Statevertaling – Bybelstigting

Handelinge 23

1

EN Paulus het die oë op die Raad gehou en gesê: Broeders, aek het 1met ’n volkome goeie gewete 2voor God gewandel tot op hierdie dag.

2

bMaar die hoëpriester Ananías het bevel gegee aan die wat by hom staan, om hom op die mond te slaan.

3

Toe sê Paulus vir hom: God sal u slaan, 3gewitte muur! cU sit tog om my volgens die wet te oordeel, en beveel u 4in stryd met die wet dat ek geslaan moet word?

4

En die wat daarby staan, sê: Skel jy die hoëpriester van God uit?

5

Daarop sê Paulus: 5Ek het nie geweet, broeders, dat hy hoëpriester is nie, want daar staan geskrywe: dVan ’n owerste van jou volk mag jy nie 6kwaad spreek nie.

6

En omdat Paulus geweet het dat die een deel 7uit Sadduseërs en die ander uit Fariseërs bestaan, het hy in die Raad uitgeroep: Broeders, eek is 8’n Fariseër, die seun van ’n Fariseër. Oor 9die hoop en die opstanding van die dode staan ek voor die gereg.

7

En toe hy dit sê, het daar 10twis ontstaan tussen die Fariseërs en die Sadduseërs, en 11die menigte het 12verdeeld geraak.

8

fWant die Sadduseërs sê dat daar geen opstanding is nie, ook geen engel of 13gees nie; maar die Fariseërs bely 14albei.

9

Toe was daar ’n groot geroep, en die skrifgeleerdes 15van die party van die Fariseërs het opgestaan en heftig gestry en gesê: gOns vind geen kwaad in hierdie man nie; en as ’n gees met hom gespreek het, of ’n engel, laat ons nie teen God stry nie.

10

En toe daar ’n groot 16twis ontstaan het en die owerste oor duisend gevrees het dat Paulus deur hulle verskeur sou word, het hy die soldate bevel gegee om te gaan en hom met geweld weg te neem onder hulle uit en in die kamp te bring.

11

hEn die volgende nag het die Here by hom 17gestaan en gesê: Hou goeie moed, Paulus, want soos jy 18aangaande My in Jerusalem kragtig getuig het, so moet jy in Rome ook getuig.

Samespanning van die Jode teen Paulus. Hy word na Cesaréa gestuur.

12

iEN toe dit dag geword het, het sommige van die Jode saamgespan en hulleself 19vervloek deur te sê dat hulle nie sou eet of drink totdat hulle Paulus doodgemaak het nie.

13

En daar was meer as veertig wat hierdie sameswering gemaak het.

14

Hulle het na die owerpriesters en die ouderlinge gegaan en gesê: Ons het ons met vervloeking verwens om niks te gebruik totdat ons Paulus doodgemaak het nie.

15

Laat dan nou, saam 20met die Raad, 21aan die owerste oor duisend weet om hom môre af te bring na u toe, asof u oor sy saak 22noukeuriger ondersoek wil doen. En ons is gereed om hom uit die weg te ruim voordat hy by u kom.

16

Maar die seun van Paulus se suster het van die hinderlaag gehoor, en hy het gekom en in die kamp gegaan en dit aan Paulus vertel.

17

En Paulus het een van die hoofmanne oor honderd na hom geroep en gesê: Bring hierdie jongman by die owerste oor duisend, want hy het iets om aan hom te vertel.

18

Daarop neem hy hom saam en bring hom by die owerste oor duisend en sê: Die gevangene, Paulus, het my na hom geroep en versoek om hierdie jongman na u te bring, omdat hy iets het om aan u te sê.

19

Daarop vat die owerste oor duisend hom by die hand en gaan eenkant toe en vra: Wat het jy om aan my te vertel?

20

En hy sê: 23Die Jode het kooreengekom om u te versoek om Paulus môre af te bring na die Raad asof hulle iets noukeurigers omtrent hom wil verneem.

21

24Laat u dan nie deur hulle oorhaal nie, want meer as veertig man van hulle lê hom voor wat hulleself 25vervloek het om nie te eet of te drink totdat hulle hom omgebring het nie. En nou is hulle gereed en wag op u 26toestemming.

22

En die owerste oor duisend het die jongman laat gaan en hom bevel gegee: Vertel aan niemand dat jy dit aan my bekend gemaak het nie.

