Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Josua 19

Die lot van die stam van Símeon.

1

EN die tweede lot het 1uitgekom vir Símeon, vir die stam van die kinders van Símeon volgens hulle geslagte; en 2hulle erfdeel was in die middel van die erfdeel van die kinders van Juda.

2

En hulle het in hulle erfdeel gehad: Beër-Seba 3en Seba en Mólada,

3

en Hasar-Sual en 4Bala en Esem,

4

en Éltolad en Betul en 5Horma,

5

en Siklag en Bet-Hammarkábot en Hasar-Susa,

6

en Bet-Lebáot en Sarúhen: dertien stede met hulle dorpe;

7

Ajin, Rimmon en Eter en Asan: vier stede met hulle dorpe;

8

en al die dorpe wat rondom hierdie stede was, tot by Báälat-Beër, die Rama van die Suidland. Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Símeon volgens hulle geslagte.

9

6Uit die aandeel van die kinders van Juda is die erfdeel van die kinders van Símeon, omdat die deel van die kinders van Juda vir hulle 7te groot was; daarom het die kinders van Símeon geërwe in die middel van húlle erfdeel.

Die erfdeel van Sébulon.

10

EN die derde lot het opgekom vir die kinders van 8Sébulon volgens hulle geslagte, en die lyn van hulle erfdeel was tot by Sarid.

11

En hulle lyn loop op 9in westelike rigting na Marála en raak aan Dabbéset en aan die spruit wat teenoor Jókneam loop;

12

en van Sarid af swaai dit na die oostekant, teen sonop, na die gebied van Kislot-Tabor, en loop aan na Dáberat en loop op na Jáfia;

13

en daarvandaan loop dit oor na die ooste teen sonop, na 10Gat-Hefer, na Et-Kasin, en loop aan na 11Rimmon wat hom na Nea toe uitstrek;

14

dan swaai die lyn noord daaromheen na Hannáton en loop dood by die dal Jiftag-El;

15

en Kattat en Náhalal en Simron en Jídeala en 12Betlehem: twaalf stede met hulle dorpe.

16

Dit was die erfdeel van die kinders van Sébulon volgens hulle geslagte; hierdie stede met hulle dorpe.

Die erfdeel van Íssaskar.

17

VIR Íssaskar het die vierde lot uitgekom, vir die kinders van Íssaskar volgens hulle geslagte;

18

en hulle grondgebied was na Jísreël toe en Kesúllot en 13Sunem,

19

en Hafaráim en Sion en Anagárat,

20

en Rabbit en Kisjon en Ebes,

21

en Remet en 14En-Gannim en En-Hadda en Bet-Pases;

22

en die lyn raak aan Tabor en Sahasíma en 15Bet-Semes, en hulle gebied loop dood by die Jordaan: sestien stede met hulle dorpe.

23

Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Íssaskar volgens hulle geslagte, die stede met hulle dorpe.

Die erfdeel van Aser.

24

EN die vyfde lot het uitgekom vir die stam van die kinders van Aser volgens hulle geslagte;

25

en hulle gebied was: Helkat en Hali en Beten en Agsaf,

26

en Allamméleg en Amead en Miseal; en raak 16in die weste aan die Karmel en aan 17Sihor-Libnat;

27

dan draai dit teen sonop na Bet-Dagon en raak aan Sébulon en die dal Jiftag-El in die noorde, Bet-Emek en Nehíël, en loop aan links by 18Kabul;

28

en 19Ebron en Rehob en Hammon en 20Kana tot by 21Groot-Sidon;

29

dan draai die lyn na Rama en tot by die vesting 22Tirus; dan draai die lyn na Hosa en loop dood by die see, van die landstreek af wat na Agsib toe lê;

30

en Umma en Afek en Rehob: twee-en-twintig stede met hulle dorpe.

31

Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Aser volgens hulle geslagte; hierdie stede met hulle dorpe.

Die erfdeel van Náftali.

