Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Josua 15

Beskrywing van Juda se erfdeel.

1

EN vir die stam van die kinders van Juda, volgens hulle geslagte, het die lot geval: teen die grens van Edom, suidelik na die woestyn Sin toe, tot ver in die suide;

2

en hulle asuidelike 1lyn was van die end van die Soutsee, van 2die tong af wat na die suide toe uitsteek;

3

en dit loop aan suid van 3Skerpioennek en loop oor na 4Sin en loop op suid van Kades-Barnéa en loop oor na Hesron en loop op na Addar en swaai na Karka toe;

4

dan loop dit oor na Asmon en loop aan na die 5spruit van Egipte, sodat die lyn doodloop by die see; dit sal julle suidelike lyn wees.

5

En die oostelike lyn: Die Soutsee 6tot by die mond van die Jordaan. En die lyn aan die noordekant: Van die tong van die see, van die mond van die Jordaan af

6

loop die lyn op na Bet-Hogla en loop oor noord van Bet-Áraba; dan loop die lyn op na die klip van 7Bohan, die seun van Ruben.

7

Verder loop die lyn op na Debir, van die dal Agor af, en swaai dan noord na 8Gilgal wat teenoor die hoogte van Adúmmim, suidelik van die spruit lê; dan loop die lyn oor na die waters van die fontein Semes, sodat dit doodloop by die 9fontein Rogel.

8

Verder loop die lyn op na die dal Ben-Hinnom, na die suidelike hang van 10die Jebusiete, dit is Jerusalem; dan loop die lyn op na die top van die gebergte wat westelik voor die dal Hinnom lê, wat aan die noordelike einde van die dal Refaim is.

9

Van die top van die berg af buig die lyn dan om na die fontein van die waters van Neftóag en loop aan na die stede van die gebergte Efron; verder buig die lyn om na Báäla, dit is Kirjat-Jeárim.

10

Dan swaai die lyn van Báäla af weg in westelike rigting na 11die gebergte Seïr en loop oor na die noordelike hang van die berg Jeárim, dit is Késalon, en loop af na 12Bet-Semes en loop oor na Timna.

11

Verder loop die lyn aan noord na die hang van Ekron; dan buig die lyn om na Sikron en loop oor die berg Báäla en loop aan na Jábneël, sodat die lyn doodloop 13by die see.

12

bDie westelike grens was die Groot See saam met sy gebied; dit is die lyn rondom van die kinders van Juda volgens hulle geslagte.

13

Maar aan Kaleb, die seun van Jefúnne, het 14hy ’n aandeel onder die kinders van Juda gegee, volgens 15die bevel van die HERE aan Josua: die 16stad van Arba, die cvader van Enak, dit is Hebron.

14

En dKaleb het die drie seuns van Enak: Sesai, Ahíman en Talmai, afstammelinge van Enak, daaruit verdrywe.

15

En daarvandaan het 17hy opgetrek teen die inwoners van Debir; maar die naam van Debir was tevore Kirjat-Sefer;

16

en 18Kaleb het gesê: Hy wat Kirjat-Sefer verslaan en dit inneem, aan hom sal ek my dogter Agsa as vrou gee.

17

Daarop het Otniël, die seun van Kenas, die 19broer van Kaleb, dit ingeneem; en hy het sy dogter Agsa aan hom as vrou gegee.

18

En toe sy aankom, het sy 20hom aangespoor om van haar vader ’n stuk grond te vra; en toe sy van die esel 21afklim, sê Kaleb vir haar: Wat wil jy hê?

19

En sy sê: Gee my tog ’n 22geskenk; omdat u my na 23’n dor land versit het, moet u my 24waterfonteine gee. Toe gee hy haar fonteine op die hoogte en fonteine in die laagte.

20

Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Juda, volgens hulle geslagte.

