Statevertaling – Bybelstigting
Israel word deur die Gibeoniete bedrieg en sluit ’n verdrag met hulle.
EN toe al die konings 1wat wes van die Jordaan woon op die Gebergte en in die Laeveld en aan die hele 2kus van die 3Groot See na die kant van die Líbanon toe: die Hetiete en Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete4, dit hoor,
het hulle bymekaargekom om soos 5een man teen Josua en Israel te veg.
Maar toe die inwoners van 6Gíbeon hoor wat Josua met Jérigo en met Ai gedoen het,
het hulle ook met 7lis gehandel: hulle het gegaan en hulle as boodskappers aangestel en verslyte sakke op hulle esels geneem en verslyte wynsakke wat geskeur en weer 8toegebind was;
ook verslyte en gelapte skoene aan hulle voete en verslyte klere aan hulle lyf; en al die brood van hulle padkos was droog en verkrummeld.
So het hulle dan na Josua gegaan in die laer van 9Gilgal en aan hom 10en die manne van Israel gesê: Ons kom van ’n ver land af; sluit dan nou ’n verbond met ons.
Maar die manne van Israel het aan die 11Hewiete gesê: Miskien woon julle 12onder ons; 13hoe kan ons dan ’n verbond met julle sluit?
Toe sê hulle vir Josua: 14Ons is u dienaars! Daarop het Josua hulle gevra: Wie is julle, en waar kom julle vandaan?
En hulle sê vir hom: 15U dienaars kom van ’n baie ver land af, 16vanweë die Naam van die HERE u God; want ons het die gerug van Hom gehoor, en alles wat Hy in Egipte gedoen het;
en aalles wat Hy aan die twee konings van die Amoriete oorkant die Jordaan gedoen het, aan Sihon, die koning van Hesbon, en Og, die koning van Basan, wat in Ástarot was.
Daarom het ons oudstes en al die inwoners van ons land met ons gespreek en gesê: Neem padkos met julle saam vir die reis en trek hulle tegemoet en sê aan hulle: Ons is julle dienaars, sluit dan nou ’n verbond met ons.
Ons brood hier — warm het ons dit as padkos uit ons huise geneem, die dag toe ons uitgetrek het om na julle te gaan — kyk maar, nou het dit droog en 17verkrummeld geword.
En die wynsakke hier wat ons as nuwes volgemaak het — kyk maar, hulle is geskeur; en ons klere hier en ons skoene — hulle is verslyt deur die baie lang reis.
Toe neem 18die manne van hulle padkos; maar 19die mond van die HERE het hulle 20nie geraadpleeg nie.
En Josua het met hulle vrede gemaak en met hulle ’n verbond gesluit, dat hy hulle sou laat lewe; en die owerstes van die vergadering het hulle dit met ’n 21eed beloof.
Maar aan die einde van drie dae, nadat die verbond met hulle gesluit was, hoor die volk dat hulle in hul nabyheid en tussen hulle in woon.
Die kinders van Israel het naamlik weggetrek en op die derde dag by hulle stede gekom; en hulle stede was: Gíbeon en 22Kefíra en 23Béërot en Kirjat-Jeárim.
Maar die kinders van Israel het hulle nie verslaan nie, omdat die owerstes van die vergadering vir hulle gesweer het by die HERE, die God van Israel; die hele vergadering het toe teen die owerstes 24gemurmureer.
Daarop sê al die owerstes aan die hele vergadering: Ons het self vir hulle gesweer by die HERE, die God van Israel; en nou mag ons hulle nie 25aanraak nie.
26Dit sal ons aan hulle doen en hulle laat lewe, 27sodat daar nie toorn oor ons kom ter wille van 28die eed wat ons vir hulle gesweer het nie.
Verder sê die owerstes vir 29hulle: Laat hulle lewe! En hulle het houtkappers en 30waterputters geword van die hele vergadering, 31soos die owerstes 32aan hulle gesê het.
Toe laat Josua hulle roep en spreek met hulle en sê: Waarom het julle ons bedrieg deur te sê: Ons woon baie ver van julle af — terwyl julle tussen ons in woon?
Nou dan, 33vervloek is julle! En nooit sal julle 34ophou om knegte, houtkappers sowel as waterputters, vir die 35huis van my God te wees nie.
Toe het hulle Josua geantwoord en gesê: Omdat aan u dienaars 36verseker meegedeel was dat die HERE u God aan Moses, sy kneg, bevel gegee het om die hele land aan julle te gee en bal die inwoners van die land voor julle uit te verdelg, daarom was ons vir julle baie bevrees ter wille van 37ons lewe en het ons hierdie ding gedoen.
Maar hier is ons nou 38in u hand: doen soos dit goed en reg is in u oë om met ons te handel.
Hy het toe so met hulle gedoen en hulle gered uit die hand van die kinders van Israel, dat dié hulle nie gedood het nie.
