Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Handelinge 9

Bekering van Saulus op die pad na Damaskus.

(Hand. 22:1-16; 26:9-18.)

1

MAARa Saulus, 1wat nog dreiging en moord geblaas het teen 2die dissipels van die Here, het na die 3hoëpriester gegaan

2

en van hom briewe gevra aan die sinagoges in 4Damaskus, sodat as hy mense sou vind wat van 5die Weg was, manne sowel as vroue, hy hulle geboeid na Jerusalem kon bring.

3

bEn toe hy op sy reis naby Damaskus kom, c6omstraal hom skielik d’n lig van die hemel af;

4

en hy 7val op die grond en hoor ’n stem vir hom 8sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy 9My?

5

En hy sê: Wie is U, Here? En die Here antwoord: Ek is Jesus wat jy vervolg. eDit is hard vir jou 10om teen die prikkels te skop.

6

En terwyl hy bewe en verbaas was, sê hy: Here, fwat wil U hê moet ek doen? En die Here antwoord hom: Staan op en gaan na die stad, en dit sal jou gesê word 11wat jy moet doen.

7

gEn 12die manne wat saam met hom op pad was, het 13sprakeloos gestaan terwyl hulle wel 14die stem hoor, maar niemand sien nie.

8

Toe staan Saulus van die grond af op, en alhoewel sy oë oop was, 15het hy niemand gesien nie; en hulle het hom aan die hand gelei en in Damaskus ingebring.

9

En drie dae lank het hy niks gesien nie, en 16niks geëet of gedrink nie.

10

En daar was ’n dissipel in Damaskus met die naam van 17Ananías; en die Here het vir hom 18in ’n gesig gesê: Ananías! En hy antwoord: Hier is ek, Here.

11

Toe sê die Here vir hom: Staan op en gaan na die straat wat genoem word Reguitstraat, en vra in die huis van Judas na ’n man met die naam van Saulus hvan 19Tarsus, want kyk, hy bid;

12

en hy het in ’n gesig ’n man met die naam van Ananías sien inkom en hom die hande oplê, sodat hy weer kon sien.

13

Maar Ananías antwoord: Here, ek het van baie mense aangaande hierdie man gehoor ihoeveel kwaad hy u heiliges in Jerusalem aangedoen het;

14

en hy het 20hier volmag van die owerpriesters om almal te boei wat 21u Naam aanroep.

15

Maar die Here sê vir hom: Gaan, kwant hy is vir My 22’n uitverkore werktuig om my Naam 23te dra voor nasies en konings en die kinders van Israel.

16

lWant Ek sal hom 24toon hoeveel hy vir my Naam moet ly.

17

mEn Ananías het gegaan en in die huis gekom en hom 25die hande opgelê en gesê: Saul, broeder, die Here het my gestuur, naamlik Jesus wat 26aan jou verskyn het op die pad waarmee jy gekom het, sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul word.

18

En dadelik het daar iets soos skille van sy oë afgeval, en hy kon onmiddellik weer sien; en hy het opgestaan en is gedoop.

19

En nadat hy voedsel gebruik het, het hy weer sterk geword. En Saulus was ’n paar dae saam met die dissipels in Damaskus.

Saulus word vervolg.

20

EN hy het dadelik Christus in die sinagoges verkondig, dat Hy 27die Seun van God is.

21

En almal wat hom gehoor het, was verbaas en het gesê: Is hý nie die man wat in Jerusalem uitgeroei het die wat hierdie Naam aanroep, en hier gekom het met die doel om hulle geboeid na die owerpriesters te bring nie?

22

Maar Saulus het al meer krag ontvang en die Jode wat in Damaskus woon, 28in die war gebring deur te 29bewys dat Hy, Jesus, die Christus is.

23

En ná 30geruime tyd het die Jode beraadslaag om hom om te bring.

24

En hulle plan het aan Saulus bekend geword. nEn 31hulle het die poorte dag en nag bewaak, dat hulle hom kon ombring;

25

maar die dissipels het hom geneem oen in die nag deur die muur neergelaat deur hom in ’n mandjie te laat afsak.

26

pEn toe Saulus in Jerusalem aankom, het hy probeer om by die dissipels aan te sluit; maar almal was vir hom bang, 32omdat hulle nie geglo het dat hy ’n dissipel was nie.

