Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Johannes 13

Jesus was die voete van sy dissipels.

1

EN 1voor adie fees van die pasga het Jesus, omdat Hy wis dat sy uur gekom het dat Hy uit hierdie wêreld sou 2oorgaan na die Vader, en omdat Hy sy eie mense in die wêreld liefgehad het, hulle liefgehad 3tot die einde toe.

2

En gedurende die 4maaltyd — bdie duiwel het dit al in die hart van Judas Iskáriot, die seun van Simon, 5ingegee om Hom te verraai —

3

het Jesus, omdat Hy wis cdat die Vader alles 6in sy hande gegee het den dat Hy van God uitgegaan het en na God heengaan,

4

van die maaltyd opgestaan en sy 7bo-klere uitgetrek en ’n doek geneem en dit om Hom 8vasgemaak.

5

Daarna het Hy water in ’n 9bak gegooi en die voete van die dissipels begin was en afdroog met die doek wat Hy omgehad het.

6

Hy kom toe by Simon Petrus en dié sê vir Hom: Here, egaan 10U my voete was?

7

Jesus antwoord en sê vir hom: 11Wat Ek doen, begryp jy nou nie, maar jy sal dit 12hierna verstaan.

8

Petrus sê vir Hom: U sal my voete 13in der ewigheid nie was nie! Jesus antwoord hom: 14As Ek jou nie was nie, het jy geen deel aan My nie.

9

Simon Petrus sê vir Hom: Here, nie net my voete nie, maar ook die hande en die hoof.

10

Jesus sê vir hom: 15Hy wat gewas is, het niks anders nodig as om die voete te was nie, maar is heeltemal rein; fen julle is 16rein, maar nie almal nie.

11

gWant Hy het geweet wie Hom sou verraai. Daarom het Hy gesê: Julle is nie almal rein nie.

12

Toe Hy dan hulle voete gewas en sy bo-klere geneem het, gaan Hy weer aan tafel en sê vir hulle: Verstaan julle 17wat Ek aan julle gedoen het?

13

hJulle noem My Meester en Here, en julle is reg, want Ek 18is dit.

14

As Ek dan, die Here en die Meester, julle voete gewas het, iis julle ook verplig om mekaar se 19voete te was.

15

kWant Ek het julle ’n voorbeeld gegee om, net soos Ek aan julle gedoen het, ook so te doen.

16

Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, l’n dienskneg is nie groter as sy heer nie, en 20’n gesant is ook nie groter as die een wat hom gestuur het nie.

17

As julle 21hierdie dinge weet, salig is julle as julle dit doen.

18

Ek spreek nie 22van julle almal nie — Ek weet wie Ek 23uitverkies het — maar dat die Skrif vervul kan word: 24mHy wat saam met My brood eet, het sy 25hakskeen teen My opgelig.

19

nVan nou af sê Ek dit aan julle voordat dit gebeur, sodat wanneer dit gebeur, julle kan glo 26dat dit Ek is.

20

Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, owie iemand ontvang wat Ek stuur, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het.

Jesus voorspel dat Judas Hom sal verraai.

(Matt. 26:21 vv.; Mark. 14:18 vv.)

21

pTOE Jesus dit gesê het, het Hy 27in sy gees ontsteld geword en getuig en gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, een van julle sal My verraai.

22

En die dissipels het na mekaar begin kyk, in twyfel omtrent die een van wie Hy dit sê.

23

qEn een van sy dissipels, 28hy vir wie Jesus liefgehad het, 29het aan tafel teen die bors van Jesus gelê.

24

Simon Petrus knik toe vir hom dat hy moet vra wie dit kon wees van wie Hy spreek.

25

En hy 30val op die bors van Jesus en sê vir Hom: Here, wie is dit?

26

Jesus 31antwoord: Dit is die een aan wie Ek die stukkie sal gee as Ek dit ingedoop het. En toe Hy die stukkie ingedoop het, gee Hy dit aan Judas Iskáriot, die seun van Simon.

27

En nadat hy die stukkie geneem het, 32het die Satan in hom ingevaar. En Jesus sê vir hom: Wat jy 33doen, doen dit haastig.

28

Maar waarom Hy dit vir hom gesê het, het niemand van die wat aan tafel was, verstaan nie.

29

Want sommige het gedink, r34terwyl Judas die beurs gehad het, dat Jesus vir hom sê: Koop wat ons nodig het 35vir die fees; of dat hy iets aan die armes moes gee.

30

Toe hy dan die stukkie geneem het, 36het hy dadelik uitgegaan. En dit was nag.

