Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Josua 17

Die erfdeel van Manasse.

1

VERDER was dít die lot vir die stam van Manasse, omdat hy adie eersgeborene van Josef was: Magir, die eersgeborene van Manasse, die vader van Gílead, het, 1omdat hy ’n krygsman was, Gílead en Basan ontvang;

2

ook 2die ander kinders van Manasse, volgens hulle geslagte, het ’n aandeel ontvang: die kinders van Abiëser en die kinders van Helek en die kinders van Ásriël en die kinders van Segem en die kinders van Hefer en die kinders van Semída; dit is die manlike kinders van Manasse, die seun van Josef, 3volgens hulle geslagte.

3

Maar bSelófhad, die seun van Hefer, die seun van Gílead, die seun van Magir, die seun van Manasse, het nie seuns gehad nie, maar net dogters; en cdit is die name van sy dogters: Magla en Noa, Hogla, Milka en Tirsa;

4

en hulle het nader gekom voor Eleásar, die priester, en voor Josua, die seun van Nun, en voor die owerstes, en gesê: dDie HERE het Moses beveel om ons ’n erfdeel te gee onder ons broers. Daarop het hy hulle ’n erfdeel gegee, volgens die bevel van die HERE, onder die broers van hulle vader.

5

So het dan aan Manasse 4tien aandele geval, behalwe die land Gílead en Basan wat oorkant die Jordaan lê.

6

Want die 5dogters van Manasse het ’n erfdeel ontvang onder sy seuns, terwyl die land Gílead aan die ander kinders van Manasse behoort het.

7

En die lyn van Manasse was: van Aser af na Mígmetat, teenoor Sigem; dan loop die lyn regs na die inwoners van En-Tappúag —

8

die landstreek van Tappúag het behoort aan Manasse, maar Tappúag, aan die grens van Manasse, aan die kinders van Efraim —;

9

verder loop die lyn af na 6die spruit Kana, suid van die spruit: 7daardie stede, onder die stede van Manasse, behoort aan Efraim; en die lyn van Manasse is noord van die spruit en loop dood by die see.

10

Suid behoort dit aan Efraim, maar noord aan Manasse; en 8die see is sy lyn; dan raak hulle in die noorde aan Aser en in die ooste aan Íssaskar.

11

En aan Manasse behoort in Íssaskar en Aser: 9Bet-Sean met sy onderhorige plekke en Jíbleam met sy onderhorige plekke en die inwoners van Dor met sy onderhorige plekke en die inwoners van 10En-Dor met sy onderhorige plekke en die inwoners van Táänag met sy onderhorige plekke en die inwoners van Megíddo met sy onderhorige plekke, die drie hoogtes.

12

Maar edie kinders van Manasse kon hierdie stede nie in besit neem nie, en die Kanaäniete het verkies om in dié land te bly woon.

13

En toe die kinders van Israel sterker geword het, het hulle die Kanaäniete dienspligtig gemaak, maar hulle nie 11geheel en al verdrywe nie.

14

Toe het 12die kinders van Josef met Josua gespreek en gesê: Waarom het u my 13as erfdeel net een lot en een aandeel gegee terwyl ek tog ’n groot volk is, 14omdat die HERE my tot hiertoe geseën het?

15

En Josua het vir hulle gesê: As jy ’n groot volk is, trek dan op na die boswêreld en 15kap vir jou daar ’n plek skoon in die land van die Feresiete en Refaïete, ingeval die gebergte van Efraim vir jou te nou is.

16

Maar die kinders van Josef het gesê: Die gebergte 16sal nie vir ons genoeg wees nie, en 17al die Kanaäniete wat in die lae streke woon, het ysterwaens, dié van Bet-Sean met sy 18onderhorige plekke sowel as dié van die laagte van Jísreël.

17

Toe het Josua met die huis van Josef, met Efraim en Manasse gespreek en gesê: Jy is ’n groot volk en jy het groot krag: jy sal nie net een lot hê nie;

18

want die gebergte sal joue wees — ’n boswêreld is dit naamlik, en jy moet dit skoonkap; 19dan sal die uitlopers daarvan joue wees; want 20jy moet die Kanaäniet verdrywe, al het hy ysterwaens, al is hy sterk.

a Gén. 46:20. 1 Hy wil sê dat Magir, omdat hy deur sy dapperheid die land Basan ingeneem het, ’n dubbele deel gekry het, terwyl dit hom tog ook as die eersgeborene toegekom het, Deut. 21:17.
2 Verstaan diegene wat geen erfdeel aan die oostelike kant van die Jordaan ontvang het nie.

3 Dit is, wat die hoofde was van die geslagte wat van hulle afkomstig was en die naam gedra het.

b Núm. 26:33; 27:1.

c Núm. 27:1.

d Núm. 27:7; 36:2.
4 Hebr. tien koorde, dit is, tien stukke land, want hulle het gewoonlik die land met toue en koorde afgemeet en uitgedeel. Verstaan hier dat die vyf broers wat in vers 2 genoem word, vyf dele gehad het. Die sesde deel, vir Selófhad, die seun van Hefer, het egter sy vyf dogters toegekom, omdat hy geen seun nagelaat het nie. Dit is altesaam tien koorde, of tien aandele.
5 Naamlik, wat nakomelinge van Manasse was en deur Selófhad voortgebring is.
6 Of: die dal.

7 Naamlik Tappúag en Kana. Hy wil sê dat die stede en die land van die stamme van Efraim en Manasse onderling met mekaar vermeng was. Sien Jos. 16:9.

8 Naamlik die gedeelte van die Middellandse See, in dié tyd die Siriese See genoem, wat die westelike grens van sowel Efraim as Manasse was.
9 Dit is later Skitopolis genoem, of die stad van die Skitiërs, 2 Makkabeërs 12:29. Sien ook 1 Makkabeërs 5:52.

10 Dit word vertaal as die fontein Dor. In hierdie omgewing is baie van die vlugtende soldate van Sísera deur Barak verslaan, Ps. 83:11.

e Rig. 1:27.
11 Hebr. verdrywende verdrywe.
12 Naamlik beide stamme, sowel Efraim as Manasse, soos blyk uit verse 15-17.

13 Dit is, slegs soveel land, asof ons net een stam was en bymekaar sou woon, terwyl ons tog twee stamme is.

14 Saam was hierdie stamme in die laaste telling 85200 sterk. Sien Núm. 26:34, 37.

15 Hy wil sê: Kap die bos af en berei die grond voor om te plant, en bou daar huise en stede.
16 Hebr. sal nie vir ons gevind word nie. Sien Núm. 11:22 se kanttekening.

17 Asof hulle wou sê: Die Kanaäniete – wat baie ysterwaens het waarmee hulle in die oorlog uittrek – sal vir ons te magtig wees en met geweld teëstand bied as ons die bome, wat op die gebergte staan, wil afkap.

18 Hebr. dogters. Dit is, klein stede of dorpe.

19 Dit is, dan sal jy dit vanaf die een kant tot by die ander kant kan beset en besit.

20 Josua spreek dit vrymoedig, terwyl hy op die belofte van God steun, Jos. 13:6.