Statevertaling – Bybelstigting

Levítikus 16

Die groot versoendag.

1

EN die HERE het met Moses gespreek aná die dood van die 1twee seuns van Aäron, wat gesterf het toe hulle voor die aangesig van die HERE nader gekom het;

2

en die HERE het aan Moses gesê: Spreek met jou broer Aäron bdat hy nie te eniger tyd moet ingaan in die 2heiligdom nie, binnekant die 3voorhangsel, voor die 4versoendeksel wat op die ark is, sodat hy nie sterwe nie; want Ek 5verskyn in die wolk op die versoendeksel.

3

Hiermee moet Aäron in die heiligdom ingaan: met 6’n jong 7bul as sondoffer en ’n ram as brandoffer.

4

Hy moet ’n 8heilige linnerok aantrek en ’n linnebroek moet oor sy vlees wees en met ’n linnegordel moet hy hom gord en ’n linnetulband moet op sy hoof wees. Dit is 9heilige klere; en hy moet sy liggaam in die water bad en dit aantrek.

5

En van die vergadering van die kinders van Israel moet hy twee bokramme as sondoffer en een ram as brandoffer neem.

6

Dan moet Aäron die sondofferbul wat cvir hom bedoel is, aanbring en vir hom en sy 10huis versoening doen.

7

Hy moet ook die twee bokke neem en hulle voor die aangesig van die HERE stel by die ingang van die tent van samekoms.

8

En Aäron moet oor die twee bokke die lot 11werp, een lot vir die HERE en een lot vir 12Asásel.

9

Dan moet Aäron die bok aanbring waar die lot vir die HERE op gekom het en hom as sondoffer berei;

10

maar die bok waar die lot vir Asásel op gekom het, moet lewendig voor die aangesig van die HERE gestel word, om 13oor hom versoening te bewerk deur hom 14vir Asásel in die woestyn te stuur.

11

Aäron moet dan die sondofferbul wat vir hom bedoel is, laat aankom en vir hom en sy huis versoening doen: hy moet die sondofferbul slag wat vir hom bedoel is,

12

en die vuurpan 15vol 16gloeiende kole van die altaar voor die aangesig van die HERE wegneem; daarby twee 17handevol fyngestampte 18reukwerk van speserye en dit binnekant die 19voorhangsel bring.

13

En hy moet die reukwerk op die vuur lê voor die aangesig van die HERE, dat die wolk van die reukwerk die versoendeksel wat op die Getuienis is, 20kan oordek, sodat hy nie sterwe nie.

14

dEn hy moet van die bloed van die bul neem en dit met sy vinger 21op die versoendeksel aan die oostekant sprinkel; en voor die versoendeksel moet hy sewe maal met sy vinger van die bloed sprinkel.

15

Dan moet hy die sondofferbok slag wat vir die volk bedoel is, en sy bloed binnekant die voorhangsel bring en met sy bloed doen soos hy met die bloed van die bul gedoen het: hy moet dit sprinkel op die versoendeksel en voor die versoendeksel.

16

So moet hy dan vir 22die heiligdom versoening doen vanweë die onreinhede van die kinders van Israel en vanweë hulle oortredinge, wat hulle sondes ook al mag wees; so moet hy dit ook doen vir die tent van samekoms wat by hulle te midde van hulle onreinhede 23woon.

17

En niemand mag in die tent van samekoms wees as 24hy ingaan om in 25die heiligdom versoening te doen totdat hy uitkom nie en versoening gedoen het vir hom en vir sy huis en vir die hele vergadering van Israel.

18

Dan moet hy na die 26altaar 27uitgaan wat voor die aangesig van die HERE is en daarvoor versoening doen: hy moet van die bloed van die bul en van die bloed van die bok neem en dit rondom aan die horings van die altaar 28stryk

19

en met sy vinger van die bloed sewe maal daarop sprinkel. So moet hy dit 29dan reinig en heilig van die onreinhede van die kinders van Israel.

20

En as hy die versoening van die heiligdom en die tent van samekoms en die altaar voleindig het, moet hy die lewendige bok 30laat aankom;

21

en Aäron moet sy twee hande op die kop van die lewendige bok 31lê en oor hom belydenis doen van al die ongeregtighede van die kinders van Israel en al hulle oortredinge, wat hulle sondes ook al mag wees; en hy moet dié op die kop van die bok lê en hom deur ’n man 32wat gereed staan, na die woestyn toe stuur.

