Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Josua 1

Josua volg Moses op en beveel die volk om hulle klaar te maak om deur die Jordaan te trek.

1

EN ná adie dood van Moses, die kneg van die HERE, het die HERE met Josua, die seun van Nun, die bdienaar van Moses, gespreek en gesê:

2

My kneg Moses is dood; maak jou dan nou klaar, trek deur hierdie 1Jordaan, jy en hierdie hele volk, na die land wat Ek aan hulle, die kinders van Israel, 2sal gee.

3

cElke plek waar julle voetsool op sal trap, dit gee Ek aan julle, soos Ek met Moses gespreek het.

4

Van 3die woestyn en hierdie 4Líbanon af tot by die groot rivier, 5die Eufraatrivier, die hele land van die Hetiete, en tot by die Groot See in die weste sal julle grondgebied wees.

5

Niemand sal voor jou standhou al die dae van jou lewe nie; soos Ek met Moses gewees het, sal Ek met jou wees; dEk sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie.

6

eWees sterk en vol moed; want jy sal hierdie volk die land laat erwe wat Ek hulle vaders met ’n eed beloof het om aan hulle te gee.

7

Wees net baie sterk en vol moed, om nougeset te handel volgens die hele wet wat Moses, my kneg, jou beveel het; fwyk daarvan nie regs of links af nie, sodat jy met goeie gevolg kan handel, oral waar jy mag gaan.

8

Hierdie wetboek mag nie 6uit jou mond wyk nie; gmaar bepeins dit dag en nag, sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan; want dan sal jy in jou weë voorspoedig wees, en dan sal jy met goeie gevolg handel.

9

Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die HERE jou God is met jou, oral waar jy heengaan.

10

Toe het Josua aan die opsigters van die volk bevel gegee en gesê:

11

Gaan die laer deur en gee die volk bevel en sê: Maak vir julle padkos klaar; want oor drie dae sal julle deur hierdie Jordaan trek om die land in besit te gaan neem wat die HERE julle God aan julle gee, om dit in besit te neem.

12

En aan die Rubeniete en Gadiete en die halwe stam van Manasse het Josua dit gesê:

13

Dink aan die saak wat Moses, die kneg van die HERE, julle beveel het toe hy gesê het: Die HERE julle God verskaf ’n rusplek aan julle en sal 7hierdie land aan julle gee.

14

Julle vroue, julle kinders en julle vee kan bly in die land wat Moses julle oos van die Jordaan gegee het; maar julle self, 8al die dapper helde, moet 9gewapend voor julle broers deurtrek en hulle help,

15

totdat die HERE aan julle broers, soos aan julle, rus gee, en hulle ook die land in besit neem wat die HERE julle God aan hulle sal gee; dan kan julle teruggaan na die land van julle besitting wat Moses, die kneg van die HERE, julle gegee het oos van die Jordaan, teen sonop, en dit in besit neem.

16

Toe het 10hulle Josua geantwoord en gesê: Alles wat u ons beveel het, sal ons doen, en oral waarheen u ons stuur, sal ons gaan.

17

Net soos ons na Moses geluister het, so sal ons na u luister; 11mag die HERE u God net met u wees soos Hy met Moses gewees het.

18

Elke man wat teen u 12bevel wederstrewig is en na u woorde nie luister met betrekking tot alles wat u ons sal beveel nie, moet gedood word; wees net sterk en vol moed.

a Deut. 34:5.

b Deut. 1:38.

1 Dit is die grootste rivier van die land Kanaän, wat deur die beloofde land vloei, en eindig in die Dooie See, of Lacus Asphaltites. In en by hierdie rivier het Johannes die Doper begin om die doop te bedien, Mark. 1:5, en ons Saligmaker Jesus Christus is ook daarin gedoop, Matt. 3:13.

2 Dit is, al lank gelede belowe het om te gee, maar nou daadwerklik in volle besit sal stel.

c Deut. 11:24. Jos. 14:9.
3 Naamlik die woestyn Sin, Exodus 16.

4 Dit is die hoogste en grootste berg wat in Sírië is, wat naby Sidon begin en strek tot by Damaskus.

5 Dit was die grens teen die ooste.

d Deut. 31:6, 8. Hebr. 13:5, 6.
e Deut. 31:23.
f Deut. 5:32; 28:14.
g Ps. 1:2. 6 Dit is, laat jou hart so vol wees met God se woord en kennis dat jou mond daarvan oorloop. Sien Matt. 12:34.
7 Naamlik, waar hulle op daardie tyd was, aan die oostekant van die Jordaan. Sien Núm. 32:33.
8 Hy wil sê dat almal wat uit hierdie stamme hierdie deurtog sou doen, uitgesoekte manne, helde en goed gewapen moes wees.

9 Sien Ex. 13:18 se kanttekening.

10 Naamlik al die stamme, of die opsigters namens hulle, terwyl hulle hul daarmee aan die gesag van Josua onderwerp.
11 Dit is ’n wens waarmee hierdie stamme Josua gelukwens, by die aanvang van sy bediening in sy amp, terwyl hulle verwys na dit wat God hom beloof, vers 5. Ander verstaan dit egter asof dit ’n onderhandeling of voorwaarde was, deur te belowe om hom te gehoorsaam indien die HERE met hom sou wees, soos Hy met Moses gewees het.
12 Hebr. mond.