Statevertaling – Bybelstigting

Galásiërs 2

1

DAARNA, 1veertien jaar later, het ek 2weer ana Jerusalem 3opgegaan met Bárnabas, en 4Titus ook saamgeneem.

2

Maar ek het opgegaan b5op grond van ’n openbaring en 6hulle die evangelie 7voorgelê wat ek onder die heidene verkondig; en 8afsonderlik aan die wat 9in aansien was, dat ek nie miskien 10tevergeefs sou 11loop of geloop het nie.

3

cMaar selfs is Titus, wat by my was, nie 12gedwing om besny te word nie, alhoewel hy 13’n Griek is;

4

d14en dit vanweë die 15ingesmokkelde 16valse broeders wat 17ingesluip het om 18ons vryheid te 19bespied wat ons 20in Christus Jesus het, sodat hulle ons 21in diensbaarheid kon bring;

5

aan wie ons selfs 22nie ’n oomblik 23in onderworpenheid 24toegegee het nie, 25sodat die waarheid van die evangelie by julle bestendig sou bly.

6

Maar van 26die wat in aansien was — 27wat hulle vroeër was, 28maak by my geen verskil nie; e29God neem die persoon van die mens nie aan nie — hulle dan wat in aansien was, 30het my niks meer opgelê nie.

7

Maar, 31inteendeel, toe hulle 32sien dat aan my die evangelie 33vir die onbesnedenes 34toevertrou is, net soos aan Petrus dié 35vir die besnedenes

8

36want 37Hy wat Petrus bekragtig het met die oog op die apostelskap vir die besnedenes, fhet 38my ook bekragtig 39met die oog op die heidene —

9

en toe hulle merk die 40genade wat aan my gegee is, het 41Jakobus en 42Céfas en 43Johannes, wat as 44pilare geag is, aan my en Bárnabas 45die regterhand van gemeenskap gegee, sodat 46ons na die heidene en 47hulle na 48die besnedenes kon gaan;

10

alleen moes ons aan 49die armes dink, gwat ek my juis ook 50beywer het om te doen.

11

Maar toe Petrus in 51Antiochíë gekom het, het ek hom 52openlik teëgestaan, omdat hy 53veroordeeld gestaan het.

12

Want voordat sommige 54van Jakobus af gekom het, was hy gewoond om saam met 55die heidene 56te eet; maar ná hulle koms het hy hom 57teruggetrek en hom eenkant gehou 58uit vrees vir 59die wat uit die besnydenis is.

13

En saam met hom het ook 60die ander Jode 61geveins, sodat selfs 62Bárnabas hom laat meevoer het deur hulle geveins.

14

Maar toe ek sien dat hulle 63nie reguit loop 64volgens die waarheid van die evangelie nie, het ek vir Petrus 65in teenwoordigheid van almal gesê: hAs jy wat ’n Jood is, 66soos ’n heiden lewe en nie soos ’n Jood nie, waarom 67dwing jy die heidene om 68soos Jode te lewe?

15

69Ons wat 70van nature Jode en 71nie sondaars uit die heidene is nie,

16

i72terwyl ons weet dat 73die mens nie 74geregverdig word uit die werke 75van die wet nie, 76maar alleen 77deur die geloof in Jesus Christus, 78selfs ons het in Christus Jesus geglo, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof in Christus en nie uit die werke van die wet nie; k79omdat uit die werke van die wet 80geen 81vlees geregverdig sal word nie.

17

82Maar as ons wat streef om in Christus geregverdig te word, self ook 83sondaars bevind is, 84is Christus dan 85’n dienaar van die sonde? 86Nee, stellig nie!

18

Want as ek 87weer opbou 88wat ek afgebreek het, dan betoon ek myself ’n 89oortreder;

19

l90want 91deur die wet is ek 92vir die wet dood mom 93vir God te lewe.

20

Ek is 94met Christus gekruisig, en 95ék leef 96nie meer nie, 97maar Christus leef in my. En wat ek nou 98in die vlees lewe, 99leef ek deur die geloof in die Seun van God nwat my liefgehad het en Homself vir my 100oorgegee het.

21

Ek 101verwerp nie 102die genade van God nie; want oas daar geregtigheid deur die wet is, dan het Christus 103tevergeefs gesterwe.

a Hand. 15:2. 1 Naamlik bo en behalwe die drie jaar wat hy in Arabië was, Gal. 1:18, dus sewentien jaar ná sy bekering, en die een-en-vyftigste jaar ná Christus se geboorte.

