Statevertaling – Bybelstigting
Laaste woorde van Josua. Die volk beloof om die HERE te dien.
DAARNA het Josua al die stamme van Israel byeen laat kom in 1Sigem, en hy het die oudstes van Israel en sy hoofde en sy regters en sy opsigters laat roep, en hulle het hul 2voor die aangesig van God gestel.
Toe sê Josua 3aan die hele volk: So sê die HERE, die God van Israel: aOorkant die 4Eufraat het julle vaders van oudsher gewoon — bTera, die vader van Abraham en die vader van Nahor, en hulle het ander gode gedien.
cMaar Ek het julle vader Abraham van oorkant die Eufraat af geneem en hom deur die hele land Kanaän laat trek en sy nageslag dvermeerder en Isak aan hom gegee;
een aan Isak het Ek 5Jakob en Esau gegee, en aan Esau het fEk die gebergte Seïr gegee, om dit in besit te neem; gmaar Jakob en sy kinders het na Egipte afgetrek.
hToe het Ek Moses en Aäron gestuur en Egipte getref soos Ek dit daar gedoen het, en daarna het Ek julle uitgelei.
Toe Ek julle vaders uit Egipte uitgelei het, het julle by die see gekom; imaar die Egiptenaars het julle vaders agternagejaag met strydwaens en perderuiters na die Skelfsee toe;
maar hulle het die HERE aangeroep, en Hy het ’n duisternis gestel tussen julle en die Egiptenaars en die see oor hulle laat kom, sodat dit hulle oordek het, en 6julle eie oë het gesien wat Ek aan Egipte gedoen het. Daarna het julle baie dae in die woestyn gebly.
kDaarop het Ek julle gebring in die land van die Amoriete wat oos van die Jordaan gewoon het, en hulle het teen julle geveg; maar Ek het hulle in julle hand gegee, sodat julle hul land in besit geneem het, en Ek het hulle voor julle uit verdelg.
lToe het Balak, die seun van Sippor, die koning van Moab, hom klaargemaak en teen Israel 7geveg; en hy het gestuur om Bíleam, die seun van Beor, te roep om julle te vervloek;
maar Ek wou nie na Bíleam luister nie, sodat hy julle net geseën het; en Ek het julle uit sy hand gered.
mToe julle die Jordaan deurgetrek en by Jérigo gekom het, het die 8burgers van Jérigo, die Amoriete en Feresiete en Kanaäniete en Hetiete en Girgasiete, die Hewiete en Jebusiete teen julle 9geveg; nmaar Ek het hulle in julle hand gegee
en o10perdebye voor julle uit gestuur, wat hulle voor julle uit verdryf het, — p11die twee konings van die Amoriete — nie deur jou 12swaard en nie deur jou 12boog nie.
qSo het Ek julle dan ’n land gegee waar julle nie aan gearbei 13en stede wat julle nie gebou het nie, dat julle daarin kan woon; 14wingerde en olyfbome wat julle nie geplant het nie, daar eet julle van.
Vrees dan nou die HERE en dien Hom 15in opregtheid en waarheid, en verwyder die gode wat 16julle vaders gedien het oorkant die Eufraat en in Egipte, en dien die HERE.
17Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: òf die gode wat julle vaders daar oorkant die Eufraat gedien het, òf die gode van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.
Toe antwoord die volk en sê: 18Dit is ver van ons, dat ons die HERE sou verlaat om ander gode te dien;
want die HERE onse God, dit is Hy wat ons en ons vaders uit Egipteland uit die slawehuis laat optrek het, en wat voor ons oë hierdie groot tekens gedoen het en ons bewaar het op die hele pad wat ons gegaan en onder al die volke waar ons dwarsdeur getrek het;
en die HERE het al die volke en die Amoriet, die inwoner van die land, voor ons uit verdrywe. 19Ook ons sal die HERE dien, want Hy is onse God.
Maar Josua het vir die volk gesê: 20Julle kan die HERE nie dien nie, want Hy is ’n 21heilige God, Hy is ’n jaloerse God; Hy sal julle oortreding en julle sondes nie 22vergewe nie.
As julle die HERE verlaat en vreemde gode dien, rsal Hy julle weer kwaad aandoen en julle vernietig, nadat Hy aan julle goed gedoen het.
Toe sê die volk vir Josua: 23Nee, maar ons sal die HERE dien.
