Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Josua 23

Waarskuwing van Josua aan die hele versameling van die volk.

1

’N 1GERUIME tyd daarna, nadat die HERE aan Israel rus gegee het van al sy vyande rondom, en Josua oud en 2ver op sy dae was,

2

het Josua die 3hele Israel laat roep, sy oudstes en sy hoofde en sy regters en sy opsigters, en vir hulle gesê: Ek is oud, ek is ver op my dae;

3

en julle het self gesien alles wat die HERE julle God aan al hierdie nasies voor julle uit gedoen het; want die HERE julle God, Hy het vir julle gestry.

4

Kyk, ek het hierdie nasies wat nog 4oorgebly het, as erfdeel aan julle laat val, aan julle stamme, van die Jordaan af — met al die nasies wat ek uitgeroei het — tot by die Groot See in die weste.

5

En die HERE julle God self sal 5hulle voor julle verjaag en hulle voor julle uit verdrywe, sodat julle hulle land in besit kan neem asoos die HERE julle God 6julle beloof het.

6

Maar julle moet daar baie vas by staan om sorgvuldig te doen alles wat geskrywe staan in die wetboek van Moses, bdat julle daar nie regs of links van afwyk nie;

7

dat julle met hierdie nasies wat met julle saam oorgebly het, 7nie meng nie; julle mag ook die naam van hulle gode nie c8vermeld 9en daarby nie laat sweer nie, en julle mag hulle nie dien en julle voor hulle nie neerbuig nie;

8

dmaar die HERE julle God moet julle aanhang soos julle tot vandag toe gedoen het.

9

Die HERE tog het groot en magtige nasies voor julle uit verdrywe; en wat julle betref — niemand het tot vandag toe voor julle standgehou nie.

10

eEen man uit julle het duisend agtervolg; want die HERE julle God, Hy het vir julle gestry soos Hy julle beloof het.

11

Neem julle dan terdeë in ag ter wille van julle siele, om die HERE julle God lief te hê;

12

want as julle 10ooit mag afwyk en hierdie nasies aanhang wat nog met julle saam oorgebly het, en julle met hulle verswaer en julle met hulle en hulle met julle meng,

13

11weet dan verseker dat die HERE julle God nie langer hierdie nasies voor julle uit sal verdrywe nie; maar hulle sal vir julle ’n vangnet en ’n strik wees en ’n 12angel in julle sye en dorings in julle oë, totdat julle omkom uit hierdie goeie land wat die HERE julle God aan julle gegee het.

14

En kyk, 13ek gaan 14vandag die weg 15van die ganse aarde, maar julle moet erken met jul hele hart en met jul hele siel dat nie een woord van al die goeie woorde wat die HERE julle God oor julle gespreek het, 16onvervuld gebly het nie; alles het vir julle uitgekom, nie een woord daarvan het onvervuld gebly nie.

15

Maar soos al die goeie woorde oor julle gekom het wat die HERE julle God oor julle gespreek het, so sal die HERE oor julle 17al die onheilswoorde laat kom, totdat Hy julle verdelg het uit hierdie goeie land wat die HERE julle God aan julle gegee het.

16

As julle die verbond van die HERE julle God wat Hy julle beveel het, oortree en ander gode gaan dien en julle voor hulle neerbuig, dan sal die toorn van die HERE teen julle ontvlam, en julle sal gou omkom uit die goeie land wat Hy aan julle gegee het.

1 Dit was omtrent veertien jaar nadat hulle in die land Kanaän gekom het. Vgl. dit met Jos. 22:3 se kanttekening.

2 Hebr. tot dae gekom het.

3 Verstaan die hoofde en owerstes, asook almal van die volk wat daar kon wees.
4 Naamlik, wat nog deur die Israeliete beveg en uitgeroei sou word.
a Ex. 14:14; 23:27. Núm. 33:53. Deut. 6:19. Jos. 13:6. 5 Naamlik die heidense nasies wat nog in die land Kanaän oorgebly het.

6 Of: tot julle gespreek het, so ook in vers 10.

b Deut. 5:32; 28:14.
c Ex. 23:13. Ps. 16:4. Jer. 5:7. Sef. 1:5. Ef. 5:3. 7 Anders: dat julle nie ingaan by hierdie nasies nie. Dit is, julle mag nie met hulle gemeenskap hê nie. Want wie met pik omgaan word daarmee besmet. Sommige verstaan dit só dat die Israeliete verbied was om met die nasies te trou. Sien vers 12.

8 Dit is, moenie die naam van hulle gode noem nie.

9 Die betekenis is: Moenie by die gode van die heidene sweer nie, en laat ander ook nie by hulle sweer nie. Sien Ex. 23:13. Deut. 12:3. Ps. 16:4.

d Deut. 11:22.
e Lev. 26:8. Deut. 32:30.
10 Hebr. afwykende afwyk.
11 Hebr. weet wetende.

12 Of: gésel. Vroeër was dit die gewoonte om mense in die sy te gésel of te slaan, soos hier afgelei kan word.

13 Dit is, ek gaan sterf, soos alle mense.

14 Dit is, binnekort. Want Josua het hierdie vermaning nie gerig presies op die dag toe hy gesterf het nie, maar eerder.

15 Dit is, van alle mense wat op aarde leef. Sien 1 Kon. 2:2.

16 Vgl. 1 Sam. 3:19 met die kanttekening.

17 Naamlik, waarmee Hy julle gedreig het, indien julle sy gebooie nie sou onderhou nie.