Statevertaling – Bybelstigting

Levítikus 4

Die sondoffer.

1

VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê:

2

Spreek met die kinders van Israel en sê: As 1iemand in 2swakheid sondig teen 3een van alle 4gebooie van die HERE en 5een van die dinge wat nie gedoen mag word nie, 6tog doen —

3

as die 7gesalfde priester 8sondig, 9sodat die volk daardeur skuldig word, moet hy vir die sonde wat hy gedoen het, ’n 10jong bul sonder gebrek aan die HERE 11as sondoffer bring;

4

en hy moet die bul bring na die ingang van die tent van samekoms, voor die aangesig van die HERE, en moet sy hand op die kop van die bul lê en 12die bul slag voor die aangesig van die HERE.

5

Dan moet die gesalfde priester avan die bloed van die bul neem en dit na die tent van samekoms bring,

6

en die priester moet sy vinger in die bloed steek en van die bloed sewe maal sprinkel voor die aangesig van die HERE, voor die 13voorhangsel van die heiligdom.

7

Ook moet die priester van die bloed 14stryk baan die 15horings van die 16altaar van die reukwerk van speserye, wat 17in die tent van samekoms is, voor die aangesig van die HERE; en hy moet al die orige bloed van die bul uitgiet aan 18die onderkant van die brandofferaltaar wat 19by die ingang van die tent van samekoms is;

8

en al die vet van die sondofferbul moet hy van hom aflig, cdie vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is,

9

en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer — by die niere moet hy dit wegneem —

10

soos dit van die dankofferbul afgelig word — den die priester moet dit aan die brand steek op die brandofferaltaar.

11

Maar die evel van die bul en al sy vleis met die kop en die pote en die binnegoed en die mis —

12

die hele bul fmoet hy buitekant die laer uitbring op ’n rein plek 20waar die as uitgegooi word, en hy moet hom op hout met vuur verbrand; op die plek waar die as uitgegooi word, moet hy verbrand word.

13

En as gdie hele vergadering van Israel 21hulle misgaan sonder dat die vergadering hom daarvan bewus is; en hulle 22enigiets doen 23wat die HERE verbied het, en 24skuldig word;

14

en die sonde wat hulle 25so gedoen het, bekend word, moet die vergadering ’n jong bul as sondoffer laat aankom en hom 26voor die tent van samekoms bring,

15

en die 27oudstes van die vergadering moet hulle hande op die kop van die bul lê voor die aangesig van die HERE, en 28die bul moet voor die aangesig van die HERE geslag word.

16

Dan moet die 29gesalfde priester van die bloed van die bul in die tent van samekoms bring,

17

en die priester moet sy vinger in die bloed steek en sewe maal voor die aangesig van die HERE, voor 30die voorhangsel sprinkel.

18

En hy moet van die bloed stryk aan die horings van die altaar wat in die tent van samekoms voor die aangesig van die HERE is. Dan moet hy al die orige bloed uitgiet aan die onderkant van die brandofferaltaar wat by die ingang van die tent van samekoms is;

19

en hy moet al die vet van hom aflig en op die altaar aan die brand steek

20

en met die bul doen soos hy met die sondofferbul gedoen het. So moet hy met hom maak; en die priester moet vir hulle 31versoening doen, en dit sal hulle 32vergewe word.

21

Daarna moet hy die bul buitekant die laer uitbring en hom verbrand soos hy die 33eerste bul verbrand het; dit is ’n sondoffer van die vergadering.

22

As ’n owerste sondig en 34in swakheid 35enigiets doen wat die HERE sy God verbied het, en hy skuldig word;

23

36of as sy sonde wat hy so gedoen het, aan hom bekend word, moet hy as sy offer bring 37’n bok sonder gebrek, ’n ram;

24

en hy moet sy hand op die kop van die bok lê en 38hom slag op die plek 39waar hulle die brandoffer voor die aangesig van die HERE slag; dit is ’n sondoffer.

25

Dan moet die priester van die bloed van die sondoffer met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar stryk; maar die orige bloed moet hy aan die onderkant van die brandofferaltaar uitgiet.

26

Hy moet ook al die vet op die altaar aan die brand steek soos die vet van die dankoffer. So moet die priester dan vir hom 40versoening doen weens sy sonde, en dit sal hom vergewe word.

