Statevertaling – Bybelstigting

Handelinge 21

Paulus terug in Jerusalem. Hy word in die tempel gevang.

1

EN nadat ons ons van hulle 1losgeskeur het, het ons 2afgevaar en reguit koers gehou en by 3Kos aangekom, en die volgende dag by 4Rhodus en daarvandaan by 5Pátara.

2

En ons het ’n skip gevind wat na 6Fenícië sou oorseil, en daarop gegaan en afgevaar.

3

En toe ons Ciprus 7in die gesig gekry het en dit aan die linkerhand laat lê het, het ons na Sírië gevaar en by 8Tirus aangekom, want daar sou 9die skip sy vrag aflaai.

4

En nadat ons 10die dissipels gevind het, het ons daar sewe dae gebly; en hulle het vir Paulus 11deur die Gees gesê aom 12nie op te gaan na Jerusalem nie.

5

Maar toe ons die dae 13uitgebly het, het ons vertrek en op reis gegaan, terwyl almal, 14met vroue en kinders, ons tot buitekant die stad begelei; en ons het op die strand 15neergekniel en gebid.

6

En nadat ons 16mekaar gegroet het, het ons aan boord gegaan, en hulle het teruggegaan 17huis toe.

7

Maar ons het die seereis van Tirus af voltooi en by 18Ptolemáis gekom; en ons het die broeders gegroet en een dag by hulle gebly.

8

En die volgende dag het ons, 19die geselskap van Paulus, vertrek en in 20Cesaréa aangekom; en ons het ons intrek geneem in die huis van bFilippus, 21die evangelis, wat een van die 22sewe diakens was, en by hom 23gebly.

9

En hy het vier ongetroude dogters gehad c24wat die profetiese gawe besit het.

10

En onderwyl ons baie dae daar oorgebly het, het ’n sekere profeet met die naam van dÁgabus van Judéa afgekom.

11

En toe hy by ons kom, neem hy die gordel van Paulus en 25bind sy eie hande en voete en sê: Dít spreek die Heilige Gees: eSo sal die Jode die man wie se gordel dit is, in Jerusalem bind en in die hande 26van heidene oorlewer.

12

En toe ons dit hoor, het ons saam met die broeders van die plek hom gesmeek 27om nie op te gaan na Jerusalem nie.

13

Maar Paulus het geantwoord: fWat doen julle dat julle ween en my hart 28week maak? Want ek is bereid nie alleen om gebind te word nie, maar ook om in Jerusalem te sterwe vir die Naam van die Here Jesus.

14

Toe hy dan nie oor te haal was nie, was ons 29tevrede en het gesê: gLaat die wil van die Here geskied!

15

En ná hierdie dae 30het ons vir die reis klaargemaak en na Jerusalem opgegaan.

16

En sommige van die dissipels van Cesaréa het ook saam met ons gegaan en ons by ’n sekere Mnason van Ciprus gebring, ’n ou dissipel, by wie ons sou tuis gaan.

17

En toe ons in Jerusalem aankom, het die broeders ons 31met blydskap ontvang.

18

En op die volgende dag het Paulus saam met ons na 32Jakobus se huis gegaan, en al 33die ouderlinge was daar teenwoordig.

19

En nadat hy hulle gegroet het, het hy van 34stuk tot stuk vertel wat God onder die heidene deur sy diens gedoen het.

20

En toe hulle dit hoor, het hulle die Here 35verheerlik en vir hom gesê: U sien, broeder, hoeveel 36duisende Jode daar is wat gelowig geword het, en almal is 37yweraars vir die wet.

21

En hulle is aangaande u 38vertel dat u al die Jode onder die heidene leer om van 39Moses 40afvallig te word deur te sê dat hulle die kinders nie moet besny nie en ook nie volgens 41die sedes moet wandel nie.

22

Wat staan ons dan te doen? Dit is dringend nodig dat 42die menigte 43bymekaarkom, want hulle sal hoor dat u gekom het.

23

Doen dan wat ons vir u sê. 44Ons het vier manne wat 45’n gelofte 46gedoen het;

24

neem hulle en 47heilig u saam met hulle en betaal 48die koste vir hulle, sodat hulle hul hoofde kan skeer en almal kan weet dat daar niks is in wat van u vertel word nie, maar dat u self ook wandel as een wat 49die wet 50onderhou.

