Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Josua 21

Die Leviete verkry op hul versoek hulle stede.

1

TOE ahet die 1familiehoofde van die Leviete nader gekom na Eleásar, die priester, en na Josua, die seun van Nun, en na die familiehoofde van die stamme van die kinders van Israel,

2

en met hulle gespreek 2in Silo, in die land Kanaän, en gesê: Die HERE het 3deur die diens van Moses bevel gegee bdat aan ons stede afgestaan moet word om in te woon, met hulle weiveld vir ons vee.

3

Toe het die kinders van Israel aan die Leviete, volgens die bevel van die HERE, uit hulle erfdeel die volgende stede met hulle weiveld afgestaan:

4

Die lot het uitgekom vir die geslagte van die Kehatiete; en die kinders van Aäron, die priester, uit die Leviete, het ontvang uit die stam van Juda en uit die stam van Símeon en uit die stam van Benjamin, deur die lot, 4dertien stede;

5

en die ander kinders van Kehat, uit die geslagte van die stam van Efraim en uit die stam van Dan en uit die halwe stam van Manasse, deur die lot, 5tien stede;

6

en die kinders van Gerson, uit die geslagte van die stam van Íssaskar en uit die stam van Aser en uit die stam van Náftali en uit die halwe stam van Manasse in Basan, deur die lot, 6dertien stede;

7

en die kinders van Merári, volgens hulle geslagte, uit die stam van Ruben en uit die stam van Gad en uit die stam van Sébulon, 7twaalf stede.

8

So het dan die kinders van Israel aan die Leviete hierdie stede met hulle weiveld deur die lot gegee, soos die HERE 8deur die diens van Moses beveel het.

9

Verder het hulle, uit die stam van die kinders van Juda en uit die stam van die kinders van Símeon, hierdie stede gegee wat hulle met hul name genoem het:

10

die kinders van Aäron dan, uit die geslagte van die Kehatiete, uit die kinders van Levi, het ontvang — want die eerste lot was vir hulle —

11

en aan hulle is gegee: die stad van Arba, die vader van 9Anok, dit is Hebron, op die gebergte van Juda, met sy 10weiveld daaromheen;

12

maar 11die saaigrond van die stad, met sy dorpe, 12het hulle aan Kaleb, die seun van Jefúnne, as sy besitting gegee.

13

13En aan die kinders van Aäron, die priester, het hulle gegee Hebron, die vrystad vir hom wat ’n doodslag begaan het, met sy weiveld, en 14Libna met sy weiveld,

14

en Jattir met sy weiveld, en Estemóa met sy weiveld,

15

en Holon met sy weiveld, en Debir met sy weiveld,

16

en Ajin met sy weiveld, en Jutta met sy weiveld, en 15Bet-Semes met sy weiveld: nege stede uit hierdie twee stamme.

17

En uit die stam van Benjamin: Gíbeon met sy weiveld, en Geba met sy weiveld,

18

en 16Ánatot met sy weiveld, en 17Almon met sy weiveld: vier stede.

19

Al die stede van die kinders van Aäron, die priesters, was dertien stede met hulle weiveld.

20

En die geslagte van die kinders van Kehat, die Leviete, wat nog oor was van die kinders van Kehat, het hulle stede wat deur die lot aangewys was, ontvang uit die stam van Efraim;

21

en hulle het aan hulle gegee: die vrystad vir hom wat ’n doodslag begaan het: Sigem met sy weiveld op die gebergte van Efraim, en 18Geser met sy weiveld,

22

en Kibsáim met sy weiveld, en Bet-Horon met sy weiveld: vier stede.

23

En uit die stam van Dan: Élteke met sy weiveld, Gíbbeton met sy weiveld,

24

Ájalon met sy weiveld, Gat-Rimmon met sy weiveld: vier stede.

25

En uit die helfte van die stam van Manasse: Táänag met sy weiveld, en Gat-Rimmon met sy weiveld: twee stede;

26

alles saam tien stede met hulle weiveld vir die geslagte van die kinders van Kehat wat nog oorgebly het.

27

En aan die kinders van Gerson uit die geslagte van die Leviete: uit die halwe stam van Manasse, die vrystad vir hom wat ’n doodslag begaan het: Golan in Basan met sy weiveld, en Beëstéra met sy weiveld: twee stede.

28

En uit die stam van Íssaskar: Kisjon met sy weiveld, en Dáberat met sy weiveld,

29

Jarmut met sy weiveld, En-Gannim met sy weiveld: vier stede.

30

En uit die stam van Aser: Miseal met sy weiveld, Abdon met sy weiveld,

31

Helkat met sy weiveld, en Rehob met sy weiveld: vier stede.

