Statevertaling – Bybelstigting
Die Rubeniete, die Gadiete en die halwe stam van Manasse vertrek na hulle stede toe.
TOE het Josua die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van Manasse laat roep
en aan hulle gesê: Julle het alles onderhou wat Moses, die kneg van die HERE, julle beveel het, en ajulle het na my geluister in alles wat ek julle beveel het.
Julle het jul broers nie in die steek gelaat nie — dit is nou 1baie dae al tot vandag toe — en het die ordening van die gebod van die HERE julle God onderhou.
Maar nou het die HERE julle God jul broers rus gegee, soos Hy hulle beloof het; draai dan nou om en gaan na julle tente, na die land van julle besitting bwat Moses, die kneg van die HERE, julle oorkant die Jordaan gegee het.
Neem net noukeurig in ag die onderhouding van die gebod en die wet wat Moses, die kneg van die HERE, julle beveel het, com die HERE julle God lief te hê en in al sy weë te wandel en sy gebooie te onderhou en Hom aan te hang en Hom te dien met julle hele hart en met julle hele siel.
So het Josua hulle dan geseën en hulle laat gaan; en hulle het getrek na hul 2tente toe.
Maar aan die een helfte van die stam van Manasse het Moses in Basan ’n erfdeel gegee, 3en aan die ander helfte daarvan het Josua ’n deel gegee 4saam met hulle broers, duskant die Jordaan 5in die weste. En toe Josua hulle laat gaan het na hul tente, het hy hulle ook geseën
en met hulle gespreek en gesê: Gaan terug na julle tente met groot rykdomme en ’n menigte van vee, met silwer en goud en koper en yster en baie klere; deel die buit van julle vyande 6saam met julle broers.
So het die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse dan teruggegaan, en hulle het weggetrek van die kinders van Israel af, uit Silo wat in die land Kanaän lê, om te gaan na die land Gílead, na die land van hulle besitting waarin hulle, op bevel van die HERE 7deur die diens van Moses, vaste besittings verkry het.
dToe hulle kom by die klipkrale van die Jordaan, wat in die land Kanaän lê, het die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse daar ’n altaar gebou by die Jordaan, ’n altaar groot van aansien.
Maar toe die kinders van Israel hoor sê: Kyk, die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse het die altaar gebou 8teenoor die land Kanaän, by die klipkrale van die Jordaan, 9aan die kant van die kinders van Israel —
toe die kinders van Israel dit hoor, het die hele vergadering van die kinders van Israel bymekaargekom in Silo om op kommando teen hulle op te trek.
En die kinders van Israel het Pínehas, die seun van Eleásar, die priester, na die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse, na die land Gílead gestuur,
en 10tien owerstes saam met hom, 11vir elke familie van al die stamme van Israel een owerste; en hulle was elkeen ’n familiehoof van die stamme van Israel.
Toe hulle by die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse in die land Gílead kom, het hulle met hulle gespreek en gesê:
So sê die hele vergadering van die HERE: Wat is dit vir ’n troubreuk wat julle begaan teen die God van Israel, dat julle vandag 12van die HERE afvallig word deur vir julle ’n altaar te bou, deur vandag teen die HERE in opstand te kom?
eIs die ongeregtigheid in verband met Peor vir ons nog nie genoeg nie, waarvan ons tot vandag toe ons nie gereinig het nie — toe die plaag oor die vergadering van die HERE gekom het?
En julle wil vandag van die HERE afvallig word! As julle dan vandag in opstand kom teen die HERE, sal Hy 13môre toornig word op die hele vergadering van Israel.
14As die land van julle besitting egter onrein is, trek dan oor na die eie land van die HERE 15waar die 16tabernakel van die HERE gevestig is, en verkry onder ons vaste besittings; maar kom nie teen die HERE in opstand nie, en moenie teen ons opstandig wees deur vir julle ’n altaar te bou naas die altaar van die HERE onse God nie.
