Statevertaling – Bybelstigting
Verwoesting van Jérigo. Ragab gespaar.
MAAR Jérigo het die poort gesluit en gesluit gebly 1vanweë die kinders van Israel; niemand het uit- of ingegaan nie.
Toe het 2die HERE vir Josua gesê: Kyk, Ek gee Jérigo met sy koning en dapper helde in jou hand.
Julle moet dan om die stad trek, al die krygsmanne; trek die stad een maal om; so moet jy doen ses dae lank.
En sewe priesters moet sewe ramshorings voor die ark dra; maar op die sewende dag moet julle die stad sewe maal omtrek; en die priesters moet op die horings blaas;
en as hulle lang geluide op die ramshoring blaas, as julle die geluid van die horing hoor, moet die hele volk ’n groot krygsgeskreeu aanhef: dan sal die 3stadsmuur op sy plek inval; en die volk moet inklim, elkeen reg voor hom uit.
Toe het Josua, die seun van Nun, die priesters geroep en aan hulle gesê: Neem die verbondsark op, en laat sewe priesters sewe ramshorings voor die ark van die HERE dra.
En aan die volk het hy gesê: Trek op en gaan om die stad; maar die 4gewapendes moet voor die ark van die HERE optrek.
En net toe Josua dit aan die volk gesê het, het die sewe priesters, die draers van die sewe ramshorings, opgetrek 5voor die aangesig van die HERE en geblaas op die horings, terwyl die 6verbondsark van die HERE agter hulle aan gaan.
Die gewapendes het ook voor die priesters getrek wat op die horings geblaas het, terwyl die 7agterhoede agter die ark aan gaan en daar gedurig op die horings geblaas word.
En Josua het aan die volk bevel gegee en gesê: Julle mag nie skreeu of julle stem laat hoor nie, en geen woord mag uit julle mond uitgaan nie tot op die dag dat ek vir julle sê: Skreeu! dan moet julle skreeu.
Toe het die ark van die HERE om die stad getrek, een keer rondom; daarna het hulle in die laer gekom en in die laer die nag oorgebly.
En Josua het die môre vroeg klaargemaak, en die priesters het die ark van die HERE gedra;
en die sewe priesters wat die sewe ramshorings gedra het, het voor die ark van die HERE gedurig geloop en blaas op die horings, terwyl die gewapendes voor hulle loop; en die agterhoede het agter die ark van die HERE aan gegaan, terwyl gedurig op die horings geblaas word.
So het hulle dan op die tweede dag die stad een keer omgetrek; daarna het hulle in die laer teruggekom. So het hulle ses dae lank gedoen.
Maar op die sewende dag het hulle vroeg klaargemaak toe die rooidag uitkom, en die stad op dieselfde manier sewe maal omgetrek; net maar dié dag het hulle die stad sewe maal omgetrek.
En toe die priesters die sewende keer op die horings blaas, sê Josua vir die volk: Skreeu! want die HERE gee die stad aan julle oor.
8Maar die stad met al wat daarin is, moet ’n banoffer aan die HERE wees; net Ragab, die hoer, mag lewe, sy en almal wat by haar in die huis is, omdat sy die boodskappers wat 9deur ons gestuur was, 10weggesteek het.
Maar neem julle net in ag vir die ban, 11dat julle nie, terwyl julle met die banvloek tref, tog van die bangoed neem en die laer van Israel onder die ban bring en dit in die ongeluk stort nie.
aMaar al die silwer en goud en die koper- en ystervoorwerpe is 12heilig aan die HERE: dit moet by die skat van die HERE kom.
Toe skreeu die volk, en 13hulle het op die horings geblaas; en toe die volk die geluid van die horing hoor, het die volk ’n groot krygsgeskreeu aangehef; ben die muur het op sy plek ingeval, en die volk het in die stad geklim, elkeen reg voor hom uit, en hulle het die stad ingeneem.
En alles wat in die stad was, het hulle deur 14die skerpte van die swaard met die 15banvloek getref, man sowel as vrou, jonk sowel as oud, tot bees, skaap en esel toe.
En aan die twee manne wat die land verken het, het Josua gesê: Gaan in die huis van die hoer, en bring die vrou en almal wat aan haar behoort, daaruit, csoos julle vir haar gesweer het.
Die jongmanne, die spioene, het toe ingegaan en Ragab met haar vader en haar moeder en haar broers en almal wat aan haar behoort het uitgebring – al haar familiebetrekkinge het hulle uitgebring en hulle buitekant die laer van Israel 16laat bly.
En die stad met alles wat daarin was, het hulle met vuur verbrand; net die silwer en die goud en die koper- en ystervoorwerpe het hulle by die skat van die 17huis van die HERE gevoeg.
Maar Josua het Ragab, die hoer, laat lewe en haar familie en almal wat aan haar behoort het; 18sodat sy onder Israel gewoon het 19tot vandag toe, omdat sy die boodskappers weggesteek het wat Josua gestuur het om Jérigo te verken.
In dié tyd het Josua hulle laat 20sweer met die woorde: Vervloek is die man voor die aangesig van die HERE wat sal opstaan om hierdie stad Jérigo op te bou: 21ten koste van sy eersgeborene sal hy sy fondamente lê, en ten koste van sy jongste sal hy sy poorte insit.
En die HERE was met Josua, en die gerug van hom 22het deur die hele land gegaan.
| 1 Naamlik, uit vrees vir die kinders van Israel. |
| 2 In Jos. 5:13 word Hy ’n man genoem. |
| 3 Verstaan dit as ’n deel van die muur; as die hele muur geval het, moes Ragab se huis ook geval het, want dit was in die muur ingebou, Jos. 2:15. |
| 4 Hebr. hulle wat toegerus is. |
| 5 Sien Jos. 4:13 se kanttekening.
6 Dit is, die ark waarin die twee tafels gelê het, waarop die verbond geskryf was. |
| 7 Sien Núm. 10:25 se kanttekening. |
| 8 Sien Deut. 2:34 en die kanttekening.
9 Naamlik, ek en die owerstes, sonder medewete van die volk, Jos. 2:1, 4, 6. 10 Sommige verstaan: goed, of naarstiglik weggesteek het. |
| 11 Of: dat julle nie julself miskien verban nie. Dit is, geen oorsaak word dat julle self verdelg word nie. |
| a Núm. 31:54. | 12 Hebr. heiligheid. |
| b Hebr. 11:30. | 13 Naamlik die sewe priesters. |
| 14 Hebr. die mond.
15 Dit is, hulle het alles verniel, soos met dinge wat verban is gedoen word. Sien Deut. 2:34 se kanttekening. |
| c Jos. 2:14. Hebr. 11:31. |
| 16 Naamlik só lank, totdat hulle goed onderrig is in die godsdiens van die Israeliete, en sodoende in die gemeente van God opgeneem is. Sien Deut. 21:10-13 en die kanttekeninge. |
| 17 Dit is, die tabernakel. Sien vers 19. Núm. 31:54. |
| 18 Ja, sy het naderhand getrou in die stam van Juda met Salmon, die seun van Nagson, Matt. 1:5.
19 Dit sluit nie uit dat Ragab en haar nakomelinge ook nie ná hierdie tyd onder die Israeliete sou gewoon het nie. |
| 20 Naamlik deur die ingewing van die Heilige Gees. Of: het hulle besweer.
21 Hebr. in of op. Sien die vervulling hiervan in Hiël en sy seuns, 1 Kon. 16:34. |
| 22 Dit is, mense het in alle omliggende lande van hom gepraat. |