32

VIR die kinders van Náftali het die sesde lot uitgekom, vir die kinders van Náftali volgens hulle geslagte;

33

en hulle lyn was van Helef, van die eikeboom by Saänánnim af, en Adámi-Nekeb en Jábneël tot by Lakkum, en dit loop dood by die Jordaan;

34

dan draai die lyn in westelike rigting na Asnot-Tabor en loop daarvandaan aan na Hukkok en raak in die suide aan Sébulon; en aan Aser raak dit in die weste, en aan Juda aan die Jordaan in die ooste;

35

en die versterkte stede: Siddim, Ser en Hammat, Rakkat en 23Kinnéret,

36

en Adama en Rama en Hasor,

37

en Kedes en Edréï en En-Hasor,

38

en Jireon en Migdal-El, Horem en Bet-Anat en Bet-Semes: negentien stede met hulle dorpe.

39

Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Náftali volgens hulle geslagte, die stede met hulle dorpe.

Die erfdeel van Dan.

40

VIR die stam van die kinders van Dan, volgens hulle geslagte, het die sewende lot uitgekom.

41

En die lyn van hulle erfdeel omvat: Sórea en Estáol en Ir-Semes,

42

en Saälábbin en Ájalon en Jitla,

43

en Elon en Timnáta en Ekron,

44

en Élteke en 24Gíbbeton en Báälat,

45

en Jehud en Bené-Berak en Gat-Rimmon,

46

en Mé-Jarkon en Rakkon, met die gebied teenoor 25Jafo.

47

Maar die kinders van Dan het hulle grondgebied 26kwytgeraak; daarom het die kinders van Dan opgetrek en teen 27Lesem geveg en dit ingeneem en verslaan 28met die skerpte van die swaard en dit in besit geneem en daarin gewoon; en 29hulle het Lesem Dan genoem na die naam van hulle vader Dan.

48

Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Dan volgens hulle geslagte; hierdie stede met hulle dorpe.

Josua ontvang Timnat-Serag.

49

TOE hulle die land volgens sy grenslyne as erfenis geheel verdeel het, het die kinders van Israel aan Josua, die seun van Nun, ’n erfdeel onder hulle gegee;

50

op bevel van die HERE het hulle hom die stad gegee wat hy gevra het, 30Timnat-Serag op die gebergte van Efraim; en hy het die stad opgebou en daarin gaan woon.

51

31Dit is die erfdele wat Eleásar, die priester, en Josua, die seun van Nun, en die familiehoofde aan die stamme van die kinders van Israel as erfenis uitgedeel het deur die lot, in Silo, voor die aangesig van die HERE, by die ingang van die tent van samekoms; en hulle het die verdeling van die land beëindig.

1 Naamlik uit die voorwerp waarin hulle al die lote gesit en daarna uitgetrek het.

2 Sien Gén. 49:7, waar Jakob vooruit aankondig dat Símeon en Levi – vanweë die moord wat hulle by Sigem gepleeg het – in Israel verstrooi sou word. Die Leviete is oor die hele land heen versprei, en die Simeoniete was in Juda verdeel.

3 Hierdie woordjie en beteken hier soveel soos of, dit is. Want Seba en Beër-Seba is, volgens die mening van baie, een en dieselfde stad; daarom word dit in 1 Kron. 4:28, waar hierdie geskiedenis weer beskryf word, uitgelaat, en hierna, in vers 6, word slegs dertien stede genoem.
4 Hierdie stad word in 1 Kron. 4:29 Bilha genoem. Daar kom dikwels ’n klein verandering of toevoeging in die eiename van mense, stede en dorpe voor. Hier staan in vers 4 Eltólad, maar in 1 Kron. 4:29 Tolad. Vir Betul staan in 1 Kron. 4:30 Bétuel. Vir Bet-Lebáot, vers 6, staan in 1 Kron. 4:31 Bet-Bíreï. Daar is baie sulke veranderinge, te veel en te moeilik dat ’n mens hulle altyd sou aanteken. Die veranderinge het met verloop van ’n lang tyd gekom, of om dit korter te maak, of omdat die uitspraak op so ’n manier makliker is as op ’n ander manier.
5 Sien Rig. 1:17 se kanttekening.
6 Sien Jos. 15:32 se kanttekening.

7 Dit is, dit was groter as wat hulle nodig gehad het, of te groot om slegs deur die stam van Juda bewoon te word.

8 Hier gaan die stam van Sébulon vóór die stam van Íssaskar, ongeag die feit dat Íssaskar ouer was as Sébulon; soos Jakob in sy testament, in Gén. 49:13, 14, hierdie volgorde ook gestel het; so ook Moses, in Deut. 33:18.
9 Hebr. na die see.
10 Dit was die geboorteplek van die profeet Jona, 2 Kon. 14:25.

