besonder, by verskeie geleenthede.

3 Hy spreek hier nie van die Seun van God, soos in Ex. 23:20 nie, maar van ’n geskape engel.

4 Verstaan hierby ook die Girgasiete, wat in Deut. 7:1 daarby gevoeg is.

b Ex. 32:9. Deut. 9:13. 5 Dit is, Ek wil jou voortaan nie lei deur ’n sigbare teken, soos Ek tot nou toe deur die wolkkolom gedoen het nie. Maar uiteindelik het die goeie God Hom laat oorhaal, en het Hy soos tevore met die volk opgetrek.
6 Anders: in een oomblik, as Ek in jou midde sou optrek, sou Ek jou vernietig. Die betekenis is: indien jy jou weer so gruwelik teen My sou vergryp, soos jy met die oprig van die goue kalf gedoen het, sal Ek julle almal vir seker skielik verdelg.
7 Anders: die tent. Nie die tent waar die volk saamgekom het om hul godsdiens te beoefen nie, want dit was nog nie gemaak nie, soos te sien is in Exodus 36, maar dit was Moses se eie tent, of ’n ander een, wat eintlik daarvoor gemaak was, sodat Moses ’n tyd lank daarin sou bly, en die volk daar na hom toe sou kom, totdat hulle met God versoen sou wees.

8 Omdat God uit die laer gewyk het, vers 3, wou Moses ook nie daarin bly nie.

9 Hebr. soek, naamlik, raad vra deur Moses.

10 Naamlik uit die laer, na sy tent wat buite die laer opgeslaan was, om by God vir die volk in te tree.
11 Naamlik van die berg af.

12 Naamlik die HERE, soos in vers 11, uit die wolkkolom, wat ’n vaste teken van God se genade en goedheid was, Ps. 99:7.

13 Dit is, gemeensaam, duidelik, met hoorbare stem; dit was ’n voorreg wat geen ander profeet gehad het nie, Núm. 12:6-8. Deut. 5:4; 34:10.

14 Naamlik Moses.

15 Dit is, hy het nie in die laer gekom nie, maar hy het steeds in die tent buite die laer gebly.

16 Sien vers 1.

17 Anders: wat.

18 Dit is, Ek het jou bó ander in liefde geken en uitverkies, en dra besondere sorg vir jou; vgl. Gén. 18:19. Ex. 31:2.

19 Sien Gén. 6:8.

20 Dit is, wys my die middel waardeur U voorgeneem het om hierdie volk te lei en te bewaar; of: hoe U met hulle wil handel.

21 Anders: omdat ek genade gevind het.

22 Anders: Ek sal self meegaan.

23 Dit is, die sigbare tekens van my genadige teenwoordigheid, soos die wolkkolom en vuurkolom.

24 Naamlik Moses.
c Deut. 4:7.
25 Dit is, Ek sal saam met julle trek.

26 Sien vers 12.

d Rom. 9:15. 27 Of: die Naam JEHOVA uitroep. Sien die vervulling hiervan in Ex. 34:6.
28 Dit is, my wese nog my heerlikheid in sy volmaaktheid, vanweë jou sonde, Rom. 3:23.

29 Ons kan God in hierdie sterflike lewe nie sien nie; sien Gén. 16:13 en die kanttekening. Maar hiernamaals sal ons Hom sien soos Hy is, 1 Kor. 13:12. 1 Joh. 3:2.

30 Hieruit het die algemene gevoel onder die Jode ontstaan dat hulle sou sterwe wanneer hulle die HERE sou sien, Deut. 5:24, 25. Rig. 13:22. Jes. 6:5. Dan. 10:8. Openb. 1:17.

31 Naamlik op die berg Sinai of Horeb.
32 Dit is, wanneer Ek in my heerlikheid verby jou sal gaan.
33 Sien vers 20.