Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Josua 11

Groot slag by die waters van Merom. Oorwinninge in die Noorde en elders.

1

EN toe Jabin, die koning van 1Hasor, dit hoor, het hy gestuur na Jobab, die koning van Madon, en na die koning van 2Simron en na die koning van Agsaf;

2

verder na die konings in die Noorde, in die gebergte en 3op die Vlakte suid van 4Kínnerot en in die Laeveld en 5op die hoëveld van Dor in die weste;

3

na die Kanaäniete in die ooste en in die weste en die Amoriete en Hetiete en Feresiete en Jebusiete op die gebergte en die Hewiete onderaan Hermon, in die land van 6Mispa.

4

Hulle het dan uitgetrek en al hulle leërs saam met hulle, ’n volk talryk soos die sand wat aan die seestrand is in menigte, met ’n groot getal perde en strydwaens;

5

en al hierdie konings het volgens afspraak byeengekom en saam laer opgeslaan by die waters van Merom, om met Israel oorlog te voer.

6

Toe sê die HERE vir Josua: Wees vir hulle nie bevrees nie; want môre omtrent sulke tyd sal Ek hulle, almal verslaan, aan Israel oorgee; hulle perde se hakskeensenings moet jy 7afsny en hulle waens met vuur verbrand.

7

En Josua met al die weerbare manskappe by hom het skielik op hulle afgekom by die waters van Merom en hulle oorval.

8

En die HERE het hulle in die hand van Israel gegee, sodat dié hulle verslaan en hulle agtervolg het tot by 8Groot-Sidon en tot by 9Mísrefot-Maim en tot by die laagte van Mispe teen die ooste; en hulle het hul verslaan totdat daar niemand van hulle was wat vrygeraak het nie.

9

En Josua het met hulle gedoen soos die HERE aan hom gesê het: hulle perde se hakskeensenings het hy 10afgesny en hulle strydwaens met vuur verbrand.

10

En in dié tyd het Josua omgedraai en Hasor ingeneem en sy koning met die swaard verslaan; want Hasor was tevore die 11hoof van al daardie koninkryke.

11

En hulle het 12al die siele wat daarin was, met die skerpte van die swaard verslaan en hulle met die banvloek getref; 13niks wat asemhaal, het oorgebly nie, en Hasor het hy met vuur verbrand.

12

En al daardie koningstede met al hulle konings het Josua geneem en hulle met die skerpte van die swaard verslaan; hy het hulle met die banvloek getref, asoos Moses, die kneg van die HERE, beveel het.

13

Net al die stede 14wat op hulle heuwels gelê het, dié het Israel nie verbrand nie, behalwe Hasor alleen — wat Josua verbrand het.

14

En al die buit van daardie stede en die vee het die kinders van Israel vir hulleself buitgemaak; net al die mense het hulle verslaan met die skerpte van die swaard, totdat hulle dié verdelg het; hulle het niks wat asemhaal, laat oorbly nie.

15

bSoos die HERE Moses, sy kneg, beveel het, cso het Moses aan Josua bevel gegee, en so het Josua gehandel; hy het niks nagelaat van alles wat die HERE Moses beveel het nie.

16

So het Josua dan hierdie hele land ingeneem: die Gebergte en die hele Suidland en 15die hele land Gosen en die Laeveld en die Vlakte en die gebergte van 16Israel met sy laagte;

17

van die 17Kaal Berg af, wat oploop na Seïr toe, tot by Baäl-Gad in die laagte van die Líbanon onderaan die berg Hermon; en al hulle konings het hy gevang en hulle verslaan en hulle gedood.

18

18Baie lank het Josua met al hierdie konings oorlog gevoer.

19

Daar was geen stad wat met die kinders van Israel vrede gesluit het nie, behalwe die Hewiete, die inwoners van Gíbeon; 19alles het hulle met wapengeweld geneem.

20

Want die HERE het dit so bestier dat hulle hul hardnekkig voorgeneem het om Israel te bestry, sodat dié hulle met die banvloek sou tref, dat daar vir hulle geen genade sou wees nie; maar dat dié hulle sou verdelg, soos die HERE Moses beveel het.

