Statevertaling – Bybelstigting

Levítikus 11

Wette oor die onderskeid tussen rein en onrein diere.

1

EN die HERE het met Moses en Aäron gespreek en aan hulle gesê:

2

Spreek met die kinders van Israel en sê: aDit is die diere wat julle mag eet van 1al die viervoetige diere wat op die aarde is.

3

Alles wat onder die diere 2gesplitste kloue het, en wel 3heeltemal gesplitste kloue, en 4herkou — 5dit mag julle eet.

4

Maar die volgende mag julle nie eet nie van 6die wat herkou en van die wat gesplitste kloue het: die kameel, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie — onrein is hy vir julle;

5

en die das, want hy herkou, maar het 7geen gesplitste kloue nie — onrein is hy vir julle;

6

en die haas, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie — onrein is hy vir julle;

7

ook die vark, want hy het gesplitste kloue, ja, heeltemal gesplitste kloue, maar hy herkou nie — 8onrein is hy vir julle.

8

Van hulle vleis mag julle nie eet nie en aan hulle aas nie raak nie — onrein is hulle vir julle.

9

Dit mag julle eet van alles wat in die water is: alles wat 9vinne en skubbe het in die water, in die seë en in die riviere — dit mag julle eet.

10

Maar alles wat geen vinne en skubbe het in die seë en in die riviere nie, van al die gewemel van die water en van al die 10lewende wesens wat in die water is — 11’n gruwel is dit vir julle.

11

Ja, ’n gruwel moet hulle vir julle wees; van hulle vleis mag julle nie eet nie, en hulle aas moet julle vir ’n gruwel hou.

12

Alles wat geen vinne of skubbe in die water het nie — ’n gruwel is dit vir julle.

13

En die volgende moet julle van die voëls vir ’n gruwel hou — hulle mag nie geëet word nie, ’n gruwel is hulle: 12die arend en die 13lammervanger en die 14aasvoël;

14

en die kuikendief en die 15valk volgens sy soorte;

15

elke kraai volgens sy soorte;

16

en die 16volstruis en die naguil en die seemeeu en die kleinvalk volgens sy soorte;

17

en die steenuil en die visvanger en die 17steunuil;

18

en die silweruil en die pelikaan en die klein aasvoël;

19

en die groot 18sprinkaanvoël, die reier volgens sy soorte, die hoep-hoep en die vlermuis.

20

Al die insekte met vlerke wat op vier pote loop — ’n gruwel is hulle vir julle.

21

Maar die volgende mag julle eet van al die insekte met vlerke wat op vier pote loop: wat bokant die pote springbene het om daarmee op die grond te spring.

22

Van hulle mag julle die volgende eet: die 19treksprinkaan volgens sy soorte en die 20boomsprinkaan volgens sy soorte en die springer volgens sy soorte en die voetganger volgens sy soorte.

23

Maar al die ander insekte met vlerke wat vier pote het — ’n gruwel is hulle vir julle.

24

En 21deur hierdie diere word julle 22verontreinig — elkeen wat aan hulle aas raak, 23sal tot die aand toe onrein wees;

25

en elkeen wat van hulle aas dra, moet sy klere was en sal tot die aand toe onrein wees —

26

aan 24al die diere 25wat gesplitste kloue het, wat nie heeltemal gesplits is nie, en wat nie herkou nie. Onrein is hulle vir julle; elkeen wat aan hulle raak, sal onrein wees.

27

En alles wat op kaal pote loop onder al die viervoetige diere — onrein is hulle vir julle; elkeen wat aan hulle aas raak, sal tot die aand toe onrein wees.

28

Ook hy wat hulle aas dra, moet sy klere was en sal onrein wees tot die aand toe. Onrein is hulle vir julle.

29

En die volgende is vir julle onrein onder die ongediertes wat op die aarde wemel: 26die mol en die muis en die 27akkedis volgens sy soorte,

30

en die krimpvarkie en die geitjie en die klipsalmander en die koggelmander en die verkleurmannetjie.

31

28Hulle is vir julle onrein onder al die ongediertes; elkeen wat aan hulle raak as hulle dood is, sal tot die aand toe onrein wees.

32

En alles waar een van hulle op val as hulle dood is, sal onrein wees; enige bhoutvoorwerp of kledingstuk of vel of sak, elke ding waarmee werk gedoen word; dit moet in die water gesit word en sal tot die aand toe onrein wees; dan sal dit rein wees.

33

En elke erdevoorwerp 29waar een van hulle in val — alles wat daarin is, sal onrein wees, en julle moet die voorwerp self stukkend breek;

34

enige voedsel wat geëet word waar 30water op kom, sal daarin onrein wees; en enige drank wat in so ’n 31voorwerp, van watter soort ook, gedrink kan word, sal onrein wees.

