Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Génesis 43

1

EN die hongersnood was swaar 1in die land.

2

En 2nadat die koring wat hulle uit Egipte gebring het, opgeëet was, sê hulle vader vir hulle: Gaan koop vir ons weer ’n bietjie voedsel.

3

Toe het Juda hom geantwoord: 3Die man 4het ons uitdruklik gewaarsku en gesê: 5Julle sal my aangesig nie sien as julle 6broer nie by julle is nie.

4

As u ons broer saam met ons stuur, sal ons aftrek en vir u voedsel koop;

5

maar aas u hom nie stuur nie, sal ons nie aftrek nie; want die man het aan ons gesê: bJulle sal my aangesig nie sien as julle broer nie by julle is nie.

6

Toe sê Israel: Waarom het julle so verkeerd teen my gehandel 7deur die man te vertel dat julle nog ’n broer het?

7

En hulle antwoord: Die man 8het uitdruklik na ons en ons familie gevra met die woorde: Lewe julle vader nog? Het julle nog ’n broer? Toe het ons hom dit te kenne gegee 9volgens hierdie woorde. Kon ons dan 10ooit weet dat hy sou sê: Bring julle broer af?

8

Daarop sê Juda aan sy vader Israel: Stuur die seun saam met my; dan sal ons klaarmaak en wegtrek, sodat ons kan lewe en nie 11sterwe nie — ons en ook u en ons kinders nie.

9

Ek sal vir hom borg wees; cvan my hand kan u hom eis. As ek hom nie na u bring en voor u stel nie, sal ek lewenslank teenoor u 12skuldig staan.

10

Ja, as ons nie getalm het nie, waarlik dan was ons nou al twee maal terug.

11

Toe het Israel, hulle vader, vir hulle gesê: 13As dit so is, doen dan dit: neem van die 14opbrings van die land in julle sakke en bring vir die man ’n geskenk af — bietjie 15balsem en bietjie heuning, speserye en gom, neute en amandels;

12

en neem 16dubbel soveel geld met julle saam en bring die geld wat weer bo in julle sakke gesit is, met julle saam terug. 17Miskien was dit ’n vergissing.

13

En neem julle broer — maak julle klaar en gaan terug na die man.

14

En mag 18God, die Almagtige, julle barmhartigheid verleen by die man, sodat hy julle ander broer en Benjamin saam met julle kan laat trek! 19En ek — as ek van kinders beroof is, dan is ek beroof.

15

Daarop neem die manne dié geskenk, en hulle neem dubbel soveel geld saam met hulle en ook Benjamin, en hulle het klaargemaak en na Egipte afgetrek en voor Josef gaan staan.

16

Toe Josef Benjamin by hulle sien, sê hy aan die opsigter oor sy huis: Bring die manne in die huis en slag 20slagvee en maak dit gereed, want die manne moet vanmiddag by my eet.

17

En die man het gedoen soos Josef beveel het, en die man het die manne in die huis van Josef gebring.

18

21En die manne het gevrees, omdat hulle in die huis van Josef gebring is, en gesê: Ter wille van die geld wat 22die vorige keer in ons sakke teruggekom het, word ons ingebring 23om ons te oorrompel, ons te oorval en 24ons as slawe te neem, saam met ons esels.

19

25Daarom het hulle nader gekom na die man wat oor die huis van Josef was, en met hom gespreek by die ingang van die huis

20

en gesê: 26Ag, my heer, dons het 27die vorige keer 28net afgetrek om voedsel te koop,

21

emaar toe ons 29in die herberg kom en ons sakke oopmaak, was elkeen se geld bo in sy sak — ons geld volgens sy gewig — en ons het dit saam met ons teruggebring.

22

Ons het ook ander geld saam met ons afgebring om voedsel te koop. Ons weet nie wie ons geld in ons sakke gesteek het nie.

23

Toe antwoord hy: 30Vrede vir julle! Moenie bang wees nie! 31Julle God en die God van julle vader het julle 32’n skat in jul sakke gegee. 33Julle geld het by my gekom. Daarop het hy Símeon na hulle uitgebring.

24

En die man het die manne in die huis van Josef gebring fen water aan hulle gegee, en 34hulle het hul voete gewas; hy het ook hulle esels voer gegee.

