Statevertaling – Bybelstigting
Jesus is Here van die sabbat.
(Mark. 2:23-28; Luk. 6:1-5.)
INa daardie tyd het Jesus op die 1sabbat deur die gesaaides geloop, en sy dissipels het honger geword en are begin pluk en eet.
Maar toe die Fariseërs dit sien, sê hulle vir Hom: Kyk, u dissipels doen bwat nie geoorloof is om op 2die sabbat te doen nie.
Maar Hy sê vir hulle: Het julle nie gelees wat Dawid gedoen het nie — toe hy en die wat saam met hom was, honger gehad het —
hoe hy in 3die huis van God gegaan en die c4toonbrode geëet het wat vir hom en die wat saam met hom was, nie geoorloof was om te eet nie, dmaar net vir die priesters alleen?
eOf het julle nie in die wet gelees dat die priesters op die sabbat in die tempel die sabbat 5ontheilig en 6onskuldig is nie?
En Ek sê vir julle: fEen wat 7groter is as die tempel, is hier.
Maar as julle geweet het wat dit beteken: gEk wil barmhartigheid hê en 8nie offerande nie, sou julle die onskuldiges nie veroordeel het nie;
hwant die Seun van die mens is 9Here óók van die sabbat.
Genesing van die man met die verdorde hand.
(Mark. 3:1-6; Luk. 6:6-11.)
iEN Hy het daarvandaan weggegaan en in hulle sinagoge gekom.
En daar was ’n man met ’n verdorde hand, en hulle het Hom gevra en gesê: kIs dit geoorloof om op die sabbat gesond te maak? — sodat hulle Hom sou kan aanklae.
Maar Hy sê vir hulle: Watter mens sal daar onder julle wees wat een skaap het, en as dit op die sabbat lin ’n sloot val, dit nie sal gryp en uithaal nie?
mHoeveel 10meer is ’n mens dan nie werd as ’n skaap nie! So is dit dan geoorloof om op die sabbat 11goed te doen.
Toe sê Hy vir die man: Steek jou hand uit! En hy het dit uitgesteek, en dit is herstel, gesond soos die ander een.
nDaarop het die Fariseërs uitgegaan en saam raad gehou teen Hom, 12sodat hulle Hom sou kan ombring.
Toe Jesus dit 13bemerk, het Hy daarvandaan oweggegaan, en groot menigtes het Hom gevolg, en Hy het hulle almal gesond gemaak,
pen hulle ’n streng bevel gegee dat hulle Hom nie bekend moes maak nie,
sodat vervul sou word die woord wat gespreek is deur Jesaja, die profeet:
qKyk, my 14Kneg wat Ek uitverkies het, my Geliefde in wie my siel ’n welbehae het! Ek sal my Gees op Hom lê, en Hy sal aan die nasies 15die reg aankondig.
Hy sal nie twis of 16uitroep nie, en niemand sal sy stem op die strate hoor nie.
17’n Geknakte riet sal Hy nie verbreek nie, en ’n 18lamppit wat rook, sal Hy nie uitblus nie, totdat Hy 19die reg tot oorwinning 20uitbring.
En op sy Naam sal die heidene hoop.
Die godslastering van die Fariseërs.
(Mark. 3:20-30; Luk. 11:14-23.)
rTOE het hulle ’n duiwelbesetene wat 21blind en stom was, na Hom gebring; en Hy het hom gesond gemaak, sodat die blinde en stomme kon praat en sien.
En die hele menigte was verbaas en het gesê: sIs Hy nie miskien die seun van Dawid nie?
Maar toe die Fariseërs dit hoor, sê hulle: tHy dryf die duiwels nie anders uit as deur 22Beëlsebul, die owerste van die duiwels, nie.
Maar Jesus het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en elke stad of huis wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie.
En as die Satan die Satan uitdryf, dan is hy teen homself verdeeld. Hoe sal sy koninkryk dan bly staan?
En as Ek deur Beëlsebul die duiwels uitdryf, deur wie dryf julle 23seuns hulle uit? Daarom sal hulle jul regters wees.
Maar as Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God by julle gekom.