Toe Agan, 17die seun van Serag, hom 18vergryp het aan 19die bangoed, 20het daar nie ’n 21toorn oor die hele vergadering van Israel gekom nie? En hy self het 22nie alleen 23weens sy ongeregtigheid omgekom nie.
Daarop het die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse geantwoord en aan die 24stamhoofde van Israel gesê:
f25Die God van die gode, die HERE, die God van die gode, die HERE, Hy weet dit; en ook Israel mag dit weet: As dit deur opstandigheid of deur troubreuk teen die HERE is — 26verlos ons nie vandag nie, HERE! —
dat ons ’n altaar vir ons gebou het om van die HERE afvallig te word; en as dit is om daarop ’n brandoffer en spysoffer te bring of om daarop dankoffers te berei, dan 27mag die HERE self dit wreek.
Maar waarlik, ons het dit 28uit ’n sekere besorgdheid gedoen en gesê: Later sou julle kinders met ons kinders kan spreek en sê: 29Wat het julle te doen met die HERE, die God van Israel?
Die HERE het tog tussen ons en julle, kinders van Ruben en kinders van Gad, die Jordaan as grens gestel; julle 30het geen deel aan die HERE nie; so sal julle kinders dan maak dat ons kinders die HERE nie meer vrees nie.
Daarom het ons gesê: Laat ons tog dit doen en vir ons die altaar bou, nie vir brandoffer en 31nie vir slagoffer nie,
maar gdat dit ’n getuie kan wees tussen ons en julle en ons geslagte ná ons dat ons die diens van die HERE sal waarneem voor sy aangesig met ons brandoffers en ons slagoffers en ons dankoffers, sodat julle kinders later nie aan ons kinders kan sê: Julle het geen deel aan die HERE nie.
En ons het gedink: As hulle dit later aan ons en ons geslagte sou sê, sal ons sê: Kyk na die boustyl van die altaar van die HERE wat ons vaders gemaak het, nie vir brandoffer en nie vir slagoffer nie, maar ’n getuie is hy tussen ons en julle.
Dit is ver van ons dat ons opstandig sou word teen die HERE en vandag afvallig sou word van die HERE deur ’n altaar te bou vir brandoffer, spysoffer en slagoffer naas die altaar van die HERE onse God wat voor sy tabernakel staan.
Toe Pínehas, die priester, en die owerstes van die vergadering, 32die stamhoofde van Israel wat saam met hom was, die woorde hoor wat die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die kinders van Manasse gespreek het, was dit goed in hulle oë.
Toe sê Pínehas, die seun van Eleásar, die priester, aan die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die kinders van Manasse: Vandag weet ons 33dat die HERE in ons midde is, omdat julle hierdie troubreuk teen die HERE nie begaan het nie; nou 34het julle die kinders van Israel gered uit die hand van die HERE.
Daarop het Pínehas, die seun van Eleásar, die priester, en die owerstes teruggekeer van die kinders van Ruben en die kinders van Gad, uit die land Gílead na die land Kanaän, na die kinders van Israel, en hulle 35’n antwoord gebring.
En die antwoord was goed in die oë van die kinders van Israel, en die kinders van Israel het God geprys; en hulle het daar nie meer van gespreek om teen hulle op kommando te trek, om die land waarin die kinders van Ruben en die kinders van Gad gewoon het, te verwoes nie.
En die kinders van Ruben en die kinders van Gad het die altaar genoem: 36Hy is getuie tussen ons 37dat die HERE God is.
| a Núm. 32:20. Deut. 3:18. |
| 1 Dit was, volgens sommige se berekening, meer as dertien jaar. Dit het hulle sewe jaar geneem om die land in te neem en sewe jaar om die land te verdeel. |
| b Núm. 32:33. Deut. 3:13; 29:8. Jos. 13:8. |
| c Deut. 10:12. |
| 2 Dit is, wonings, woonplekke, soos elders. |
| 3 Hebr. en sy helfte.