23

En hy het twee van die hoofmanne oor honderd na hom geroep en gesê: Hou tweehonderd soldate gereed om na 27Cesaréa te gaan, en sewentig ruiters en tweehonderd 28lig gewapende manne, 29teen die derde uur van die nag.

24

En sorg vir pakdiere, dat hulle Paulus daarop kan sit en veilig na 30Felix, die goewerneur, oorbring.

25

En hy het ’n brief geskrywe met ongeveer hierdie inhoud:

26

Claudius Lísias aan die 31hoogedele goewerneur Felix: Groete!

27

lToe hierdie man wat deur die Jode gevang is, op die punt gestaan het om deur hulle omgebring te word, het ek met die soldate bygekom en hom gered, omdat ek verneem het dat hy ’n Romein is.

28

Maar omdat ek te wete wou kom wat die oorsaak was waarom hulle hom beskuldig, het ek hom na hulle Raad afgebring

29

en uitgevind dat hy beskuldig word oor 32twisvrae van hulle wet, maar dat hy nie aangeklaag word van iets wat die dood of boeie verdien nie.

30

En omdat aan my meegedeel is dat daar deur die Jode ’n komplot teen die man sou gesmee word, het ek hom meteens na u gestuur en ook sy beskuldigers gelas om wat hulle teen hom het, voor u te sê. Vaarwel!

31

En die soldate het Paulus geneem soos hulle beveel is, en hom in die nag na 33Antípatris gebring.

32

En die volgende dag het hulle die ruiters met hom verder laat gaan en self na die kamp teruggekeer.

33

En dié het in Cesaréa gekom en die brief aan die goewerneur afgegee en ook Paulus voor hom gestel.

34

En die goewerneur het die brief gelees en gevra uit watter provinsie hy was; en toe hy verneem dat hy uit Cilícië was,

35

sê hy: Ek sal jou 34in verhoor neem wanneer jou beskuldigers ook aangekom het. Toe gee hy bevel dat hy in die 35paleis 36van Herodes bewaak moes word.

a Hand. 24:16. 1 Naamlik nie net in die Christendom nie, maar ook in die Jodedom, want hy het toe ook God opreg sonder geveinsdheid gedien volgens die kennis wat hy gehad het, hoewel hy die Christene daarna uit onkunde vervolg het. Sien verder 2 Tim. 1:3 en die kanttekening.

2 Of: God gedien. Die Griekse woord beteken eintlik om jou in enige stad soos ’n goeie owerheid of goeie burger te gedra. Sien ook Filip. 1:27 en die kanttekening; 3:20.

b 1 Kon. 22:24. Jer. 20:2. Joh. 18:22.
c Deut. 17:9. 3 Dit is, jou skynheilige, geveinsde, wat wel ’n priesterlike kleed het, maar ’n wrede en onregverdige hart. Sien Matt. 23:27, 28. Hierdie woorde van Paulus moenie verstaan word as skeldwoorde, Matt. 5:22, of woorde van wraakgierigheid, of van vergelding van kwaad met kwaad nie, maar as ’n ernstige bestraffing van hierdie persoon, en as ’n vrymoedige aansegging van God se oordeel oor hom. Sien dergelike in 2 Tim. 4:14.

4 Gr. terwyl u die wet oortree.

d Ex. 22:28. 5 Omdat hoëpriesters in daardie tyd dikwels verander het, selfs jaarliks, Joh. 11:49, en Paulus nou vir ’n lang tyd nie baie in Jerusalem verkeer het nie, is dit geen wonder dat hy nie die hoëpriester van gesig geken het nie, te meer omdat ook die hoëpriester self nie in alle vergaderings teenwoordig was nie, en omdat hier alles wanordelik gebeur het, soos uit die hele verrigting blyk. Sien Josephus, Oudhede.

6 Gr. kwaai aanspreek, of: kwaad van hom spreek, skel. Hoewel Paulus niks anders as die waarheid gespreek het nie, wil hy nogtans sê dat hy dit ook sou vermy het indien hy die hoëpriester geken het, omdat dit vir die omstanders gelyk het of hy hom uitgeskel het.

e Hand. 24:21; 26:6. Filip. 3:5. 7 Sien oor hierdie twee sektes Matt. 3:7 se kanttekening; 22:23. Josephus, Oudhede en Joodse Oorlog.

