Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Josua 4

Die twaalf klippe opgerig as ’n gedenkteken.

1

EN toe die hele volk die deurtog deur die Jordaan voleindig het, het die HERE met Josua 1agespreek en gesê:

2

Neem vir julle uit die volk twaalf manne, 2uit elke stam een man,

3

en gee hulle bevel en sê: Neem vir julle vandaar, uit die middel van die Jordaan, van die plek waar die voete van die priesters vas bly staan het, twaalf klippe en bring dit saam met julle deur en sit dit neer 3op die slaapplek waar julle vannag gaan oorbly.

4

Toe het Josua die twaalf man geroep wat hy uit die kinders van Israel, uit elke stam een man, aangestel het,

5

en Josua het vir hulle gesê: Trek uit voor die ark van die HERE julle God tot binne-in die Jordaan, en tel vir julle ’n klip op, elke man een op sy skouer, volgens die getal van die stamme van die kinders van Israel,

6

sodat dit ’n 4teken onder julle kan wees. As julle kinders 5later vra en sê: 6Wat beteken hierdie klippe vir julle?

7

moet julle vir hulle sê: bOmdat die water van die Jordaan 7afgekeer is voor die verbondsark van die HERE by sy deurtog deur die Jordaan — die water van die Jordaan is afgekeer; daarom is hierdie klippe as ’n aandenking vir die kinders van Israel 8vir altyd.

8

Die kinders van Israel het toe so gedoen soos Josua beveel het: hulle het twaalf klippe uit die middel van die Jordaan opgetel soos die HERE met Josua gespreek het, volgens die getal van die stamme van die kinders van Israel; en hulle het dit saam met hulle deurgebring na 9die slaapplek toe en dit daar neergesit.

9

Josua het ook twaalf klippe opgerig in die middel van die Jordaan, op die plek waar die voete van die priesters, die draers van die verbondsark, gestaan het; en dit is daar tot vandag toe.

10

En die priesters wat die ark gedra het, het bly staan in die middel van die Jordaan totdat alles volbring was wat die HERE Josua beveel het om aan die volk te sê, 10volgens alles wat Moses Josua beveel het; en die volk het gou deurgetrek.

11

En toe die hele volk die deurtog voleindig het, het die ark van die HERE met die priesters 11voor die oë van die volk deurgegaan.

12

cEn die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse het gewapend 12voor die kinders van Israel deurgetrek soos Moses aan hulle gesê het.

13

Omtrent veertigduisend wat vir oorlog gewapen was, het 13voor die aangesig van die HERE deurgetrek om te veg, na die vlaktes van Jérigo toe.

14

dDié dag het die HERE Josua groot gemaak voor die oë van die hele Israel, sodat hulle hom gevrees het soos hulle Moses gevrees het al die dae van sy lewe.

15

En die HERE het met Josua gespreek en gesê:

16

Gee bevel aan die priesters wat die ark van die Getuienis dra, dat hulle uit die Jordaan uit opklim.

17

Josua het daarop die priesters bevel gegee en gesê: Klim op uit die Jordaan.

18

En toe die priesters wat die verbondsark van die HERE gedra het, opklim uit die middel van die Jordaan, het die priesters skaars hulle voetsole gelig en die droë grond bereik, of die water van die Jordaan het na sy plek teruggekeer en soos gister en eergister op al sy walle geloop.

19

En die volk het op die tiende van die eerste maand uit die Jordaan uit opgetrek en laer opgeslaan by 14Gilgal, aan die oostelike grens van Jérigo.

20

En daardie twaalf klippe wat hulle uit die Jordaan geneem het, het Josua by Gilgal opgerig.

21

En hy het met die kinders van Israel gespreek en gesê: Wanneer julle kinders later hulle vaders vra en sê: Wat beteken hierdie klippe?

22

dan moet julle dit aan julle kinders bekend maak en sê: Op droë grond het 15Israel deur hierdie Jordaan getrek,

23

deurdat die HERE julle God die water van die Jordaan voor julle uit laat opdroog het, totdat julle deurgetrek het, esoos die HERE julle God gedoen het met die Skelfsee wat Hy voor ons uit laat opdroog het, totdat 16ons deurgetrek het;

24

dat al die volke van die aarde 17kan weet dat die hand van die HERE sterk is, sodat julle die HERE julle God 18altyd mag vrees.

a Jos. 3:12. 1 Terwyl Hy breedvoeriger die opdrag verklaar wat Hy aan hom gegee het in Jos. 3:12.
2 Hebr. een man, een man uit ’n stam, soos in vers 4.
3 Naamlik by Gilgal, soos blyk uit verse 19, 20.
4 Dit is, ’n gedenkteken. In vers 7 word dit ’n aandenking genoem.

5 Sien Gén. 30:33. Ex. 13:14. Deut. 6:20.

6 Dit is, wat is die doel van hierdie klippe? Of: waarna verwys hulle? So ook in vers 21. Sien Ex. 12:26.

b Jos. 3:13. 7 Dit is, verdeel is. Sien Jos. 3:16.

8 Sien Gén. 13:15 se kanttekening.

9 Sien vers 3.
10 Sien Núm. 27:18-21.
11 Dit is, ten aanskoue van die hele volk.
c Núm. 32:20, 29. 12 Naamlik voor die ander stamme van die kinders van Israel. Sien Jos. 1:14.
13 Dit is, voor die HERE, wat Hom bo die verbondsark geopenbaar het. Sien Núm. 32:21.
d Jos. 3:7.
14 Dit is, by die plek wat Josua daarna Gilgal genoem het, Jos. 5:9.
15 Dit is, die nageslag van Israel of Jakob.
e Ex. 14:21. 16 Naamlik ek, Kaleb, en julle vaders.
  17 Anders: die hand van die HERE sou ken, dat dit sterk is, of: want dit is sterk.

18 Hebr. al die dae.