Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Josua 18

Verdere verdeling van die land.

1

DAAROP het die hele vergadering van die kinders van Israel in Silo byeengekom en daar 1die tent van samekoms opgeslaan, aangesien die land voor hulle onderwerp was.

2

Maar daar was onder die kinders van Israel nog sewe stamme oor wie se erfenis hulle nie verdeel het nie.

3

Toe sê Josua aan die kinders van Israel: Hoe lank sal julle jul so traag hou om die land in besit te gaan neem wat die HERE, die God van julle vaders, aan julle gegee het?

4

Bring tot drie man uit elke stam, dat ek hulle kan uitstuur, en dat hulle kan klaarmaak en die land deurgaan en dit 2beskrywe 3met die oog op 4hulle erfdeel; dan moet hulle na my toe kom

5

en dit onder mekaar in sewe dele verdeel: Juda moet sy gebied in die suide behou, en die huis van Josef moet sy gebied in die noorde behou.

6

Maar julle moet die land in sewe dele beskrywe en die beskrywing hier na my toe bring; dan sal ek vir julle die lot werp, hier 5voor die aangesig van die HERE onse God.

7

6Want die Leviete het geen aandeel onder julle nie, omdat die 7priesterskap van die HERE hulle erfdeel is; en Gad en Ruben en die halwe stam van Manasse het hulle erfdeel ontvang oorkant die Jordaan in die ooste, wat Moses, die kneg van die HERE, hulle gegee het.

8

Die manne het toe klaargemaak en gegaan; en by hulle vertrek het Josua hulle bevel gegee om die land te beskrywe, met die woorde: Gaan heen, trek rond in die land en beskrywe dit, en kom na my terug; dan sal ek hier vir julle die lot werp 8voor die aangesig van die HERE in Silo.

9

En die manne het gegaan en die land deurgetrek en dit in ’n boek beskrywe, volgens die stede, in sewe dele, en na Josua gekom in die laer van Silo.

10

Toe het Josua vir hulle die lot gewerp in Silo, voor die aangesig van die HERE; en Josua het die land daar onder die kinders van Israel verdeel 9volgens hulle afdelings.

Die erfdeel van Benjamin.

11

EN die lot 10het opgekom van die stam van die kinders van Benjamin volgens hulle geslagte; en die gebied wat vir hulle deur die lot aangewys is, het uitgekom tussen die kinders van Juda en die kinders van Josef;

12

en hulle lyn aan die noordekant was: van die Jordaan af; dan loop die lyn op na die noordelike hang van Jérigo, en dit loop op in die gebergte in westelike rigting en aloop dood by die woestyn van Bet-Awen;

13

en daarvandaan loop die lyn oor na Lus, na die suidelike hang van Lus, 11dit is Bet-el; verder loop die lyn af na Atrot-Addar, op die gebergte wat suid lê van Bet-Horon-Onder;

14

dan buig die lyn om en swaai na die westekant, teen suid, van die gebergte wat suid teenoor Bet-Horon lê; verder loop dit dood by Kirjat-Baäl, dit is Kirjat-Jeárim, die stad van die kinders van Juda; dit is die westekant;

15

en die suidekant begin by die uiteinde van Kirjat-Jeárim; en die lyn loop aan in die weste en dan na die waterfontein van Neftóag;

16

dan loop die lyn af na die uiteinde van die berg wat teenoor die dal Ben-Hinnom, noordelik in die dal van die 12Refaïete lê; bdan loop dit af na die dal Hinnom, na die suidelike hang van die Jebusiete, en cloop af na die fontein Rogel;

17

verder buig dit noord om en loop aan na die fontein Semes; 13dan loop dit aan na die 14klipkrale wat teenoor die hoogte van Adúmmim lê, en dloop af na die klip van 15Bohan, die seun van Ruben;

18

dan gaan dit oor na die hang teenoor die 16Áraba in noordelike rigting en loop af na die Áraba;

19

verder loop die lyn oor na die hang van Bet-Hogla in noordelike rigting; dan loop die lyn dood by die noordelike 17tong van die Soutsee, aan die mond van die Jordaan in die suide; dit is die suidelike lyn;

20

en die Jordaan begrens dit aan die oostekant. Dit is die erfdeel van die kinders van Benjamin na hulle geslagte, volgens sy lyne rondom.

21

En die stede van die stam van die kinders van Benjamin, volgens hulle geslagte, was: Jérigo en Bet-Hogla en Emek-Kesis,

22

en Bet-Áraba en Semaráim en Bet-el,

23

en Haäwim en Para en Ofra,

24

en Kefar-Haämmóni en Ofni en Gaba: twaalf stede met hulle dorpe;

25

Gíbeon en Rama en Béërot,

26

en Mispe en Kefíra en Mosa,

27

en Rekem en Jírpeël en Táreala,

28

en Sela, Elef en 18Jebúsi, dit is Jerusalem, Gíbeat, Kirjat: veertien stede met hulle dorpe. Dit is die erfdeel van die kinders van Benjamin volgens hulle geslagte.

1 Sien hieroor Ex. 27:21.
2 Dit is, hulle moet dit op iets ontwerp in die manier van ’n tafel, landbeskrywing of kaart, waarin die ligging van die oorgeblewe landdele, wat nog verdeel moet word, uitgedruk word.

3 Hebr. met die oog op die mond van hulle erfdeel.

4 Naamlik van die stamme.

5 Naamlik voor die tent van samekoms; so ook in vers 8.
6 Hier gee Josua die rede hoekom daar slegs sewe dele sou wees, alhoewel daar twaalf stamme was.

7 Dit is, die offers, die tiendes, die eerste vrugte, ens., kom die Leviete toe. Hulle moet daarvan leef.

8 Soos in vers 6.
9 Dit is, elke stam sy deel.
10 Naamlik, uit die voorwerp waarin dit gegooi was.
a Jos. 7:2.
11 Sien Jos. 16:2.
b Jos. 15:8.

c Jos. 15:7.

12 Of: reuse.
d Jos. 15:6. 13 Dit is, vanaf die fontein Semes.

14 Hebr. Gelilot. Dit is Gilgal genoem in Jos. 15:7.

15 Sien Jos. 15:6 en die kanttekening.

16 Anders: vlakte.
17 Sien Jos. 15:2 en die kanttekening.
18 Anders: die stad van die Jebusiete.