So het Josua dan op dié dag houtkappers en waterputters van hulle 39gemaak vir die vergadering en vir die altaar van die HERE, tot vandag toe, op die plek wat Hy sou uitkies.
| 1 Naamlik, in die land Kanaän, waar die Israeliete destyds ingekom het, soos ook die skrywer van hierdie boek.
2 Anders: hawens, of vasmeerplekke. 3 Dit is, van die Middellandse See. 4 Die Girgasiete is nie hier bygevoeg nie, waarskynlik omdat hulle klein in getal was. |
| 5 Hebr. met een mond, dit is, terwyl hulle hul eendragtiglik saam verbind. |
| 6 Dit was ’n groot stad, Jos. 10:2, geleë in die erfdeel van die stam van Benjamin, en dit was in dié tyd die hoofstad van die Hewiete, Jos. 11:19. Die Gibeoniete was dus deel van die sewe volke wat God beveel het om uit te roei, en met wie hulle geen verbond sonder God se spesiale toestemming mog sluit nie, Ex. 23:32. Deut. 7:2. Die stad is daarna aan die priesters as ’n woonplek gegee, Jos. 21:17. |
| 7 Naamlik, soos Balak en ander tevore gedoen het; of: soos die ander Kanaänitiese konings gepoog het om hulself met wapens te beskerm, het hulle gepoog om met lis hul lewe te behou.
8 Naamlik, waar hulle geskeur was. |
| 9 Sien Jos. 5:9.
10 Hebr. aan die man van Israel. Dit is, aan elke man onder die Israeliete. Anders: aan die vorste, of vernaamste manne van Israel. So ook in verse 7, 14. |
| 11 Dit is, Gibeoniete. Sien Jos. 11:19.
12 Dit is, in hierdie land, wat deur God aan ons gegee is. 13 Dit was die Israeliete nadruklik verbied, Ex. 23:32. Deut. 7:2. |
| 14 Dit is, ons onderwerp ons aan u heerskappy en bevel, en is gewillig om die voorwaardes wat u ons wil oplê aan te neem, ook al sou dit beteken dat u ons tot u knegte wil maak. |
| 15 Dit is, ons.
16 Dit is, ons het van die heerlikheid van die God van Israel gehoor, en die groot dade wat Hy gedoen het. |
| a Núm. 21:24, 33. Deut. 1:4. |
| 17 Soos in vers 5. |
| 18 Dit is, die owerstes van die Israeliete, soos in vers 15. Anders: hulle het die manne aanvaar vanweë hul padkos. Op grond van hul verkrummelde kos het hulle geoordeel dat hulle van ver af gekom het.
19 Dit is, die HERE, wat belowe het om te antwoord van die versoendeksel af, Ex. 25:22. 20 Naamlik deur die hoëpriester, wat die skouerkleed dra. Sien Núm. 27:21. Sien ook 1 Sam. 23:9. |
| 21 Dit is, hulle het met ’n eed bevestig wat Josua hulle belowe het, naamlik dat hulle in die lewe sou bly. |
| 22 Kefíra was ’n stad in die erfdeel van die stam van Benjamin. Sien Jos. 18:26.
23 Hierdie stad was ook in die stam van Benjamin geleë, Jos. 18:25. |
| 24 Naamlik, omdat hulle die Gibeoniete nie soos die ander nasies van die Kanaäniete mog uitroei nie. |
| 25 Naamlik op ’n vyandige manier. Dit is, ons mag hulle nie doodmaak of ten gronde rig nie. |
| 26 Naamlik, wat in vers 21 gesê word.
27 Dit is, sodat die HERE Hom as gevolg van sulke meinedigheid nie oor ons vertoorn en ’n plaag oor ons stuur nie; soos later van tyd oor Saul gekom het, 2 Sam. 21:1. 28 Naamlik, indien ons die eed sou verbreek. |
| 29 Naamlik vir die kinders van Israel.
30 Hierdie mense was die geringste en mees veragte onder die volk, Deut. 29:11. 31 Dit is, soos ons gesê het. 32 Naamlik aan die Gibeoniete. |
| 33 Verstaan deur hierdie vloek ’n tydelike, arme, ellendige toestand, soos in die volgende verklaar word.
34 Dit is, julle sal altyd, in julle geslagte en in julle nakomelinge, slawe bly. 35 Dit is, in die tabernakel en daarna in die tempel; ja, tot diens van die hele vergadering, vers 21. |
| b Deut. 7:1, 2. | 36 Hebr. meedelende meegedeel was.
37 Hebr. ons siele, dit is, lewe, persone. Sien Gén. 12:5 en die kanttekening. |
| 38 Dit is, in u mag en beheer; u mag met ons doen, en ons sodanige diens en las oplê, soos dit u welgevallig is. |
| 39 Hieruit het voortgevloei dat hulle Netinim genoem is, dit is mense wat gegee, oorgegee is. |