4 Naamlik met die ander nege stamme, wat aan hierdie kant van die Jordaan hul erfdeel ontvang het. 5 Anders: by die see, of op pad na die see. |
| 6 Dit is, saam met die manne wat aan die oorkant van die Jordaan by die pakgoed gebly het. Vgl. Núm. 31:27. 1 Sam. 30:24. |
| 7 Hebr. deur die hand van Moses. |
| d Jos. 18:7. |
| 8 Hebr. na die voorkant van, dit is, in die rigting van.
9 Naamlik van die grootste gedeelte van die kinders van Israel. |
| 10 Daar was nege stamme en ’n halwe stam. Hier blyk dus dat die halwe stam van Manasse, sowel as die hele stamme, ’n owerste gestuur het.
11 Hebr. ’n owerste, ’n owerste in die vaderlike huis. |
| 12 Dit is, dat julle die HERE nie navolg nie. So ook in verse 18, 23, 29. |
| e Núm. 25:3. Deut. 4:3. |
| 13 Dit is, in die toekoms. So ook in vers 24. Jos. 4:6. |
| 14 Asof hy sê: As julle meen dat God julle land nie ook in sy guns en beskerming aanneem soos ons land nie, trek dan, ens.
15 Die tabernakel het in Silo gestaan. Sien Jos. 18:1. 16 Hebr. woning, woonplek. |
| 17 Dit is, wat van die geslag of huisgesin, en nakomelinge van Serag was; want sy vader was Karmi, Jos. 7:17, 18.
18 Hebr. oortreding oortree. 19 Hebr. die ban. 20 Hebr. was daar nie ’n toorn oor die hele vergadering van Israel nie? 21 Naamlik van God. Dit is, straf. Sien Núm. 1:53 se kanttekening. 22 Want eers het daar ses-en-dertig Israeliete by Ai omgekom, daarna ook sy vrou, kinders en lewende hawe. Hebr. En hierdie man een het nie vergaan nie. 23 Of: in, ens. |
| 24 Of: hoofde van duisende van Israel. Die Israeliete was in duisende opgedeel. Sien Ex. 18:25. Rig. 6:15 se kanttekening. |
| f Ps. 50:1. | 25 Sien Deut. 10:17 se kanttekening.
26 Ander meen dat die volk Israel, of Pínehas, hier aangespreek word. |
| 27 Dit is, mag die HERE ons om hierdie rede straf. Hebr. mag die HERE dit soek of eis. |
| 28 Naamlik oor die ware godsdiens.
29 Hebr. Wat is vir julle en vir die HERE, die God van Israel? Sulke maniere van spreek word ook in die Nuwe Testament gebruik, Matt. 8:29. Joh. 2:4. |
| 30 Dit is, julle is nie God se volk nie, julle het geen deel aan die rykdomme van sy genade en weldade nie. Sien ’n dergelike manier van spreek in 2 Sam. 20:1. 1 Kon. 12:16. |
| 31 Of: nie vir enige offer nie. |
| g Gén. 31:48. Jos. 24:27. |
| 32 Sien vers 14. |
| 33 Omdat Hy julle bewaar, dat julle nie teen Hom sondig en julle ook nie van ons afskeur, soos ons gevrees het nie; waardeur groot onheil in die hele Israel sou voortgekom het.
34 Naamlik, toe julle daardie altaar gebou het vir die doel soos julle vir ons gesê het. Want as julle dit gebou het om ’n nuwe godsdiens in te voer en om julle van die ander stamme af te sonder, dan sou julle die toorn en straf van God oor die hele Israel verwek het. |
| 35 Hebr. hulle het vir hulle die woord gebring, dit is, hulle het die antwoord en die verontskuldiging van die Rubeniete, ens., getrou aan die vergadering oorgedra, asook al hul handelinge en voorneme. |
| 36 Ander voeg die Hebreeuse woordjie ed, dit is, getuie, hierby in die teks. Ander meen dat die woorde wat in die teks volg (ki ed hu benotenu, want dit is getuie tussen ons), die naam van hierdie altaar was.
37 Dit is, dat ’n mens slegs Hom sal dien, en as die ware God sal erken. |