Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Levítikus 15

Wette aangaande onrein mans en vroue.

1

VERDER het die HERE met Moses en Aäron gespreek en gesê:

2

Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As 1enige man ’n vloeiing uit sy 2vlees het, 3dan is dié vog onrein.

3

En dit sal sy onreinheid deur die vloeiing wees: As sy vlees die vog 4laat loop of sy vlees verstop raak van die vog — dit is ’n onreinheid in hom.

4

Elke bed waar hy op lê wat die vloeiing het, sal onrein wees; en 5alles waar hy op sit, sal onrein wees.

5

En elkeen wat aan sy bed raak, moet sy klere was en ’n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein;

6

en die een wat gaan sit op die voorwerp waarop hy gesit het wat die vloeiing het, moet sy klere was en ’n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein;

7

en die een wat aan 6die liggaam raak van hom wat die vloeiing het, moet sy klere was en ’n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein.

8

En as hy wat die vloeiing het, op ’n reine spuug, moet 7dié een sy klere was en ’n bad neem, en hy bly tot die aand toe onrein.

9

En elke 8saal waar hy op 9ry wat die vloeiing het, sal onrein wees.

10

En elkeen wat aan iets raak wat onder hóm is, sal onrein wees tot die aand toe. En die een wat dit dra, moet sy klere was en ’n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein.

11

En elkeen aan wie hy raak wat die vloeiing het, sonder dat hy eers sy hande in die water afgespoel het, dié een moet sy klere was en ’n bad neem, en hy bly tot die aand toe onrein.

12

aOok die erdegoed waar hy aan raak wat die vloeiing het, moet stukkend gebreek word; maar al die voorwerpe van hout moet in die water afgespoel word.

13

En as hy wat die vloeiing het, van sy vloeiing 10rein word, moet hy 11sewe dae tel 12ná sy reiniging en sy klere was en sy liggaam in 13vars water bad; dan sal hy rein wees.

14

En op die agtste dag moet hy vir hom twee tortelduiwe of 14twee jong duiwe neem en voor die aangesig van die HERE kom, by die ingang van die tent van samekoms, en dié aan die priester gee;

15

en die priester moet hulle berei, die een as sondoffer en die ander as brandoffer; so moet die priester dan vir hom vanweë sy vloeiing versoening doen voor die aangesig van die HERE.

16

En as daar van ’n man ’n saadvloeiing 15uitgaan, moet hy sy hele liggaam in die water bad, en hy sal tot die aand toe onrein wees.

17

Ook elke kledingstuk en elke vel waar die saadvloeiing op kom, moet in die water gewas word en dit bly tot die aand toe onrein.

18

En wat die vrou aangaan 16met wie ’n man vleeslike gemeenskap het — altwee moet ’n bad neem en sal tot die aand toe onrein wees.

19

En as ’n vrou ’n vloeiing het, en die vloeiing in haar vlees bloed is, dan bly sy sewe dae lank in haar 17onreinheid; en elkeen wat aan haar raak, sal tot die aand toe onrein wees.

20

En alles waar sy in haar onreinheid op lê, sal onrein wees; en alles waar sy op sit, sal onrein wees.

21

En elkeen wat aan haar bed raak, moet sy klere was en ’n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein.

22

En elkeen wat raak aan enige 18voorwerp waar sy op sit, moet sy klere was en ’n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein;

23

en as daar 19iets op die bed is of op die voorwerp waar sy op sit, as hy dit aanraak, sal hy tot die aand toe onrein wees.

24

bEn as ’n man met 20haar gemeenskap het, sodat haar 21onreinheid 22op hom kom, sal hy sewe dae lank onrein wees; en elke bed waar hy op lê, sal onrein wees.

25

cEn as ’n vrou lank ’n bloedvloeiing het, buiten die 23tyd van haar onreinheid, of as sy vloei 24oor die tyd van haar onreinheid, moet sy gedurende al die dae van haar onreine vloeiing wees soos in die dae van haar maandelikse onreinheid; sy is onrein.

