Statevertaling – Bybelstigting
Die groot slag van Gíbeon. Son en maan staan stil. Verskeie stede in die Suide ingeneem.
EN toe Adóni-Sedek, die koning van Jerusalem, hoor dat Josua Ai ingeneem en dit met die banvloek getref het — soos hy met aJérigo en sy koning gedoen het, so het hy met Ai en sy koning gedoen — en bdat die inwoners van Gíbeon vrede gesluit het met Israel en in hulle midde was,
het 1hulle baie bevrees geword, omdat Gíbeon ’n groot stad was, soos een van die koningstede, en omdat hy groter as Ai en al sy manne 2helde was.
Adóni-Sedek, die koning van Jerusalem, stuur toe na Hoham, die koning van Hebron, en na Píream, die koning van Jarmut, en na Jáfia, die koning van Lagis, en na Debir, die koning van Eglon, om te 3sê:
Trek na my toe op en help my, dat ons Gíbeon kan verslaan, omdat hy met Josua en met die kinders van Israel vrede gesluit het.
So het dan die vyf 4Amoritiese konings vergader en opgetrek: die koning van Jerusalem, die koning van Hebron, die koning van Jarmut, die koning van Lagis, die koning van Eglon, hulle en al hul leërmagte; en hulle het Gíbeon beleër en daarteen geveg.
Maar die manne van Gíbeon het na Josua 5gestuur, in die laer van Gilgal, om te sê: 6Trek u hande nie af 7van u dienaars nie, kom gou op na ons toe en verlos ons en help ons; want al die konings van die Amoriete wat die Gebergte bewoon, het hulle teen ons verenig.
Daarop het Josua opgetrek uit Gilgal, hy en al die 8weerbare manskappe en al die dapper helde met hom saam.
En die HERE het aan Josua gesê: Wees nie bevrees vir hulle nie, want Ek gee hulle in jou hand; niemand van hulle sal voor jou standhou nie.
Toe Josua hulle skielik oorval — hy het die hele nag deur van Gilgal af opgetrek —
het die HERE hulle in verwarring gebring voor Israel, en hy het ’n groot slag onder hulle geslaan by 9Gíbeon en hulle agtervolg op pad na die hoogte van Bet-Horon en hulle verslaan tot by Aséka en tot by Makkéda.
En toe hulle voor Israel uit vlug terwyl hulle op die afdraand van Bet-Horon was, het die HERE groot haelstene uit die hemel op hulle gewerp tot by Aséka, sodat hulle gesterf het; daar het meer gesterf deur die haelstene as wat die kinders van Israel met die swaard doodgeslaan het.
Toe het Josua met die HERE 10gespreek, op die dag dat die HERE die Amoriete aan die kinders van Israel oorgegee het, en 11voor die oë van Israel gesê: Son, 12staan stil in 13Gíbeon, en maan, in die 14dal van Ájalon!
Toe staan die son stil en bly die maan staan totdat die volk hulle gewreek het op hul vyande. Staan dit nie geskrywe in die Boek 15van die Opregte nie? En die son het bly staan in die middel van die hemel en het hom nie gehaas om onder te gaan nie, omtrent ’n volle dag.
En daar was geen dag soos hierdie een, voor hom en ná hom, 16dat die HERE na die stem van ’n man geluister het nie; want die HERE het vir Israel gestry.
17Daarop het Josua, en die hele Israel met hom saam, na die laer van Gilgal teruggekeer.
Maar 18daardie vyf konings het gevlug en weggekruip in die spelonk by Makkéda.
Toe aan Josua geboodskap en gesê is: Die vyf konings is gevind: hulle kruip weg in die spelonk by Makkéda —
het Josua gesê: Rol groot klippe teen die ingang van die spelonk en stel manne daarby aan om hulle te bewaak.
Maar julle, moenie bly staan nie; jaag julle vyande agterna en 19sny hulle agterhoede af; laat hulle nie toe om in hul stede in te kom nie, want die HERE julle God gee hulle in julle hand.
En toe Josua en die kinders van Israel hulle heeltemal verslaan het met ’n baie groot slag totdat hulle vernietig was, en enkele uit hulle vrygeraak en in die versterkte stede ingegaan het,
het 20al die manskappe by die laer, by Josua 21behoue teruggekom in Makkéda; 22niemand het teen die kinders van Israel sy tong verroer nie.
Daarop sê Josua: Maak oop die ingang van die spelonk en bring hierdie vyf konings uit die spelonk uit na my toe.
Hulle het so gedoen en dié vyf konings uit die spelonk na hom gebring: die koning van Jerusalem, die koning van Hebron, die koning van Jarmut, die koning van Lagis, die koning van Eglon.
En toe hulle dié konings uitgebring het na Josua, roep Josua al die manne van Israel en sê aan die aanvoerders van die krygsmanne wat met hom saam getrek het: Kom nader, sit julle voete op die nekke van hierdie konings; en hulle het nader gekom en hul voete op hulle nekke gesit.