2 Die apostel het ná sy bekering etlike kere na Jerusalem gegaan; die eerste keer toe hy ná drie jaar weer uit Arabië gekom het, Hand. 9:26. Gal. 1:18, daarna toe hy saam met Bárnabas die kollekte na Jerusalem gebring het, Hand. 11:30; 12:25, en toe hy vanaf die gemeente van Antiochíë saam met Bárnabas na die sinode in Jerusalem gestuur is, Hand. 15:2, weer ’n keer volgens Hand. 18:18, en uiteindelik ter wille van die gelofte en om die kollekte daarheen te bring, toe hy daar gevang is, Hand. 21:15. Dit wil voorkom of die apostel hier spreek van die reis toe hy na die sinode, wat in die sewentiende jaar ná sy bekering gehou is, gestuur is.

3 So spreek die Skrif, as ’n mens na Jerusalem toe reis, omdat dit in die hoogte, op berge gelê het; soos daarenteen van die wat van Jerusalem gekom het, gesê word dat hulle af kom of gaan. Sien Mark. 3:22. Hand. 18:22.

4 Sien oor hom Tit. 1:3. Dit wil voorkom of hy hom saamgeneem het terwyl hy nog onbesny was, om sodoende vir die valse broeders die vryheid van die seremoniële wet in hom te wys.

b Hand. 19:21. 5 Naamlik van God, wat deur sy Gees en in gesigte aan Paulus in alle opsigte geopenbaar het waar Hy sy diens wou gebruik. Sien Hand. 13:2; 16:7, 10; 18:9; 19:21; 22:17; 23:11.

6 Naamlik die apostels en leraars, wat in Jerusalem was. Dit het in die openbaar voor almal gebeur.

7 Die Griekse woord beteken om enige saak deur onderlinge samespreking aan iemand mee te deel.

8 Naamlik om daardeur ’n beter geleentheid te hê om my leer van my te verstaan en om sodoende hul ooreenstemming daarmee te betuig.

9 Naamlik vanweë hul gawes en aansien in die gemeente, ouderdom, of andersins; en derhalwe die bekwaamste was om daaroor te oordeel. Hulle word in vers 9 genoem.

10 Dit is, sonder dat daar vrug sou wees onder die heidene, wat sou gebeur het indien hy die lasteringe van die valse broeders hiermee nie weerlê en tot niet gemaak het nie.

11 Dit is, die diens van die evangelie volbring. ’n Beeld geneem van diegene wat aan ’n wedstryd in ’n wedloop deelneem om die prys te wen, 2 Tim. 4:7.

c Hand. 16:3. 1 Kor. 9:21. 12 Naamlik deur die apostels, wat in Jerusalem was, omdat hulle ook verstaan het dat die besnydenis nou afgeskaf is. Sien egter in Hand. 16:3 waarom Paulus nogtans vir Timótheüs besny het.

13 Dit is, uit heidense ouers gebore en onbesny.

d Hand. 15:24. 14 Die apostel gee hier die rede waarom hy Titus nie wou laat besny nie, sodat die valse broeders, wat die besnydenis nog as noodsaaklik beskou het vir die saligheid, Hand. 15:1, nie in hul dwaling gesterk sou word nie, maar des te beter met die Christelike vryheid bekend sou word.

15 Dit is, wat hulle met bedrog en veinsery tot die gemeente van die gelowiges begewe het.

16 Dit is, hulle dra wel die naam broeders en gelowiges, maar is in werklikheid vyande van die saligmakende leer.

17 Dit is, met geveinsde nederigheid en belydenis in die gemeente ingesluip het.

18 Naamlik van die seremoniële wet, waaronder ook die besnydenis was, om daaruit ’n rede te kry om ons te belaster.

19 Naamlik ten kwade, om heimlik te verneem of hulle nie ’n rede sou kon vind om ons te belaster nie.

20 Dit is, deur Christus vir ons verkry, soos dit wat deur die seremonies afgebeeld was, in Hom en deur Hom vervul is, Kol. 2:17.

21 Dit is, terwyl ons die Christelike vryheid verlaat, ons aan die juk van die seremonies, as noodsaaklik tot die saligheid, sou onderwerp.

22 Die apostels het aan die swakke Jode vir ’n tyd toegegee in die onderhouding van die seremonies, om hulle te win, 1 Kor. 9:20, 22, en langsamerhand tot kennis van die Christelike vryheid te bring; maar die apostels wou glad nie vir hierdie valse broeders terugstaan of toegee nie, om hulle nie sodoende in hul dwalings en hardnekkigheid te ondersteun nie.