Daarop sê Josua aan die volk: Julle is getuies teen julleself dat julle vir julleself die HERE gekies het om Hom te dien. En hulle sê: Ons is getuies.
Verwyder dan nou die 24vreemde gode wat onder julle is, en neig julle hart tot die HERE, die God van Israel.
Daarop sê die volk aan Josua: Ons sal die HERE onse God dien en na sy stem luister.
25En op dié dag het Josua met die volk ’n sverbond gesluit en vir hulle ’n insetting en ’n reg vasgestel in 26Sigem.
En Josua het hierdie 27woorde in die wetboek van God geskrywe en ’n groot klip geneem en dié daar opgerig onder 28die eikeboom wat by die heilige plek van die HERE is.
Toe sê Josua aan die hele volk: Kyk, hierdie klip sal ’n getuie teen ons wees, 29want hy het al die woorde van die HERE gehoor wat Hy met ons gespreek het; en hy sal ’n getuie teen julle wees, sodat julle jul God 30nie verloën nie.
Toe het Josua die volk laat gaan, elkeen na sy erfdeel toe.
En ná hierdie dinge het Josua, die seun van Nun, die kneg van die HERE, gesterwe, 31honderd-en-tien jaar oud.
En hulle het hom begrawe op die grondgebied van sy erfdeel in t32Timnat-Serag wat op die gebergte van Efraim lê, noord van die berg Gaäs.
En Israel het die HERE gedien al die dae van Josua en al die dae van die oudstes 33wat lank ná Josua nog in die lewe was en met al die werke van die HERE 34bekend was wat Hy vir Israel gedoen het.
Ook die gebeente van Josef vwat die kinders van Israel uit Egipte saamgebring het, het hulle begrawe 35in Sigem, op die stuk grond wat Jakob van die kinders van Hemor, die vader van Sigem, vir 36honderd geldstukke gekoop het, en 37wat die kinders van Josef as erfdeel ontvang het.
En toe Eleásar, die seun van Aäron, gesterf het, het hulle hom begrawe op die heuwel van sy seun Pínehas wat aan hom gegee was op die gebergte van Efraim.
| 1 Dit is, volgens sommige se mening, in Silo, wat in die omgewing van Sigem lê, want die tabernakel was daar. Verstaan dit ook so in vers 32. Ander meen egter dat Josua die ark op hierdie plegtige byeenkoms van Silo af na die stad Sigem laat bring het, soos dit meermale onder Eli, Samuel, Saul en Dawid gebeur het.
2 Dit is, voor die tabernakel waarin God gewoon het. |
| a Deut. 26:5.
b Gén. 11:26, 31. |
3 Sien Jos. 23:2 se kanttekening.
4 Hebr. rivier. Verstaan die Eufraatrivier, so ook in verse 3, 14, 15. |
| c Gén. 12:1.
d Gén. 21:2. |
| e Gén. 25:24.
f Gén. 36:8. g Gén. 46:1. |
5 Hier word Esau, die eersgeborene, nie eerste genoem nie, maar Jakob. Sien dergelike ook in vers 5. Gén. 11:26 se kanttekening. 1 Kron. 1:28. |
| h Ex. 3:10, ens.; 12:37. |
| i Ex. 14:1, ens. |
| 6 Dit moet verstaan word van baie van diegene wat jonger as twintig jaar oud was toe hulle uit Egipte getrek het. Want dié wat ouer was (Kaleb en Josua uitgesonder), het almal in die woestyn gesterf. |
| k Núm. 21:21, 33. |
| l Núm. 22:5. Deut. 23:4. Rig. 11:25. | 7 Dit is, wou, of het in gedagte gehad om te veg. Sien Rig. 11:25. Vgl. Joh. 10:32, 33, waar stenig vir wil stenig gebruik word. Sodat dit wil voorkom of hier Balak se vyandelike gemoed, wat hy teenoor Israel betoon het, verstaan moet word. Eerstens toe hy hulle deur Bíleam wou laat vervloek, daarna toe hy die Israeliete deur die Moabitiese vroue tot hoerery verlei, en daarna tot afgodery gebring het, en so het hy, deur die raad van Bíleam, die toorn van God oor hulle laat kom. |
| m Jos. 3:14; 6:1.
n Jos. 6:20; 10:8; 11:8. |
8 Of here, of manne.
9 Naamlik die manne van Jérigo het geveg deur hulle poorte toe te sluit; maar die nasies wat daarna genoem word, het met wapens geveg. |
| o Ex. 23:28. Deut. 7:20.