27

qMaar Bárnabas het hom geneem en na 33die apostels gebring en hulle vertel hoe hy op die pad die Here gesien het en dat Hy met hom gespreek het, en hoe hy in Damaskus vrymoediglik in die Naam van Jesus gespreek het.

28

En hy het saam met hulle 34in- en uitgegaan in Jerusalem

29

en vrymoediglik gespreek in die Naam van die Here Jesus, en ook met 35die Griekssprekende Jode gepraat en geredetwis, maar hulle het probeer om hom dood te maak.

30

En toe 36die broeders dit agterkom, het hulle hom na Cesaréa afgebring en hom na Tarsus weggestuur.

31

En die gemeentes deur die hele Judéa en Galiléa en Samaría het vrede gehad; en terwyl hulle opgebou is en gewandel het in die vrees van die Here en die vertroosting van die Heilige Gees, het hulle vermeerder.

Genesing van Enéas. Opwekking van Tabíta.

32

EN onderwyl Petrus 37oral rondgaan, het hy ook gekom by 38die heiliges wat in 39Lidda woon;

33

en hy het daar ’n man gevind met die naam van Enéas, wat al agt jaar 40bedlêend en verlam was.

34

En Petrus sê vir hom: Enéas, Jesus Christus maak jou gesond; staan op en 41maak jou bed op! En hy het dadelik opgestaan.

35

En al die inwoners van 42Lidda en Saron het hom gesien en hulle tot die Here bekeer.

36

En in 43Joppe was daar ’n sekere dissipelin met die naam van Tabíta, wat, as dit vertaal word, beteken 44Dorkas. Sy was oorvloedig in goeie werke en aalmoese wat sy gedoen het.

37

En in dié dae het sy siek geword en gesterwe, en hulle het haar 45gewas en in ’n bovertrek neergelê.

38

En omdat Lidda naby Joppe was en die dissipels gehoor het dat Petrus daar was, het hulle twee manne na 46hom gestuur wat hom moes smeek dat hy sonder 47uitstel na hulle moet oorkom.

39

En Petrus het opgestaan en saam met hulle gegaan. En toe hy daar kom, bring hulle hom in die bovertrek; en al die weduwees kom by hom staan en ween en wys hom die onder- en bo-klere wat Dorkas alles gemaak het toe sy nog by hulle was.

40

En Petrus het 48almal buitentoe gestuur en neergekniel en gebid. En hy het hom na die liggaam gedraai en gesê: Tabíta, staan op! En sy het haar oë oopgemaak; en toe sy Petrus sien, het sy regop gesit.

41

En hy gee haar sy hand en laat haar opstaan. Daarop roep hy 49die heiliges en die weduwees en stel haar lewendig voor hulle.

42

En dit het bekend geword in die hele Joppe, en baie het in die Here geglo.

43

En hy het ’n geruime tyd in Joppe gebly by ’n sekere Simon, ’n leerlooier.

a Hand. 8:3; 22:4; 26:9. 1 Kor. 15:9. Gal. 1:13. 1 Tim. 1:13. 1 Naamlik ná die dood van Stéfanus; ’n beeld geneem van leeus en bere, wat ’n prooi jag; of soos bitter vyande hulle gewoonlik teen ander opstel.

2 Dit is, diegene wat Christus aangehang het, en daarna in Antiochíë vir die eerste maal Christene genoem was, Hand. 11:26.

3 Asook na die hoogste Raad van die Jode, waarvan die hoëpriester die hoof was, Hand. 22:5, by welke Raad destyds die kennis en hoogste oordeel oor die sake van die Joodse godsdiens was, ook in die sinagoges buite die Joodse land. Sien 2 Kron. 19:10. Hand. 18:15.

4 Dit was die hoofstad van Sírië, geleë aan die een kant van die berg Líbanon, omtrent vyf of ses dae se reis van Jerusalem af; ’n heidense stad, maar waar baie van die verstrooide Jode gewoon en sinagoges gehad het. Sien vers 22. Hand. 26:12. 2 Kor. 11:32.

5 Dit is, die leer. ’n Hebreeuse spreekwyse. Sien Hand. 24:14.

b Hand. 22:6.

c 1 Kor. 15:8. 2 Kor. 12:2.

d Hand. 26:13.