Of hoe kan iemand in die huis van ’n sterk man ingaan en sy 24goed roof, as hy nie eers die sterk man geboei het nie? En dan sal hy sy huis beroof.
Hy wat nie met My is nie, is teen My; en hy wat nie saam met My versamel nie, verstrooi.
vDaarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering sal die mense 25vergewe word, maar die lastering 26teen die Gees sal die mense 27nie vergewe word nie.
xEn elkeen wat ’n woord spreek teen die Seun van die mens, dit sal hom vergewe word; ymaar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie, 28in hierdie eeu nie en ook in die toekomende nie.
Bome en vrugte.
(Luk. 6:43-45.)
zJULLE moet òf die boom goed 29maak en sy vrugte goed, òf julle moet die boom 30sleg maak en sy vrugte sleg; want aan die vrugte word die boom geken.
aAddergeslag, hoe kan julle goeie dinge praat terwyl julle sleg is? bWant uit die oorvloed van die hart praat die mond.
Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart goeie dinge te voorskyn, en die slegte mens bring uit die slegte skat slegte dinge te voorskyn.
Maar Ek sê vir julle cdat van elke 31ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee din die oordeelsdag.
eWant uit jou woorde sal jy 32geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word.
Die teken van Jona.
(Luk. 11:16, 29-32.)
fTOE spreek sommige van die skrifgeleerdes en Fariseërs en sê: Meester, ons wil graag ’n teken van U sien.
Maar Hy antwoord en sê vir hulle: ’n Slegte en 33owerspelige geslag soek na ’n teken, en geen teken sal aan hom gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona.
gWant soos Jona drie dae en drie nagte in die buik van die groot vis was, só sal die Seun van die mens 34drie dae en drie nagte in die 35hart van die aarde wees.
hDie manne van Ninevé sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit 36veroordeel; want hulle het hul iop die prediking van Jona bekeer, en — meer as Jona is hier!
kDie koningin van die 37Suide sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want sy het gekom van die 38eindes van die aarde af om die wysheid van Salomo te hoor, en — meer as Salomo is hier!
lEn wanneer die onreine gees uit die mens uitgegaan het, gaan hy deur 39waterlose plekke en soek rus en vind dit nie.
Dan sê hy: Ek sal teruggaan na my huis waar ek uitgegaan het. En hy kom en vind dit leeg, uitgeveeg en 40versier.
Dan gaan hy en neem 41sewe ander geeste slegter as hy self met hom saam, men hulle kom in en woon daar; en die laaste van daardie mens word erger as die eerste. 42Só sal dit ook wees met hierdie bose geslag.
Die familie van Jesus.
(Mark. 3:31-35; Luk. 8:19-21.)
nEN terwyl Hy nog met die skare spreek, staan sy moeder en 43broers daarbuite en wou graag met Hom praat.
Toe sê iemand vir Hom: Dáár staan u moeder en u broers buite en wil graag met U praat.
Maar Hy antwoord en sê vir die een wat Hom dit vertel het: 44Wie is my moeder? En wie is my broers?
En Hy steek sy hand oor sy dissipels uit en sê: Dáár is my moeder en my broers.
oWant elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, dié is my broer en suster en moeder.
| a Deut. 23:25. Mark. 2:23. Luk. 6:1. | 1 Gr. sabbatte. |
| b Ex. 20:10. | 2 Die Fariseërs bestraf nie die dissipels van Christus omdat hulle uit die gesaaides van iemand anders are pluk nie, want dit was deur die wet geoorloof, Deut. 23:25, maar omdat hulle dit op die sabbat gedoen het. |
| c 1 Sam. 21:6.
d Ex. 29:33. Lev. 24:9. |
3 Dit is, die tabernakel, wat in daardie tyd in Nob was. Sien 1 Sam. 21:6.
4 Gr. brode van voorstelling; in Hebreeus: brode van die aangesig (naamlik van die Here). Sien in Lev. 24:5, ens. watter soort brode dit was en wat ’n mens daarmee gedoen het. |
| e Núm. 28:9. | 5 Dit is, sulke werke doen, wat die sabbat sou ontheilig, indien God dit nie tot sy diens beveel het nie.