27

hEn as 41iemand 42van die volk van die land 43in swakheid sondig, omdat hy enigiets doen wat die HERE verbied het, en hy skuldig word;

28

of as sy sonde wat hy gedoen het, aan hom bekend word, dan moet hy as sy offer bring ’n 44bok sonder gebrek, ’n ooi, vir die sonde wat hy gedoen het;

29

en hy moet sy hand op die kop van die sondoffer lê en die sondoffer slag op 45die plek van die brandoffer.

30

Dan moet die priester van haar bloed met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar stryk; maar al die orige bloed moet hy aan die onderkant van die altaar uitgiet;

31

ien al die vet moet hy wegneem soos die vet van die dankoffer af weggeneem is, en die priester kmoet dit op die altaar aan die brand steek as lieflike geur vir die HERE. So moet die priester dan vir hom 46versoening doen, en dit sal hom vergewe word.

32

Maar ingeval hy ’n skaaplam as sy sondoffer bring, moet dit ’n ooi wees sonder gebrek wat hy bring;

33

en hy moet sy hand op die kop van die sondoffer lê en 47dit as sondoffer slag op die plek waar hulle die brandoffer slag.

34

Dan moet die priester van die bloed van die sondoffer met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar stryk, maar al die orige bloed moet hy aan die onderkant van die altaar uitgiet;

35

en al die vet moet hy wegneem soos die vet van die dankofferlam weggeneem word, en die priester moet 48dit op die altaar 49oor die vuuroffers van die HERE aan die brand steek. So moet die priester dan vir hom versoening doen vir die sonde wat hy gedoen het, en dit sal hom vergewe word.

1 Dit is, ’n mens. Sien Lev. 2:1 se kanttekening, en so dikwels in dit wat volg.

2 Of: deur afdwaling. Dit is, deur onkunde, as iemand hom vergryp, onwetende dat dit wat hy doen sonde is, of deur onversigtigheid, haastigheid en onbedagsaamheid in enige sonde val, wat hy eers ná die daad begin oordink.

3 Dit is, teen een, of enige van alle gebooie van God, soos in die einde van hierdie vers verklaar word.

4 Naamlik, waardeur iets verbied word. So ook in 1 Kon. 2:43. En so word gebied vir verbied gebruik in Deut. 2:37; 4:23.

5 So ook in verse 13, 22. Sien Gén. 20:9 se kanttekening.

6 Verstaan hierby dat hulle dan die offer sal bring wat hierna beveel word.

7 Verstaan die hoëpriester; wat later alleen gesalf was, Ex. 29:7; 30:30. Lev. 21:10. Ook Lev. 10:7. Núm. 3:3. Die gewone priesters is ook gesalf, maar slegs die eerste priesters, omdat hierdie salwing ook vir hul nageslag gedien het, Ex. 29:29; 40:15.

8 In leer of in lewe.

9 Sodat hy deur sy sonde ’n skuld oor die volk bring, deurdat hulle sy valse leer aanneem of die slegte voorbeeld van sy lewe navolg. Vgl. 1 Kron. 21:3. Anders: volgens die skuld van die volk, dit is, op dieselfde manier as wanneer iemand van die gewone volk sou sondig.

10 Hebr. die seun van ’n bees. So ook in vers 14. Sien Lev. 1:14 se kanttekening.

11 Hebr. tot sonde; dit is, ’n offer wat gebring word vir die sonde. So word die woord sonde en skuld gebruik in Lev. 6:17. Eség. 45:23. 2 Kor. 5:21.

12 Naamlik deur een van die ander priesters, wat by die altaar gedien het. Want hy word onderskei van die priester wat in die volgende vers die gesalfde genoem word.
a Lev. 16:14. Núm. 19:4.
13 Verstaan ’n baie kosbare tapyt, waarmee die Heilige of die voorste deel van die tabernakel geskei word van die Allerheiligste, wat die agterste deel was (hier ook die heiligdom genoem). Sien Ex. 26:31-33; 35:12; 40:3, 21. Núm. 4:5.
b Lev. 9:9. 14 Hebr. gee. So ook in vers 18. Ex. 29:12.