35

En alles waar iets van hulle aas op val, sal onrein wees; ’n bakoond of ’n drievoet moet stukkend geslaan word; hulle is onrein, en onrein moet hulle vir julle wees.

36

Maar 32’n fontein of put, ’n versamelplek van water, 33sal rein wees; maar 34hy wat aan die aas daarin raak, sal onrein wees.

37

En as van hulle aas val op enige 35saad wat gesaai word — dit sal rein wees.

38

Maar as daar water op die saad gegooi word, en van hulle aas daarop val, dan sal dit vir julle onrein wees.

39

En as daar van die diere wat julle as voedsel dien, doodgaan, sal hy wat aan die aas raak, tot die aand toe onrein wees;

40

en hy wat van dié aas 36eet, moet sy klere was en sal onrein wees tot die aand toe. En hy wat dié aas dra, moet sy klere was en sal onrein wees tot die aand toe.

41

En al die ongediertes wat op die aarde wemel, is ’n gruwel — dit mag nie geëet word nie.

42

Alles wat op die buik seil en alles wat op vier pote loop, ook 37alles wat baie pote het, naamlik al die ongediertes wat op die aarde wemel — julle mag dit nie eet nie, want dit is ’n gruwel.

43

Moenie 38julle self ’n gruwel maak deur enige ongedierte wat wemel nie: julle moet jul daaraan nie verontreinig, sodat julle daardeur onrein word nie.

44

cWant 39Ek is die HERE julle God; toon dan dat julle 40heilig is en wees heilig, want Ek is heilig; daarom, verontreinig julle self nie deur enige ongedierte wat op die aarde kruip nie.

45

Want Ek is die HERE wat julle uit Egipteland laat optrek het om 41julle God te wees. 42So moet julle dan heilig wees, omdat Ek heilig is.

46

Dit is die wet oor die diere en die voëls en al die lewende wesens wat roer in die water en aangaande al die wesens wat op die aarde wemel,

47

om te onderskei tussen wat onrein en rein is, en tussen die diere wat geëet en die diere wat nie geëet mag word nie.

a Deut. 14:4. Hand. 10:14. 1 Hebr. uit alle vee. Die Hebreeuse woord word hier in die algemeen gebruik; soos ook in Gén. 1:26; 6:7, 20.
2 Dit is, wie se klou, hoef of nael gesplits is, wat nie die geval is by die hoewe van perde, esels, ens. nie.

3 Dit is, só gesplits dat die kloue nie in baie dele gedeel is, soos by honde, katte, ens. te sien is nie, maar in twee, soos by beeste, skape, ens.

4 Hebr. die gekoude weer kou, en so in dit wat volg. Verstaan die diere wat opnuut kou wat hy gekou en ingesluk het; soos ons sien dat die beeste en skape doen, wanneer hulle lê. Drie voorwaardes of eienskappe word in hierdie rein diere vereis: (1) Die splitsing van die kloue. (2) Die splitsing in twee dele. (3) Die herkouing. Die verskil tussen die eerste twee voorwaardes is nie net af te lei uit hierdie en die sewende vers nie, maar vernaamlik uit vers 26.

5 Of: dit sal julle eet.

6 Dit is, wat slegs herkou sonder om die ander eienskappe te hê; so ook in die volgende woorde die wat gesplitste kloue het. Sien Deut. 14:6.
7 Verstaan nie in twee nie, maar in meer dele; wat teen die tweede voorwaarde is, wat ook die geval is by die hase, genoem in die volgende vers.
8 Want dit voldoen slegs aan die eerste twee voorwaardes en nie aan die derde nie.
9 Naamlik beide tesame. Daarom was die volgende onder die visse onrein: (1) Die wat geen vinne of skubbe gehad het nie. (2) Die wat slegs een van beide gehad het.
10 Sien Gén. 1:20 se kanttekening.

11 Dit is, waarvan ’n mens ’n afsku moet hê om dit te eet en aan te raak wanneer dit dood is; soos in die volgende vers verklaar word.

12 In die vertaling van hierdie name is die algemeenste gevoel van die geleerdes gevolg.

13 Anders: die beenbreker, ’n soort arend wie se jeug weer nuut word, Ps. 103:5.

14 Of: seearend, wat sy naam gekry het van die krag en sterkte van sy vliegvermoë.

15 Aan hierdie voël word ’n goeie en sterk sig toegeskryf, Job 28:7.
16 Hebr. die dogter van die volstruis. Vroeër het sommige gemeen dat hierdie benaming daarvan kom dat onder hierdie voëls geen mannetjies nie, maar slegs wyfies sou wees. Anders: die uil.
17 ’n Soort groot uil, of ’n voël wat in die nag vlieg.
18 Of: ooievaar. Hierdie voël het sy naam gekry van die weldadigheid wat hy aan sy ouers bewys, wat hy voed en help wanneer hulle deur ouderdom hulpeloos geword het.
19 Hebr. arbe. Dat hulle in die oosterse lande geëet was, is te sien in Matt. 3:4. Mark. 1:6.

