Statevertaling – Bybelstigting
Inneming en verwoesting van Ai.
DAAROP sê die HERE vir Josua: aWees nie bevrees of verskrik nie; neem al die weerbare manskappe met jou saam en maak jou klaar, trek op na Ai; kyk, Ek gee die koning van Ai en sy volk en sy stad en sy land in jou hand.
En jy moet met Ai en sy koning doen bsoos jy met Jérigo en sy koning gedoen het; net sy buit en csy vee mag julle vir julself buitmaak. Stel vir jou ’n hinderlaag op teen die stad, aan die agterkant.
Toe het Josua hom gereedgemaak met al die weerbare manskappe om op te trek na Ai, en Josua het dertigduisend man, dapper helde, uitgesoek en hulle in die nag uitgestuur
en aan hulle bevel gegee en gesê: Kyk, julle moet teen die stad ’n hinderlaag opstel, aan die agterkant van die stad; moenie te ver van die stad af weggaan nie, en hou julle almal gereed;
en ek met al die manskappe wat by my is, ons sal na die stad toe aankom; as hulle dan ’n uitval maak om ons te ontmoet, soos die vorige keer, sal ons voor hulle uit vlug;
en hulle sal uittrek agter ons aan totdat ons hulle van die stad afgesny het — want hulle sal dink: Hulle vlug voor ons uit soos die vorige keer — en ons sal voor hulle uit vlug.
1Dan moet julle uit die hinderlaag opstaan 2en die stad inneem; want die HERE julle God sal dit in julle hand gee.
En as julle die stad verower het, moet julle die stad aan die brand steek, na die woord van die HERE moet julle handel; kyk, ek gee julle bevel.
So het Josua hulle dan uitgestuur, en hulle het getrek na die hinderlaag en gebly tussen Bet-el en Ai, aan die westekant van Ai; maar Josua het dié nag onder die manskappe deurgebring.
Die môre vroeg het Josua hom klaargemaak en die manskappe 3gemonster en opgetrek met die oudstes van Israel, op die voorpunt van die manskappe, na Ai toe.
En al die weerbare manskappe wat by hom was, het opgetrek en nader gegaan en teenoor die stad gekom, en hulle het laer opgeslaan aan die noordekant van Ai, sodat die dal tussen hulle en Ai was.
So het hy dan omtrent vyfduisend man geneem en hulle in ’n hinderlaag opgestel tussen Bet-el en Ai, aan die westekant van die stad.
En hulle 4het die manskappe opgestel, die hele leër wat noordelik van die stad was, met sy 5agterhoede aan die westekant van die stad, maar Josua het dieselfde nag die 6laagte ingetrek.
En toe die koning van Ai dit merk, het die manne van die stad hulle in die vroegte gou klaargemaak en uitgetrek om Israel in die geveg te ontmoet, hy en al 7sy manskappe, op ’n 8afgesproke plek voor die vlakte; maar hy het nie geweet dat daar vir hom agter die stad ’n hinderlaag lê nie.
En Josua en die hele Israel 9het hul laat verslaan voor hulle en gevlug 10in die rigting van die woestyn.
Al die manskappe in die stad is toe opgeroep om hulle agterna te jaag; en terwyl hulle Josua agtervolg, is hulle van die stad afgesny,
sodat 11niemand in Ai en Bet-el oorgebly het wat nie agter Israel aan uitgetrek het nie; en hulle het die stad oop laat staan en Israel agternagejaag.
En die HERE het vir Josua gesê: 12Steek die 13spies wat in jou hand is, na Ai toe uit, want Ek wil dit in jou hand gee. Daarop steek Josua die spies wat in sy hand was, na die stad uit.
En die hinderlaag het gou van sy plek af opgestaan en gestorm net toe hy sy hand uitgesteek het, en hulle het in die stad ingekom en dit ingeneem en die 14stad gou aan die brand gesteek.
Toe die manne van Ai agter hulle omkyk, sien hulle hoe die rook van die stad na die hemel optrek; maar hulle het 15geen kans gehad om hierheen of daarheen te vlug nie, want die manskappe wat op die vlug was na die woestyn, het omgedraai teen die vervolgers.
