Statevertaling – Bybelstigting

Levítikus 8

Wyding van Aäron en sy seuns.

1

VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê:

2

aNeem Aäron en sy seuns saam met hom, en 1die klere en 2die bsalfolie en 3die sondofferbul en die twee ramme en die 4mandjie met ongesuurde koeke,

3

en versamel die hele vergadering by die ingang van die tent van samekoms.

4

En Moses het gedoen soos die HERE hom beveel het, en die vergadering het bymekaargekom by die ingang van die tent van samekoms.

5

Toe sê Moses aan die vergadering: Dit is 5die saak cwat die HERE 6beveel het om te doen.

6

En Moses het Aäron en sy seuns laat nader kom en hulle met 7water gewas.

7

dDaarop het hy 8hom 9die rok aangetrek en hom met die gordel gegord en hom die mantel aangetrek; ook het hy hom 10die skouerkleed aangetrek en hom gegord met die band van die skouerkleed en daarmee hom die skouerkleed omgebind.

8

Verder het hy hom die eborstas aangeheg en in die borstas 11die Urim en die Tummim gesit.

9

En hy het die tulband op sy hoof gesit en aan die tulband, 12aan die voorkant, die goue 13plaat, 14die heilige kroon, bevestig, fsoos die HERE Moses beveel het.

10

Toe het Moses die salfolie geneem en die 15tabernakel en alles wat daarin was, gesalf en dit 16geheilig.

11

En hy het daarvan sewe maal op die altaar gesprinkel en die altaar gesalf en al sy gereedskap, met die 17waskom en sy voetstuk, om dit te heilig.

12

Daarna het hy gvan die salfolie op die hoof van Aäron gegiet en hom gesalf om hom te heilig.

13

Ook het Moses die seuns van Aäron laat nader kom en hulle die rokke aangetrek en hulle gegord met ’n gordel en hulle die musse omgebind hsoos die HERE Moses beveel het.

14

iDaarop het hy die sondofferbul laat aankom, en Aäron en sy seuns 18het hulle hande op die kop van die sondofferbul gelê.

15

En Moses het dit geslag en die bloed geneem en daarvan met sy vinger rondom aan die horings van die altaar gestryk en 19die altaar ontsondig; maar die orige bloed het hy aan die onderkant van die altaar uitgegooi. So het hy dit dan geheilig deur 20daar versoening voor te doen.

16

Verder het hy al die vet wat 21aan die binnegoed was en die lap aan die lewer en die twee niere en hulle vet geneem, en Moses het dit op die altaar aan die brand gesteek.

17

Maar die bul met sy vel en sy vleis en sy mis het hy buitekant die laer met vuur verbrand, ksoos die HERE Moses beveel het.

18

Daarop het hy die brandofferram laat aankom, en Aäron en sy seuns het hulle hande op die kop van die ram gelê.

19

En Moses het dit geslag en die bloed rondom teen die altaar uitgegooi.

20

Hy het ook die ram 22in sy stukke verdeel, en Moses het die kop en die stukke en die vet aan die brand gesteek;

21

maar die binnegoed en die pote het hy 23met water gewas, en Moses het die hele ram op die altaar aan die brand gesteek; dit was ’n brandoffer 24as lieflike geur, ’n vuuroffer was dit aan die HERE, lsoos die HERE Moses beveel het.

22

Daarop het hy die ander ram, 25die wydingsram, laat aankom; en Aäron met sy seuns het hulle hande op die kop van die ram gelê.

23

En Moses het dit geslag en van die bloed geneem en dit aan die 26regteroorlel van Aäron en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet gestryk.

24

Moses het ook die seuns van Aäron laat nader kom en van die bloed aan hulle regteroorlel en aan die duim van hulle regterhand en aan die groottoon van hulle regtervoet gestryk; daarna het Moses die orige bloed rondom teen die altaar uitgegooi.

25

mEn hy het die vet geneem met die vetstert en al die vet wat aan die binnegoed was, en die lap aan die lewer en die twee niere en hulle vet en die regterboud.

26

Ook het hy uit die mandjie met ongesuurde koeke wat 27voor die aangesig van die HERE was, een ongesuurde koek geneem en 28een oliebrood koek en een platkoek; en hy het dit op die stukke vet en op die regterboud neergesit

27

nen dit alles op die 29hande van Aäron en die hande van sy seuns gelê; en hy het dit as 30beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg.

28

Daarop het Moses dit uit hulle hande geneem en dit op die altaar, bo op die brandoffer, aan die brand gesteek; ’n 31wydingsoffer was dit as lieflike geur, ’n vuuroffer aan die HERE.

29

Verder het Moses die bors geneem en dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg; van die wydingsram het dit aan Moses as 32deel toegekom, osoos die HERE Moses beveel het.

30

pMoses het ook van die salfolie en van die bloed wat aan die altaar was, geneem en dit op Aäron, op sy klere, sowel as op sy seuns en op die klere van sy seuns gesprinkel. So het hy dan Aäron, sy klere, sowel as sy seuns en die klere van sy seuns 33geheilig.

31

Toe sê Moses vir Aäron en sy seuns: Kook die vleis by die ingang van die tent van samekoms qen eet dit daar met die brood wat in die wydingsmandjie is, soos ek beveel en gesê het: Aäron en sy seuns moet 34dit eet.

32

Maar wat van die vleis en die brood oorbly, moet julle met vuur verbrand.

33

Ook mag julle sewe dae lank nie by die ingang van die tent van samekoms uitgaan nie tot op die dag dat die dae van julle wyding verby is; want sewe dae lank moet 35julle wyding duur.

34

Soos vandag gedoen is, het die HERE beveel om verder te doen, om vir julle versoening te bewerk.

