Statevertaling – Bybelstigting
Die ses vrystede vir onopsetlike doodslag, drie duskant en drie anderkant die Jordaan.
EN die HERE het met Josua gespreek en gesê:
Spreek met die kinders van Israel en sê: Wys 1die vrystede vir julle aan awaarvan Ek 2deur die diens van Moses met julle gespreek het,
dat hy wat ’n doodslag begaan het — wat per ongeluk, 3sonder opset, ’n 4mens doodgeslaan het, daarheen kan vlug, sodat dié vir julle kan dien as toevlugsoord 5vanweë die bloedwreker.
bAs hy dan na een van hierdie stede toe vlug en gaan staan by die 6ingang van die stadspoort en sy 7saak voor die ore van die 8oudstes van daardie stad meedeel, 9moet hulle hom by hulle in die stad 10opneem en aan hom plek gee, dat hy by hulle kan woon;
en as die bloedwreker hom agternajaag, mag hulle hom wat die doodslag begaan het, nie aan hom uitlewer nie, omdat hy sy naaste sonder opset doodgeslaan het, sonder dat hy hom 11gister en eergister vyandig was;
en hy moet in daardie stad bly 12totdat hy voor die vergadering tereggestaan het, 13tot op die dood van die hoëpriester wat in dié dae daar sal wees; 14dan mag hy wat die doodslag begaan het, weer na sy stad en sy huis terugkeer, na die stad waar hy vandaan gevlug het.
Daarop het hulle 15geheilig: 16Kedes in Galiléa, op die gebergte van Náftali, en 16Sigem op die gebergte van Efraim, en 16Kirjat-Arba, dit is Hebron, 17op die gebergte van Juda;
en oorkant die Jordaan, oos van Jérigo, het hulle afgestaan: 18cBeser in die woestyn op die gelykveld, uit die stam van Ruben, en Ramot in Gílead, uit die stam van Gad, en Golan in Basan uit die stam van Manasse.
Dit is die 19stede wat bepaal was vir al die kinders van Israel en vir die vreemdeling wat onder hulle vertoef; sodat elkeen wat per ongeluk ’n mens doodgeslaan het, daarheen sou kan vlug en nie hoef te sterf deur die hand van die bloedwreker 20voordat hy voor die vergadering gestaan het nie.
| a Ex. 21:13. Núm. 35:6. Deut. 19:1, 2. | 1 Hebr. stede van die terugtrekking (waar ’n mens hom kan terugtrek) of van die inkorting of krimping. Die Hebreeuse woord beteken saamtrek, terugtrek of krimp. Hierdie stede word só genoem, omdat diegene wat as gevolg van doodslag op die vlug was, daarin moes skuil en daarbinne bly.
2 Hebr. deur die hand van Moses. |
| 3 Diegene wat iemand moedswillig of opsetlik gedood het, was nêrens vry nie, ook nie in die tempel of by die altaar nie, Ex. 21:14.
4 Hebr. siel. Dit is, ’n mens, ja, die liggaam van ’n mens, want die siel van die mens kan nie gedood word nie. Vir siel staan in vers 5 sy naaste. 5 Dit is, vanweë diegene wat bloedfamilie is van die persoon wat doodgeslaan is, en daarom reg en rede het om wraak daaroor te neem of te eis. |
| b Núm. 35:22, 23. Deut. 19:4, 5. | 6 Dit is, by die raadsaal of hof, wat vroeër in die stadspoorte was.
7 Dit is, hy sal hom aanmeld, waarom hy daarheen gegaan het, hoe en wat hy gedoen het. 8 Dit is, die owerheid. 9 Naamlik, nadat bevind is dat hy nie opsetlik ’n persoon doodgeslaan het nie. 10 Hebr. versamel. |
| 11 Dit is, tevore. |
| 12 Anders: vandat hy tereggestaan het, ens. Dit beteken dat hy nie in die stad opgeneem mag word sonder dat hy eers tereggestaan het nie.
13 Die betekenis van hierdie woorde is dat die vlugteling, nadat hy verhoor en vrygespreek is, ewenwel in die vrystad moes bly tot op die dood van die hoëpriester, wat op daardie tyd geleef het toe hy die doodslag begaan het. 14 Naamlik, nadat hy voor die gereg gestaan het en vrygespreek is, en ná die dood van die hoëpriester. |
| 15 Dit is, hulle het dit as vrystede verorden.
16 Hierdie drie stede het aan hierdie kant van die Jordaan gelê, soos uit vers 8 afgelei kan word. 17 Dit is, in die bergstreek van Juda, soos in Luk. 1:39, 65. |
| c Deut. 4:43. | 18 Dat hierdie stad in die woestyn geleë was, blyk uit 1 Makkabeërs 5. Dat dit in die laagte (naamlik in die lae velde van die Moabiete) geleë was, blyk uit Jer. 48:24 se kanttekening. |
| 19 Hebr. die stede van die bepaling, of toewysing. Dit is, wat as vrystede verorden is. Anders: van die byeenkoms.
20 Dit is, voordat sy saak deur die gereg verhoor is, en hy deur die gereg vrygespreek is. |