Toe Josua en die hele Israel sien dat die hinderlaag die stad inneem en dat die rook van die stad opstyg, het hulle omgedraai en die manne van Ai aangeval.
Daarop trek 16dié uit die stad 17hulle tegemoet, sodat 17hulle tussen Israel in geraak het, ’n deel duskant en ’n deel anderkant; en dhulle het hul verslaan 18totdat daar niemand van hulle oor was wat vrygeraak of ontvlug het nie.
Maar hulle het die koning van Ai lewendig gevang en hom na Josua gebring.
En nadat Israel al die inwoners van Ai in die veld, in die woestyn waar hulle 19hul agtervolg het, geheel en al van kant gemaak het, en hulle almal tot die laaste een toe deur 20die skerpte van die swaard geval het, het die hele Israel teruggekom na Ai en 21dit met die skerpte van die swaard verslaan.
Al die gesneuweldes op dié dag, 22manne sowel as vroue, was twaalfduisend — al die mense van Ai.
En Josua het sy hand 23met die uitgestrekte spies nie teruggetrek voordat hy al die inwoners van Ai 24met die banvloek getref het nie.
eNet die vee en die buit van daardie stad het die Israeliete vir hulle buitgemaak, fvolgens die woord van die HERE wat Hy Josua beveel het.
Toe het Josua Ai verbrand en daarvan ’n puinhoop gemaak 25vir ewig, 26’n wildernis tot vandag toe.
En die koning van Ai het hy aan ’n paal opgehang 27tot die aand toe; maar gteen sonsondergang het Josua bevel gegee, en hulle het sy lyk van die paal afgehaal en dit by die ingang van die stadspoort gegooi en ’n groot hoop klippe op hom gestapel wat vandag nog daar is.
Die wet word opgeskrywe en daarna gelees op die berge Gerísim en Ebal.
28TOE het Josua ’n altaar gebou vir die HERE, die God van Israel, op die berg 29Ebal,
hsoos Moses, die kneg van die HERE, die kinders van Israel beveel het, soos geskrywe staan in die wetboek van Moses: ’n Altaar van ongekapte klippe 30waaroor geen yster 31geswaai is nie; en dáárop het hulle aan die HERE brandoffers gebring en dankoffers geslag.
En idaar het hy ’n 32afskrif van die wet van Moses op die 33klippe geskrywe, wat hy geskrywe het voor die oë van die kinders van Israel,
terwyl die hele Israel met sy oudstes en die opsigters en sy regters aan weerskante van die ark staan — teenoor die Levitiese priesters, die draers van die verbondsark van die HERE — die vreemdeling sowel as die kind van die land: die een helfte daarvan teen die berg 34Gerísim en die ander helfte daarvan teen die berg Ebal, soos Moses, die kneg van die HERE, 35tevore bevel gegee het om die volk van Israel te seën36.
En daarna het 37hy al die woorde van die wet voorgelees, die seën en die vloek, net soos dit geskrywe staan in die wetboek.
Daar was geen woord van alles wat Moses beveel het, wat Josua nie voorgelees het kvoor die hele vergadering van Israel, met die vroue en die kinders en 38die vreemdeling wat onder hulle saamgetrek het nie.
| a Deut. 1:21; 7:18. |
| b Jos. 6:21.
c Deut. 20:14. |
| 1 Naamlik, as julle die teken sien, wat ek vir julle sal gee. Sien vers 18.
2 Anders: en julle sal die stad (dit is, die res van die inwoners van die stad) uitdryf. |
| 3 Anders: getel, in slagorde opgestel, deurgekyk. |
| 4 Naamlik, in slagorde.
5 Die Hebreeuse woord beteken eintlik hakskeen, ook vertrapping, of met die voete verpletter. Maar dit word ook gebruik vir lis, bedrog, lokvalle. Anders: sy uiterste einde. 6 Sien hieroor vers 11. |
| 7 Dit is, met die grootste deel van die manskappe. Want dat daar nog enkele manskappe in die stad oorgebly het, blyk uit vers 16.