8 Naamlik, was dit my hele lewe, en stem nog met hulle saam ten opsigte van die opstanding van die dode en sommige ander leerstellings. Hy spreek hier die waarheid, hoewel hy ’n deel daarvan verswyg, om sodoende die vyande van God se kerk te verwar.

9 Dit kan verstaan word óf as die hoop van die opstanding, óf as die hoop van die saligheid en die opstanding, aangesien die Sadduseërs beide geloën het, omdat hulle die onsterflikheid van siele ontken het.

10 Of: oproer.

11 Naamlik diegene wat daar bymekaar was.

12 Gr. geskeur.

f Matt. 22:23. Mark. 12:18. Luk. 20:27. 13 Dit is, onsterflikheid van die siel; of: geestelike wese wat onsterflik is.

14 Naamlik die opstanding van die liggame en die onsterflikheid van geeste, dit is, van engele en siele.

g Hand. 25:25; 26:31. 15 Gr. van die deel.
16 Of: oproer.
h Hand. 18:9. 17 Naamlik in ’n gesig, of in ’n droom, of in ’n verrukking van sinne, 2 Kor. 12:1.

18 Of: van die dinge wat My aangaan.

i verse 21, 29, 30. 19 Gr. anethematisan, dit is, gesweer dat hulle ’n anathema of vervloeking voor God wou wees, as hulle geëet of gedrink het voordat hulle Paulus doodgemaak het. Sien vers 21. Matt. 26:74. Rom. 9:3. Gal. 1:8.
20 Of: met die goedkeuring van die Raad. Want Paulus was toe slegs in die mag van die owerste, en nie van die Raad nie.

21 Naamlik Lísias, sien oor hom Hand. 22:24 se kanttekening.

22 Of: meer volkome, nouer, skerper.

k vers 12. 23 Dit is, die Raad van die Jode, saam met ander.
24 Dit is, moenie inwillig tot hulle versoek nie.

25 Of: met ’n vloek verbind het.

26 Naamlik dat u hom na hulle Raad sal bring.

27 Naamlik in Palestina, teen die Middellandse See geleë, waar die goewerneur normaalweg gewoon en gerig gehou het, as die sterkste en geskikste stad in die land, Taticus, Historiae.

28 Gr. deksiolabous, wat eintlik beteken wat met die regterhand vat, naamlik spiese, om dit te werp op die vyande.

29 Gr. van, naamlik ná die sonsondergang, teen die tweede nagwaak, om hom so in die nag buite gevaar te bring.

30 Hierdie Felix was die broer van ’n sekere Pallas, wat eers ’n slaaf en daarna ’n vrygelatene van keiser Claudius was, wat saam met ’n ander vrygelatene, naamlik Narcissus, die Romeinse Ryk onder hierdie keiser toereikend regeer het. Sodat hierdie Pallas sy broer Felix tot ’n goewerneur oor Judéa aangestel het, met toestemming van die keiser. Sien Suetonius, Die lewe van Claudius, Josephus, Oudhede en Tacitius, Annales.
31 Sien Luk. 1:3. Hand. 24:3; 26:25.
l Hand. 21:33.
32 So spreek hy as ’n heiden, asof dit nie die moeite werd was om oor die geskille van die Joodse godsdiens enige ophef te maak nie. God het egter hierdie mening van hom gebruik om Paulus uit die onregverdige hande van die Jode te verlos.
33 ’n Stad geleë teen die Middellandse See tussen Joppe en Cesaréa, omtrent ses-en-twintig kilometer van Jerusalem en dertien van Cesaréa af, wat deur Herodes die Grote opgebou en versterk was, en Antípatris genoem is, na sy vader, Antipater, Josephus, Oudhede.
34 Of: ten volle hoor, soos die Griekse woord meebring.

35 Gr. praitorio, van die Latynse woord praetorium, wat beteken ’n paleis van die opperste regeerders, hetsy prins, goewerneur of generaal, soos te sien is in Matt. 27:27. Mark. 15:16. Filip. 1:13, waarin ook ’n spesifieke plek was om gerig te hou.

36 Dit was so genoem omdat Herodes die Grote dit daar gebou het, toe hy hierdie stad, tevore die Toring van Strato genoem, versterk en ter ere van keiser Augustus Cesaréa genoem het.