25

Wat egter 51die gelowiges uit die heidene betref, hhet ons 52geskrywe en 53besluit dat hulle 54niks van dié aard moet onderhou nie, imaar hulle net moet onthou van afgodsoffers en kbloed en van wat verwurg is, en van hoerery.

26

lToe het Paulus die manne geneem en op die volgende dag hom saam met hulle geheilig en in die tempel gegaan om 55bekend te maak 56dat die dae van die heiliging sou voortduur totdat 57die offer vir elkeen van hulle gebring moes word.

27

58Maar toe 59die sewe dae byna verby was, het die Jode 60van Asië hom in die tempel gesien en 61die hele skare 62oproerig gemaak en die hande aan hom geslaan

28

en geskreeu: Israeliete, help! Dit is die man wat oral aan almal dinge leer 63teen die volk en die wet en 64hierdie plek. Hy het ook nog 65Grieke in die 66tempel gebring en hierdie heilige plek 67ontheilig.

29

Want hulle het vantevore m68Trófimus, die Efésiër, in die stad by hom gesien en 69gedink dat Paulus hom in die tempel gebring het.

30

Toe kom 70die hele stad in beweging, en daar was ’n oploop van die volk; en hulle het Paulus gegryp en hom 71buitekant die tempel gesleep; en dadelik is die deure gesluit.

31

En onderwyl hulle probeer om hom dood te maak, het 72’n berig die owerste oor duisend van die leërafdeling bereik dat die hele Jerusalem 73in oproer was.

32

En hy het meteens soldate en hoofmanne oor honderd geneem en afgehardloop 74na hulle; en toe hulle die owerste oor duisend en die soldate sien, het hulle opgehou om Paulus te slaan.

33

nDaarop kom die owerste oor duisend nader en neem hom gevange en gee bevel dat hy met 75twee kettings geboei moet word; en hy het gevra wie hy was en wat hy gedoen het.

34

En onder die skare het sommige dit en sommige iets anders geskreeu. En omdat hy weens die rumoer geen 76sekerheid kon verkry nie, het hy bevel gegee dat hy na die 77kamp gebring moes word.

35

En toe hy op 78die trappe kom, moes hy deur die soldate gedra word weens die geweld van die skare.

36

Want die menigte van die volk het gevolg en geskreeu: o79Weg met hom!

37

En net toe hy in die kamp gebring sou word, vra Paulus die owerste oor duisend: 80Is dit my geoorloof om iets vir u te sê? En hy sê vir hom: Ken jy 81Grieks?

38

Is jy dan nie 82die Egiptenaar wat ’n tyd gelede oproer gemaak het en 83die vierduisend 84rowers na die woestyn uitgelei het nie?

39

En Paulus antwoord: Ek is ’n Joodse 85man pvan Tarsus, ’n burger van geen onvermaarde stad 86in Cilícië nie; ek versoek u, laat my toe om die volk toe te spreek.

40

En toe hy dit toegelaat het, gaan Paulus op die trappe staan en 87wink met die hand vir die volk. En nadat daar ’n groot stilte gekom het, het hy hulle in die Hebreeuse taal toegespreek en gesê:

1 Gr. afgetrek; naamlik soos ’n vader van sy kinders.

2 Sien Hand. 16:11; 18:21.

3 ’n Eiland in die Middellandse See, tussen Kreta en Karië; van waar die bekende geneesheer Hippokrates en die skilder Apelles afkomstig was.

4 ’n Baie bekende eiland met ’n stad met dieselfde naam, teenoor Licië; waar die groot koperbeeld gestaan het wat onder die sewe wonders van die wêreld gereken was.

5 ’n Stad op die vasteland van Licië, geleë teen die see, en die hoofstad van Licië.

6 Sien oor hierdie land Hand. 11:19 en die kanttekening; 15:3.
7 Of: ontdek het.

8 Die hoofstad van Fenícië. Sien daaroor Matt. 11:21.

9 Dit is, die matrose.

a vers 12. Hand. 20:23. 10 Sommige meen dat dissipels hier gelowiges beteken wat nog nie in ’n gevestigde gemeente was nie, en broeders, diegene wat wel in so ’n gemeente was.

11 Dit is, deur ’n besondere openbaring van die Heilige Gees.

12 Dit is, dat hy groot gevaar en verdrukking in Jerusalem sou oorkom; waarom hulle uit liefde vir hom, en uit eie beweging, hom aangeraai het om nie op te gaan nie.

13 Naamlik deur te wag totdat daar weer ’n ander skip sou afvaar.

14 ’n Teken van groot liefde vir hul leraar.