20 Die boomsprinkaan, springer en voetganger word in ander vertalings uitgedruk met hul ooreenstemmende Hebreeuse name: solham, hargol en hagab. Die rede daarvoor is dat daar nie sekerheid is oor watter diere dit was nie. Dit kan in die algemeen sekere soorte diertjies aandui wat in Latyn insect genoem word, wat beskryf is in die voorgaande vers.

21 Naamlik deur die dinge wat hierna volg, wat beskryf word van hier af tot in vers 43.

22 Naamlik deur die aanraking daarvan.

23 Dit is, hy sal vanweë sy seremoniële onreinheid nie met mense mag verkeer nie, veel minder in die voorhof van die HERE verskyn, of van dit wat geoffer is eet, tot die aand toe.

24 Drie soorte diere word vermeld waarvan mense deur aanraking verontreinig geword het: (1) Groot onrein diere, hier en in die volgende twee verse. (2) Onrein diere wat klein was, verse 29-31. (3) Rein diere wat self doodgegaan het of wat verskeur was, vers 39.

25 Dit is, wat gesplitste kloue het, maar nie net in twee dele, soos skape en beeste nie; maar in meer dele, soos leeus, wolwe, bere, honde en katte. Sien verse 3, 4 se kanttekeninge.

26 In die vertaling van hierdie name het ons gevolg wat die waarskynlikste gelyk het, en wat deur die meeste van die geleerdes aangeneem word.

27 Of: skilpad. Die Hebreeuse woord beteken eintlik wat opgeswel en as ’t ware gewelf is.

28 Verstaan die genoemde diere, wat onreinheid veroorsaak het, nie net as hulle geëet is nie, maar ook aangeraak is; soos verder blyk uit dit wat volg.
b Lev. 15:12.
29 Hebr. wat uit hulle sal val in sy middel, dit is, in die voorwerp se middel, waarin hierdie onrein diere of iets van hulle geval het; hetsy dat hulle dood of lewendig was. Want hulle mog geensins aangeraak word nie.
30 Naamlik, waarmee hulle iets gewas het wat deur die aanraking van hierdie dinge onrein geword het.

31 Naamlik wat deur die aanraking van hierdie dinge onrein geword het.

32 Naamlik, waarin een van hierdie onrein diere geval het, gegooi was of verdrink het.

33 Dit is, hulle hoef die water nie uit te skep en weg te gooi as onrein nie, maar hulle sal dit vir hul eie behoefte mag gebruik.

34 Dit is, die persoon of voorwerp wat die aas aanraak, wanneer dit uit die fontein of put, ens., getrek word waarin dit geval het.

35 Dit is, wat gewoonlik gesaai word vir die gebruik van mense, of van diere; soos uit die volgende woorde verstaan word.
36 Verstaan eintlik om uit onwetendheid te eet, as hy nie geweet het dat die voedsel van so ’n aas berei was nie. Want andersins was hulle verbied om van sodanige aas te eet, Deut. 14:21.
37 Hebr. tot alles wat die voete vermenigvuldig.
38 Hebr. julle siele, dit is, julle persone. Sien Gén. 12:5 en die kanttekening.
c Lev. 19:2; 20:7. 1 Petr. 1:16. 39 Uit die redes wat God hier gebruik om sy volk die genoemde wette in te skerp, blyk dat die seremoniële reinheid ’n aanwysing en aanleiding was tot die ware geestelike heiligmaking, wat vernaamlik oordink en betrag moet word. God neem sy redes (1) van sy natuur, wat geestelik en volkome heilig is; (2) van die doel waartoe Hy die Israeliete verkies en geroep het, wat hul heiligmaking na die liggaam en na die gees was; (3) van die weldaad wat Hy aan hulle bewys het, deur hulle te lei uit Egipte om hulle te bring in die beloofde land; terwyl Hy daarmee aantoon dat Hy hulle ook uit die geestelike Egipte wou verlos, sodat hulle Hom hier ken en dien, en hierna in die hemelse Kanaän vir ewig met Hom sou lewe.

40 Dit is, reinig julle van alle besmetting van die liggaam en van die gees, en volbring die heiligmaking, dit is, die ware vernuwing van die lewe in die vrees van God, 2 Kor. 7:1.

41 Sien Gén. 17:7 se kanttekening.

42 Of: Wees dan heilig, omdat Ek heilig is.