23 Dit is, dat ons aan hulle onderdanig sou wees, of ons aan hulle onderwerp in die onderhouding van die seremonies.

24 ’n Beeld geneem van kampvegters of stoeiers, wat hul teëstander sterk weerstaan en nie toegee nie. Sien die waarheid van hierdie woorde in Hand. 15:1, 2, ens.

25 Dit is, ons het dit nie gedoen uit hardnekkigheid of twisgierigheid nie, maar om die suiwerheid van die leer van die evangelie teen hulle te verdedig en om dit staande te hou in die gemeentes, vernaamlik van Galásië.

e Deut. 10:17. 2 Kron. 19:7. Job 34:19. Hand. 10:34. Rom. 2:11. Ef. 6:9. Kol. 3:25. 1 Petr. 1:17. 26 Dit is, die ander apostels, wat met reg onder die gemeentes in hoë agting is.

27 Dit is, wat hulle was voordat hulle as apostels geroep was. Of: watter voordele hulle vóór my gehad het voordat ek as ’n apostel geroep was.

28 Dit is, dit gaan nie vir my daaroor nie. Of: dit is nie waarna ek verwys nie. Of: dit verskil nie van my werk en leer nie.

29 Sien oor hierdie spreekwyse Matt. 22:16. Hand. 10:34. Dit is, in sake van waarheid kyk God nie na enige uiterlike voordele of aansien van diegene wat die waarheid leer nie, maar slegs na die saak self.

30 Naamlik aangaande die leer van die evangelie, dat ek iets van hulle sou geleer het wat die Here Christus self nie aan my sou geopenbaar het nie.

31 Dit is, hulle het nie net in my leer niks verkeerd gevind nie, maar dit ook inteendeel as goed en opreg geken.

32 Dit is, erken, verstaan; soos in vers 9.

33 Dit is, vir die heidene, wat onbesny is, vers 8. Sien Rom. 2:26; 3:30; 4:12. Naamlik om die evangelie vernaamlik onder hulle te verkondig.

34 Naamlik deur Christus self en God die Vader; soos in Gal. 1:1.

35 Dit is, vir die besnede Jode, om die evangelie onder hulle te verkondig. Sien Rom. 3:30; 15:8.

f Hand. 9:15; 13:2; 22:21. Gal. 1:16. Ef. 3:8. 36 Die apostel dui hier aan waaruit die apostels gesien en erken het dat die evangelie aan hom toevertrou was, naamlik uit die kragtige werking van God deur sy prediking tot bekering van die heidene.

37 Naamlik die Here Christus, wat die diens van Petrus gepaard laat gaan het met die kragtige werking van sy Gees.

38 Of: deur my, dit is, deur my diens.

39 Naamlik tot hulle bekering.

40 Naamlik van die apostelskap, Rom. 1:5. Of: die werkinge en vrugte van die genade. Of: die gawes, soos om in vreemde tale te spreek, profesie, wonderwerke en dergelike.

41 Sien oor hom Gal. 1:19.

42 Dit is, Petrus. Sien oor hierdie naam Matt. 16:18. Joh. 1:43.

43 Naamlik die seun van Sebedéüs, ’n broer van die Jakobus wat deur Herodes onthoof is, Handelinge 12. Sien oor hom Matt. 4:21; 10:2; 17:1.

44 Naamlik sowel van die geselskap van die apostels, as van die gemeente, omdat hulle deur hul diens die waarheid van die evangelie standvastig voorgestaan en staande gehou het, en in die besonder in hoë aansien by die gemeente was, soos ’n sieraad daarvan. Sien Jer. 1:18. Openb. 3:12.

45 Naamlik as ’n teken en versekering dat hulle erken het dat ons met hulle gemeenskap gehad het, sowel in die diens van die apostelskap, as in die suiwerheid van die leer van die evangelie.

46 Naamlik ek en Bárnabas.

47 Naamlik Petrus en die ander twee apostels.

48 Dit is, na die besnede Jode. Sien vers 7.

g Hand. 11:30; 24:17. Rom. 15:25. 1 Kor. 16:1. 2 Kor. 8:1; 9:1. 49 Naamlik om vir hulle ’n kollekte onder die gemeente uit die heidene te hou.