21

En in dié tyd het Josua gekom en die 20Enakiete uitgeroei, uit die gebergte, uit Hebron, Debir, Anab en uit die hele gebergte van Juda en die hele gebergte van Israel; met hul stede saam het Josua hulle met die banvloek getref.

22

Niemand van die Enakiete het oorgebly in die land van die kinders van Israel nie; net in Gasa, in 21Gat en in Asdod het hulle oorgebly.

23

So het Josua dan die 22hele land ingeneem net soos die HERE met Moses gespreek het; en Josua het dit as ’n erfdeel aan Israel gegee 23volgens hulle afdelings, volgens hulle stamme; en die land het gerus 24van oorlog.

1 Die naam van ’n stad, geleë in trans-Galiléa, ook genoem Galiléa van die heidene, nie ver van Kades af nie.

2 In Jos. 12:20 word hierdie stad Simron-Meron genoem.

3 Anders: in die woestyn.

4 Ook genoem Gennésaret, Luk. 5:1, ook die see van Tibérias, en die Galilése see.

5 Of: in die landstreke, geweste, kontreie van Dor.

6 Sien Rig. 10:17.
7 Dit is, die hakskeensenings van die agterpote afsny, sodat hulle nie vir die oorlog of vir ander werksaamhede sou deug nie.
8 Hierdie stad word nie Groot-Sidon genoem asof daar ook ’n Klein-Sidon sou wees nie; maar ten opsigte van die grootheid van die stad. Die naam is afkomstig van Sidon, die eersgebore seun van Kanaän, van wie in Gén. 10:15 gespreek word.

9 Hierdie woord word op verskillende maniere uitgelê; sommige: tot aan die warm waters; ander: tot die glasoonde; ander: tot aan die soutputte. Hebr. tot die verbrandings van die waters.

10 Sien vers 6.
11 Dit is, die hoofstad; verstaan van dié deel van die Kanaänitiese land waar Josua in daardie tyd oorlog gevoer het.
12 Dit is, al die mense; hulle het die vee geroof en vir hulleself gehou.

13 Dit is, geen mens nie.

a Deut. 20:16, 17. Jos. 10:40.
14 Anders: wat met hulle walle (of bolwerke) oorgebly het, dit is, wat nog nie gesloop of waarvan die mure nie afgebreek was toe die Israeliete hulle ingeneem het nie; maar hulle het ommuur of versterk gebly, want die kinders van Israel het hulle nie afgebreek nie, sodat hulle vry en onbesorg in dié stede sou kon woon.
b Ex. 23:32, 33; 34:12. Núm. 33:52.

c Deut. 7:2; 20:16.

15 Sien Jos. 10:41.

16 Dit is, waarin Israel gewoon het, of wat die stamme van Israel (uitgesonder Juda) ten deel geval het. Die stam van Juda het hul eie gebergte gehad, soos blyk uit vers 21.

17 Hierdie berg word so genoem omdat dit kaal of sonder bome, gras, of plante was. Ander behou die Hebreeuse woord Halak, as ’n eienaam.
18 Dit is, ’n bietjie meer as ses jaar, soos afgelei kan word uit Kaleb se ouderdom, toe hy ’n erfdeel van Josua begeer het, Jos. 14:7.
19 Naamlik al die bogenoemde stede; of al die stede waarvoor Josua gekom het; andersins is dit seker dat daar nog lank daarna, in die tyd van die rigters, baie stede was wat die Israeliete nog nie ingeneem het nie.
20 Sien Núm. 13:22. Deut. 1:28.
21 Hier het die reus Góliat gewoon, 1 Sam. 17:4.
22 Dit is, die grootste en vernaamste deel; of alle, dit is, allerlei soorte land, naamlik vlak, bergagtig, weiveld, heideveld, waterryk, ens.

23 Hierdie toewysing van die land word beskryf in Josua 15 en die daaropvolgende hoofstukke.

24 Verstaan van openbare oorlog, as mense met leërs teen mekaar uittrek.