p Ps. 44:4. |
10 Hebr. die perdeby.
11 Hy wil sê: Soos julle tevore albei konings van die Amoriete, naamlik Sihon en Og, verdryf het. Sien vers 18. 12 Verstaan hieronder ook alle ander wapens, soos ook in Gén. 48:22. Ps. 7:13; 44:4, 7. Die betekenis van hierdie woorde is dat hul swaarde en boë tevergeefs sou wees, as God die HERE nie hulle vyande verdelg het nie. |
| q Deut. 6:10-12. | 13 In Jos. 11:13 staan dat die Israeliete geen stede verbrand het nie, behalwe Hasor. Dit het gebeur, sodat die kinders van Israel huise en stede sou vind om in te woon.
14 Dit is, van die vrugte van die wingerde, en van die olywe wat aan die bome gegroei het. Sien dergelike manier van spreek in Gén. 3:12. Openb. 2:7. |
| 15 Dit is, opreg, van ganser harte, sonder bedrog.
16 Naamlik Tera, Nahor, ens., ja, ook Abraham, voordat God die HERE hom uit Ur van die Chaldeërs geroep het. |
| 17 Josua gee die Israeliete nie ’n vrye keuse om God te dien of nie te dien nie; maar hy sê dit, sodat hulle vry en ongedwonge kon verklaar wat hulle gesindheid is om te doen, en sodat hulle des te nouer verbind sou bly om God te dien, deurdat hulle vrywillig besluit het om dit te doen. Sien dergelike manier van spreek in Rut 1:8, 15. |
| 18 Hebr. Dit is ver van ons om te verlaat. |
| 19 Naamlik, sowel as u en u vader se huis. |
| 20 Naamlik, as julle die vreemde gode by julle hou, en sodoende die valse godsdiens met die ware godsdiens vermeng, soos uit vers 23 afgelei kan word.
21 Hebr. Elohim Kedosjim Hu. Sien hieroor Gén. 20:13 se kanttekening. 22 Hebr. wegneem. Sien ’n soortgelyke manier van spreek in Gén. 50:17. Anders: verdra. |
| r Jos. 23:15. |
| 23 Verstaan hierby: ons sal die HERE nie verlaat nie. |
| 24 Naamlik die gode van die vreemdelinge. Uit hierdie woorde blyk dat, alhoewel daar openlik geen afgodery geduld is nie, daar in dié tyd nogtans enkeles onder die Israeliete was wat die afgode in die geheim by hulle gehad het, en hulle geëer en gedien het. Sien Amos 5:25, 26. Hand. 7:43. Sien ook Gén. 35:2 se kanttekening. |
| s Ex. 15:25. | 25 Dit is, hy het die verbond, wat God met die volk van Israel opgerig het, vernuwe en bevestig.
26 Sien vers 1. |
| 27 Dit is, die woorde van hierdie verbond.
28 Sien Rig. 9:6 oor hierdie boom. |
| 29 Dit is, hy was daar teenwoordig. Hier word aan die klip, wat geen gevoel het nie, gevoel toegeskryf. So staan daar ook: Hoor, o hemele, en luister, o aarde, Jes. 1:2 en Deut. 32:1, die hemele vertel die eer van God, Ps. 19:2, die klippe sal uitroep, Luk. 19:40.
30 Maar onderhou en doen wat julle Hom beloof het. |
| 31 Hebr. ’n seun van honderd-en-tien jaar. |
| t Jos. 19:50. Rig. 2:9. | 32 Anders Timnat-Heres genoem, Rig. 2:9. |
| 33 Hebr. wat hulle dae ná Josua verleng het. Sien Ex. 20:12.
34 Verstaan hier diegene wat saam met Josua oor die volk geregeer, en hom oorleef het. Sien Rig. 2:7. |
| v Gén. 50:25. Ex. 13:19. | 35 Hierdie vers moet soos vers 1 verstaan word, want hier volg dat Josef se gebeente op die stuk grond begrawe is, ens. Die betrokke stuk grond het nie in die stad van Sigem gelê nie, soos uit Gén. 33:18 afgelei kan word.
36 Sien Gén. 33:19 en die kanttekening. Stéfanus sê in Hand. 7:16: vir ’n som geld. 37 Naamlik daardie stuk grond en die graf wat daarin was. |