11 Of: Rimmon-Methoar, dit is Nea.

12 Dit is nie die Betlehem waar Christus gebore is nie, want dit was in die stam van Juda geleë. Hierdie stad lê in die stam van Sébulon, vers 10.
13 Hierdie stad was op die grens van Íssaskar geleë. Dit is bekend vir die gasvryheid wat die profeet Elísa daar gevind het, en omdat dit die geboorteplek is van Abísag, wat koning Dawid in sy ou dag versorg het, 1 Kon. 1:3.
14 Daar lê ’n ander En-Gannim in die stam van Juda, en nog ’n ander een by die Jordaan.
15 Daar was verskeie stede in die land Kanaän met die naam Semes.
16 Hebr. aan die see.

17 Sommige meen dat Libnat ’n spruit is, wat ook Belum of Pagida genoem word.

18 Sommige beskou dit as die naam van ’n stad. Ander meen dat dit die naam van ’n streek is, waarin twintig stede geleë was, wat Salomo vir Hiram gegee het.
19 Hierdie Ebron, wat in die Hebreeus met ’n ajin geskryf word, moet onderskei word van die beroemde Hebron wat in Juda geleë was en wat met ’n get geskryf word.

20 Dit is die groot Kana, wat nie ver van Sidon geleë was nie, in Galiléa van die heidene. Die klein Kana was in die stam van Sébulon geleë, in Benede-Galiléa. Hier het Christus die water in wyn verander, Joh. 2:1; en Hy het hier die seun van die koninklike beampte genees, Joh. 4:46.

21 Hierdie stad word Groot-Sidon genoem, nie omdat daar ook ’n Klein-Sidon was nie, maar vanweë sy voortreflikheid, beroemdheid en rykdom.

22 Hebr. Tsor. Dit beteken ’n rotssteen, omdat dit op ’n rotssteen gebou was en rondom in die see en in die rotsstene geleë was. Dit het wel aan die stam van Aser behoort, maar die heidene het dit behou, soos blyk uit 2 Sam. 5:11. 1 Kon. 5:1, 2, en ander plekke.
23 Anders: Gennésaret.
24 Toe Nadab, die seun van Jeróbeam, hierdie stad beleër het, is hy deur Baésa doodgeslaan, 1 Kon. 15:27.
25 Anders: Joppe, Hand. 9:36. Hier het Jona aan boord gegaan, om na Tarsis te vaar, Jona 1:3. Dit word nou Jaffa genoem.
26 Ander vertaal: Maar die grondgebied het vir die kinders van Dan te klein uitgekom. Sien Rig. 18:1.

27 Anders: Lais, soos in Rigters 18, waar hierdie geskiedenis breedvoeriger beskryf word. Daar word vermeld dat dit gebeur het toe daar geen koning of rigter in Israel was nie. Hieruit kan afgelei word dat hierdie boek nie deur Josua self geskryf is nie, want hy kon nie skryf oor dit wat ná sy dood gebeur het nie.

28 Hebr. met die mond.

29 Die betekenis is: Nadat hulle die stad Lesem ingeneem het, het hulle dit Dan genoem, na die patriarg Dan, uit wie hulle afkomstig was. Hierdie stad was aan die voet van die berg Líbanon geleë, in die dal van Rehob, waar die Jordaan ontspring. Toe die viervors Filippus, die broer van Herodes, ten tyde van keiser Tibérius hierdie stad herbou en grootliks verbeter het, het hy dit Cesaréa-Filippi genoem, na die keiser en na sy naam. Plinius getuig dat dit ook Paneas genoem is, en nog later Pelin. Dit is geleë op die grens van die land Kanaän, in die ooste, omtrent 35000 treë van Sidon.

30 Anders genoem Timnat-Heres, Rig. 2:9. Hier is die uitnemende leërowerste Josua begrawe, Jos. 24:30.
31 Hierdie 51ste vers is ’n algemene afsluiting van alles wat vanaf hfst. 14 tot hiertoe oor die uitdeling van die beloofde land geskryf is.