En Josua sê vir hulle: Wees nie bevrees of verskrik nie; wees sterk en vol moed, want so sal die HERE met al julle vyande doen teen wie julle sal veg.
En daarna het Josua hulle neergeslaan en hulle gedood en hulle aan vyf 23pale opgehang; en hulle het aan die pale bly hang 24tot die caand toe.
En teen sonsondergang het Josua bevel gegee om hulle van die pale af te haal en in die spelonk te gooi waarin hulle weggekruip het; en hulle het groot klippe voor die ingang van die spelonk gepak, wat vandag nog daar is.
Daardie dag het Josua ook 25Makkéda ingeneem en dit met die skerpte van die swaard verslaan; en sy koning, die stad self en al die 26siele wat daarin was, het hy met die banvloek getref sonder iemand te laat oorbly wat vrygeraak het; en met die koning van Makkéda het hy gedoen net soos met die koning van Jérigo.
Toe trek Josua oor en die 27hele Israel met hom saam van Makkéda na 28Libna om met Libna oorlog te voer.
En die HERE het dit ook met sy koning in die hand van Israel gegee, en hy het dit verslaan met die skerpte van die swaard en al die siele wat daarin was; hy het niemand daarin laat vryraak nie; en hy het met sy koning gedoen net soos met die koning van Jérigo.
Toe trek Josua oor en die hele Israel met hom saam van Libna na 29Lagis om dit te beleër en daarteen te veg.
En die HERE het Lagis in die hand van Israel gegee, sodat hy dit ingeneem het 30op die tweede dag en dit met al die siele wat daarin was, met die skerpte van die swaard verslaan het net soos hy met Libna gedoen het.
Toe trek Horam, die koning van 31Geser, op om Lagis te help; maar Josua het hom en sy volk verslaan totdat daar niemand van hom was wat vrygeraak het nie.
Daarop trek Josua oor en die hele Israel met hom saam van Lagis na 32Eglon om dit te beleër en daarteen te veg.
En hulle het dit ingeneem op 33dieselfde dag en dit verslaan met die skerpte van die swaard; en al die siele wat daarin was, het hy op dieselfde dag met die banvloek getref net soos hy met Lagis gedoen het.
Toe trek Josua op en die hele Israel met hom saam van Eglon 34na Hebron om daarteen te veg.
En hulle het dit ingeneem en dit met sy 35koning en al sy stede en al die siele wat daarin was, met die skerpte van die swaard verslaan sonder om iemand te laat oorbly wat vrygeraak het, net soos hy met Eglon gedoen het: hy het dit met al die siele wat daarin was, met die banvloek getref.
Daarop draai Josua weg en die hele Israel met hom saam na 36Debir om daarteen te veg.
En hy het dit geneem met sy koning en al sy stede; en hulle het hulle met die skerpte van die swaard verslaan en al die siele wat daarin was, met die banvloek getref sonder om iemand te laat oorbly wat vrygeraak het; soos hy met Hebron gedoen het, so het hy met Debir en sy koning gedoen, en soos hy met Libna en sy koning gedoen het.
So het Josua dan die hele land 37verslaan, die Gebergte en die Suidland en die Laeveld en die Hange met al hulle konings sonder om iemand te laat oorbly wat vrygeraak het; en 38alles wat asemhaal, het hy met die banvloek getref, 39soos die HERE, die God van Israel, dbeveel het.
En Josua het hulle verslaan van Kades-Barnéa af tot by Gasa, en die hele land 40Gosen tot by Gíbeon.
En al hierdie konings met hulle land het Josua in een slag geneem, 41omdat die HERE, die God van Israel, vir Israel gestry het.
Daarna het Josua en die hele Israel met hom saam na die laer van Gilgal teruggegaan42.
| a Jos. 6:15.
b Jos. 9:15. |
| 1 Naamlik die koning te Jerusalem, en sy volk, asook die ander konings wat in vers 3 genoem word.
2 Anders: dapper, sterk, magtig. |
| 3 Dit is, om vir hulle te laat sê. |
| 4 Sien Gén. 48:22 se kanttekening. |
| 5 Naamlik, toe hulle hoor dat die vyf konings hulle gereedmaak om hulle aan te val.
6 Of: Hou u hande nie terug nie, of vertraag, of verslap u hande nie, of laat ons nie in die steek nie. 7 Dit is, van ons wat ons aan u as dienaars oorgegee het, waarom u dan ook verskuldig is om ons teen hierdie groot geweld te beskerm. |
| 8 Dit was nie gehuurde soldate nie, maar die sterkste en dapperste manne uit alle stamme. |
| 9 Nie in die stad Gíbeon nie, maar in die omgewing van Gíbeon. So staan daar in Jos. 5:13 by Jérigo, dit is, in die streek by of in die omgewing van Jérigo. |
| 10 Dit is, hy het die HERE aangeroep en tot Hom gebid.