15 Sien Hand. 20:36.

16 Dit is, met onderlinge omhelsing afskeid van mekaar geneem het, Hand. 20:1.

17 Dit is, na sy eie, Joh. 19:27.

18 ’n Stad aan die Middellandse See, onder Tirus, vroeër Akko genoem, Rig. 1:31, Plinius, vernoem na ’n koning van Egipte.
b Hand. 6:5; 8:29. 19 Gr. Paulus en ons wat met hom was, Hand. 13:13.

20 Naamlik van Palestina. Sien Hand. 10:1 en die kanttekening.

21 Dit is, een van diegene wat hier en daar deur die apostels uitgestuur was, om die evangelie te verkondig en die gemeentes te versterk, Ef. 4:11. 2 Tim. 4:5. Andersins word dié wat die vier Evangelies geskryf het, gewoonlik in die besonder evangeliste genoem.

22 Sien Hand. 6:5.

23 Dit is, vertoef.

c Joël 2:28. Hand. 2:17. 24 Dit is, wat die gawe gehad het om toekomende dinge vooruit aan te kondig. Want die vroue word verbied om openlik voor die gemeente die Skrif uit te lê, 1 Kor. 14:34. 1 Tim. 2:12, tensy ’n mens dit as ’n buitengewone voorbeeld wou uitsonder.
d Hand. 11:28.
e vers 33. Hand. 20:23. 25 Só het die profete gewoonlik hul voorseggings met uiterlike tekens voorgestel, sodat dit des te beter in die harte van die mense ingeprent sou word. Sien Jes. 20:2. Jer. 13:1; 27:2. Eség. 12:5.

26 Naamlik eers van die Romeinse goewerneur, en daarna van die wrede keiser Nero.

27 Dit het hulle uit liefde vir Paulus gedoen, soos in vers 4.
f Hand. 20:24. 28 Of: breek, as ’t ware in stukke stamp, Ps. 51:19.
g Matt. 6:10. Luk. 11:2; 22:42. 29 Of: stil, sonder om hom langer te smeek.
30 Of: het ons ons goed gepak.
31 Of: met genoeë, vriendelik.
32 Naamlik die apostel, die seun van Alféüs, Hand. 15:13. Gal. 1:19.

33 Dit is, die regeerders van die gemeente.

34 Gr. volgens een elkeen.
35 Of: geloof.

36 Gr. tienduisende.

37 Naamlik wat meen dat die seremoniële wet nog onderhou moet word, en nog nie verstaan dat dit deur Christus afgedaan is nie.

38 Die Griekse woord beteken eintlik om met ’n lewende stem onderrig te word, Luk. 1:4.

39 Dit is, van die wet deur Moses beskryf.

40 Gr. afval. Dit was ’n lastering teen Paulus; want hoewel hy geleer het dat die seremonies van die Ou Testament deur Christus vervul, en daarom afgedaan was, het hy nogtans nie geleer dat ’n mens die leer van Moses moes verwerp, of dat ’n mens die swakke Jode, wat dit nog nie verstaan het nie, in dié tyd sou dwing om die seremonies na te laat nie, in die besonder omdat hy ook self ter wille van die swakkes Timothéüs besny het, Hand. 16:3.

41 Dit is, die seremonies van die wet te onderhou.

42 Naamlik van die gemeente, bo en behalwe die ouderlinge.

43 Dit is, byeengeroep word.

44 Anders: Onder ons is.

45 Naamlik van die nasireërs. Sien hieroor Númeri 6. Hand. 18:18.

46 Gr. wat ’n gelofte op of oor hulle het.

47 Of: reinig, naamlik deur die nasireërskap te volbring en af te lê deur u hoof te skeer en offers te bring, om daarmee te toon dat u die wet nie verag nie. Hierdie raad gee hulle in die hoop dat Paulus daarmee die slegte gerugte wat aangaande hom rondgaan, dat hy ’n veragter van die wet was, sou wegneem, en om verdere gevaar van ongerustheid in die gemeente te voorkom. Dit was op sigself nie ongeoorloof nie, hoewel die uitkoms geleer het dat hy nie goed genoeg was om die Jode te bedaar nie. Paulus se beskeidenheid kan nogtans geprys word, dat hy die ouderlingskap soveel geag het dat hy hulle raad nie wou afwys nie, maar ter wille van die swakkes dit gevolg het. Sien 1 Kor. 9:20.

