Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Josua 3

Deurtog van die volk deur die droë bedding van die Jordaan.

1

DAAROP het Josua die môre vroeg klaargemaak, en hy met al die kinders van Israel het van Sittim af weggetrek en by die Jordaan aangekom en daar die nag oorgebly voordat hulle deurgetrek het.

2

En 1aan die einde van drie dae het die opsigters die laer deurgegaan

3

en aan die volk bevel gegee en gesê: Net soos julle die verbondsark van die HERE julle God sien en die 2Levitiese priesters wat hom dra, moet julle van jul staanplek af opbreek en agter hom aan trek.

4

Maar laat daar ’n afstand van omtrent tweeduisend el tussen julle en hom wees; kom nie naby hom nie; sodat julle die pad kan weet waar julle langs moet trek; want 3gister en eergister het julle nie met dié pad getrek nie.

5

Verder het Josua aan die volk 4gesê: 5Heilig julle; want môre sal die HERE 6wonders onder julle doen.

6

En Josua het met die priesters gespreek en gesê: Neem die verbondsark op en trek weg voor die volk uit; toe het hulle die verbondsark opgeneem en voor die volk uit getrek.

7

Daarop sê die HERE vir Josua: Vandag sal Ek begin om 7jou groot te maak voor die oë van die hele Israel, sodat hulle kan weet adat Ek met jou sal wees soos Ek met Moses gewees het.

8

Gee jy dan bevel aan die priesters wat die verbondsark dra, en sê: Net soos julle aan die kant van die water van die Jordaan kom, moet julle in die Jordaan bly staan.

9

Toe sê Josua aan die kinders van Israel: Kom nader hierheen en luister na die woorde van die HERE julle God.

10

Verder het Josua gesê: 8Hieraan sal julle erken 9dat daar ’n lewende God tussen julle is, en dat Hy sekerlik die Kanaäniete en Hetiete en Hewiete en Feresiete en Girgasiete en Amoriete en Jebusiete voor julle uit sal verdrywe:

11

Kyk, die verbondsark van die 10Here van die hele aarde trek voor julle uit die Jordaan in.

12

11Neem dan nou vir julle twaalf manne uit die stamme van Israel, 12een man uit elke stam;

13

en net soos die voetsole van die priesters wat die ark van die HERE, die Here van die hele aarde, dra, in die water van die Jordaan rus, sal die water van die Jordaan 13afgekeer word — die water wat van die bokant afkom, ben dit sal soos een wal bly staan.

14

En toe die volk wegtrek uit hulle tente om deur die Jordaan te gaan, cmet die priesters wat die verbondsark dra, op die voorpunt van die volk,

15

en net toe die draers van die ark by die Jordaan kom en die priesters wat die ark dra, hulle voete aan die kant van die water insteek, 14terwyl die Jordaan dvol was 15op al sy walle al die dae van die oes,

16

bly die water staan wat van die bokant afkom: dit het opgerys soos een wal, baie ver weg by die stad 16Adam wat langs 17Sartan lê; en die wat afstroom na die See van die Vlakte, die 18Soutsee, 19het heeltemal verdwyn; toe het die volk deurgetrek, teenoor Jérigo.

17

Maar die priesters wat die verbondsark van die HERE gedra het, het onbeweeglik bly staan op droë grond binne-in die Jordaan, terwyl die hele Israel op droë grond deurtrek, totdat die hele volk die deurtog deur die Jordaan voleindig het.

1 Verstaan die einde van die drie dae wat in Jos. 1:11 genoem word. Sien oor hierdie manier van spreek Deut. 15:1.
2 Dit is, wat almal uit die stam van Levi was, maar nie almal wat aan die stam behoort het, was priesters nie.
3 Dit is, vantevore. Sien Gén. 31:2.
4 Naamlik tevore. Sien Jos. 1:10, 11.

5 Sien oor heiliging Ex. 19:10. Lev. 20:7. Núm. 11:18. Jos. 7:13. 1 Sam. 16:5.

6 Sien vers 13, ens.

a Jos. 1:5. 7 Dit is, jou in aansien te bring deur hierdie treffende wonder wat Ek sal doen, waaraan die volk van Israel sal erken dat Ek jou tot ’n hoof oor hulle gestel het, en dat Ek hulle deur jou diens in die land Kanaän sal bring.
8 Naamlik aan hierdie wonderwerk wat beskryf word in vers 13.

9 Anders: dat God in ons midde lewend is.

10 Anders: die verbondsark, ja, die Here van die hele aarde. Vgl. Miga 4:13. Sag. 4:14; 6:5.
11 Naamlik, om te verrig wat beskryf is in Jos. 4:2, ens.

12 Hebr. een man, een man uit ’n stam.

b Ps. 114:3. 13 Hy wil sê dat die water wat van bo gekom het, sou bly staan, en die ander sou afvloei.
c Hand. 7:45.
d 1 Kron. 12:15. 14 Dit is, die Jordaan was gewoonlik hierdie tyd van die jaar vol, en so was dit ook tydens hierdie gebeurtenis.

15 Anders: oor. So ook in Jos. 4:18.

16 Hierdie stad word op sommige kaarte aangedui aan die oostekant van die Jordaan, teenoor Gilgal.

17 ’n Plek wat suid van Adam geleë is, aan die oostekant van die Jordaan. Sien oor twee ander Sartans 1 Kon. 4:12; 7:46.

18 Hebr. die see van die sout. Sien Gén. 14:3.

19 Hy wil laat verstaan dat die onderste water met ’n vinnige vloed afgeloop en verdwyn het in die Soutsee, sodat die volk van God droogvoets deur die rivier se bedding kon gaan.