Laaste onderwys van Jesus aan sy dissipels. Waarom Hy weggaan. Belofte van die Trooster.

31

EN toe hy buite was, sê Jesus: 37Nou is die Seun van die mens verheerlik, en God is in Hom verheerlik.

32

38As God 39in Hom verheerlik is, sal God Hom ook in Homself verheerlik sen Hy sal Hom dadelik verheerlik.

33

My kinders, nog ’n klein tydjie is Ek by julle. tJulle sal My 40soek, en soos Ek vir die Jode gesê het: 41Waar Ek heengaan, kan julle nie kom nie — so 42sê Ek nou ook vir julle.

34

v’n 43Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê.

35

xHieraan sal almal weet dat julle 44my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.

36

Simon Petrus sê vir Hom: Here, waar gaan U heen? Jesus antwoord hom: Waar Ek heengaan, kan jy My nou nie volg nie, ymaar 45later sal jy My 46volg.

37

Petrus sê vir Hom: Here, waarom kan ek U nie nou volg nie? zEk sal my lewe vir U gee.

38

Jesus antwoord hom: Sal jy jou lewe vir My gee? aVoorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, die haan 47sal sekerlik nie kraai voordat jy My drie maal verloën het nie.

a Matt. 26:2. Mark. 14:1. Luk. 22:1. 1 Naamlik die aand voor sy lyding en sterwe. Want Christus het die pasga gehou op die regte tyd, volgens God se instelling, maar die Jode het dit toentertyd uitgestel tot die volgende dag. Sien die rede hiervoor in Matt. 26:20 se kanttekening.

2 Naamlik deur sy dood, opstanding en hemelvaart.

3 Naamlik van sy lewe; of: sonder ophou, Joh. 17:12.

b vers 27. Luk. 22:3. 4 Ander vertaal: toe die maaltyd verby was. Dit is, die maaltyd waarin die paaslam deur hulle geëet was, sodat hulle nog by die tafel gesit het, wat nog nie opgeruim was nie, vers 12. Daarna het Christus sy nagmaal ingestel en gehou. Sien Luk. 22:15, ens.

5 Gr. gewerp.

c Matt. 11:27. Joh. 3:35.

d Joh. 16:28.

6 Dit is, in sy mag gestel het, Matt. 28:18.
  7 Hierdie Griekse woord word dikwels so verstaan. Sien Matt. 5:40. Luk. 6:29.

8 Naamlik om des te beter in staat te wees om hierdie diens te verrig, en met hierdie doek die voete af te droog. Só het die diensknegte gewoonlik hul here gedien. Sien Luk. 17:8.

9 Of: waskom.
e Matt. 3:14. 10 Naamlik wat my Here en Meester is. Hoewel hy dit sê uit eerbied, is daar nogtans onwetendheid mee gemeng, aangesien Christus wil hê dat ons Hom gehoorsaam, ook al dink ons dat Hy iets vreemds gebied.
  11 Dit is, waarom Ek dit doen.

12 Naamlik as Ek dit aan julle verklaar het, soos Hy in verse 13, 14 doen.

  13 Dit is, ek sal dit nooit toelaat nie!

14 Christus gebruik die geleentheid van die uiterlike was om te spreek oor die geestelike was of reiniging van sondes deur sy bloed en Gees, 1 Kor. 6:11. Tit. 3:5. 1 Joh. 1:7, 8, soos Hy dergelike geleenthede meermale benut.

f Joh. 15:3. 15 Christus leer hier, soos diegene wat in die badhuise hul hele liggaam gewas het, hul voete daarna ook weer moet was, dat só ook sy dissipels, wat inwendig deur sy bloed en Gees gewas is, ook uiterlik hul handel en wandel moet reinig.

16 Dit is, deur My gereinig van die sonde en die heerskappy daarvan, Rom. 6:11, 12.

g Joh. 6:64.  
  17 Dit is, waartoe Ek dit gedoen het?
h Matt. 23:8, 10. 1 Kor. 8:6; 12:3. Filip. 2:11. 18 Naamlik in der waarheid.
i Gal. 6:1, 2. 19 Dit is, veelmeer allerlei liefdesdienste, wanneer nodig, aan mekaar te betoon. Ook die dienste wat deurgaans deur die geringstes gedoen word, maar nie om dit as ’n sakrament te gebruik nie; aangesien dit hier nie Christus se bedoeling is nie.
k 1 Petr. 2:21. 1 Joh. 2:6.  
l Matt. 10:24. Luk. 6:40. Joh. 15:20. 20 Of: gestuurde. Gr. apostolos.
  21 Naamlik wat Ek julle deur my voorbeeld geleer het, soos liefde, nederigheid en onderlinge diensbaarheid.
m Ps. 41:10. Matt. 26:23. 1 Joh. 2:19. 22 Naamlik, Ek sê nie dat julle almal dit sal nakom nie. Want Judas sou dit nie doen nie, soos volg.

