Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Josua 5

1

EN toe al die konings van die Amoriete wat anderkant die Jordaan 1na die weste was, en al die konings van die Kanaäniete wat by die see woon, hoor dat die HERE die water van die Jordaan voor die kinders van Israel uit laat opdroog het, totdat hulle deurgetrek het, het hulle hart 2versmelt en was daar in hulle geen moed meer vanweë die kinders van Israel nie.

Josua besny die volk en vier die pasga. Die manna hou op. Die leërowerste van die HERE.

2

IN dié tyd het die HERE vir Josua gesê: aMaak vir jou 3klipmesse en 4besny weer die kinders van Israel vir die tweede keer.

3

Toe het Josua vir hom klipmesse gemaak en die kinders van Israel 5besny by die 6heuwel van die voorhuide.

4

En dit is die rede dat Josua hulle besny het: Die hele volk wat uit Egipte uitgetrek het, die manspersone, al die krygsmanne, het op pad in die woestyn gesterwe, op hulle trek uit Egipte.

5

Want die hele volk wat uitgetrek het, was besnede; maar die hele volk wat op pad in die woestyn gebore is, op hulle trek uit Egipte, het 7hulle nie besny nie.

6

Want veertig jaar lank het die kinders van Israel in die woestyn getrek, totdat die hele volk omgekom het, die krygsmanne wat uit Egipte weggetrek het, wat nie aan die stem van die HERE gehoorsaam was nie; vir wie die HERE gesweer het bdat Hy hulle die land nie sou laat sien wat die HERE hulle vaders met ’n eed beloof het om aan ons te gee nie — ’n land wat oorloop van melk en heuning.

7

Maar in hulle plek het 8Hy hul seuns gestel; dié het Josua besny; want hulle was onbesnede, omdat hulle op pad nie besny is nie.

8

En toe die hele volk klaar besny is, het hulle op hul plek in die laer gebly 9totdat hulle gesond was.

9

Toe het die HERE vir Josua gesê: Vandag het Ek 10die smaad van Egipte 11van julle afgewentel. Daarom het hulle dié plek 12Gilgal genoem 13tot vandag toe.

10

Terwyl die kinders van Israel by Gilgal gelaer was, 14het hulle die pasga cgehou op die veertiende dag 15van die maand in die aand, in die vlaktes van Jérigo.

11

En hulle het die dag ná die pasga van die opbrings van die land geëet: dongesuurde brode en gebraaide koring, daardie selfde dag.

12

En die dag nadat hulle van die opbrings van die land geëet het, het die manna opgehou, sodat die kinders van Israel verder geen manna gehad het nie; maar hulle het geëet van die opbrings van die land Kanaän in daardie jaar.

13

En terwyl Josua by Jérigo was, slaan hy sy oë op en kyk, en edaar staan 16’n man teenoor hom met ’n 17ontblote swaard in sy hand; en Josua het na hom gegaan en hom gevra: Behoort U by ons of by ons vyande?

14

En Hy sê: 18Nee, maar Ek is 19die leërowerste van die HERE; Ek het nou gekom. Toe val Josua met sy aangesig op die grond en buig hom neer en 20vra Hom: Wat wil my Here aan sy dienskneg sê?

15

Toe sê die leërowerste van die HERE vir Josua: 21Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is 22heilig. En Josua het so gedoen.

1 Dit is, wat aan die westekant gewoon het, in die land Kanaän.

2 Dit is, hulle het bevrees geraak. Sien Jos. 2:9, 24.

a Ex. 4:25. 3 Anders: skerp messe. Hebr. swaarde, of messe van klip, soos in Ex. 4:25.

4 Hebr. keer terug, besny, dit is, besny weer, ’n Hebreeuse manier van spreek. Sien Núm. 11:4 se kanttekening. Ps. 85:7. Eség. 8:6. Die besnydenis is vir die eerste keer beveel aan Abraham en sy nageslag, en daarna voortgesit tot in Egipte; waar diegene wat uit Egipte getrek het, ook besny was. Maar omdat diegene wat in die woestyn gebore is, nie besny was nie, word die besnydenis hier deur God se bevel hervat.

5 Naamlik, diegene wat nog nie besny was nie, dit is hulle wat in die woestyn gebore was.

6 Sommige behou die Hebreeuse woord aralot in die teks. Dit beteken voorhuide, omdat die voorhuide van die kinders van Israel daar besny was.

7 Naamlik die ouers. Dit het agterweë gebly, óf deur nalatigheid en onoplettendheid, óf omdat hulle nie geweet het wanneer hulle verder sou reis nie, en dit vir die pas besnedenes swaar sou wees, ja ook gevaarlik, om verder te reis.
b Núm. 14:23.
8 Naamlik God die HERE.
9 Hebr. totdat hulle geleef het, soos in Núm. 21:8.
10 So noem Hy die voorhuid wat die Israeliete aan hulle kinders gelos het terwyl hulle hierin meer die voorbeeld van die onbesnede Egiptenaars nagevolg het, as die bevel van God. Sien Jer. 9:25, 26. Sommige verstaan deur die smaad van Egipte die smaad wat die Egiptenaars God en sy volk sou aangedoen en oor hulle vertel het, indien hulle buite die land Kanaän moes bly. Sien Deut. 9:28.

11 Hebr. van op julle, dit is, wat op julle gelê het.

12 Dit is, afwenteling, omdat die skande van die Israeliete deur die besnydenis afgewentel is.

13 Naamlik, bly hierdie naam, of behou die plek hierdie naam.

c Ex. 12:6. 14 Hebr. het hulle die pasga gemaak. Die hou van die pasga het ook in die woestyn agterweë gebly, behalwe in die tweede jaar ná die uittog. Sien Núm. 9:1.

15 Naamlik op die veertiende dag van die eerste maand van die jaar, soos blyk uit Jos. 4:19.

d Ex. 12:39. Lev. 2:14.
e Ex. 23:23. 16 Dit was die Here Christus in die gedaante van ’n man, soos afgelei kan word uit Jos. 6:2.

17 Naamlik, om Josua daarmee te versterk, deur hom te kenne te gee dat Hy mét hom sou wees en stry teen die Kanaäniete, en aan hom die oorwinning sou gee.

18 Naamlik, Ek behoort nie by u vyande nie.

19 Naamlik Christus, wat vir die leër van die Israeliete, wat die HERE se volk is, sorg dra.

20 Want hy het Hom erken as die ware God. As dit maar net ’n geskape engel sou wees, sou hy dit nie geduld het dat ’n mens hom só sou geëer het nie, soos te sien is in Openb. 19:10; 22:9.

21 Dit het God Moses ook beveel, Ex. 3:5. Sien ook Hand. 7:33.

22 Hebr. heiligheid. Waarom was hierdie plek heilig? Omdat die Here dit deur sy besondere teenwoordigheid geheilig het. Sien Ex. 3:5 en die kanttekening.