Statevertaling – Bybelstigting

Handelinge 3

Die genesing van die kreupel-gebore man. Toespraak van Petrus in die tempel.

1

EN Petrus en Johannes het saam na die tempel opgegaan op 1die uur van die gebed, 2die negende uur.

2

aEn daar is ’n sekere 3man aangedra wat van sy geboorte af kreupel was; hulle het hom elke dag neergesit by die tempelpoort wat 4die Skone genoem word, bom ’n 5aalmoes te vra van die wat in die tempel ingaan.

3

Toe hy sien dat Petrus en Johannes die tempel wou binnegaan, het hy om ’n aalmoes gevra.

4

En Petrus saam met Johannes het hom stip aangekyk en gesê: Kyk na ons.

5

En hy het sy oë op hulle gehou in die verwagting dat hy 6iets van hulle sou ontvang.

6

Maar Petrus sê: Silwer en goud het ek nie; maar wat ek het, dit gee ek vir jou: c7In die Naam van Jesus Christus, 8die Nasaréner, staan op en loop!

7

Toe gryp hy hom aan sy regterhand en rig hom op, en onmiddellik het sy 9voete en enkels sterk geword.

8

En hy het 10opgespring en gestaan en rondgeloop en saam met hulle in die tempel ingegaan terwyl hy rondloop en spring en God prys.

9

En die hele volk het gesien hoe hy daar loop en God prys.

10

En hulle het hom herken, dat dit hy was wat by die Skone Poort van die tempel gesit het om te bedel, en hulle is vervul met verwondering en verbasing oor wat met hom gebeur het.

11

En toe die kreupel man wat genees was, aan Petrus en Johannes 11vashou, het die hele volk uitermate verbaas na hulle gehardloop in die pilaargang 12wat Salomo s’n genoem word.

12

En toe Petrus dit sien, 13sê hy vir die volk: Israeliete, waarom is julle hieroor verwonderd, of waarom kyk julle ons so aan asof ons deur ons eie krag of 14godsvrug bewerk het dat hy loop?

13

15Die God van Abraham en Isak en Jakob, die God van ons vaders, het sy 16Kind Jesus 17verheerlik, Hom wat julle oorgelewer en dvoor Pilatus 18verloën het toe hy besluit het om Hom los te laat.

14

En julle het 19die Heilige en Regverdige verloën en gevra dat 20’n moordenaar aan julle geskenk sou word,

15

en 21die Leidsman tot die lewe het julle gedood. God het Hom uit die dode opgewek, e22waarvan ons getuies is.

16

En deur die geloof 23in sy Naam het 24sy Naam hierdie man, wat julle sien en ken, 25sterk gemaak, en die geloof wat 26deur Hom is, het hom hierdie 27volkome gesondheid gegee in die teenwoordigheid van julle almal.

17

En nou, broeders, ek weet dat julle dit in 28onwetendheid gedoen het, net soos julle 29owerstes;

18

maar God het op dié manier vervul wat Hy tevore verkondig het fdeur die mond van al sy profete, dat die Christus sou ly.

19

gKom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word en tye 30van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom,

20

en Hy Hom 31mag stuur wat 32vooraf aan julle verkondig is, naamlik Jesus Christus,

21

Hom wat die hemel moet 33ontvang 34tot op die tye van die wederoprigting van alle dinge, waarvan God 35van ouds af gespreek het deur die mond van al sy heilige profete.

22

Want Moses het tot die vaders gespreek: hDie Here julle God sal vir julle 36’n Profeet verwek uit julle broeders 37net soos ek is; na Hom moet julle luister 38volgens alles wat Hy met julle sal spreek.

23

En elke siel wat nie na dié Profeet luister nie, sal uit die volk 39uitgeroei word.

24

En ook al die profete 40van Samuel af en die wat gevolg het, almal wat gespreek het, het ook hierdie dae aangekondig.

25

En julle is 41kinders van die profete en van die 42verbond wat God 43met ons vaders gesluit het toe Hy vir Abraham gesê het: iEn in jou saad sal al die 44geslagte van die aarde geseën word.

26

God het, nadat Hy sy 45Kind Jesus 46opgewek het, Hom eers vir 47julle gestuur om julle te 48seën 49deur elkeen van sy booshede te bekeer.

1 Naamlik waarop, benewens die gebede, ook die daaglikse aandoffer geoffer was. Sien Ex. 29:38, 39.

2 Dit is, ná die sonsopkoms, naamlik toe hierdie uur verby was; wat ooreenkom met ons drieuur in die middag. Sien Joh. 11:9. Hand. 2:15.

a Hand. 14:8.

b Joh. 9:8.

3 Naamlik van oor die veertig jaar, Hand. 4:22.

4 Dit was een van die poorte van die voorhof, en skynbaar die groot poort wat aan die oostekant gestaan het, so genoem oor sy skoonheid en kosbaarheid. Sien Josephus, Oudhede.

5 Om die armes te laat bedel was deur God verbied onder sy volk, Deut. 15:4, sodat dit ook ’n teken was dat die wette van God toe ernstig verval het onder die Jode.

6 Dit is, enige aalmoes.
c Hand. 4:10. 7 Dit is, deur Christus se bevel en krag; of: vertrouend op die beloftes en krag van Christus.

8 Sien Matt. 2:23 en die kanttekening.

9 Gr. baseis, dit is, fondamente. Want die voete is soos die fondament waarop die liggaam rus, staan en gedra word.
10 Dit is, nie net opgestaan nie, maar opgespring as ’n teken van volkome genesing en blydskap. Sien Jes. 35:6. Hand. 14:10.
11 Dit is, naby hulle gebly, sonder om van hulle af weg te gaan.

