Statevertaling – Bybelstigting
Misdaad van Agan en sy straf.
MAAR 1die kinders van Israel het hulle vergryp aan 2die bangoed; awant 3Agan, die seun van Karmi, die seun van 4Sabdi, die seun van Serag, van die stam van Juda, het van die 5bangoed geneem, sodat die toorn van die HERE ontvlam het 6teen die kinders van Israel.
Daarop het Josua manne van Jérigo af gestuur na 7Ai wat by Bet-Awen lê, oostelik van Bet-el, en hy het met hulle gespreek en gesê: Trek op en verken die land; en die manne het opgetrek en Ai verken.
Toe hulle by Josua terugkom, het hulle vir hom gesê: Al die manskappe hoef nie op te trek nie; omtrent tweeduisend man of omtrent drieduisend kan optrek, en hulle sal Ai verslaan; moenie al die manskappe met ’n tog daarheen vermoei nie, want hulle is daar maar min.
So het daar dan van die manskappe omtrent drieduisend man daarnatoe opgetrek; maar hulle moes vlug voor die manne van Ai;
en die manne van Ai het uit hulle omtrent ses-en-dertig man doodgeslaan en hulle agtervolg van die poort af tot by 8Sebárim en hulle verslaan op die afdraand; en die volk se hart het versmelt en soos water geword.
Toe het Josua sy klere 9geskeur en met sy aangesig op die grond geval voor die ark van die HERE, tot die aand toe, hy en die oudstes van Israel, 10en hulle het stof op hul hoofde gegooi.
En Josua het gesê: Ag, Here HERE, waarom 11het U hierdie volk ooit deur die Jordaan laat trek om ons oor te gee in die hand van die 12Amoriete, sodat hulle ons kan vernietig? Het ons tog maar besluit om oorkant die Jordaan te bly!
13Ag Here, wat sal ek sê nadat Israel vir sy vyande die rug gegee het?
En as die Kanaäniete en al die inwoners van die land dit hoor, sal hulle ons omsingel en ons naam van die aarde af uitroei; 14wat sal U dan vir u grote Naam doen?
Toe sê die HERE aan Josua: Staan op; waarom tog 15lê jy op jou aangesig?
16Israel het gesondig en het ook 17my verbond oortree wat Ek hulle opgelê het, en ook geneem van 18die bangoed en ook 19gesteel 20en dit selfs heimlik by hulle goed gevoeg.
En die kinders van Israel sal nie kan standhou voor hulle vyande nie; hulle sal hul vyande die rug gee, omdat 21hulle self ’n ban geword het. Ek sal nie meer met julle wees tensy julle 22die ban onder julle uit verdelg nie.
Staan op! 23Heilig die volk en sê: Heilig julleself teen môre; want so sê die HERE, die God van Israel: Daar is ’n ban in jou midde, Israel! Jy sal nie kan standhou voor jou vyande totdat julle die ban onder julle uit verwyder het nie.
Kom dan môre vroeg aan volgens julle stamme; en die stam wat die HERE deur die lot 24aanwys, moet aankom volgens die geslagte; en die geslag wat die HERE aanwys, moet aankom volgens die 25huisgesinne, en die huisgesin wat die HERE aanwys, moet aankom 26man vir man.
En hy wat in besit van die bangoed aangewys is, moet 27met vuur verbrand word, hy met alles wat aan hom behoort, omdat hy die verbond van die HERE oortree en ’n 28skanddaad in Israel begaan het.
En Josua het vroeg in die môre klaargemaak en Israel laat aankom volgens sy stamme; en die stam van Juda is aangewys.
Toe hy 29die geslagte van Juda laat aankom, het die lot die geslag van die Sargiete aangewys; toe hy die geslag van die Sargiete laat aankom 30man vir man, is Sabdi aangewys;
toe hy sy huisgesin man vir man laat aankom, is Agan, die seun van Karmi, die seun van Sabdi, die seun van Serag, van die stam van Juda, aangewys.
Toe sê Josua vir Agan: My seun, 31maak tog die HERE, die God van Israel, heerlik en gee Hom die eer; en gee my tog te kenne wat jy gedoen het; steek dit nie vir my weg nie.
Toe het Agan Josua geantwoord en gesê: Waarlik, ek het gesondig teen die HERE, die God van Israel, en 32so en so het ek gedoen.
Ek het naamlik een 33mooi mantel uit 34Sínear by die buitgoed gesien en 35tweehonderd sikkels silwer en een 36goudstaaf van vyftig sikkels in gewig, en ek het dit begeer en dit geneem; en kyk, daar lê dit begrawe in die grond binne-in my tent, en die silwer 37daaronder.
Toe Josua dan boodskappers stuur en hulle na die tent loop, lê 38dit daar begrawe in sy tent, en die silwer daaronder.
En hulle het dit uit die tent uitgehaal en dit na Josua en al die kinders van Israel gebring en dit 39voor die aangesig van die HERE uitgeskud.
Daarop het Josua en die hele Israel met hom saam Agan, 40die seun van Serag, geneem met die silwer en die mantel en die goudstaaf en sy seuns en sy dogters en sy beeste en sy esels en sy kleinvee en sy tent en alles wat aan hom behoort het, en hulle het hul na 41die dal Agor gebring.
En Josua het gesê: Hoe het jy ons 42in die ongeluk gestort! Die HERE sal jou vandag in die ongeluk stort! Daarop het die hele Israel 43hom gestenig, en hulle het hulle met vuur verbrand en klippe op hulle gegooi.
