Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Levítikus 9

Eerste offerandes van Aäron.

1

EN op die 1agtste dag het Moses Aäron en sy seuns en 2die oudstes van Israel geroep

2

en aan Aäron gesê: aNeem 3vir jou ’n 4bulkalf as sondoffer en ’n ram as brandoffer, altwee sonder gebrek; en bring hulle 5voor die aangesig van die HERE.

3

En spreek met die kinders van Israel en sê: Neem ’n bokram as sondoffer en ’n kalf en ’n lam, altwee 6een jaar oud, sonder gebrek, as brandoffer,

4

ook ’n bul en ’n ram as dankoffer om voor die aangesig van die HERE te offer; en spysoffer met olie gemeng; want vandag 7verskyn die HERE aan julle.

5

Toe het hulle voor die tent van samekoms 8gebring wat Moses beveel het. En die hele vergadering het nader gekom en gaan staan voor die aangesig van die HERE.

6

En Moses het gesê: Dit is die saak wat die HERE julle beveel het om te doen, sodat die 9heerlikheid van die HERE aan julle kan verskyn.

7

En Moses het vir Aäron gesê: Kom nader na die altaar en berei jou bsondoffer en jou brandoffer, en doen versoening 10vir jou en vir die volk, en berei die offer van die volk, en doen versoening vir hulle soos die HERE beveel het.

8

Toe het Aäron na die altaar nader gekom en 11die sondofferkalf geslag wat 12vir hom bedoel was.

9

En die seuns van Aäron het die bloed na hom gebring, en hy het sy vinger in die bloed gesteek en dit aan die horings van die altaar gestryk. Daarna het hy die orige bloed aan die onderkant van die altaar uitgegiet.

10

Maar die vet en die niere en die lap aan die lewer van die sondoffer het hy op die altaar 13aan die brand gesteek soos die HERE Moses beveel het.

11

En die vleis en die 14vel het hy buitekant die laer met vuur verbrand.

12

Toe het hy die brandoffer geslag, en die seuns van Aäron het vir hom die bloed 15aangegee, en hy het dit rondom teen die altaar uitgegooi.

13

Ook het hulle vir hom die brandoffer volgens sy stukke aangegee, met die kop, en hy het dit aan die brand gesteek op die altaar.

14

En hy het die binnegoed en die pote gewas en dit aan die brand gesteek bo op die brandoffer op die altaar.

15

Daarna het hy die offer cvan die volk gebring; hy het naamlik die sondofferbok geneem wat 16vir die volk bedoel was, en dit geslag en 17dit as sondoffer gebring soos 18tevore.

16

Verder het hy die brandoffer gebring en dit berei 19volgens voorskrif.

17

En hy dhet die 20spysoffer gebring en 21’n handvol daaruit geneem en dit aan die brand gesteek op die altaar, behalwe die 22emôrebrandoffer.

18

Toe het hy die bul en die ram geslag wat 23vir die volk as dankoffer bedoel was; en die seuns van Aäron het vir hom die bloed aangegee — wat hy toe rondom teen die altaar uitgegooi het —

19

en die stukke vet van die bul, en van die ram die vetstert en 24die netvet en die niere en die lap aan die lewer;

20

en hulle het die stukke vet op die borsstukke gesit, en 25hy het die stukke vet op die altaar aan die brand gesteek.

21

Maar die borsstukke en fdie regterboud het Aäron as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg soos Moses beveel het.

22

Daarna het Aäron sy hande na die volk toe opgehef en hulle 26geseën. En 27hy het afgeklim 28nadat hy die sondoffer en brandoffer en dankoffer gebring het.

23

Daarop het Moses en Aäron in die tent van samekoms gegaan; en toe hulle uitkom, het hulle die volk 29geseën. En die 30heerlikheid van die HERE het aan die hele volk verskyn —

24

gvuur het 31van die aangesig van die HERE uitgegaan en op die altaar die brandoffer en die stukke vet verteer. Toe die hele volk dit sien, 32het hulle gejuig en 33op hulle aangesig geval.

1 Wat gevolg het op die sewe dae van inwyding wat gemeld is in Lev. 8:35. Vgl. Eség. 43:26, 27.

2 Sien Lev. 4:15 se kanttekening.

a Ex. 29:1. 3 Dit is, om vir jou geslag te word. Sien vers 8.