35

Julle moet dan by die ingang van die tent van samekoms bly, dag en nag, sewe dae lank; en julle moet die 36ordening van die HERE hou, 37dat julle nie sterwe nie; want so is aan my bevel gegee.

36

En Aäron en sy seuns het al die dinge gedoen wat die HERE 38deur die diens van Moses beveel het.

a Ex. 28:1, 2.

b Ex. 30:25.

1 Verstaan die heilige en priesterlike klere, wat God beveel het om te maak, Ex. 28:2, en volgens hierdie bevel gemaak was, Ex. 39:1.

2 Hebr. olie van die salwing; so ook in dit wat volg. Sien hieroor Ex. 30:23-25; 37:29.

3 Dit is, wat as ’n sondoffer gebring moes wees. Sien hieroor en oor dit wat volg Ex. 29:1, ens.

4 Waarin die ongesuurde en ongegiste koeke is wat hulle as offers aan God gebring het.

c Ex. 29:4. 5 Hebr. die woord. Sien Gén. 20:8 en die kanttekening.

6 Sien Exodus 29 en vgl. daardie hfst. hiermee.

7 Sien Lev. 6:28 se kanttekening en hierna, vers 11.
d Ex. 28:4. 8 Naamlik Aäron.

9 Sien oor hierdie priesterlike gewaad Ex. 28:4.

10 Sien oor hierdie kleed Ex. 28:4, 6, 7. Dit was tweërlei. Die een van die hoëpriester was van kosbare stof gemaak, Ex. 28:6, waarvan hier gespreek word. Die ander, van linne, vir die ander priesters, die Leviete en konings, 1 Sam. 2:18; 22:18. 1 Kron. 15:27.

e Ex. 28:30. 11 Sien hieroor Ex. 28:30. Die woorde beteken ligte en volmaakthede, dinge wat nie deur enige kuns van mense gemaak was nie, maar deur God aan Moses gegee om dit in die heilige borstas te sit.
f Ex. 28:36; 29:6. 12 Hebr. teenoor. Vgl. Ex. 28:37, 38; 29:6.

13 Of: blad. Hebr. die blom van die goud.

14 So genoem omdat dit (soos sommige skryf) byna soos ’n kroon gemaak was. Sien meer in Ex. 29:6 se kanttekening.

15 Die tent van samekoms.

16 Dit is, het dit afgesonder tot ’n heilige gebruik. So ook in die twee volgende verse. Net so ook Gén. 2:3. Ex. 28:41; 29:1. 2 Kron. 7:7. Joël 1:14.

17 Dit is, ’n kom waarin die priesters, wanneer hulle in die tabernakel ingegaan het, hul hande en voete, asook die vleis van die offers en die gereedskap wat tot die diens aan God behoort, gewas het. Sien Ex. 30:18-20; 40:7, 30. Lev. 6:28.
g Ps. 133:2.
h Ex. 29:9.
i Ex. 29:1. 18 Anders: het met hulle hande op die kop gesteun of geleun, ens. So ook in vers 18. Sien Lev. 1:4 se kanttekening.
19 Dit is, het dit afgesonder van die algemene en onheilige gebruik. So ook in Ex. 29:36. Lev. 14:49 en die kanttekening, ens.

20 Dit is, om dit deur hierdie offer vir heilige gebruik geskik te maak, of: om daarop versoening te doen, dit is, om daarop die offers van versoening vir die mense te bring. So ook in Ex. 29:36.

21 Anders: op, oor.
k Ex. 29:14. Lev. 4:11.
22 Sien Lev. 1:6.
l Ex. 29:18. 23 Sien vers 11 se kanttekening.

24 Sien Lev. 1:9 se kanttekening. Gén. 8:21.

25 Hebr. ram van die vullinge, dit is, met die offer van die ram waarmee hulle in hul priesteramp bevestig was. Sien Lev. 7:37 se kanttekening.
26 Verstaan die sagte onderste deel van die oor.
m Ex. 29:22.
27 Sien Lev. 1:3 se kanttekening.

28 Hebr. een koek van die brood van die olie.

n Ex. 29:24. 29 Hebr. palms, en so in dit wat volg.

30 Sien Lev. 7:30 se kanttekening.

31 Hebr. vullinge, en so in dit wat volg. Sien Lev. 7:37 se kanttekening.
o Ex. 29:26. Lev. 7:33. 32 Verstaan ten opsigte van daardie tyd, toe die priesterskap eerste ingestel was en Moses die amp van priester buitengewoon bedien het. Want daarna het hy dit nie meer gedoen nie, maar hom gehou by die bediening van die burgerlike en profetiese amp, terwyl sy kinders onder die gewone Leviete gereken is.
p Ex. 29:21. 33 Sien vers 10 se kanttekening.
q Ex. 29:32. Lev. 24:9. 34 Naamlik die orige vleis en die brood wat in die mandjie was.
35 Dit is, waar julle deur sekere seremonies in jul priesteramp bevestig word. Sien Lev. 7:37 se kanttekening.
36 Verstaan die verskuldigde plig van die priesters in die waarneming en onderhouding van alles wat hulle beveel was om in die tabernakel te doen, en in die besonder dit wat hierdie wyding van hulle aangegaan het. Vgl. Núm. 3:7, 8; 9:19. 2 Kon. 11:5. Of: die diens van die HERE waarneem.

37 Soos Nadab en Abíhu naderhand oorgekom het, toe hulle, teen die ordening, vreemde vuur aan die HERE gebring het.

38 Hebr. deur die hand van Moses, dit is, deur sy diens en beleid. Sien Ex. 4:13 se kanttekening. So ook in Lev. 10:11. Núm. 16:40. Jos. 14:2.