22

So moet die bok dan op hom al hulle ongeregtighede na ’n 33woeste land wegdra; en 34hy moet die bok in die woestyn los.

23

Dan moet Aäron in die tent van samekoms ingaan en die linneklere uittrek wat hy aangetrek het toe hy in die heiligdom ingegaan het, en dit daar neerlê.

24

En hy moet sy liggaam op ’n 35heilige plek in die 36water bad en sy klere aantrek. Dan moet hy uitgaan en sy brandoffer en die brandoffer van die volk berei, om vir hom en vir die volk versoening te doen.

25

Ook moet hy die vet van die sondoffer op die 37altaar aan die brand steek.

26

En hy wat die bok 38vir Asásel weggedrywe het, moet sy klere was en sy liggaam in die water bad; en daarna mag hy in die laer kom.

27

Maar edie sondofferbul en die sondofferbok waarvan die bloed ingebring is om versoening te doen 39in die heiligdom, moet hulle buitekant die laer uitbring; en hulle velle, hulle vleis en hulle mis moet met vuur verbrand word.

28

En hy wat dit verbrand, moet sy klere was en sy liggaam in die water bad; en daarna mag hy in die laer kom.

29

En dit moet vir julle ’n 40ewige insetting wees: in die 41sewende maand, op die tiende van die maand, fmoet julle 42jul 43verootmoedig en géén werk doen nie — die kind van die land sowel as die vreemdeling wat onder julle vertoef.

30

Want op hierdie dag moet 44hy vir julle 45versoening doen om julle te reinig; van al julle sondes moet julle voor die aangesig van die HERE rein word.

31

’n Dag van volkome rus moet dit vir julle wees, en julle moet jul verootmoedig. Dit is ’n 46ewige insetting.

32

En die 47priester wat gesalf en 48aangestel sal word om in die plek van sy vader die priesteramp te bedien, moet die versoening doen; en hy moet die linneklere, die 49heilige klere, aantrek

33

en versoening doen vir die 50Allerheiligste; ook moet hy vir die tent van samekoms en die altaar versoening doen, en vir die priesters en die hele volk van die vergadering moet hy versoening doen.

34

En dit moet vir julle ’n ewige insetting wees om vir die kinders van Israel weens al hulle sondes geen maal in die jaar versoening te doen. En hy het gedoen soos die HERE Moses beveel het.

a Lev. 10:1, 2. 1 Naamlik Nadab en Abíhu, vir wie die HERE gedood het, omdat hulle met vreemde vuur voor Hom verskyn het. Sien Lev. 10:1, 2.
b Ex. 30:10. Hebr. 9:7. 2 Hebr. heiligheid, wat heilig is, heilige plek. Verstaan hier en in verse 3, 17, 27 die Allerheiligste, die binneste plek van die tabernakel, te onderskei van die voorste deel, wat gewoonlik die Heilige genoem word. Sien Ex. 26:33, 34. Hebr. 9:2, 3.

3 Sien Lev. 4:6 se kanttekening.

4 Sien Ex. 25:17, 18, ens.

5 Naamlik gewoonlik en op ’n sigbare wyse; wat in jou ’n heilige vrees en eerbied moet opwek. Vgl. Ex. 3:5. 1 Kon. 8:11, 12 en die kanttekening.

6 Met die bloed van die geslagte bul, soos blyk uit vers 14.

7 Hebr. die seun van ’n bees.

8 Hebr. die linnerok van heiligheid; so ook in die vervolg van hierdie vers klere van heiligheid, dit is, heilige klere, so genoem omdat dit tot ’n heilige gebruik afgesonder was; soos ook in Ex. 28:2. In dieselfde betekenis word ook ander dinge heilig genoem, Ex. 29:31; 30:25. Lev. 22:4. 2 Kron. 5:5.

9 Verstaan onder die klere wat hier genoem word ook die ander, wat omvattender beskryf word in Ex. 28:4, ens., en vgl. Ex. 28:43.

c Hebr. 7:27, 28. 10 Dit is, huisgesin. Sien Gén. 7:1 se kanttekening.
11 Hebr. gee. Naamlik, om te verneem watter een die HERE geslag wil hê as sondoffer, en watter een in die woestyn of in die veld weggestuur sou word.

12 Sommige verstaan onder hierdie woord ’n persoon, ander ’n plek. Die Hebreeuse woord kom volgens die mening van meeste van twee woorde af, waarvan die een bok beteken, die ander weggaan. Dit wil voorkom of dit dui op die lewende bok, wat losgelaat was om weg te gaan, of die plek of persoon waarheen hy weggestuur word. Sien hierdie woord ook in verse 10, 26.

