Statevertaling – Bybelstigting
Paulus in Korinthe, daarna in Éfese. Sy terugkeer na Jerusalem.
EN daarna het Paulus uit Athéne vertrek en in 1Korinthe gekom.
En hy het ’n Jood gevind met die naam van aÁquila, 2afkomstig uit 3Pontus, wat onlangs met sy vrou Priscílla van Italië gekom het, omdat 4Claudius 5beveel het dat al die Jode uit Rome moes vertrek. Na hulle toe het hy gegaan;
en omdat hy van dieselfde ambag was, het hy by hulle gebly en bgewerk, want hulle was 6tentmakers van ambag.
En hy het elke sabbat in die sinagoge 7gespreek en Jode sowel as Grieke 8oortuig.
En toe Silas en Timótheüs cvan Macedónië afgekom het, was Paulus 9ywerig besig om aan die Jode kragtig te betuig dat Jesus 10die Christus is.
Maar toe hulle aanhou om teëstand te bied en godslasterlike dinge te spreek, het hy d11sy klere uitgeskud en vir hulle gesê: 12Julle bloed is op julle hoof. 13Ek is rein. Van nou af sal ek na die heidene gaan.
En hy het daarvandaan weggegaan en in die huis gekom van iemand met die naam van Justus, 14wat ’n godvresende man was, wie se huis 15naasaan die sinagoge gestaan het.
eEn 16Crispus, 17die hoof van die sinagoge, het met sy hele huisgesin in die Here geglo; en ook baie van die Korinthiërs het, toe hulle hom hoor, gelowig geword en is gedoop.
fEn die Here het deur ’n gesig in die nag aan Paulus gesê: Wees nie bevrees nie, maar spreek en 18moenie swyg nie;
want Ek is 19met jou, en niemand sal die hand aan jou slaan om jou kwaad aan te doen nie, want Ek het 20baie mense in hierdie stad.
En hy het 21daar gebly ’n jaar en ses maande lank en die woord van God onder hulle geleer.
En toe 22Gállio 23goewerneur van 24Acháje was, het die Jode eenparig teen Paulus opgestaan en hom voor die regterstoel gebring
en gesê: Hierdie man haal die mense oor om God 25op onwettige wyse te vereer.
En toe Paulus 26sy mond wou oopmaak, sê Gállio vir die Jode: gAs daar nou enige oortreding of 27kwaadwillige skelmstuk was, dan sou ek 28rede hê om julle 29te verdra, o Jode;
maar as dit ’n geskil is oor 30’n woord en oor 31name en oor ’n wet wat vir julle geld, moet julle toesien, want daaroor wil ek geen regter wees nie.
En hy het hulle 32van die regterstoel weggedryf.
En al 33die Grieke het 34Sósthenes, die hoof van die sinagoge, gegryp en hom voor die regterstoel geslaan; en Gállio het hom aan niks van hierdie dinge 35gesteur nie.
En nadat Paulus nog verskeie dae daar gebly het, 36het hy van die broeders afskeid geneem en 37na Sírië uitgeseil, en saam met hom Priscílla en Áquila. En 38in Kenchréë het hy 39sy hoof h40geskeer, want hy het 41’n gelofte gedoen.
En hy het in Éfese aangekom en 42hulle 43daar laat bly, maar self in die sinagoge gegaan en met die Jode gespreek.
En toe hulle versoek dat hy 44langer by hulle moes vertoef, het hy nie toegestem nie,
maar van hulle afskeid geneem en gesê: Ek moet 45sekerlik die komende 46fees in Jerusalem vier, maar ek sal weer na julle terugkom ias God wil. En hy het van Éfese afgevaar.
En toe hy in 47Cesaréa gekom het en 48opgegaan en die gemeente gegroet het, het hy afgereis na 49Antiochíë.
En nadat hy ’n tyd lank 50vertoef het, het hy vertrek en 51agtereenvolgens die land Galásië en Frígië deurgereis en al die dissipels versterk.
Apollos in Éfese en Korinthe.
EN ’n sekere Jood met die naam van kApollos, wat in Alexandríë gebore was, ’n 52welsprekende man, het in Éfese aangekom; en hy was 53magtig in die Skrifte.
Hy het 54onderrig ontvang 55in die weg van die Here; en vurig van gees, het hy gespreek en die dinge aangaande die Here noukeurig geleer, alhoewel hy net van 56die doop van Johannes geweet het.
En hy het vrymoediglik in die sinagoge begin spreek; maar nadat Áquila en Priscílla hom gehoor het, het hulle hom by hulle geneem en hom 57noukeuriger 58die weg van God uitgelê.