6 Gr. omring, omglans.
7 Naamlik van skrik, verbaasdheid en vrees.

8 Naamlik in die Hebreeuse taal, Hand. 26:14.

9 Naamlik in my lede, dit is, my gemeente, wat my liggaam is, 1 Kor. 12:12. Ef. 5:23.

e Hand. 5:39. 10 Naamlik soos osse en ander pakdiere agtertoe skop, wanneer hulle met prikkels aangedryf word, en sodoende nie die prikkels nie, maar hulleself beseer.
f Luk. 3:10. Hand. 2:37; 16:30. 11 Naamlik om jou sig terug te kry, en as ’n dissipel beskou te word, soos in vers 17 verklaar word. Want, wat sy leer en apostelskap betref, dit het hy nie ván mense of déúr mense ontvang nie, Gal. 1:1, 12.
g Dan. 10:7. 12 Dit wil voorkom of hulle die manne was wat die owerpriesters saam met Paulus gestuur het om die gevange Christene in bewaring na Jerusalem te bring, soos gesê is in vers 2.

13 Of: verstom, naamlik nadat hulle weer opgestaan het; want hulle het ook saam met Paulus op die grond neergeslaan, Hand. 26:14.

14 Sommige verstaan dit as die stem van Paulus, waarmee hy Christus geantwoord het, omdat in Hand. 22:9 gesê word dat diegene wat in die geselskap van Paulus was, die stem van Hom wat met Paulus gespreek het, nie gehoor het nie. Ander bring dit so in ooreenstemming, dat hier ook wel van die stem van Christus gespreek word; maar slegs van die hoor van ’n geluid, sonder om die woorde te verstaan; maar dat in Hand. 22:9 van ’n afsonderlike geluid en verstaan van woorde melding gemaak word. ’n Dergelike voorbeeld is in Joh. 12:29, in die stem wat uit die hemel tot Christus gespreek het, terwyl sommige dit gehoor en die woorde verstaan het, en ander net die geluid gehoor het, sonder om die woorde te verstaan.

15 Naamlik omdat daar skille oor sy oë gekom het, vers 18.
16 Naamlik óf vanweë die groot verslaenheid, wat hom alle lus om te eet en te drink ontneem het; óf om die hele tyd in gebed en boetvaardigheid deur te bring, soos in vers 11 staan. Want in daardie lande kon die mense die lang vastye beter verdra as in ons lande. Sien Matt. 15:32. Mark. 8:2.
17 Hy was ’n bekende dissipel, soos hy nader beskryf word in Hand. 22:12. Sommige kerkvaders meen dat hy een van die sewentig dissipels was wat tevore deur Christus uitverkies was. (Luk. 10:1, 17.)

18 Naamlik in ’n goddelike gesig deur ’n verrukking van sinne, waarin die Here aan hom verskyn het, soos in vers 12 met Paulus, wat toe nog blind was, ook gebeur het.

h Hand. 21:39; 22:3. 19 Dit was ’n stad in Cilícië, wat groot weldade van die Romeinse keisers ontvang het, en onder andere ook die burgerreg van Rome, waarop Paulus hom hierna soms beroep het. Sien Hand. 16:37; 22:25. Hand. 22:28 se kanttekening.
i vers 1. 1 Kor. 15:9. Gal. 1:13. 1 Tim. 1:13.
20 Naamlik in Damaskus self.

21 Dit is, U aanbid, en vervolgens in U glo, Rom. 10:14.

k Hand. 13:2; 22:21. Rom. 1:1. Gal. 1:15; 2:8. Ef. 3:8. 1 Tim. 2:7. 2 Tim. 1:11. 22 Dit is, instrument; of: dienaar en gesant, 2 Kor. 5:20. Gr. ’n werktuig van die verkiesing, Gal. 1:15, 16.

23 Dit is, voor te dra of te verkondig.

l Hand. 21:11. 2 Kor. 11:23. 24 Dit is, hom nie net vooraf daarin onderrig nie, maar ook deur my Gees daarvoor moed en krag gee; soos Hy ook sy ander dissipels belowe het in Joh. 16:33.
m Hand. 22:12. 25 Naamlik as ’n teken, dat die Here hom in sy goddelike roeping deur die Heilige Gees buitengewoon sou versterk en hom van sy blindheid genees, Mark. 16:18. Sien Hand. 6:6.