4 Hebr. die seun van ’n bees, dit is, ’n jong bul.

5 Sien Lev. 1:3 se kanttekening.

6 Hebr. seuns van ’n jaar. So ook in Lev. 14:10.
7 Hebr. het die HERE aan julle verskyn. Hy spreek van ’n gebeurtenis wat nog sou plaasvind, sien verse 23, 24, asof dit teenswoordig was en reeds plaasgevind het, om die sekerheid en vastigheid daarvan by hulle in te skerp. So ook in Gén. 20:3 en die kanttekening. Ex. 9:3. Matt. 26:28, ens.
8 Anders: Toe het hulle geneem en voor die tent van samekoms gebring wat Moses beveel het. Sien oor die verklaring hiervan Gén. 12:15 se kanttekening.
9 Verstaan die heerlike tekens van die openbaring van God deur die vuur wat van die HERE uitgegaan het, waardeur die brandoffer vanself aangesteek en verteer is. Sien verse 23, 24. Vgl. Ex. 24:16, 17; 40:34, 35. Eség. 43:2.
b Lev. 16:6. Hebr. 7:27. 10 Eers vir jou, sodat jy op die manier bekwaam mag wees om die versoening vir die volk te doen, wanneer jy self eers versoen sal wees. Want die Levitiese priesters, omdat hulle self sondaars was, moes ook vir hulself offer, Hebr. 7:27, 28.
11 Dit is, wat vir die sonde geoffer moes wees. Vgl. vers 15 se kanttekening.

12 Sien vers 2 se kanttekening.

13 Dit is, berei en gereedgemaak om aangesteek en verbrand te word. So ook in verse 13, 14, 17, 20. Want dit is onmiddellik daarna aangesteek en verteer met vuur wat wonderbaarlik uit die hemel geval, of uit die Allerheiligste voortgekom het, vers 24.
14 Met alles wat nog oorgebly het van hierdie kalf. Vgl. Lev. 4:11.
15 Hebr. vir hom laat vind, dit is, vir hom gelewer, of gebring. So ook in verse 13, 18, ens.
c Lev. 4:13. 16 Of: van die volk, dit is, wat vir die volk geoffer sou word. Vgl. vers 8 se kanttekening.

17 Hebr. hy het hom sonde gemaak, dit is, hy het die sondofferbok tot ’n offer berei vir die sonde. Of: hy het hom ontsondig, dit is, met hom het hy die volk ontsondig; dit is, hy het hulle gereinig van hul sondes, nie in die daad nie, maar in die betekenis, terwyl dit wys op die enigste offer van Christus, wat alleen met die daad die sondes kan wegneem, Hebreërs 9; 10. Sien Lev. 4:20 se kanttekening. Daarom word daar ook gesê dat Hy sonde vir ons gemaak is, 2 Kor. 5:21.

18 Naamlik die offer van die bulkalf. Sien verse 2, 8.

19 Dit is, volgens die voorskrif, soos dit moes gebeur. Sien Lev. 5:10 se kanttekening.
d Lev. 2:1.

e Ex. 29:38, ens.

20 Wat altyd saam met die brandoffer moes gaan, soos af te lei is uit Levítikus 6.

21 Naamlik van die fynmeel waaruit die spysoffer bestaan het. Sien Lev. 2:2.

22 Dit is, wat elke môre gewoonlik met spysoffer gebring moes word. Sien Ex. 29:38-40.

23 Naamlik, om vir hulle geslag te word. Vgl. vers 8 se kanttekening.
24 Verstaan die vet wat oor die binnegoed lê. Vgl. Lev. 3:3, 9, 14; 4:8; 7:3, ens.
25 Naamlik Aäron.
f Lev. 7:32.
26 Naamlik as priester, wie se amp was om die geestelike goedere deur onderrig, offer en gebed aan die volk van God uit te deel. Die openbare seën was ’n soort gebed, waarvan ons die formulier lees in Núm. 6:23.

27 Naamlik, van die klein heuweltjie, nie steil nie, maar geleidelik opgaande, waarop die altaar gestaan het, sodat mense rondom goed kon sien wat daarop gebeur het. Vgl. Ex. 20:26. Anders: nadat hy afgeklim het.

28 Hebr. van die bring van die sondoffers, brandoffers, ens.

29 Naamlik soos dienaars van God oor sy gemeente. Hierdie seën het in die openbaar plaasgevind met die aanroeping van God se Naam, volgens die voorskrif van Núm. 6:24, ens. Sien ook hieroor Deut. 10:8.

30 Sien die volgende vers en vers 6 se kanttekening.

g 1 Kon. 18:38. 2 Kron. 7:1. 31 Dit is, van die Allerheiligste, wat saam met die hele tabernakel die huis van die HERE genoem is, 1 Sam. 3:15. 1 Kron. 6:31, 32, waar die verbondsark was, ’n teken van God se teenwoordigheid; of verstaan dit as die hemel, wat die woning van die HERE genoem word, Deut. 26:15. 2 Kron. 30:27. Jes. 63:15, van waar ten tyde van Elía die vuur op sy offer geval het, 1 Kon. 18:38.

32 Dit is, hulle het ’n vreugdevolle uitroep aangehef.

33 Tot ’n teken van ootmoedige eerbied. Sien Gén. 17:3 se kanttekening.