Statevertaling – Bybelstigting

Handelinge 14

Die evangelie word verkondig in Ikónium, Listre en Derbe. Seën en vervolging. Terugkeer na Antiochíë.

1

EN 1op dieselfde wyse het 2hulle in Ikónium in die sinagoge van die Jode ingegaan en so gespreek dat ’n groot menigte Jode sowel as 3Grieke gelowig geword het.

2

Maar die 4ongehoorsame Jode het die gemoedere van die heidene teen die broeders opgehits en 5verbitter.

3

Hulle het toe 6’n geruime tyd daar deurgebring en 7vrymoediglik gespreek in die Here, awat aan 8die woord van sy genade getuienis gegee het deur te beskik dat tekens en wonders 9deur hulle hande plaasvind.

4

En die menigte van die stad was verdeeld, en sommige het met die Jode en ander met 10die apostels saamgegaan.

5

Maar toe daar onder die heidene en ook onder die Jode, saam met hulle owerstes, ’n beweging ontstaan het om hulle te mishandel en te stenig,

6

het hulle 11dit gewaargeword en bgevlug 12na die stede van 13Likaónië, Listre en Derbe en die omstreke.

7

En daar het hulle die evangelie verkondig.

8

En in Listre het daar ’n man gesit wat cmagteloos was aan sy voete, kreupel van sy geboorte af, en hy het nooit geloop nie.

9

Hy het geluister terwyl Paulus spreek; en Paulus het die oë op hom gehou, en, toe 14hy sien dat hy 15geloof het om 16gesond te word,

10

met ’n groot stem gesê: Staan regop op jou voete! dEn hy het opgespring en begin rondloop.

11

En toe die skare sien wat Paulus gedoen het, verhef hulle hul stem en sê in Likaónies: eDie gode het 17soos mense geword en neergedaal na ons toe.

12

En hulle het vir Bárnabas 18Júpiter genoem, en vir Paulus Mercurius, omdat hy die woordvoerder was.

13

En die priester van Júpiter 19wie se tempel voor hulle stad was, het stiere en 20kranse na die 21poorte gebring en wou saam met die skare offer.

14

Maar toe die apostels, Bárnabas en Paulus, dit hoor, 22het hulle hul klere geskeur en onder 23die skare ingespring en geroep

15

en gesê: Manne, fwaarom doen julle hierdie dinge? Ons is net sulke mense soos julle, en ons verkondig die evangelie dat julle jul van hierdie 24nietige dinge moet bekeer tot die lewende God gwat die hemel en die aarde en die see en alles wat daarin is, gemaak het.

16

hHy het in die tye wat verby is, toegelaat dat al die nasies 25in hulle eie weë sou wandel,

17

ial het Hy Homself 26nie onbetuig gelaat nie, deur goed te doen, van die hemel vir ons reën en vrugbare tye te gee en ons harte met voedsel en vrolikheid te vervul.

18

Selfs met hierdie woorde het hulle met moeite die skare 27verhinder om aan hulle te offer.

19

Maar daar het Jode van 28Antiochíë en Ikónium aangekom, en hulle het, nadat hulle die skare omgepraat het, Paulus kgestenig en hom buitekant die stad gesleep, met die gedagte dat hy dood was.

20

Maar toe die dissipels hom 29omring, het hy opgestaan en in die stad gekom en die volgende dag saam met Bárnabas na Derbe vertrek.

21

En nadat hulle aan daardie stad die evangelie verkondig en 30’n aantal dissipels gemaak het, het hulle teruggegaan na Listre en Ikónium en Antiochíë,

22

en 31die siele van die dissipels versterk len hulle vermaan om in die geloof te bly deur te sê: mOns moet deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan.

23

En hulle het in elke gemeente vir hulle ouderlinge 32gekies, en hulle, ná gebed en vas, opgedra aan die Here in wie hulle geglo het.

24

Toe gaan hulle deur 33Pisídië en kom in 34Pamfílië;

25

en nadat hulle die woord in 35Perge verkondig het, het hulle afgegaan na 36Attálië.

26

En daarvandaan het hulle weggevaar nna 37Antiochíë, waar hulle 38aan die genade van God opgedra was vir die werk wat hulle volbring het.

27

En toe hulle daar kom en die gemeente saamgeroep het, het hulle verslag gedoen van al die dinge wat God 39met hulle gedoen het, en dat Hy 40’n deur van geloof vir die heidene geopen het.

28

En hulle het daar by die dissipels ’n geruime tyd deurgebring.

1 Naamlik soos beskryf in Hand. 13:14. Of: tegelyk; of: tesame.

2 Naamlik Paulus en Bárnabas.

3 Naamlik wat God gevrees en die sinagoges van die Jode gewoonlik besoek het, soos in Hand. 13:42, 43 te sien is.

4 Of: ongelowige.

5 Of: kwaadwillig of sleggesind gemaak.

a Mark. 16:20. Hand. 19:11. Hebr. 2:4. 6 Naamlik om die gemoedere van die gelowige broeders teen hierdie verbitterde Jode en heidene te versterk, en nog ander vir Christus te win.

