Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Josua 12

Opsomming van die konings wat Israel verslaan het.

1

EN dit is die konings van die land wat die kinders van Israel verslaan en wie se land hulle in besit geneem het oos van die Jordaan, teen sonop; van die Arnonrivier af tot by die berg Hermon, en die hele Vlakte teen die ooste:

2

Sihon, die koning van die Amoriete wat in Hesbon gewoon het, wat geheers het van Ároër af wat aan die 1kant van die Arnonrivier lê: van die amiddel van die rivier af en oor die helfte van Gílead tot by die Jabbokrivier, die grens van die kinders van Ammon;

3

en oor die Vlakte tot by die 2Kínnerotsee, na die ooste toe, en tot by 3die See van die Vlakte, die Soutsee, oostelik in die rigting van 4Bet-Hajésimot en teen die suide onderaan die 5hange van Pisga;

4

ben die grondgebied van Og, die koning van Basan, uit ’n oorblyfsel van die 6Refaïete, wat in Ástarot en Edréï gewoon het,

5

en wat geheers het oor die gebergte Hermon en oor Salka en oor die hele Basan tot by die grens 7van die Gesuriete en die Maägatiete, en tot die helfte van Gílead, die grondgebied van Sihon, die koning van Hesbon.

6

Moses, die kneg van die HERE, en die kinders van Israel het hulle verslaan; cen Moses, die kneg van die HERE, het dit as ’n besitting gegee aan die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van Manasse.

7

En dit is die konings van die land wat Josua en die kinders van Israel verslaan het, dduskant die Jordaan na die weste toe: van Baäl-Gad in die laagte van die Líbanon af tot 8by die Kaal Berg wat oploop na Seïr toe; en Josua het dit as ’n besitting aan die stamme van Israel gegee 9volgens hulle afdelings —

8

op die Gebergte en in die Laeveld en in die Vlakte en aan die hange en in die woestyn en in die Suidland: die Hetiete, Amoriete en Kanaäniete, die Feresiete, Hewiete en Jebusiete:

9

die koning van Jérigo, een; die koning van Ai wat langsaan Bet-el lê, een;

10

die koning van Jerusalem, een; die koning van Hebron, een;

11

die koning van Jarmut, een; die koning van Lagis, een;

12

die koning van Eglon, een; die koning van Geser, een;

13

die koning van Debir, een; die koning van Geder, een;

14

die koning van 10Horma, een; die koning van Arad, een;

15

die koning van Libna, een; die koning van 11Adúllam, een;

16

die koning van Makkéda, een; die koning van Bet-el, een;

17

die koning van Tappúag, een; die koning van Hefer, een;

18

die koning van Afek, een; die koning van Lassáron, een;

19

die koning van Madon, een; die koning van Hasor, een;

20

die koning van Simron-Meron, een; die koning van Agsaf, een;

21

die koning van Táänag, een; die koning van Megíddo, een;

22

die koning van Kedes, een; die koning van Jókneam, by die Karmel, een;

23

die koning van Dor, 12op die hoëveld van Dor, een; 13die koning van die heidene by Gilgal, een;

24

die koning van Tirsa, een — al die konings saam, een-en-dertig.

a Deut. 3:8, 16. 1 Hebr. lip.
2 Sien Deut. 3:17. Jos. 11:2.

3 So word die Dooie See, dit is, die Soutsee, genoem, en die poel van Sodom en die poel Asphaltites.

4 Dit is, geleë in die gebied van die Moabiete, Eség. 25:9.

5 Hebr. Asdot-Pisga, dit is, afloop van die heuwel; dit is ’n deel van die berg Abarim.

b Deut. 1:4. 6 Hebr. refaïm, dit is, reuse.
7 Hulle het in die land Basan gewoon op die verste grens van die land; dit word in 2 Sam. 15:8 deur Absalom Gesur in Aram genoem, omdat dit naby die stad en die land van Damaskus geleë was. Gesur was ’n koninklike stad. Die dogter van Tálmai, die koning van Gesur, was Dawid se vrou en die moeder van Absalom, 2 Sam. 3:3, waarheen Absalom ook gevlug het toe hy sy broer Amnon doodgemaak het, 2 Sam. 13:37. Die land van die Gesuriete het die halwe stam van Manasse ten deel geval, maar hulle het die inwoners egter nie verdryf nie, Jos. 13:13.
c Núm. 21:24; 32:33.
d Jos. 10:40. 8 Sien Jos. 11:17.

9 Dit is, aan elkeen sy deel.

10 Sien Rig. 1:17 se kanttekening.
11 Dit was ’n stad in die land van Juda, waarvan ook in 1 Kron. 11:15 gespreek word. Daar was ’n spelonk waarin Dawid gebly het toe hy vir Saul gevlug het, 1 Sam. 22:1, en daar het hy Psalm 57 geskryf.
12 Sien Jos. 11:2.

13 Of: die koning van Gojim.