En toe hy wou deurgaan 59na Acháje, het die broeders hom 60aangemoedig en aan die dissipels geskrywe om hom te ontvang. En daar aangekom, lwas hy 61deur die genade die gelowiges tot 62veel nut;
want hy het die Jode 63kragtig in die openbaar weerlê en deur die Skrifte bewys dat Jesus die Christus is.
| 1 Die hoofstad van Acháje in Griekeland, geleë tussen twee seë, in die engte waarmee Peloponnesos aan Acháje vas was. Sien meer oor hierdie stad in 1 Kor. 1:2 en die kanttekening. |
| a Rom. 16:3. 1 Kor. 16:19. 2 Tim. 4:19. | 2 Of: van geboorte, geslag.
3 Dit was ’n streek in Klein-Asië, geleë tussen Kappadócië en die Swart See, Hand. 2:9. 4 Die keiser van Rome. 5 Gr. verordineer het. Die geskiedskrywers Suetonius in Die lewe van Claudius, en Orosius getuig ook van hierdie bevel. Daar word verskillende redes gegee; dit wil voorkom of dit gebeur het omdat die Jode gedurig in oproer was teen diegene wat die Christelike godsdiens aangeneem het; of omdat sommige aansienlike persone van Rome hulle tot die Christelike godsdiens bekeer het. Want die heidense Romeine het die Jode en die Christene as volk van een godsdiens beskou. |
| b Hand. 20:34. 1 Kor. 4:12. 2 Kor. 11:9; 12:13. 1 Thess. 2:9. 2 Thess. 3:8. | 6 Wat toentertyd meestal tente van velle gemaak en aanmekaargewerk het. |
| 7 Of: geredeneer. Sien Hand. 17:2.
8 Naamlik deur goeie redevoeringe en gronde, geneem uit die Heilige Skrif, om sy leer aan te neem. |
| c Hand. 17:15. | 9 Naamlik deur sy gemoed, wat met ’n sterk ywer aangevuur was; sommige Griekse manuskripte het die woorde deur die Gees gedring.
10 Dit is, die Gesalfde, die ware Messías deur die profete beloof. |
| d Matt. 10:14. Hand. 13:51. | 11 Dit was ’n teken dat Paulus geen gemeenskap meer met hulle wou hê nie.
12 Dit is, julle haal deur jul eie toedoen die straf, nie net van die tydelike nie, maar ook van die ewige dood, julle op die hals. Sien oor hierdie manier van spreek Lev. 20:9, 12. 2 Sam. 1:16. Matt. 27:25. 13 Naamlik van julle bloed en verderf, aangesien ek julle getrou teen die verderf gewaarsku en die weg tot saligheid aangewys het, maar wat julle nie wou volg nie, Eség. 33:8, 9. Hand. 20:26. |
| 14 Dit is, wat ’n Jodegenoot was. Sien Hand. 13:43.
15 Dit wil voorkom of hy daar wou tuisgaan om die gevaar van ’n moontlike oploop van die ongelowige Jode te vermy. Dit was dus nou nie meer vir hom nodig om oor die straat te gaan nie. |
| e 1 Kor. 1:14. | 16 Sien oor hom 1 Kor. 1:14.
17 Sien oor die hoofde of owerstes van die sinagoge Mark. 5:22, Hand. 13:15 en die kanttekeninge. |
| f Hand. 23:11. | 18 Die bevel om te spreek word op hierdie manier herhaal, om te kenne te gee dat hy hom nie deur enige swarigheid sou laat afskrik, om die evangelie vrymoediglik te spreek en te verkondig, nie. Sien Joh. 1:20. |
| 19 Sien Luk. 1:66 en die kanttekening.
20 Dit is, baie uitverkorenes, wat deur jou verkondiging bekeer sal word. Sien Joh. 10:16. |
| 21 Gr. daar gesit, naamlik in Korinthe. ’n Hebreeuse spreekwyse. Sien Matt. 4:16. |
| 22 Hy was ’n broer van die beroemde Lucius Annaeus Seneca, die onderwyser van keiser Nero, soos Seneca self getuig in Praefatio, Naturales Quaestiones; hy was eers Marcus Annaeus Novatus genoem, maar toe hy deur Lucius Junius Gállio as seun aangeneem is, het hy ook sy naam aangeneem.
23 Gr. anthupateuon, dit is, wat in die plek van die burgemeester van Rome regeer het. Sien oor hierdie woord Hand. 13:7; 19:38 en die kanttekeninge. 24 En ook van die hele Griekeland, sien Pausanias. |
| 25 Naamlik teen die wet van die Jode, want die Romeine het hulle toegelaat om hulle eie wet te handhaaf. |
| g Hand. 25:11. | 26 Naamlik om hom te verantwoord.