En hulle het ’n groot hoop klippe op hom gestapel wat tot vandag toe daar is. Toe het die HERE Hom afgewend van die gloed van sy toorn. Daarom 44noem hulle daardie plek 45Dal Agor tot vandag toe.
| a Jos. 22:20. 1 Kron. 2:7. | 1 Verstaan een van die kinders van Israel, naamlik Agan. Sien Rig. 12:7 se kanttekening.
2 Dit is, teen die wet van God, insake die verbanne goedere. 3 Hy word in 1 Kron. 2:7 Agar genoem, dit beteken versteurder. 4 Hy word ook Simri genoem, 1 Kron. 2:6. 5 Sien Jos. 6:18, 19. 6 As gevolg van die sonde van een man vertoorn God Hom oor die hele vergadering van die Israeliete. Sien Jos. 22:20. |
| 7 Ai was geleë op ’n berg, ongeveer vyf kilometer wes van Jérigo, in die deel van die land Kanaän wat die stam van Benjamin toegedeel is. Daar was ook ’n ander Ai, in die stam van Gad, wat die Ammoniete verower het, waarteen Jeremia profeteer, Jer. 49:3. |
| 8 Hierdie plek is eers só genoem ná hierdie nederlaag van die Israeliete. Sebárim beteken brekings, of verbrekings, omdat die leër van die Israeliete daar gebreek en uitmekaar geslaan is. |
| 9 Tot ’n teken van groot droefheid en benoudheid van die hart. Sien Gén. 37:29.
10 Die Israeliete was gewoond om dit te doen as ’n teken van droefheid en verbaasdheid, 1 Sam. 4:12. 2 Sam. 13:19. Jona 3:6. Miga 1:10. |
| 11 Hebr. deurtrekkende laat deurtrek. Dit wil voorkom of Josua hier deur menslike swakheid, as gevolg van die skade wat gely is, ietwat op ’n verkeerde spoor gedwaal het.
12 Verstaan hieronder al sewe volke wat die land, wat God aan die Israeliete beloof het, besit het. |
| 13 Hebr. In my, Here. Sien Gén. 43:20 se kanttekening. |
| 14 Asof hy sê: Hoe sal U u groot en heerlike Naam behou, as die Kanaäniete sal sê dat U nou nie meer die mag het om ons te beskerm en hulle te onderdruk nie, soos U dit voorheen meermale gedoen het? |
| 15 Hebr. eintlik: is jy besig om neer te val. |
| 16 Dit is, een van die Israeliete, naamlik Agan.
17 Dit is, my gebod, waartoe hulle hul in die verbond verbind het, om dit te onderhou. Sien Jos. 6:18. 18 Naamlik, waarvan Ek beveel het dat ’n mens dit sou verban. Sien Jos. 6:18. 19 Naamlik, dit wat ’n mens in die skatkamer van die HERE moes bring. Sien Jos. 6:19. 20 Of: en gelieg en dit by hulle goed gevoeg. Hebr. gelieg, geloën of ontken. |
| 21 Dit is, hulle het in die straf geval wat Ek oor hierdie verbanne volke sou laat kom het, omdat hulle hul aan die bangoed vergryp het.
22 Dit is, hy wat verdien het om verban te wees, omdat hy hom aan die bangoed vergryp het. So ook in vers 13. |
| 23 Dit is, sorg dat die volk hulleself reinig en heilig, deur die seremonies wat deur God voorgeskryf is. Sien Ex. 19:10. |
| 24 Hebr. gevat, of gevang, naamlik deur die lot, wat deur die HERE bestuur word, Spr. 16:33. Sien 1 Sam. 14:41. Jona 1:7.
25 Hebr. huise. 26 Hebr. met manne. |
| 27 Naamlik, nadat hy eers tot die dood toe gestenig sal wees. Sien Núm. 15:30, 35.
28 Dit is, ’n skandelike stuk, of skandelikheid. So word in Gén. 34:7 die verkragting van Dina genoem, en in Rig. 20:6 die skending van die Levitiese vrou. |
| 29 Dit is, stam, of elke geslag daarvan.
30 Hebr. by manne, dit is, ooreenkomstig die huisgesinne van die vaders, nie elke persoon afsonderlik nie, soos in vers 18. |
| 31 Hebr. stel. Toe Agan die misdaad wat hy begaan het, bely het, het hy God heerlik gemaak dat Hy hom tereg aangewys het. Sien Esra 10:11 en die kanttekening. |
| 32 Naamlik, soos die HERE gespreek het, vers 11. |
| 33 Hebr. goeie.
34 Sien Gén. 10:10. 35 Dit is die helfte van die prys waarvoor Abraham die dubbele spelonk van Efron gekoop het, Magpéla beteken dubbele graf. 36 ’n Langwerpige en breë stuk goud in die vorm van ’n tong, wat dit ook al kon gewees het. 37 Naamlik onder die mantel uit Sínear. |
| 38 Naamlik die goedere. |
| 39 Dit is, voor die tent van samekoms, waar die ark, ’n heilige teken van die HERE se teenwoordigheid, was; want hierdie hele gebeurtenis het in ’n algemene samekoms van die volk plaasgevind. |
| 40 Dit is, agterkleinseun. Sien vers 1.
41 Dit is, die dal van beroering, naderhand só genoem as gevolg van hierdie geskiedenis, vers 26. |
| 42 Sien oor die woord beroer of in die ongeluk stort 1 Kon. 18:17 se kanttekening.
43 Naamlik Agan; almal wat by hom behoort moet ook hierby ingereken word, soos in vers 26. |
| 44 Anders: noem hy, naamlik Josua.
45 Dit is, Dal van beroering; omdat die hele volk van Israel hier in die ongeluk gestort is, en bedroef geword het as gevolg van Agan se diefstal; en omdat hy ook self deur hierdie verskriklike straf in die ongeluk gestort is, vers 25. |