8 Of: afgesproke tyd. |
| 9 Hierdie woorde moenie letterlik verstaan word, asof sommige van die Israeliete inderdaad deur die manne van Ai verslaan is nie, want daardeur sou die Israeliete weereens die moed verloor het; maar dit gaan daaroor dat hulle voorgegee het, of gemaak het, asof hulle gevrees het dat hulle weer deur die manne van Ai verslaan sou word.
10 Anders: voor die woestyn, naamlik, waar ’n mens na die woestyn, wat tussen Ai en Jérigo lê, toe gaan. Naamlik, terwyl hulle weereens terugloop na Jérigo, van waar hulle gekom het. |
| 11 Naamlik, wat vir die stryd bekwaam was. Vgl. vers 24. |
| 12 Dit dien as ’n teken vir hulle wat in die agterhoede lê, sodat hulle moet optrek. Anders moet dit uit vers 26 só verstaan word: Strek jou hand met die spies, of vaandel, kenteken, banier, uit. Vgl. hierdie daad van Josua met die daad van Moses, Ex. 17:11, 12.
13 Sien 1 Sam. 17:7. |
| 14 Nie die hele stad nie (want dan sou al die buit saam met die stad verbrand geword het), maar ’n deel van die stad, sodat die Israeliete, wat vir die skyn gevlug het, as hulle die rook sien, sou omkeer en die vyand aanval. |
| 15 Hebr. in hulle was geen hande om te vlug nie. Hand, vir ruimte, of plek, word gebruik in Núm. 2:17. Neh. 7:4. Ps. 104:25. Jes. 22:18. Anders: geen mag nie. |
| d Deut. 7:2. | 16 Naamlik, dié wat in die agterhoede gelê het, en nou in die stad gekom en dit aan die brand gesteek het.
17 Naamlik die burgers van Ai. 18 Hebr. sodat daar niemand onder hulle oorgebly, lewend gebly, of ontkom het nie. |
| 19 Die kinders van Israel. Sien Jos. 8:15.
20 Hebr. die mond. 21 Naamlik, die wat nog in die stad oorgebly het, soos ou manne, vroue, kinders, en almal wat nie in die oorlog uitgetrek het nie. |
| 22 Hebr. van die man en tot die vrou. |
| 23 Sien vers 18. Dit was die teken waaraan die Israeliete kon weet wanneer hulle moes ophou met die verwoesting van die stad.
24 Dit is, geheel en al uitgeroei en verdelg het. |
| e Núm. 31:22, 26.
f Jos. 8:2. |
| 25 Hebr. ’n puinhoop van ewigheid. Dit beteken soms ’n lang tyd. Ai (ook Aja genoem) is later deur die Benjaminiete bewoon, Neh. 11:31.
26 Dit is, ’n woeste plek. |
| g Deut. 21:22, 23. | 27 Volgens die wet van God, Deut. 21:22, 23. |
| 28 Naamlik, nadat hulle deur die Jordaan getrek het, of nadat hulle Ai ingeneem het.
29 Hierdie berg was naby Sigem geleë, soos blyk uit Rig. 9:7. |
| h Ex. 20:25. Deut. 27:4. | 30 Dit is, nie glad gemaak, of gepoleer met die instrumente van die klipkappers nie.
31 Dit is, gebruik. |
| i Deut. 27:3. | 32 Of: kopie, herhaling van die wet, naamlik die vernaamste dele van die wet, of die tien gebooie, of soos sommige meen, die seëninge en vervloekinge. Sien Deut. 17:18.
33 Dit was ander klippe as die waarvan in vers 31 gespreek is. |
| 34 Anders: Grisim. Albei hierdie berge, Gerísim en Ebal, was in die stam van Efraim geleë, nie ver van Sigem af nie; sien daaroor Deut. 11:29, 30; 27:12. Rig. 9:7.
35 Of: vir die eerste keer. Dit word gesê aangesien die wet daarna elke sewe jaar vir die volk gelees moes word. 36 Verstaan hierby: en om die vloek uit te spreek teen die oortreders van die wet. Sien Deut. 27:11; 31:10, ens. |
| 37 Naamlik Josua, saam met die Leviete, soos Moses beveel het, Deut. 27:14. |
| k Deut. 31:11. | 38 Verstaan hier dié vreemdelinge, wat die godsdiens van die Israeliete aangeneem en bely het. Sien vers 33. |