12 Dit is, wat eerste deur Salomo om die tempel gebou was, en daarna, nadat dit saam met die tempel verwoes was, weer op dieselfde plek opgebou is, en daarom die naam van Salomo behou het. Sien 1 Kon. 6:3. Joh. 10:23. Hand. 5:12.

13 Of: antwoord.

14 Naamlik asof ons dit daardeur sou verdien het.

d Matt. 27:20. Mark. 15:11. Luk. 23:18. Joh. 18:40. 15 Dit is, die ware God, wat Hom aan hierdie aartsvaders en voorvaders geopenbaar het, met hulle en hul nageslag ’n verbond gesluit het, en wat deur hulle geken en gedien was. Sien Hand. 5:30. Filip. 2:9.

16 Of: Kneg, Dienaar. Sien vers 26. Jes. 53:11. Hand. 4:27.

17 Naamlik deur Hom uit die dode op te wek en in die hemel tot die hoogste eer op te neem, en deur ons diens sodanige wonders te doen.

18 Naamlik dat Hy julle Koning was, Joh. 19:15.

19 Sien Hand. 2:27.

20 Naamlik Barábbas. Sien Mark. 15:7.

e Hand. 1:8; 2:32. 21 Dit is, wat die enigste Leidsman is om die mense deur sy verdienste en kragtige werkinge tot die ewige lewe te bring. Sien Hand. 4:12.

22 Dit is, van hierdie saak, of: van hierdie Christus is ons getuies.

23 Gr. van sy Naam, dit is, omdat hy in die Naam van Christus geglo het, soos hierna verklaar word. Sien Mark. 11:22. Rom. 3:22.

24 Dit is, hierdie Jesus Christus self, in wie se Naam en deur wie se krag hierdie wonder plaasgevind het.

25 Dit is, sy voete versterk, sodat hy nou daarop kan staan en daarmee kan loop.

26 Of: in Hom.

27 Naamlik van al sy lede, wat hy nou ten volle kan gebruik.

28 Dit sê hy om hulle te troos met die hoop van vergewing, omdat hulle nie teen die Heilige Gees gesondig het nie. Sien Luk. 23:34. Joh. 16:3. 1 Kor. 2:8. 1 Tim. 1:13.

29 Dit moet verstaan word as sommige van hierdie owerstes, van wie die apostel spreek in 1 Kor. 2:8. Want Christus getuig van sommige, dat hulle teen die Heilige Gees gesondig het, Matt. 12:30-32.

f Jes. 50:6; 53:5. Luk. 24:27.
g Hand. 2:38. 30 Dit is, van die verkwikking van die gelowiges, wat aan die hitte van vervolginge in hierdie wêreld onderworpe is, Ps. 66:12. Jes. 28:12. Jer. 6:16.
31 Naamlik vir die tweede keer, oftewel in sy koms om te oordeel.

32 Anders: vooraf aangestel, beskik, geordineer.

33 Dit is, terwyl die hemel Hom ontvang het, behou.

34 Dit is, tot op die dag van die algemene oordeel, waarop alle dinge, wat nou as gevolg van die sondes aan die nietigheid onderworpe is, weer in orde gebring en herstel sal word, Rom. 8:20. 2 Petr. 3:13, of totdat alles volkome vervul sal wees wat deur die profete vooruit aangekondig is.

35 Dit is, vroeër, in die vroegste tye; of: van die begin van die eeue af, Joh. 9:32. Onder hulle was ook Henog, Jud. vers 14.

h Deut. 18:15, 18, 19. Joh. 1:46. Hand. 7:37. 36 Dit is, ’n uitnemende Leraar op ’n besondere wyse deur God gestuur.

37 Dit is, aan my gelyk na die menslike natuur, en in die uitnemendheid van sy besondere sending, getrouheid en wonders; Hy oortref Moses egter ook in baie opsigte. Sien Deut. 18:15. Hebr. 3:2-6.

38 Of: in alles.

39 Of: verdelg, verniel; die HERE sê deur Moses, Deut. 18:19: van hom sal Ek self rekenskap afeis; dit is, Ek sal hom straf, naamlik, soos hier verklaar word, deur hom uit te roei uit my volk, Hebr. 2:2-4.
40 Hoewel daar ná Moses en voor Samuel se tyd ook sommige profete was, so wil Petrus nogtans hê dat ’n mens vernaamlik sal let op Samuel en die profete wat ná hom was, ten tyde van die konings en daarna, omdat hulle hierdie dinge duideliker van Christus geprofeteer het, Hand. 10:43.
i Gén. 22:18. Gal. 3:8. 41 Dit is, afkomstig van die profete; of: aan wie die profete vernaamlik gestuur was.

42 Gr. diatheke, wat met verbond of testament vertaal kan word. Sien Gén. 17:7. Rom. 9:4.

43 Of: tot ons vaders.

44 Dit is, volke. Sien ’n nadere verklaring daarvan in Gén. 22:18. Gal. 3:8.

45 Of: Kneg, Dienaar. Sien vers 13.

46 Naamlik uit die dode; of: verwek, dit is, in die wêreld gestuur, Hand. 13:22, 23.

47 Naamlik Jode en burgers van Jerusalem, Hand. 13:46.

48 Naamlik met genade in hierdie lewe, en met heerlikheid in die toekomende.

49 Of: daarin dat elkeen hom bekeer van sy booshede. Die gedeelte in die teks kom egter beter ooreen met die woord seën, soos ook in Hand. 5:31.