15 Vgl. Ex. 27:2; 38:2.

16 Hebr. die altaar van die rook van welriekende spreserye.

17 Naamlik binne in die voorste deel, vóór die heiligdom, Ex. 30:6.

18 Dit is, op die grond of die onderste deel van die altaar. So ook in verse 18, 25, 30, 34.

19 Dit is, vóór by die ingang van die voorste deel van die tabernakel, die Heilige genoem.

c Lev. 3:3, 4.
d Lev. 3:5.
e Ex. 29:14. Núm. 19:5.
f Lev. 16:27. Núm. 19:3. Hebr. 13:11. 20 Hebr. op die uitgooi van die as, dit is, by die uitgegooide as. Verstaan ’n plek buite die laer, waar die as van die verbrande offers gekom het, en met ander vuiligheid wat van die offers gekom het, uitgegooi was. Dit moet onderskei word van die asplek wat aan die oostekant van die voorhof van die tabernakel was, waarheen die as van die altaar eers gedra was. Sien Lev. 1:16 se kanttekening. Sien oor beide plekke saam Lev. 6:10, 11.
g Lev. 9:15. Núm. 15:24, ens. 21 Naamlik deur onkunde en misverstand, soos in vers 2.

22 Hebr. een, dit is, iets, enige ding.

23 Hebr. teen enige van alle gebooie, dit is, teen een, of enige van alle. Sien vers 2 se kanttekening.

24 Dit is, geval in sonde, en daardeur strafwaardig. Vgl. vers 3.

25 Naamlik teen enige gebod van die HERE.

26 Hebr. voor die aangesig van die tent.

27 Wat in die regering en in die leeramp bo ander gestel was. Sien Ex. 3:16 se kanttekening. Matt. 26:57.

28 Naamlik deur die priester, wie se amp dit was om dit te doen. Sien Lev. 1:5 se kanttekening.

29 Sien vers 3 se kanttekening.
30 Sien vers 6 se kanttekening.
31 Dit is, die teken en seël van die versoening aankondig, wat deur die Middelaar sou geskied. Sien Lev. 1:4 se kanttekening en vgl. 2 Kor. 5:19, 20.

32 Naamlik uit genade, deur die geloof, op grond van die uitgestorte bloed van Christus, Rom. 3:25, nie van diere nie, Hebr. 10:4, wie se bloedstorting slegs ’n voorbeeld was van Christus se offer, Hebr. 10:1, ens.

33 Sien vers 12.
34 Sien vers 2 se kanttekening. En verstaan in hierdie vers die swakheid wat deur onversigtigheid plaasvind, wanneer iemand sy sonde wel bemerk, maar nadat die sonde gedoen is. Die ander, waarvan die volgende vers spreek, kom uit enkel onkunde voort, waardeur ’n mens nie verstaan dat dit wat hy gedoen het sonde is nie, behalwe wanneer hy deur ’n ander onderrig is.

35 Hebr. alle. Sien vers 13 se kanttekening.

36 Anders: indien of wanneer sy sonde, ens.

37 Dit is, ’n jong en ongespeende bokram. So ook in vers 28 ’n ooi vir ’n jong bokooi. Net so ook in Lev. 5:6, ens.

38 Naamlik deur die priester.

39 Naamlik voor die deur van die tent van samekoms. Sien Ex. 29:10, 11. Lev. 1:3.

40 Sien vers 20 se kanttekening.
h Núm. 15:27. 41 Hebr. enige siel. Sien Lev. 2:1 se kanttekening.

42 Verstaan die gewone volk, nie net van die Israeliete nie, maar ook van die vreemdelinge wat deur die besnydenis by die volk van God ingelyf was, Ex. 12:49. Núm. 15:16.

43 Sien die verklaring hiervan in vers 22 se kanttekening.

44 Hebr. ’n jong bokooi, dit is, ’n jong ongespeende bokooi. Sien vers 23 se kanttekening.
45 Dit is, waar die brandoffer geslag word. Sien Lev. 1:3 se kanttekening.
i Lev. 3:3, 4, 14.

k Ex. 29:18.

46 Sien vers 20 se kanttekening.
47 Naamlik deur die priester. Sien Lev. 1:5 se kanttekening.
48 Naamlik die vettighede, waarvan daar ’n verskeidenheid was, soos af te lei is uit verse Lev. 3:9, 10.

49 Sien Lev. 3:5 se kanttekening.