Statevertaling – Bybelstigting
Kaleb ontvang Hebron vir homself.
EN dit 1is wat die kinders van Israel as erfdeel in die land Kanaän ontvang het, awat Eleásar, die priester, en Josua, die seun van Nun, en 2die familiehoofde van die stamme van die kinders van Israel aan hulle as erfenis uitgedeel het
deur verloting van hulle erfdeel, soos die HERE deur die 3diens van Moses beveel het, bmet betrekking tot die nege en ’n 4halwe stam.
Want Moses het die erfdeel van die twee en ’n halwe stam oos van die Jordaan gegee, maar aan die Leviete het hy geen erfdeel 5onder hulle gegee nie.
Want die kinders van Josef 6was twee stamme: Manasse en Efraim; maar aan die Leviete het hulle geen aandeel in die land gegee nie, behalwe stede om in te woon, met hulle weiveld vir hulle vee en hulle goed.
Soos die HERE Moses beveel het, so het die kinders van Israel gedoen en die land 7verdeel.
8Toe het die kinders van Juda nader gekom na Josua in 9Gilgal, en Kaleb, die seun van Jefúnne, die Kenissiet, het vir hom gesê: U weet cdie woord wat die HERE met Moses, 10die man van God, in Kades-Barnéa gespreek het met betrekking tot my en met betrekking tot u.
11Veertig jaar was ek oud toe Moses, die kneg van die HERE, my uitgestuur het van Kades-Barnéa af om die land te verken, en ek het hom berig gebring 12soos dit in my hart was;
maar 13my broers wat saam met my opgetrek het, 14het die hart van die volk laat versmelt, dterwyl ek 15volgehou het om die HERE my God te volg.
16En dié dag het Moses gesweer en gesê: 17Waarlik, die land wat jou voet betree het, sal aan jou en aan jou kinders in ewigheid as ’n erfdeel behoort, omdat jy volgehou het om die HERE my God te volg.
En 18nou, kyk, die HERE het my laat lewe, soos Hy gespreek het, nou al vyf-en-veertig jaar sedert die HERE hierdie woord met Moses gespreek het toe Israel in die woestyn getrek het; en kyk nou, ek is vandag 19vyf-en-tagtig jaar oud;
ek is vandag nog so sterk soos die dag toe Moses my uitgestuur het; soos my krag toe was, so is my krag nou nog, om te veg en 20om euit te gaan en in te gaan.
Gee my dan nou 21hierdie bergland waarvan die HERE daardie dag gespreek het; want 22u self het dié dag gehoor dat dáár Enakiete is en groot versterkte stede; miskien sal die HERE met my wees, sodat ek hulle kan verdrywe, soos die HERE gespreek het.
Toe het Josua hom 23geseën en aan Kaleb, die seun van Jefúnne, Hebron as erfdeel gegee.
Daarom het 24Hebron die erfdeel geword van Kaleb, die seun van Jefúnne, die Kenissiet, tot vandag toe, omdat hy volgehou het om die HERE, die God van Israel, te volg.
En die naam van 25Hebron was tevore stad van Arba; 26hy was die 27grootste man onder die Enakiete. En 28die land het gerus van oorlog.
| a Núm. 34:17. | 1 Naamlik, wat in hierdie en in die volgende vyf hoofstukke beskryf word.
2 Dit is, die owerstes van die stamme van Israel. Hierdie manne, wat vir die verdeling van die land verantwoordelik sou wees, is tevore deur God self aangestel, en met name genoem in die tyd van Moses, Núm. 34:16, ens. |
| b Núm. 26:55. | 3 Hebr. hand.
4 Naamlik die halwe stam van Manasse. |
| 5 Hebr. in hulle midde. |
| 6 Jakob het dit só op sy sterfbed bepaal, Gén. 48:5. |
| 7 Nie onmiddellik nie, maar volgens die orde wat hulle na hul goeddunke uitgewerk het. So staan daar in Gén. 37:21 het hy hom gered, dit is, hy het voorgeneem of probeer om hom te red. |
| c Núm. 14:24. Deut. 1:36. | 8 Naamlik, om Kaleb, wat van hulle stam was, by te staan in die bevordering van sy reg en erfdeel wat aan hom belowe was.
9 Dit wil voorkom of hierdie verdeling plaasgevind het toe die laer en die tabernakel nog in Gilgal was. Die ander verdelings het in Silo plaasgevind, waarheen die tabernakel gebring is vanaf Gilgal, soos in Josua 18 beskryf word. 10 Sien Rig. 13:6 se kanttekening. |
| 11 Hebr. ’n Seun van veertig jaar, so ook in vers 10.
12 Dit is, soos ek in my hart geweet het dat dit waar is, naamlik dat God ons in die land Kanaän sou bring. |
| d Núm. 14:24. | 13 Dit is, my volksgenote, verstaan die tien spioene wat saam met hom uitgestuur was.
14 Dit is, hulle het die hart van die volk bevrees en moedeloos gemaak. 15 Hebr. agter die HERE volhard het; so ook in verse 9, 14. Sien Núm. 14:24. |
| 16 Dit is, sonder twyfel op bevel en ingewing van God. Vgl. die eed van God in Núm. 14:21, 24.
17 Sien oor hierdie manier van eedswering Gén. 14:23 se kanttekening. Vgl. Jos. 22:22. 1 Sam. 24:22; 25:22. |
| 18 Dit was die sewende jaar nadat die Israeliete in die land Kanaän gekom het.
19 Hebr. ’n seun van vyf-en-tagtig jaar. |
| e Núm. 27:17. Deut. 31:2. | 20 Sien Deut. 31:2. |
| 21 Dit is, die gebergte van Juda, waarop die stad Hebron geleë was.
22 Hieruit kan afgelei word dat Kaleb hierdie versoek aan Josua gerig het voordat die land Kanaän in sy geheel ingeneem was, ondanks dat in Jos. 10:36, 37 beskryf is dat Josua Hebron ingeneem en vernietig het. |
| 23 Dit is, hy het dit wat hy begeer het aan hom gegee, en hy het hom geluk en voorspoed daarmee toegewens. |
| 24 Verstaan hier nie soseer die stad Hebron as sodanig nie, want dit was ’n vrystad en het die Leviete toegekom. Hier moet egter die saaigrond, dorpe en omliggende plekke verstaan word. Sien Jos. 21:11, 12. 1 Kron. 6:56. |
| 25 Baie verstaan dit so dat die stad van Arba later Hebron genoem is na aanleiding van Hebron, die seun van Kaleb, wat in 1 Kron. 2:42 die vader van Hebron genoem word.
26 Arba is die naam van ’n man, van wie die stad sy naam het. 27 Sowel ten opsigte van sy mag en outoriteit, as van die grootte van sy liggaam; en groot onder die Enakiete, dit is, die grootste onder hulle, net so ook in Luk. 1:28. 28 Naamlik, nadat Josua die stad Hebron aan Kaleb gegee het en Kaleb dit ingeneem het. Egter nie in die tyd toe Kaleb dit van Josua begeer het nie (vers 12), want toe moes Hebron en nog baie land ingeneem word. |