48 Naamlik wat vir die offers en andersins aangegaan moes word, soos dit beskryf word in Núm. 6:19, 21.

49 Naamlik van die seremonies.

50 Gr. bewaar; wat Paulus vir ’n tyd by die swakke Jode gedoen het, om hulle des te beter te win.

h Hand. 15:23.

i Ex. 20:3. 1 Kor. 8:1.

k Gén. 9:4.

51 Dit is, wat die Christelike godsdiens aangeneem het.

52 Gr. gestuur, dit is, ’n brief geskrywe en gestuur. Sien Hand. 15:20, ens.

53 Gr. geoordeel.

54 Naamlik wat die seremoniële wet aangaan.

l Hand. 24:6. 55 Naamlik aan die priesters.

56 Gr. die vervulling van die dae van die heiliging; dit is, hy het bekend gemaak wanneer die tyd van hulle gelofte verby sou wees, en dat hulle dit volgens die wet wou beëindig, Núm. 6:13. Hand. 24:18.

57 Naamlik wat beskryf word in Núm. 6:13, ens.

58 Of: Nadat.

59 Naamlik of van die pinksterfees. Sien Hand. 20:16, of van die beëindiging van die tyd van hul gelofte.

60 Dit is, wat in Asië, en, soos dit wil voorkom, in Éfese gewoon het, wat na Jerusalem opgekom het vir die fees; wat ook dikwels in Asië teen Paulus baie kwaad aangerig het, Handelinge 14; 18, mense wat baie weerspannig en nydig teenoor Paulus was.

61 Of: die hele volk, menigte, wat daar teenwoordig was.

62 Gr. vermeng, verwar.

63 Hierdie beskuldigings is Christus en Stéfanus ook ten laste gelê, Matt. 26:61. Hand. 6:13.

64 Naamlik die tempel, of ook die stad.

65 Dit is, onbesnedenes.

66 Naamlik verder in die tempel as wat vir hulle geoorloof was om te kom, Luk. 18:13.

67 Gr. algemeen, dit is, onrein, gemaak. Sien Hand. 10:14, 15.

m Hand. 20:4. 2 Tim. 4:20. 68 Hierdie man, hoewel hy die Christelike godsdiens aangeneem het, was nogtans nie besny nie en geen Jodegenoot nie.

69 Wat nogtans nie so was nie; maar hulle het so gedink omdat hy Paulus oral gevolg het.

70 Dit is, al die inwoners van die stad.

71 Naamlik sodat dit nie meer deur hom (soos hulle gemeen het) sou ontheilig word nie; of om nie die tempel met sy bloed te besmet nie, omdat hulle voorgeneem het om hom dood te maak, vers 31.

72 Gr. ’n aankondiging, ’n tyding.

73 Sien vers 27 se kanttekening.

74 Of: teen hulle.
n vers 11. 75 Naamlik een aan die hande, en een aan die voete; soos Ágabus vooruit aangekondig het, vers 11.
76 Naamlik aangaande die saak, Hand. 22:30.

77 Gr. parembole, wat ’n plek was binne Jerusalem aan die noordekant van die tempel, met mure omring, en versterk soos ’n vesting of kasteel, waar die Romeinse soldate hulle kamp gehad het; en was vernoem na ’n Romeinse generaal, Antonia. Josephus, Joodse Oorlog.

78 Naamlik waarmee ’n mens opgegaan het na die kamp, wat op ’n hoogte geleë was.
o Luk. 23:18. Joh. 19:15. Hand. 22:22. 79 Dit is, maak hom dood.
80 Of: As dit my geoorloof is, naamlik om te spreek, dan sal ek iets sê.

81 Hoewel Paulus ’n Jood of Hebreër was, het hy die owerste in Grieks aangespreek, die taal wat baie algemeen en deur baie Romeine geleer was.

82 Naamlik wat omtrent drie jaar tevore onder die goewerneur Felix die volk in oproer gebring het, en self ontvlug het. Sien oor hom Josephus, Oudhede en Joodse Oorlog.

83 Wat daarna toegeneem het tot dertigduisend toe, soos Josephus skryf.

84 Gr. sikarios, dit is, sluipmoordenaars of dolkstekers, oor wie Josephus eienaardige dinge skryf.

p Hand. 9:11, 30. 85 Gr. mens.

86 Dit word hier bygevoeg om dit te onderskei van ’n ander Tarsus, in Bithínië.

87 Sien Hand. 12:17; 13:16; 19:33.