32

En uit die stam van Náftali, die vrystad vir hom wat ’n doodslag begaan het: Kedes in Galiléa met sy weiveld, en Hammot-Dor met sy weiveld, en Kartan met sy weiveld: drie stede;

33

al die stede van die Gersoniete, volgens hulle geslagte, was dertien stede met hulle weiveld.

34

En aan die geslagte van die kinders van Merári, die Leviete wat nog oor was — uit die stam van Sébulon: Jókneam met sy weiveld, Karta met sy weiveld,

35

Dimna met sy weiveld, Náhalal met sy weiveld: vier stede.

36

En uit die stam van Ruben: Beser met sy weiveld, en Jahas met sy weiveld,

37

Kedémot met sy weiveld, en Mefáät met sy weiveld: vier stede.

38

En uit die stam van Gad, die vrystad vir hom wat ’n doodslag begaan het: Ramot in Gílead met sy weiveld, en Mahanáim met sy weiveld,

39

Hesbon met sy weiveld, Jaéser met sy weiveld: alles saam vier stede.

40

Al die stede was vir die kinders van Merári, volgens hulle geslagte wat nog oor was uit die geslagte van die Leviete; en hulle lot was twaalf stede.

41

Al die stede van die Leviete, tussen die besitting van die kinders van Israel in, 19was agt-en-veertig stede met hulle weiveld.

42

Hierdie stede het 20stad vir stad rondom hulle weiveld gehad; so was dit met al hierdie stede.

43

So het die HERE dan die hele land aan 21Israel gegee wat Hy hulle vaders met ’n eed beloof het om hulle te gee; en hulle het dit in besit geneem en daarin gaan woon.

44

En die HERE het hulle aan alle kante rus gegee net soos Hy hulle vaders met ’n eed beloof het; en 22niemand van al hul vyande het voor hulle standgehou nie; al hulle vyande het die HERE in hulle hand gegee.

45

Geen woord van al die goeie woorde wat die HERE met die huis van Israel gespreek het, het onvervuld gebly nie; alles het uitgekom.

a 1 Kron. 6:54, ens. 1 Dit is, owerstes oor die geslagte van die Leviete. Hulle was drie, naamlik die Kehatiete, Gersoniete en Merariete.
b Núm. 35:2, ens. 2 Waar die verbondsark en die tent van samekoms opgerig was.

3 Hebr. deur die hand van Moses. So ook in vers 8.

4 Waarvan breedvoeriger gespreek word in vers 11, ens.
5 Sien hieroor breedvoeriger in vers 20.
6 Waarvan breedvoeriger gespreek word in vers 27, ens.
7 Sien oor hierdie twaalf stede vers 34, ens.
8 Hebr. deur die hand van Moses, soos in vers 2.
9 Anders: Enak, Jos. 15:13.

10 Dit is, bougrond en weivelde wat teenaan die stede geleë was.

11 Naamlik 2000 el van die stad af. Sien Núm. 35:5 en die kanttekening.

12 Sien Jos. 14:14.

13 Tussen die naamregister van die stede wat hierna genoem word, en die register daarvan in 1 Kron. 6:57, vind ’n mens soms enkele verskille in sommige name van die stede. Dit gebeur omdat sekere name van stede met verloop van tyd verander het. Daar is ook enkele stede wat meer as een naam gehad het.

14 Sien Jos. 10:29.

15 Sien oor hierdie stad 2 Kon. 14:11 se kanttekening.
16 Hier is die profeet Jeremia gebore, Jer. 1:1.

17 Hierdie stad word ook Alemet genoem; albei beteken jonkheid. Dit word ook in 2 Sam. 3:16 Bahúrim genoem, wat dieselfde beteken.

18 Sien Rig. 1:29.
19 Die stam van Levi was die kleinste onder al die stamme van die Israeliete, want onder hulle is daar slegs drie-en-twintigduisend manne getel, Núm. 26:62. Hoe is dit dan dat ander stamme, wat meer as dubbel soveel mense was, slegs 12 of 16 of 19 of 20 stede gehad het, en die stam van Levi 48 stede? Die antwoord hierop is dat nie al die stede van die ander stamme genoem word nie, terwyl al die stede van die Leviete wel genoem word. Verder moet in ag geneem word dat die Leviete nêrens elders as in stede mog woon nie, maar die ander stamme wel. Die Leviete het dus meer stede benodig as die ander stamme.
20 Hebr. stad stad.
21 Dit is, aan die kinders van Israel.
22 Dit beteken dat niemand teen die kinders van Israel weerstand kon bied of hulle skade kon aandoen nie.