21

En die stede van die uiteinde van die stam van Juda se kinders af tot by die grens van Edom was in die suide: 25Kábseël en Eder en Jagur,

22

en Kina en 26Dimóna en Adáda,

23

en Kedes en Hasor en Jitnan,

24

Sif en Telem en Béalot,

25

en Hasor-Hadátta en Kériot-Hesron, dit is Hasor;

26

Amam en 27Sema en Mólada,

27

en Hasar-Gadda en Hesmon en Bet-Palet,

28

en Hasar-Sual en Beër-Seba en Bisjótja,

29

Báäla en Ijjim en Esem,

30

en Éltolad en Kesil en 28Horma,

31

en Siklag en Madmánna en Sansánna,

32

en Lebáot en Silhim en Ajin en Rimmon; al die stede saam 29negen-en-twintig, met hulle dorpe;

33

in die Laeveld: Estáol en Sórea en Asna,

34

en Sanóag en En-Gannim, Tappúag en Enam,

35

Jarmut en Adúllam, Sogo en Aséka,

36

en Saäráim en Adítaim en Gedéra en Gedérotaim: 30veertien stede met hulle dorpe;

37

Senan en Hadása en Migdal-Gad,

38

en Dilean en Mispe en 31Jókteël,

39

32Lagis en Boskat en Eglon,

40

en Kabbon en Lagmas en Kitlis,

41

en Gedérot, Bet-Dagon en Náäma en Makkéda: sestien stede met hulle dorpe;

42

33Libna en Eter en Asan,

43

en Jiftag en Asna en Nesib,

44

en Kehíla en Agsib en Marésa: nege stede met hulle dorpe;

45

Ekron met sy 34onderhorige plekke en sy dorpe;

46

van Ekron af en na die weste toe, alles wat 35aan die kant van Asdod lê, met hulle dorpe;

47

Asdod, sy onderhorige plekke en sy dorpe; Gasa, sy onderhorige plekke en sy dorpe, tot by die spruit van Egipte en 36die Groot See saam met sy gebied;

48

en op die Gebergte: Samir en Jattir en Sogo,

49

en Danna en Kirjat-Sanna, dit is Debir,

50

en Anab en Estémo en Anim,

51

en 37Gosen en Holon en Gilo: elf stede met hulle dorpe;

52

Arab en Duma en Esean,

53

en Janum en Bet-Tappúag en Aféka,

54

en Humta en Kirjat-Arba, dit is Hebron, en Sior: nege stede met hulle dorpe;

55

38Maon, Karmel en Sif en Jutta,

56

en Jísreël en Jókdeam en Sanóag,

57

Kain, Gíbea en Timna: tien stede met hulle dorpe;

58

Halhul, Bet-Sur en Gedor,

59

en Máärat en Bet-Anot en Éltekon: ses stede met hulle dorpe;

60

39Kirjat-Baäl, dit is Kirjat-Jeárim, en Rabba: twee stede met hulle dorpe;

61

in die woestyn: Bet-Áraba, Middin en Segága,

62

en Nibsan en die 40Soutstad en Éngedi: ses stede met hulle dorpe.

63

Maar die kinders van Juda 41kon die Jebusiete, die inwoners van Jerusalem, nie verdryf nie; daarom het die Jebusiete saam met die kinders van Juda in Jerusalem bly woon 42tot vandag toe.

a Núm. 34:4. 1 Naamlik die suidelike grens.

2 Die mening is dat dit ’n arm was wat vanaf die land soos ’n tong in die Soutsee uitgesteek het, so ook in Jes. 11:15, of ’n inham van die see, wat soos ’n tong in die land ingegaan het.

3 Sien Rig. 1:36. Hebr. Akrábbim. Dit wil voorkom of hierdie plek so genoem is omdat daar baie slange en skerpioene was, want die Hebreeuse woord beteken skerpioene. Sien Deut. 8:15.

4 Dit wil voorkom of dit die naam van ’n plek is wat in daardie tyd beroemd was. Die woestyn Sin het sy naam daaraan ontleen.

5 Anders: rivier, met die naam Sihor. Sien Jos. 13:3. Anders: dal, asook in vers 7 en elders.
6 Naamlik, waar dit in die Soutsee inloop.
7 Die stam van Ruben het geen land aan die westelike kant van die Jordaan gehad nie. Dit wil voorkom of die plek sy naam ontleen het aan Bohan, ’n Rubeniet, vanweë een of ander gedenkwaardige saak wat hy daar gedoen het, of wat op hom betrekking het.
8 In Jos. 18:17 word dit klipkrale (Hebr. Gelilot) genoem.