25

En hulle het die geskenk reggemaak teen dat Josef die middag sou kom, want hulle het gehoor dat hulle daar 35brood sou eet.

26

Toe Josef dan in die huis kom, het hulle vir hom die geskenk binnegebring wat by hulle was, en hulle g36voor hom neergebuig na die aarde toe.

27

En hy 37het hulle na hul welstand gevra en gesê: 38Gaan dit goed met julle ou vader van wie julle gespreek het? Leef hy nog?

28

En hulle antwoord: Dit gaan goed met u dienaar, ons vader; hy lewe nog. En hulle het hul eerbiedig neergebuig.

29

Toe slaan hy sy oë op en sien sy broer Benjamin, die seun van sy moeder, en sê: Is dit julle jongste broer hvan wie julle met my gespreek het? Daarop sê hy: Mag God jou genadig wees, 39my seun!

30

En Josef het gou gemaak, want sy 40binneste was ontroerd oor sy broer: hy het geleentheid gesoek om te ween en in die kamer gegaan ien daar geween.

31

Daarna het hy sy gesig gewas en uitgekom en 41hom bedwing en gesê: 42Bring die ete op!

32

Toe bring hulle dit vir 43hom 44besonders op en vir 45hulle besonders en vir die Egiptenaars wat by hom eet, besonders; want die Egiptenaars mag nie saam met die Hebreërs eet nie, omdat 46dit vir die Egiptenaars ’n gruwel is.

33

En hulle het gaan sit 47volgens sy bepaling, die eersgeborene na sy eersgeboorte en 48die jongste na sy jonkheid. 49Toe kyk die manne 50mekaar verbaas aan.

34

Hierop het hy aan hulle porsies uitgedeel van die ete wat voor hom staan; maar die porsie van Benjamin was 51vyf maal groter as die porsies van hulle almal. En hulle het gedrink en 52saam met hom vrolik geword.

1 Naamlik in die land Kanaän en die omgewing.
2 Hebr. toe hulle opgehou het om te eet, dit is, toe hulle amper alles opgeëet het.
3 Naamlik die heer van Egipte. So ook in Gén. 42:33 en hier in verse 5-7, ens.

4 Hebr. waarskuwende gewaarsku.

5 Dit is, in my teenwoordigheid nie kom nie. Sien hierdie manier van spreek in 2 Sam. 14:24, 28, 32. Hand. 20:25, 38.

6 Naamlik Benjamin.

a Gén. 42:20.

b Gén. 44:23.

7 Of: deur die man te kenne te gee, of julle nog ’n broer het.
8 Hebr. vraende het hy gevra.

9 Hebr. volgens die mond van hierdie woorde, dit is, volgens die eis van die woorde wat hy ons voorgehou het.

10 Hebr. wetende weet.

11 Naamlik van honger.
c Gén. 44:32. 12 Dit is, strafwaardig wees al die dae van my lewe. So word die woorde skuldig staan of misdadiger wees gebruik in Gén. 44:32. 1 Kon. 1:21.
13 Asof hy sê: As die saak so gesteld is, laat dit dan in God se Naam geskied.

14 Dit is, die beste produkte van die land wat vir hul groot waarde baie geprys en bekend was. Sommige verstaan dit as baie uitnemende gewasse, en vrugte wat van die bome geoes was.

15 Sien hieroor en oor sommige van die speserye wat volg Gén. 37:25 se kanttekeninge.

16 Dit is, dubbel soveel soos tevore, omdat die koste vermeerder het, vers 1.

17 Dit is, daar mag ’n misverstand of fout wees, dat julle geld so in julle sakke beland het.

18 Sien Gén. 17:1.

19 Asof hy sê: Moet dit so wees dat my kinders agterbly, laat die wil van die Here geskied, aan wie ek die uitkoms van hierdie saak toevertrou. Sien ’n soortgelyke manier van spreek in Est. 4:16. Anders: soos ek van kinders beroof is (naamlik van Josef en Símeon), so word ek beroof (naamlik van Benjamin).

20 Hebr. slagting, dit is, vee wat geslag was om geëet te word. Vgl. Spr. 9:2.
21 Hulle het nie geweet dat hulle vir ’n maaltyd uitgenooi was nie, maar het gedink dat hulle hul in die huis wou opsluit, en vanweë die geld wou beskuldig of straf.

