Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Josua 16

Die erfdeel van Efraim.

1

EN 1die lot het uitgekom vir die kinders van Josef: van die Jordaan van Jérigo af, oostelik van die waters van Jérigo, na die woestyn wat van Jérigo af oploop in die gebergte, na Bet-el;

2

verder loop dit van Bet-el af aan na 2Lus en loop oor na die grondgebied van die Arkiete, na Átarot;

3

dan loop dit af in die weste na die grondgebied van die Jafletiete, tot by die gebied van Bet-Horon-Onder en tot by Geser, sodat dit doodloop by die see.

4

So het dan die seuns van Josef, Manasse en Efraim, ’n erfdeel ontvang.

5

En dit was die grondgebied van die kinders van Efraim volgens hulle geslagte — die lyn van hulle erfdeel was, in die ooste: Atrot-Addar tot by Bet-Horon-Bo;

6

dan loop die lyn aan na die see; in die noorde: Mígmetat; dan swaai die lyn in oostelike rigting na Táänat-Silo en loop oos daarvan oor na Janóag;

7

en van Janóag loop dit af na Átarot en Náharat en raak dan aan Jérigo en loop op die Jordaan uit.

8

Van Tappúag af loop die lyn in westelike rigting 3na die spruit Kana; verder loop dit dood by die see. Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Efraim volgens hulle geslagte;

9

en die stede wat vir die kinders van Efraim afgesonder was in die erfdeel van die kinders van Manasse, al die stede met hulle dorpe.

10

Maar hulle het die Kanaäniete, die inwoners van Geser, nie verdrywe nie; so het dan die Kanaäniete onder Efraim bly woon 4tot vandag toe; 5maar hulle moes dwangarbeid verrig.

1 Naamlik, uit die voorwerp waarin die lote gegooi was.
2 Dit is nie die Lus waarvan in Gén. 28:19 gespreek word nie, maar ’n ander Lus, waarvan in Rig. 1:26 melding gemaak word.
3 Anders: in die dal van Kana.
4 Naamlik, waarin die skrywer van hierdie boek geleef het. In die dae van Salomo het die koning van Egipte die Kanaäniete oorwin, en het hy die stad Geser aan sy dogter, Salomo se vrou, as trougeskenk gegee, 1 Kon. 9:16.

5 Dit is, hulle het hul oorheers, en diensbaar en belastingpligtig gemaak.