7 Dit is, vrymoediglik gespreek oor die saak van die Here, of deur die hulp van die Here.

8 Dit is, die evangelie, waarin die genade van God verkondig en aangebied word.

9 Dit is, deur middel van hulle en deur hulle diens.

10 Naamlik Paulus en Bárnabas, vers 14, wat ook deur Christus tot apostels geroep was, soos die ander twaalf. Sien 1 Kor. 9:5, 6.
b Matt. 10:23. Hand. 8:1. 11 Of: dit gesien, beraadslaag.

12 Dit is, na die ander stede van Likaónië, dieper die land in. Want Ikónium was ook ’n stad in Likaónië.

13 Hierdie streek was ’n deel van Klein-Asië, by die berg Taurus geleë, naby Frígië.

c Hand. 3:2.
14 Naamlik Paulus, sien dat hy, naamlik die kreupele.

15 Wat hy skynbaar ontvang het uit die prediking van Paulus en die wonderbaarlike genesing van ander. Paulus het dit ook in hom gesien, óf deur goddelike ingewing, óf deur enkele tekens wat hy daarvan in hom bespeur het.

16 Of: behoue, verlos.

d Jes. 35:6.
e Hand. 28:6. 17 Of: in gedaante van mense; soos voorbeelde daarvan in die heidense geskiedenisse of fabels beskryf word; dit wil voorkom of hierdie mening gespruit het uit sommige verskynings van die engele aan die voorvaders, wat die heidene in fabels verander het.
18 Júpiter was deur die heidene as hulle hoogste god beskou, en as die hoof van al hulle gode; soos Mercurius as die boodskapper en woordvoerder van hulle gode beskou was.
19 Dit is, wie se tempel, beeld of altaar buite hulle stad of in die voorstad gestaan het.

20 Naamlik waarmee die heidene die diere versier het wat hulle aan hul afgode geoffer het.

21 Of: portaal, naamlik van die huis waarin Paulus en Bárnabas loseer het, om daar aan hulle die offer te bring.

22 Naamlik tot ’n teken van groot misnoeë en afkeer wat hulle in sulke afgodery gehad het. Sien Matt. 26:65.

23 Naamlik wat saam met die priester van Júpiter aldaar voor die deure bymekaargekom het.

f Hand. 10:26. Openb. 19:10; 22:9.

g Gén. 1:1. Ps. 33:6; 124:8; 146:6. Openb. 14:7.

24 Dit is, afgode, wat in hulleself niks is nie, 1 Kor. 8:4, en geen gode nie, hoewel die mense hulle as sodanig beskou het.
h Ps. 81:13. 25 Dit is, in die manier van doen, wat hulle self sonder en in stryd met die Woord van God uitgedink het.
i Rom. 1:19. 26 Naamlik selfs ook nie by die heidene, aan wie Hy sy Woord nie gegee het nie, Ps. 147:19, 20.
27 Of: gestil.
k 2 Kor. 11:25. 28 Naamlik in Pisídië geleë, waarvan gespreek is in Hand. 13:14.
29 Naamlik óf om hom te begrawe, óf om hom te verlos van verdere geweld van die vervolgers.
30 Of: geleer of onderrig het. Sien ook Matt. 28:19.
l Hand. 11:23; 13:43.

m Matt. 10:38; 16:24. Luk. 24:26. 2 Tim. 3:12.

31 Naamlik wat hulle in hul voorgaande reis, in die deurreis deur die stede, vir Christus gewin het.
32 Gr. geirotonesantes; sien oor hierdie woord Hand. 10:41 en die kanttekening. Soos dit by die Grieke in die verkiesing van owerhede die gewoonte was, dat die volk met die opsteek van hande hul stem te kenne gegee het, so wil dit voorkom of hierdie gewoonte in die eerste gemeente ook gebruik is, dat die voorstelling van die kerkdienaars, wat deur die apostels of diegene wat hulle daarvoor gestuur het, gedoen is, en deur die gemeente met die opsteek van hande goedgekeur is. Hierdie gebruik het lank in die gemeente voortgeduur, soos die kerklike geskiedenisse getuig. Ander meen dat daardeur verstaan word die handoplegging, wat met die bewilliging van die gemeente plaasgevind het, soos blyk uit die vas en gebed, wat deur die hele gemeente gedoen was en in hierdie verkiesing ook gebeur het. Sien meer oor die ouderlinge in 1 Tim. 5:17.
33 Dit was ’n streek, grensende aan Cilícië.

34 Dit was ’n streek, grensende aan Isaurië, wat ook gegrens het aan Likaónië, vers 6.

35 Dit was die hoofstad van Pamfílië, Hand. 13:13.

36 Dit was ’n stad nie ver van Perge af geleë nie, aan die Middellandse See.

n Hand. 13:1. 37 Naamlik wat in Sírië geleë was. Waarvandaan hulle uitgestuur was en hierdie reis begin het, Hand. 13:4.

38 Naamlik deur vas, gebed en handoplegging, Hand. 13:2, 3.

39 Dit is, deur hulle, of deur hulle diens. Sien Hand. 15:12.

40 Dit is, dat nie net die uiterlike woord en wondertekens nie, maar ook die werking van die Heilige Gees hulle meegedeel was, om tot die geloof in Christus gebring te word, 1 Kor. 16:9. 2 Kor. 2:12. Openb. 3:8.