26 Of: deur jou gesien is. Want dat Christus ook in hierdie openbaring deur Paulus gesien is, blyk uit vers 27 en Hand. 22:14. Of dit nou slegs gebeur het deur ’n verrukking van sinne, soos in Hand. 22:17, of met liggaamlike oë, voordat hy deur hierdie lig verblind was, word nie gesê nie. Al sou hy Hom met sy liggaamlike oë gesien het, beteken dit egter nie dat die liggaam van Christus op die aarde neergedaal het nie; want dit is in stryd met Hand. 3:21, en God kon Paulus se sig wel so versterk dat hy Christus in die geopende hemel kon sien, soos Hy gedoen het met die sig van Stéfanus, Hand. 7:56.

27 En gevolglik die ware Messías. Sien vers 22. Hand. 8:37.
28 Gr. deurmekaargemaak.

29 Die Griekse woord beteken ’n bewys wat plaasvind deur samevoeging of vergelyking, naamlik van die voorseggings van die profete met die vervulling daarvan in die persoon van Christus.

30 Naamlik drie volle jaar, die tyd wat hy in Arabië en in Damaskus gepreek het, voordat hy na Jerusalem vertrek het. Sien Gal. 1:17, 18.
n 2 Kor. 11:32. 31 Naamlik die Jode, versterk deur die mag van die goewerneur van koning Arétas, 2 Kor. 11:32.
o Jos. 2:15. 1 Sam. 19:12.
p Hand. 22:17. 32 Naamlik omdat die bekering van Paulus nog nie genoeg in die gemeente bekend was nie, omdat hy die meeste van die tyd daarna in Arabië, ver van Jerusalem af, was.
q Hand. 11:25. 33 Naamlik Petrus en Jakobus, soos geskryf staan in Gal. 1:18, 19, want dit wil voorkom of die ander apostels toe vir ’n tyd uit Jerusalem vertrek het om elders die evangelie te verkondig, en daarna weer in Jerusalem in groter getalle byeen was, Hand. 15:6. Gal. 2:9.
34 Dit is, het gemeensaam en daagliks met hulle verkeer. ’n Hebreeuse spreekwyse.
35 Dit is, wat die Griekse taal en vertaling van die Bybel gebruik het. Sien Hand. 6:1, 9.
36 So word die gelowiges genoem, omdat hulle as broeders in liefde met mekaar geleef het, terwyl hulle een Vader in die hemel en een eersgebore Broeder, Jesus Christus, het en een erfenis deur een Gees verwag.
37 Gr. in alle, naamlik plekke, dit is, lande, in vers 31 genoem, om die gemeentes te besoek, en die wat uit die besnydenis was te versterk. Sien Gal. 2:7, 9.

38 Dit is, die gelowige Christene.

39 Sien vers 35.

40 Gr. krabbaton, dit is, op ’n bed gelê het.
41 Dit is, trek die bed reg, en maak dit gereed, as ’n teken van volkome genesing.
42 Lidda was ’n stad in Palestina geleë, in die landstreek Sarona, of Saron, soos dit genoem word in 1 Kron. 27:29. Jes. 35:2; 65:10, ’n ryk en bewoonde land, wat gestrek het langs die Middellandse See, van Cesaréa tot by Joppe.
43 Dit was en is nog ’n bekende hawe in Palestina aan die Middellandse See, vroeër Jafo genoem, waar Jona aan boord gegaan het toe hy weggevlug het van die HERE af, Jona 1:3, waar diegene wat uit Europa na Jerusalem reis, gewoonlik aankom, omtrent ’n dagreis van daar geleë teen ’n randjie, van waar ’n mens Jerusalem kan sien.

44 Dit is, ’n takbokooi, reebokooi of melkbokooi.

45 Naamlik volgens die gebruik van destyds, waarmee hulle, so wil dit voorkom, hul hoop op die opstanding uit die dode te kenne wil gee.
46 Naamlik óf om die arm weduwees des te beter oor hierdie dood te vertroos, óf ook uit die hoop dat hy haar weer sou opwek.

47 Gr. vertraging, dit is, dat dit nie te veel moeite vir hom sou wees nie.

48 Naamlik om nog ernstiger te kan bid, soos Elísa, 2 Kon. 4:33. Hierdie gebed het daartoe gedien dat hy bewys het dat hierdie werk nie deur sy eie nie, maar deur God se mag moes plaasvind, Hand. 3:12, 13.
49 Dit is, die dissipels of gelowiges wat daar naby was; wat so genoem word omdat hulle, geheilig deur Christus se bloed en Gees, deurgaans ’n geheiligde lewe gelei het. Sien vers 32.