50 Dit blyk deurgaans ook in sy briewe, en vernaamlik in Rom. 15:27. 1 Kor. 16:1. 2 Kor. 9:1.

51 Sien oor hierdie stad Hand. 11:19.

52 Dit is, in sy en in almal se teenwoordigheid, soos in vers 14 verklaar word. Sien ook 2 Kor. 10:1.

53 Dit is, verdien het om tereggewys te word.

54 Dit is onseker waarom Jakobus hierdie mense na Antiochíë gestuur het; sommige meen om te laat verneem na die welstand van die gemeente daar, of om iets te kenne te gee aan die apostels wat daar was.

55 Naamlik wat tot Christus bekeer was, en nooit aan die juk van die seremoniële wet onderworpe was nie.

56 Naamlik allerlei voedsel, ook dit wat in die Ou Testament verbode was, so het hy die Christelike vryheid gevolg, waarvan hy deur ’n hemelse gesig verseker was, Handelinge 10, sodat hy daarin goed gedoen het.

57 Dit is, hy wou nie meer saam met die gelowige heidene eet nie, daardeur het hy geveins asof hy verstaan het dat die eet van allerlei voedsel vir die Christene ongeoorloof sou wees; waarin hy verkeerd opgetree het, soos in die volgende blyk.

58 Dit is, hy het gevrees dat hy daarmee vir hierdie Jode rede sou gee om sleg van hom te spreek. Sien dergelike in Hand. 11:2.

59 Dit is, die Jode wat tot die Christelike godsdiens bekeer was, en nog die onderskeid van voedsel onderhou het; daarin het hulle die seremoniële wet gevolg, omdat hulle oor die afskaffing daarvan nog nie ten volle onderrig was nie.

60 Naamlik wat Christene geword het, en wat die Christelike vryheid in ’n mate geleer en gebruik het.

61 In dié vers noem die apostel hierdie daad van Petrus twee maal ’n geveins; dit is as iemand iets anders doen of sê as wat hy in sy hart of gemoed voel; wat nooit geoorloof is om te doen nie. Dit het hierdie Jode ook gedoen, omdat hulle deur die voorbeeld van Petrus verlei is.

62 Sien oor hom Hand. 11:22, 30; 13:1, 2; 15:2.

h Hand. 10:28. 63 Gr. die voete nie reguit sit nie, dit is, as ’t ware hink, nie reguit loop om tot by die doel en oogmerk van die Christelike leer te kom nie, 1 Kon. 18:21. Hebr. 12:13.

64 Dit is, volgens die suiwerheid; volgens die ware leer van die evangelie aangaande die Christelike vryheid.

65 Naamlik omdat hy openlik voor almal gesondig en ergernis veroorsaak het, 1 Tim. 5:20.

66 Dit is, voorheen allerlei voedsel geëet het, soos die Christene wat uit die heidene bekeer is, ook doen en sodoende die Christelike vryheid volg, vers 12.

67 Naamlik met jou slegte voorbeeld, wat hulle noodwendig moet beweeg om na te volg; of omdat dit voorkom of jy hulle nie as ware Christene erken nie, omdat hulle hul nie, soos jy, aan die seremoniële wet onderwerp nie.

68 Naamlik deur die seremoniële wet te onderhou; wat die Jode in die Ou Testament gedoen het, en vir die bekeerde Jode, wat die Christelike vryheid nog nie verstaan het nie, vir ’n tyd nog toegelaat was, as ’n middelmatige saak, ter wille van stigting. Maar aangaande diegene wat uit die heidene bekeerd was, is in die sinode van Jerusalem besluit dat ’n mens hulle nie daarmee sou belas nie. Sien Hand. 15:10, 28.

69 Of: ons is van nature Jode, en nie sondaars uit die heidene nie, terwyl ons weet, ens. Ons, naamlik ek en ook jy, Petrus. Want die apostel beskryf hier nog hoe hy Petrus aangespreek het.

70 Dit is, van afkoms en geboorte, Rom. 2:17, 28, en daarom onder die seremoniële wet gebore.

71 Dit is, nie van heidense afkoms nie, wat afgodsdienaars en groot sondaars was, vreemd van die verbond van God. Sien Ef. 2:11. Die apostel wil sê: Nadat ons apostels, wat Jode is, ons regverdigmaking nie in die werke van die wet soek nie, maar deur die geloof in Christus, moet ’n mens die heidene veel minder leer of verplig om hul regverdigheid te soek in die onderhouding van die wet, Rom. 3:9.

i Hand. 13:38. Rom. 3:28; 8:3. Hebr. 7:18.

k Rom. 3:20. Gal. 3:11.

