Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Markus 16

Die opstanding.

(Matt. 28:1-10 en ooreenk. pl.)

1

ENa toe die sabbat verby was, het Maria Magdaléna en Maria, die moeder van Jakobus, en Salóme speserye 1gekoop om Hom te gaan 2salf.

2

En baie vroeg op die eerste dag 3van die week, 4net ná sonop, kom hulle by die graf.

3

En hulle sê vir mekaar: Wie sal vir ons die steen voor die opening van die graf wegrol?

4

En toe hulle opkyk, sien hulle dat die steen 5weggerol was, want dit was baie groot.

5

bEn toe hulle in die graf ingegaan het, sien hulle 6’n jongman, met ’n 7lang wit kleed om, aan die regterkant sit, en hulle het baie geskrik.

6

En hy sê vir hulle: cMoenie verskrik wees nie. Julle soek Jesus die Nasaréner wat gekruisig is. Hy het opgestaan. Hy is nie hier nie. Dáár is die plek waar hulle Hom neergelê het.

7

Maar gaan sê vir sy dissipels 8en vir Petrus dat Hy dvoor julle uit gaan na Galiléa. Daar sal julle Hom sien 9esoos Hy vir julle gesê het.

8

fToe gaan hulle haastig uit en vlug van die graf af weg. En bewing en ontsetting het hulle aangegryp. En hulle 10het vir niemand iets gesê nie, want hulle het gevrees.

Verskyning van Jesus ná sy opstanding.

9

EN nadat Hy opgestaan het, vroeg op die eerste dag 11van die week, het Hy geers 12verskyn aan Maria Magdaléna, huit wie Hy sewe duiwels uitgedryf het.

10

Sy het gegaan en dit vertel aan die wat saam met Hom gewees het, terwyl hulle treur en ween.

11

En toe hulle hoor dat Hy lewe en deur haar gesien is, het hulle dit nie geglo nie.

12

iEn hierna het Hy 13in ’n ander gedaante verskyn aan twee van hulle terwyl hulle loop, 14op pad in die veld.

13

Hulle het ook gegaan en dit aan die ander vertel, maar dié het hulle ook nie geglo nie.

14

kLater het Hy aan die elf self verskyn 15toe hulle aan tafel was, en Hy het hulle hul ongeloof en hardheid van hart verwyt, omdat hulle die wat Hom ná sy opstanding gesien het, nie geglo het nie.

15

En Hy het vir hulle gesê: lGaan 16die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan 17die ganse mensdom.

16

Hy wat glo en hom 18laat doop, 19sal gered word; mmaar hy wat nie glo nie, sal 20veroordeel word.

17

En vir die wat geglo het, sal 21hierdie tekens volg: nin my Naam sal hulle duiwels uitdryf, omet 22nuwe tale sal hulle spreek,

18

23pslange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; qop siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.

19

24Nadat die Here dan met hulle gespreek het, ris Hy opgeneem in die hemel en het gaan sit aan die regterhand van God.

20

sMaar hulle het uitgegaan en 25oral gepreek, en tdie Here het 26saamgewerk en 27die woord 28bevestig deur die tekens wat daarop gevolg het. Amen.

a Matt. 28:1. Luk. 24:1. Joh. 20:1. 1 Die speserye was reeds die aand voor die sabbat gekoop, soos Lukas verklaar, Luk. 23:56.

2 Dit is, balsem.

  3 Gr. van die sabbatte, dit was die derde dag nadat Hy begrawe is; die dag word daarom die dag van die Here genoem, omdat Hy op dié dag opgestaan het. Sien Openb. 1:10 se kanttekening.

4 Hulle het hul waarskynlik wel met die eerste tekens van dagbreek gereedgemaak om te gaan, toe dit nog donker was, maar hulle het naby die graf gekom met sonsopkoms. Sien hieroor die verklaring in Joh. 20:1 se kanttekening.

  5 Naamlik deur die engel, Matt. 28:2.
b Matt. 28:2. Joh. 20:12. 6 Dit is, ’n engel in die gedaante van ’n jongman.

7 Gr. stole. Sien daaroor Mark. 12:38 se kanttekening.

c Matt. 28:5. Luk. 24:5.  
d Hand. 1:3; 13:31. 1 Kor. 15:5.

e Matt. 26:32; 28:10. Mark. 14:28.

8 Dit is, en in die besonder vir Petrus, omdat hy vanweë sy verloëning en droefheid daaroor in die besonder troos nodig gehad het.

9 Naamlik voor sy lyding, Mark. 14:28.

f Matt. 28:8. Luk. 24:9. Joh. 20:18. 10 Naamlik vir diegene wat hulle ontmoet het, totdat hulle by die dissipels gekom het, aan wie hulle dit vertel het, vers 10. Luk. 24:9.
g Joh. 20:14, 16.

h Luk. 8:2.

11 Gr. van die sabbat; die woord dui soms ook op die hele week. Sien Matt. 28:1 en Luk. 18:12 se kanttekeninge.

12 Sien meer oor hierdie eerste verskyning in Joh. 20:14.

i Luk. 24:13. 13 Nie dat Hy werklik ’n ander gedaante gehad het nie, maar wat Hy skynbaar vir hulle gehad het, omdat hul oë weerhou is, sodat hulle Hom nie herken het nie, Luk. 24:16.

14 Naamlik na Émmaüs, Luk. 24:13. Sien daar ook ’n breedvoeriger beskrywing van hierdie gebeurtenis.

k Luk. 24:36. Joh. 20:19. 1 Kor. 15:5. 15 Of: toe hulle bymekaar gesit het.
l Matt. 28:19. Joh. 15:16. 16 Gr. al die wêreld in.

17 Gr. alle skepsel, dit is, alle nasies, Matt. 28:19, naamlik nie net die Jode nie, maar ook die Grieke of heidene, dit is, allerhande soorte nasies. Sien Kol. 1:23.

m Joh. 3:18; 12:48. 18 Gr. gedoop word.

19 Of: sal salig word.

20 Of: verdoem.

n Luk. 10:17. Hand. 5:16; 8:7; 16:18; 19:12.

o Hand. 2:4; 10:46; 19:6.

21 Naamlik tot die mate wat nodig sal wees om die leer van die evangelie te versprei en te bevestig, want die gawe om wondertekens te doen is nie aan almal gegee nie, 1 Kor. 12:28. Die tekens is ook nie nodig as die evangelie genoegsaam bevestig is nie.

22 Of: nuwe tonge. Dit is, met vreemde tale wat hulle nie aangeleer het nie, Hand. 2:4.

p Luk. 10:19. Hand. 28:5.

q Hand. 28:8.

23 Naamlik sonder skade, soos Paulus gedoen het, Hand. 28:5.
r Luk. 24:50, 51. Hand. 1:9. 24 Naamlik veertig dae lank, oor die koninkryk van God, Hand. 1:3.
s Hand. 1:2. 1 Tim. 3:16.

t Hand. 14:3. Hebr. 2:4.

25 Dit is, deur die hele wêreld, Hand. 10:28, 42.

26 Hy het naamlik deur die werking van sy Gees, die prediking van sy Woord in die harte van mense bekragtig tot hul bekering. Sien Hand. 14:3; 16:14. 1 Kor. 3:7.

27 Naamlik van die verkondiging van die evangelie.

28 Of: bekragtig.

Einde van die heilige evangelie volgens (die beskrywing van) MARKUS.