13 Of: met hom, of: deur hom.

14 Sien vers 8 se kanttekening.

15 Hebr. die volheid van die vuurpan. So ook hierna die volheid van die hande, dit is, handevol, en die volheid van die huis, vir: die huis vol, Núm. 22:18. Net so die volheid van ’n kom, vir: ’n kom vol, Rig. 6:38.

16 Hebr. kole van vuur, dit is, wat brandend, aangesteek en gloeiend is. So ook in 2 Sam. 22:13. Eség. 1:13. Rom. 12:20.

17 Hebr. volheid van vuiste.

18 Sien die beskrywing van hierdie reukwerk in Ex. 30:34, 35, 38.

19 Sien Lev. 4:6 se kanttekening.

20 Naamlik, sodat die priester daardeur verhinder word om die teken van die goddelike teenwoordigheid te sien.
d Lev. 4:6. Hebr. 9:25; 10:4. 21 Hebr. op die aangesig van die versoendeksel; so ook in die vervolg van hierdie vers. Hierdie besprinkeling het slegs een maal plaasgevind. Maar die ander een, wat op die plek voor die versoendeksel gedoen is, sewe maal. Sien Lev. 4:6.
22 Wat dit behels om vir enige plek versoening te doen, word hier en in die 19de vers aangewys; naamlik om dit van die seremoniële en morele onreinhede, wat daaraan of daarin mog wees of begaan is, deur offers te reinig en te ontsondig. Vgl. Lev. 8:15; 14:49, 52, 53 en in hierdie hfst., verse 19, 20.

23 Dit is, teenwoordig is en bly in die midde van diegene wat baie onreinhede het.

24 Naamlik die hoëpriester.

25 Die Allerheiligste, soos in vers 2.

26 Verstaan die brandofferaltaar, waarvan gesê word dat dit voor die aangesig van die HERE is om die rede wat in Lev. 1:3 se kanttekening gemeld is.

27 Naamlik uit die eerste of voorste deel van die tabernakel, soos dit af te lei is uit vers 17, waar gespreek word van die priesters se uitkom uit die binneste deel van die tabernakel.

28 Hebr. sal gee.

29 Sien vers 16 se kanttekening, en vers 20.
30 Anders: bring, offer.
31 Hebr. steun. Sien Lev. 1:4 se kanttekening.

32 Of: aangewese een, dit is, ’n sekere, bekwame man, wat byderhand is, of die tyd het, of gewoond is om daarvoor gebruik te word.

33 Hebr. land van afsondering, dit is, wat onbewoond en van die geselskap en die gemeenskap van mense afgesny en geskei is.

34 Naamlik die man wat gereed staan.

35 Sien Lev. 6:16, 26; 10:13 se kanttekening.

36 Sien Lev. 6:28 se kanttekening.

37 Naamlik die brandofferaltaar. Want dit was verbode om op die reukaltaar so ’n offer te bring, Ex. 30:9.
38 Sien vers 8 se kanttekening.
e Lev. 6:30. Hebr. 13:11. 39 Sien vers 2 se kanttekening.
f Lev. 23:27. 40 Hebr. insetting van ewigheid, so ook in verse 31, 34. Sien Gén. 13:15 se kanttekening.

41 In 1 Kon. 8:2 Étanim genoem, en vandag deur die Jode Tisri; dit kom die meeste ooreen met ons September.

42 Hebr. siele. Dit is, julle persone, dit is, liggaam en siel, soos in Gén. 12:5 en die kanttekening.

43 Of: bekommer, of kwel, dit is, ernstig verneder voor die HERE, met bekentenis van julle sondes, met vas, met bid, met nalating van alles wat vir die liggaam aangenaam en vermaaklik is. Sien hierdie manier van spreek ook in vers 31. Ps. 35:13. Jes. 58:3, 5. Dan. 10:12.

44 Naamlik die hoëpriester.

45 Sien Lev. 1:4 se kanttekening.

46 Sien vers 29 se kanttekening.
47 Dit is, die hoëpriester. Sien Lev. 4:3 se kanttekening.

48 Sien Lev. 7:37 se kanttekening.

49 Hebr. die klere van heiligheid; so ook in vers 4.

50 Hebr. die heiligdom van heiligheid.
g Ex. 30:10. Hebr. 9:7.