72 Dit is, omdat ons dit seker weet.

73 Wie, of hoe heilig hy ook sou mag wees.

74 Sien in Rom. 3:20 se kanttekening wat dit beteken om geregverdig te word.

75 Naamlik van Moses, sowel die sedewet as die seremoniële wet.

76 Dit is, slegs deur die geloof, soos die volgende woorde dit duidelik stel.

77 Dit is, as ons die geregtigheid van Christus met ’n opregte en lewende geloof aanneem, Rom. 3:24, 28.

78 Naamlik, dit is die rede waarom ons apostels Christus met ’n ware geloof aangeneem het. Want as ons deur die wet geregverdig kon word, sou ons nie nodig gehad het om tot Christus te gaan nie.

79 Hierdie bewys is geneem uit die Skrif van die Ou Testament, Ps. 143:2.

80 Gr. nie sal geregverdig word alle vlees nie, dit is, geen vlees nie. ’n Hebreeuse spreekwyse; soos in Ps. 143:2. Rom. 3:20.

81 Dit is, mens. Sien Gén. 6:12. Jes. 40:6.

82 Hier spreek die apostel nou verder die Galásiërs aan, en beantwoord ’n teëwerping, wat hulle teen die voorgaande leer sou mag inbring; naamlik dat dit die mens sorgeloos maak, tot die doen van sonde aanleiding gee, en dat Christus die mense sodoende in die doen van sonde sou versterk. Sien oor hierdie teëwerping ook Rom. 3:31; 6:1-3.

83 Dit is, nog daagliks sondig.

84 Dit is, sal daaruit dan nie volg dat Christus, ens.

85 Dit is, dat hierdie leer van die regverdigmaking van die mens sonder die werke van die wet, slegs deur die geloof in Christus, daartoe sal dien en die mense rede sal gee om met nog groter vryheid te sondig.

86 Sien Rom. 6:2 se kanttekeninge.

87 Naamlik deur ’n leer wat sulke vermanings kragteloos sou maak en die mense tot die doen van sonde sou opwek.

88 Naamlik deur my ernstige en gedurige vermanings om die sondes te ontvlug.

89 Naamlik van God se bevel, en van die wette van opregtheid, wat in ’n getroue leraar behoort te wees.

l Rom. 7:4.

m Rom. 14:7. 2 Kor. 5:15. 1 Thess. 5:10. Hebr. 9:14. 1 Petr. 4:2.

90 Dat hierdie leer van die apostel nie op sigself die mense tot die doen van sonde opwek nie, bewys hy met sy eie voorbeeld, terwyl hy by die voorbeelde van ander verbygaan, omdat dit kan gebeur dat hierdie leer deur sommige wel daartoe misbruik sou word. Dit wat hy egter van homself sê, is ook waar in alle ware gelowiges.

91 Dit is, deur die diens van die wet.

92 Dit is, ek het deur die wet geleer dat ek ’n groot sondaar is, volgens die wet aan die vloek en dood onderworpe, dat die geregtigheid wat die wet eis nie in my is nie, en dat die wet my derhalwe in die dood laat.

93 Dit is, ’n nuwe en heilige lewe te lei, wat vir God behaaglik is, volgens sy gebooie; en dus nie vir die sonde nie. Sien Rom. 6:11.

n Gal. 1:4. Ef. 5:2. Tit. 2:14. 94 Sien hoe dit verstaan moet word in Rom. 6:6 en die kanttekeninge, waar dieselfde gesê en nader verklaar word.

95 Gr. ek leef, nie meer ek nie, naamlik, ek leef nou waarlik ’n geestelike lewe.

96 Gr. nie meer ek nie, naamlik soos ek was voor my bekering en wedergeboorte.

97 Naamlik deur sy Heilige Gees, deur wie Hy my lei in die weë van God, en my vrugbaar maak tot goeie werke.

98 Dit is, in hierdie natuurlike lewe van my; wat hy onderskei van die geestelike.

99 Dit is, hoewel ek my swakhede in daardie selfde vlees het, so glo en vertrou ek dat die Seun van God deur sy dood daarvoor voldoen het; Hy maak my ook deur sy Gees lewend.

100 Naamlik in die dood, Rom. 4:25.

o Hebr. 7:11. 101 Wat gebeur wanneer ’n mens nie glo dat Christus volkome ons geregtigheid is nie.

102 Naamlik wat in my deur Christus plaasgevind het, waarvan hy in die voorgaande vers gespreek het.

103 Of: verniet, dit is, sonder oorsaak, rede, nood of vrug, Joh. 15:25.