22 Dit is, met ons eerste reis na hierdie land. Sien Gén. 42:25.

23 Of: sodat hy hom oor ons rol, dit is, hom oor ons werp met swaar beskuldigings, om ons ten gronde te bring; soos iemand onder ’n swaar gewig, wat op hom val, vasgedruk bly.

24 Die mening is dat die Egiptenaars diefstal gewoonlik gestraf het met slawerny.

25 Om hulle te verontskuldig, voordat hulle beskuldig sou kon word vanweë die geld.
d Gén. 42:3. 26 Die Hebreeuse woordjie is gebruiklik by diegene wat, terwyl hulle in die moeilikheid is, van ’n meerdere iets versoek. So ook in Ex. 4:10. Núm. 12:11.

27 Sien vers 18 se kanttekening.

28 Hebr. aftrekkende afgetrek.

e Gén. 42:27, 35. 29 Hulle beskryf die saak nie korrek nie, en ook nie in besonderhede soos dit in sy geheel gebeur het nie, omdat net een van hulle onderweg in die herberg sy geld in sy sak gevind het, en die ander eers tuis, Gén. 42:27, 35. Maar dit wil voorkom of hulle dit so gedoen het óf om dit kort te hou, óf deur verslaenheid.
30 Of: Vrede sal vir julle wees, dit is, julle sake staan goed, dit sal goed gaan, hou goeie moed.

31 Dit wil voorkom of hierdie dienskneg van Josef in die ware godsdiens onderrig was.

32 Of: iets wat verborge is.

33 Dit is, ek het julle geld ontvang.

f Gén. 18:4. 34 Sien Gén. 18:4 se kanttekening.
35 Dit is, hulle maaltyd sou hou, of vir ete sou bly. Sien Gén. 31:54 se kanttekening.
g Gén. 37:10; 42:6. 36 Sien Gén. 37:7.
37 Hebr. het hulle na hul vrede gevra, dit is, na hul welsyn, of hoe dit met hulle gaan. So ook in Ex. 18:7. Rig. 18:15. 1 Sam. 25:5. Sien oor die woord vrede Gén. 37:14 se kanttekening.

38 Hebr. Het hy vrede? en so in dit wat volg. Sien Gén. 29:6 se kanttekening.

h Gén. 42:13. 39 So noem hy hom uit vriendskap en groot toegeneentheid, volgens die manier waarop diegene wat ouer en aansienliker is, gewoonlik ’n jongere en mindere vriendelik aanspreek.
i Gén. 45:2. 40 Of: ingewande. Die ingewande van ’n mens beteken eintlik sy inwendige organe, soos sy hart, long, lewer, maag, ens. Aangesien hulle, en vernaamlik die hart, baie bewoë en ontroer word wanneer ’n mens met barmhartigheid en medelye vir iemand oorweldig word, word die binneste gesien as die barmhartigheid self, wat uit die diepste van’n mens se hart voortkom, 1 Kon. 3:26. Filip. 2:1. Kol. 3:12.
41 Naamlik om te ween. Sien Gén. 45:1.

42 Dit is, dien die maaltyd op.

43 Naamlik Josef.

44 Tot ’n teken van sy waardigheid en van die eerbied wat aan hom verskuldig was.

45 Naamlik die broers van Josef.

46 Ten opsigte van hul afgodiese godsdiens, omdat hulle goddelike eer betoon het aan die kalwers, osse, ens., wat die Hebreërs geslag en geëet het. Vgl. Gén. 46:34. Ex. 8:26.

47 Of: voor sy aangesig, dit is, teenoor Josef.

48 Hebr. die kleine na sy kleinheid.

49 Nie net omdat Josef hulle so ’n groot eer aangedoen het nie, maar in die besonder omdat hulle volgens hul ouderdom, wat hulle gemeen het aan hom onbekend was, geplaas was.

50 Hebr. die man tot sy naaste.

51 Hebr. hy het die geregte van Benjamin vermenigvuldig bo die geregte van hulle almal, vyf hande, dit is, vyf dele.

52 Die Hebreeuse woord beteken nie altyd om jou in oorvloed of gulsigheid met wyn te oorlaai nie; maar soms slegs om verheug te wees van die drink van wyn. Sien Ps. 104:15. Hoogl. 5:1. Hag. 1:6 en die kanttekening. Die Griekse woord word in Joh. 2:10 ook so gebruik.