27 Naamlik van doodslag, diefstal, oproer of dergelike. 28 Of: met rede, dit is, soveel die rede sal toelaat, soveel redelik sal wees. 29 Dit is, met lydsaamheid aanhoor en regspreek. |
| 30 Naamlik dat iemand iets gesê of sleg gespreek het van julle wet of godsdiens.
31 Dit is, indien die geskil is oor enige titels wat iemand toegeskryf sou kon word. |
| 32 Dit is, gebied om dadelik te vertrek. |
| 33 Naamlik wat nog heidens en ongelowig was, soos Gállio.
34 Of hierdie Sósthenes dieselfde persoon was waarvan gespreek word in 1 Kor. 1:1, is onseker. 35 Naamlik uit veragting vir die Jode, en vir die Joodse en Christelike godsdiens. |
| h Núm. 6:18. Hand. 21:23. | 36 Naamlik nadat hy sy en die gemeente se sake in orde gebring het, soos die Griekse woord meebring. Sien Mark. 6:46.
37 Dit is, na die streek wat na Sírië gaan. 38 Dit was die hawe van Korinthe, aan die ooste van die stad; soos die hawe aan die ander kant Lecheë genoem was, Strabo. 39 Of: die hoof; want die Griekse woord kan op beide van toepassing wees, sowel op Paulus as op Áquila. 40 Naamlik soos diegene gedoen het wat die nasireërsgelofte vir ’n tyd lank nagekom het, Núm. 6:18-20. 41 Naamlik van die nasireërs, wat beskryf word in Númeri 6, welke gelofte sommige lewenslank afgelê het, ander vir ’n tyd, soos hier gebeur het. Sien die moontlike rede vir hierdie gelofte in Hand. 21:23, 24. 1 Kor. 9:20, waaruit blyk dat dit ’n gelofte was, nie om God daarmee te dien nie, maar om uit liefde die swakke Jode te dien tot stigting, en om te toon dat hy nie ’n veragter van die wet was nie. |
| 42 Naamlik Áquila en Priscílla.
43 Naamlik in Éfese, om die Efésiërs in die geloof te versterk. |
| 44 Gr. tot meerdere tyd. |
| i 1 Kor. 4:19. Hebr. 6:3. Jak. 4:15. | 45 Dit is, noodsaaklik, in alle opsigte.
46 Hy wou op hierdie fees wees, nie omdat hy gereken het dat die Joodse feesdae nog onderhou moes word nie; want daarteen leer hy in Gal. 4:10. Kol. 2:16, maar omdat hy op daardie fees geleentheid sou vind om die evangelie aan baie te verkondig, wat ter wille van die fees daar byeen sou wees. |
| 47 Naamlik in Palestina geleë, Hand. 10:1 se kanttekening.
48 Na Jerusalem, soos in Hand. 21:12. 49 Naamlik in Sírië geleë. |
| 50 Gr. gemaak het. Sien Hand. 15:33; 20:3. 2 Kor. 11:25. Jak. 4:13.
51 Naamlik van die een gemeente na die ander, om hulle te besoek. |
| k 1 Kor. 1:12. | 52 Of: welbespraak; wat vlot kon spreek.
53 Dit is, baie ervare in die Skrifte en bekwaam om dit uit te lê. |
| 54 Gr. kategemenos, dit is, deur ’n lewende stem onderrig in die beginsels van die Christelike godsdiens.
55 Dit is, in die leer van die Here Christus, wat ons die weg tot saligheid aanwys, Matt. 22:16. Hand. 9:2; 22:4; 24:14. 56 Dit is, soveel van Christus, as wat Johannes die Doper sy dissipels geleer en hierdie leer aan hulle met die doop bevestig het. Tydens hierdie doop is die buitengewone gawes van die Heilige Gees nie uitgedeel nie, soos dit by die doop van die apostels wel aan baie geskied het, Hand. 8:15; 19:3. |
| 57 Dit is, vollediger in alle dele van die leer.
58 Sien vers 25. |
| l 1 Kor. 3:6. | 59 Dit is, na Korinthe, die hoofstad van Acháje, soos afgelei kan word uit 1 Kor. 3:6.
60 Naamlik om moedig in die leer te volhard en sy reis te voltooi. 61 Hierdie woorde kan gevoeg word óf by die woord gelowiges, óf by die woord nut. Want beide moet van die genade van God kom. 62 Dit is, het hy baie gehelp tot versterking van die gelowiges. |
| 63 Of: met groot erns. |