11 Dit is, in die teenwoordigheid van Israel. 12 Hebr. swyg, soos in 1 Sam. 14:9. Ps. 4:5. Jona 1:12. 13 Dit is, staan stil in dié plek waar jy nou is, want Josua was op hierdie tyd in Gíbeon, vers 10. 14 Hierdie plek het aan die stam van Sébulon behoort, Rig. 12:12. Daar was ’n ander Ájalon in die stam van Dan, Jos. 19:42. Die betekenis van Josua se woorde is: Son, moenie oor ons ondergaan terwyl ons in Gíbeon veg nie, en maan, moenie die nag vir ons aanbring nie. Sien vers 13. Ander vertaal dit aldus: Die son staan stil, of: Laat die son stilstaan. |
| 15 Of: van die Vrome, of van diegene wat reg is. Sommige behou die Hebreeuse woord jasjar in die teks. Hierdie boek, soos meer ander historiese boeke waarvan in die Heilige Skrif melding gemaak word, is nou nie meer beskikbaar nie. Sien Núm. 21:14 en die kanttekening. |
| 16 Dit is, dat God op die gebed van ’n mens die son en maan laat stilstaan het. In die tyd van Hiskía het die son nie stilgestaan nie, maar het hy teruggegaan. |
| 17 Naamlik, nadat hy alles gedoen het wat van hierdie vers af tot by die laaste vers van hierdie hoofstuk beskryf word. Die skrywer van die boek het hierdie hele oorlog soos in ’n samevatting kortliks beskryf; daarna beskryf hy breedvoeriger en presies wat in die stryd gebeur het. |
| 18 Naamlik wat in vers 3 genoem word. |
| 19 Die mening is dat hulle die agterste manskappe sou aanval en verslaan. |
| 20 Naamlik al die manskappe wat Josua gestuur het om die vyand te agtervolg, vers 19.
21 Dit is, fris en gesond. 22 Dit is, niemand het hom met een woord teenoor hulle gestel nie. Vgl. Ex. 11:7. |
| c Deut. 21:23. Jos. 8:29. | 23 Of: bome.
24 Soos in Jos. 8:29. |
| 25 Dit was ’n stad wat op die verste landsgrens van die stam van Juda geleë was, teen die weste, Jos. 15:41.
26 Dit is, mense. So word dit ook hierna genoem, want vee en ander dinge was die buit van die Israeliete, vers 40. Deut. 20:16, 17. Jos. 11:11. |
| 27 Naamlik, almal wat saam by Gíbeon was.
28 Anders: Lobna, ’n stad geleë in die stam van Juda, Jos. 15:42, wat aan die priesters uit die huis van Aäron as ’n woonplek gegee is, Jos. 21:13. |
| 29 Dit was ’n sterk stad, geleë aan die uiterste grens van die stam van Juda, teen die weste, Jos. 15:39. |
| 30 Naamlik, nadat hy met die leër daar aangekom het. |
| 31 ’n Stad geleë in die stam van Efraim, Jos. 16:3, 10. Rig. 1:29. |
| 32 ’n Stad geleë in die stam van Juda, Jos. 15:39, omtrent agt kilometer van Jerusalem af na die suide, en vyf kilometer van Émmaüs af. |
| 33 Naamlik, toe hy die stad beleër het. Sien vers 32. |
| 34 Die inname van Hebron word in Josua 14 en 15 breedvoeriger beskryf. Hierdie stad is een van die oudste stede in die land Kanaän. Dit is sewe jaar voor Soan in Egipte gebou, Núm. 13:22. Dit was in die erfdeel van Juda geleë, Jos. 15:13, en was eers Kirjat-Arba genoem. |
| 35 Verstaan hier die koning van Hebron wat die koning wat opgehang is, vers 26, opgevolg het. |
| 36 ’n Stad geleë in die uithoeke van die stam van Juda, waar dit aan die erfdeel van die stam van Simeon grens. Dit is eers Kirjat-Sefer genoem, dit beteken die Boekstad. Daar was ook ’n stad wat Debir genoem is, wat oorkant die Jordaan in die stam van Gad geleë was, aan Gad se uiterste grens, Jos. 13:26 (Lídbir is ’n verbuiging van die naam Debir). |
| d Deut. 7:2; 20:16, 17. Jos. 8:2. | 37 Dit is, hy het daardie hele land verower en dit ingeneem.
38 Dit is, al die mense, want die vee het hulle as hul buit gehou. Hebr. alle asem. 39 Dit dien om Josua en die Israeliete te verontskuldig, vanweë die feit dat hulle so ’n groot menigte mense omgebring het, deur hulle met die skerpte van die swaard te vernietig. |
| 40 Dit is nie die Gosen in Egipte, waarvan in Gén. 45:10 gespreek word nie, maar dit is geleë in die land Kanaän, waarvan gespreek word in Jos. 11:16, 17; 15:51. |
| 41 Dié woorde is hierby gevoeg om alle mense wat dit lees, alle twyfel aangaande die waarheid van hierdie groot dade te ontneem. |
| 42 Alles wat tot hiertoe in hierdie boek beskryf is, het plaasgevind in ’n tydperk van omtrent sewe jaar van die begin van hierdie boek af, dit is, van dit wat Josua en die kinders van Israel gedoen het ná hul intog in die land Kanaän. |