9 Dit is, die fontein van die voller (waar lakenstof voorberei en wolweefsels bewerk word). Sien 1 Kon. 1:9.

10 Jerusalem word Jebus of die stad van die Jebusiet genoem, omdat dit die hoofstad van die Jebusiete was en nog deur hulle bewoon was, Jos. 18:28. Rig. 19:10.
11 Hierdie gebergte het in die land Juda gelê. Daar was ’n ander Seïr in die land Edom, waaraan hierdie land sy naam ontleen het.

12 Dit beteken die huis van die son. Dit was ’n stad wat in die stam van Juda geleë was, 2 Kon. 14:11. Dit is egter aan die Leviete as hulle woonplek gegee, Jos. 21:16. Die verbondsark is eers na hierdie stad gebring, nadat dit sewe maande in die land van die Filistyne was, 1 Sam. 6:12. Dit moet onderskei word van die Bet-Semes wat in die stam van Íssaskar geleë is, Jos. 19:22.

13 Naamlik by die Middellandse See, wat in vers 12 die Groot See genoem word.
b Núm. 34:6.
c Jos. 14:15. Rig. 1:20. 14 Naamlik Josua.

15 Hebr. die mond, dit is, volgens die gebod en die uitdruklike bevel van die HERE.

16 Dit word deurgaans Kirjat-Arba genoem.

d Rig. 1:10.
17 Naamlik Kaleb, aan wie hierdie stryd toegeskryf word omdat die dorp vir hom tot ’n val gebring is. Daarom belowe hy ook sy dogter aan die man wat Kirjat-Sefer sou verslaan, vers 16. Maar Josua en die hele Israel het saam met hom opgetrek, Jos. 10:36-38.
18 Sien die breedvoeriger beskrywing van hierdie gebeure in Rig. 1:11.
19 Otniël was dus die neef van Kaleb, een van die nakomelinge van Kenas. Sien 1 Kron. 4:13.
20 Naamlik Otniël, haar man.

21 Naamlik, om haar vader met eerbied aan te spreek. Sien Gén. 24:64 se kanttekening. 1 Sam. 25:23.

22 Hebr. seën. Sien Gén. 33:11 en die kanttekening.

23 Hebr. eintlik suidland.

24 Anders: waterbronne.

25 In Neh. 11:25 word dit Jekábseël genoem.
26 Dit word ook Dibon genoem, Neh. 11:25.
27 In Jos. 19:2 word hierdie stad Seba genoem.
28 Sien Rig. 1:17 se kanttekening.
29 Daar is altesaam ses-en-dertig stede genoem. Maar omdat sommige van hierdie stede die stam van Símeon ten deel geval het, soos blyk uit Jos. 19:2, tel hy hier slegs negen-en-twintig stede wat aan die stam van Juda behoort het. Sommige van die stede het ook gemeenskaplik aan die stam van Juda en die stam van Símeon behoort.
30 In verse 33-36 is daar vyftien stede genoem. Sommige meen dat Gedéra en Gedérotaim een en dieselfde stad is. So sou die woordjie en soveel soos dit is kon wees.
31 Sien 2 Kon. 14:7.
32 Sien Jos. 10:31 se kanttekening. 2 Kon. 14:19.
33 Sien Jos. 10:29.
34 Hebr. dogters. Dit dui op die stadjies wat daarby hoort, soos in vers 47 en ook elders.
35 Hebr. op die hand.
36 Sien Núm. 34:6.
37 Sien Jos. 10:41 se kanttekening.
38 Die nabygeleë woestyn het sy naam aan hierdie stad ontleen. Dawid het hier weggekruip toe hy vir Saul gevlug het, 1 Sam. 23:25. Dit was ’n bosagtige plek met baie spelonke en die geboorteplek van Nabal, die man van Abígail, 1 Sam. 25:2.
39 Dit is, Kirjat-Baäl is ook Kirjat-Jeárim genoem.
40 Sommige plaas die Hebreeuse woorde Ir-Hammelach in die teks as ’n eienaam van ’n stad.
41 Sien in Rig. 2:20 die oorsaak hiervan.

42 Verstaan hier die dag waarop hierdie boek geskryf is. Later is die Jebusiete deur Dawid oorwin en uit die stad verdryf, 2 Sam. 5:7. Tevore was (’n deel van) hierdie stad ook deur Juda ingeneem, Rig. 1:8 en die kanttekening.