26

Elke bed waar sy gedurende al die dae van haar vloeiing op lê, sal vir haar soos die bed van haar maandelikse onreinheid wees; en alles waar sy op sit, sal net so onrein wees soos iets wat deur haar maandelikse onreinheid verontreinig is.

27

En elkeen wat aan hierdie dinge raak, sal onrein wees: dié een moet sy klere was en ’n bad neem en bly tot die aand toe onrein.

28

Maar 25as sy van haar vloeiing rein geword het, moet sy sewe dae tel, en daarna sal sy rein wees.

29

En op die agtste dag moet sy vir haar twee tortelduiwe of twee jong duiwe neem en dié by die ingang van die tent van samekoms na die priester bring.

30

Dan moet die priester die een as sondoffer en die ander as brandoffer berei; en die priester moet vanweë haar onreine vloeiing vir haar versoening doen voor die aangesig van die HERE.

31

So moet julle dan die kinders van Israel van hulle onreinheid afsonder, dat hulle nie 26deur hulle onreinheid sterwe nie — deurdat hulle my tabernakel wat in hulle midde is, verontreinig.

32

Dit is die wet vir hom wat ’n vloeiing het en vir hom van wie ’n saadvloeiing uitgaan, sodat hy daardeur onrein word;

33

en vir die vrou wat deur haar onreinheid onwel is, en vir die een wat aan ’n vloeiing ly, man of vrou, en vir ’n man wat met ’n onrein vrou gemeenskap het.

1 Hebr. man man. Hierdie herhaling beteken alle of elke man. So ook in Ex. 36:4. Lev. 17:3, 8, 10, ens.

2 So word op ’n eerbare manier die skaamte van ’n man genoem; soos ook in Lev. 12:3. Eség. 16:26; 23:20 en die kanttekeninge, en hier in die volgende vers.

3 Of: dan is hy onrein as gevolg van die vog.

4 Naamlik deur swakheid en natuurlike siekte, wat deur die geneeshere gonorree genoem word.
5 Of: elke voorwerp. Die Hebreeuse woord beteken hier allerlei huisraad, gereedskap, voorwerpe, klere, werktuie en roerende goed. So ook in verse 6, 22.
6 Naamlik, behalwe aan sy hande wat gewas is. Sien vers 11.
7 Naamlik op wie gespuug is.
8 Verstaan allerlei gereedskap of maaksel en kussingwerk, wat gebruik word om op te sit.

9 Die Hebreeuse woord beteken nie net om op ’n dier te ry nie, Gén. 24:61. Núm. 22:22, maar ook op ’n wa, 2 Kron. 35:24. Jer. 17:25.

a Lev. 6:28; 11:33.
10 Dit is, as sy vloeiing ophou.

11 Sien Núm. 19:11, ens.

12 Of: tot sy reiniging. Verstaan die onderhouding van die seremonies wat volgens die wet vereis was, sodat hy as rein beskou kon word.

13 Sien Lev. 14:5 se kanttekening.

14 Hebr. twee seuns van ’n duif, so ook in vers 29.
15 Naamlik in sy slaap. Want dit is ’n ander soort onreinheid as die voorgaande, wat deur liggaamlike swakheid veroorsaak was.
16 Verstaan hier sodanige man wat die genoemde siekte gehad het, of wat andersins in sy slaap verontreinig was.
17 Sien Lev. 12:2 se kanttekening.
18 Sien vers 4 se kanttekening.
19 Naamlik voorwerp of roerende goed.
b Lev. 18:19. 20 Terwyl sy haar vloeiing het, egter buite die man se wete. Want om willens en wetens by ’n vrou tydens haar maandstonde te slaap, was verbode en strafbaar met lyfstraf, Lev. 20:18.

21 Of: afsondering, dit is, haar maandstonde; so genoem omdat sy vir die duur daarvan van die geselskap van mense afgesonder was.

22 Dit is, dat hy met haar maandstonde besmet geword het.

c Matt. 9:20. 23 Verstaan die normale tyd van haar maandstonde.

24 Dit is, langer as gewoonlik.

25 Dit is, as die vloeiing ophou.
26 Of: in hulle onreinheid.