23 Naamlik tot die ewige saligheid, Ef. 1:4.

24 Dit is, wat daagliks aan my tafel is en met My omgaan.

25 Dit is, het hom vyandig teen My opgestel. Sien Ps. 41:10 se kanttekening.

n Joh. 14:29; 16:4. 26 Naamlik die ware Messías en Seun van God, wat alles tevore weet.
o Matt. 10:40. Luk. 10:16.  
p Matt. 26:21. Mark. 14:18. Luk. 22:21. Hand. 1:17. 1 Joh. 2:19. 27 Dit is, in sy gemoed, deur oordenking van die verraad van Judas, asook van die straf wat daarom oor hom sou kom.
q Joh. 20:2; 21:7, 20. 28 Dit is, Johannes, vir wie die Here Christus besonderlik liefgehad het; so beskryf hy homself ook in Joh. 21:20, 24.

29 Dit was volgens die gebruik van destyds, waarby mense nie aan tafel gesit het soos ons nie, maar op beddens gelê en met die elmboog daarop geleun het; sodat Johannes, wat naaste aan Christus gelê het, gemaklik sy hoof kon buig na Christus se bors.

30 Dit is, buig sy hoof na Christus se bors, om in stilte en ongemerk te verneem wie die verraaier sou wees.
  31 Naamlik saggies aan Johannes alleen, soos blyk uit vers 28.
32 Dit is, die Satan het hom verder geheel in besit geneem, om sy verraad uit te voer, wat hy tevore deur die ingewing van die duiwel aan die owerpriesters belowe het. Sien vers 2. Luk. 22:3.

33 Dit is, voorgeneem het om te doen. Met hierdie woorde wil Christus Judas nie gebied om in sy verraad voort te gaan nie, maar Hy gee daarmee te kenne dat sy verraad aan Hom bekend was, en dat Hy gewillig was om dit te ly. Sien dergelike spreekwyse in Openb. 22:11.

r Joh. 12:6. 34 Dit is, die geld ontvang, bewaar en uitgegee het, wat aan Christus, tot sy eie onderhoud en die van sy dissipels, deur godsalige vroue en ander gegee was, Luk. 8:3 en die kanttekening.

35 Dit is, vir die kostes om die fees verder te hou.

36 Naamlik na die owerpriesters en hoofmanne, om die verraad uit te voer.
37 Dit is, nou is die tyd naby dat Ek deur my lyding en sterwe die duiwel en die dood tot niet sal maak, en daarna in my heerlikheid sal ingaan.
s Joh. 12:23; 17:1. 38 Of: Aangesien.

39 Dit is, deur Hom. Sien oor hierdie vers Joh. 17:1 se kanttekeninge.

t Joh. 7:34; 8:21. 40 Dit is, na my teenwoordigheid verlang.

41 Naamlik in die hemel, waarheen Ek binne ’n kort tydjie sal opvaar, ná my dood en opstanding.

42 Naamlik dat julle vir hierdie tyd nie met My daarheen kan gaan nie. Sien vers 36. Joh. 8:21.

v Lev. 19:18. Matt. 22:39. Joh. 15:12. Ef. 5:2. 1 Thess. 4:9. 1 Petr. 4:8. 1 Joh. 3:23; 4:21. 43 Dit is, onlangs deur My verklaar en versterk, deur my leer en voorbeeld van my besondere liefde, Joh. 15:13, want dieselfde gebod was ook in die Ou Testament. Sien 1 Joh. 2:7, 8. 2 Joh. vers 5.
x 1 Joh. 2:5; 4:20. 44 Dit is, my regte en ware dissipels, wat Ek as sodanig erken.
y Joh. 21:18. 2 Petr. 1:14. 45 Naamlik as jy jou lewenswandel voltooi en diens volbring het en in die geloof sterker sal wees.

46 Naamlik deur die dood in my heerlikheid, Joh. 21:19.

z Matt. 26:33. Mark. 14:29. Luk. 22:33.  
a Matt. 26:34. Mark. 14:30. Luk. 22:34. 47 Dit is, sal hierdie nag nie klaar gekraai het nie. Sien Matt. 26:34, Mark. 14:30 en die kanttekeninge.