6 Dit is, daarmee nie oortree nie. |
| f 2 Kron. 6:18. | 7 Want Christus was die Here van die tempel, en die Saak self, waarvan die tempel ’n afbeelding en teken was, Mal. 3:1. Joh. 2:19. |
| g Hos. 6:6. Miga 6:8. Matt. 9:13; 23:23. | 8 Sien Matt. 9:13 se kanttekening. |
| h Mark. 2:28. Luk. 6:5. | 9 Dit is, het die mag om bepalings in te stel oor die werke van die sabbat. |
| i Mark. 3:1. Luk. 6:6. |
| k Luk. 14:3. |
| l Ex. 23:4. Deut. 22:4. |
| m Gén. 1:27. | 10 Gr. verskil ’n mens van ’n skaap.
11 Dit is, werke van die liefde te beoefen. |
| n Mark. 3:6. Joh. 5:18; 10:39; 11:53. | 12 Of: op watter wyse. |
| o Matt. 10:23. | 13 Of: omdat Hy dit weet. |
| p Matt. 9:30. Luk. 5:14. |
| q Jes. 42:1. Matt. 3:17; 17:5. Mark. 1:11. Kol. 1:13. 2 Petr. 1:17. | 14 Christus word ’n kneg van die Vader genoem, omdat Hy die gedaante van ’n dienskneg aangeneem het, Filip. 2:7, en omdat die raad van die Vader met betrekking tot ons verlossing deur Hom uitgevoer is, Jes. 53:10, 11. Sien ook Jes. 42:1 se kanttekening.
15 Gr. die oordeel. Dit is, die saligmakende leer of ware godsdiens, en wat daarby behoort. |
| 16 Naamlik uit eergierigheid of twisgierigheid. |
| 17 Dit is, Hy sal die verslae gemoedere en die wat swakgelowig is nie verstoot nie, maar met alle toegeneentheid ontmoet.
18 Gr. vlas, omdat die lamppitte daarvan gemaak is. 19 Gr. die oordeel. Dit is, Hy sal met die waarheid van sy leer kragtig deurbreek, totdat dit die oorhand behou. 20 Of: te voorskyn bring. Gr. uitstoot, uitwerp. |
| r Matt. 9:32. Luk. 11:14. | 21 Dit is, van wie die duiwel die gebruik van die oë en tong weggeneem het. |
| s Joh. 4:29. |
| t Matt. 9:34. Mark. 3:22. Luk. 11:15. | 22 Sien Matt. 10:25 se kanttekening. |
| 23 Hierdeur word óf die dissipels van Christus verstaan, wat in sy Naam duiwels uitgedryf het, Luk. 10:17, óf sommige ander Jode, wat dit ook soms gedoen het. Sien Luk. 9:49. |
| 24 Gr. vate. Dit is, huisraad of voorwerpe. Want die Hebreërs bedoel met die woord vate allerlei gebruiksvoorwerpe, waarvan die huis voorsien word. |
| v Mark. 3:28. Luk. 12:10. 1 Joh. 5:16. | 25 Naamlik indien hulle hul bekeer.
26 Hierdie sonde teen die Heilige Gees is wanneer iemand, uit enkel haat en moedswil, die evangeliese waarheid teen die oortuiging van die Heilige Gees weerstaan, laster en vervolg, en dit nie uit swakheid of vrees soos Petrus, of uit onwetendheid soos Paulus, versaak of bestry nie. 27 Naamlik omdat hulle hul nie bekeer nie, en deur die regverdige oordeel van God nie bekeer kan word nie. Sien Hebr. 6:4-6. |
| x 1 Sam. 2:25.
y Núm. 15:30. 1 Joh. 5:16. |
28 Dit is, nooit nie, soos dit verklaar word in Mark. 3:29, nie hiér, of hierná in die laaste oordeel nie, wat ook die eeu wat kom genoem word, Luk. 18:30. |
| z Matt. 7:18. | 29 Dit is, beskou en oordeel.
30 Gr. verrot. |
| a Matt. 3:7.
b Ps. 40:11. Luk. 6:45. |
| c Ef. 5:4.
d Pred. 12:14. |
31 Gr. ledige, dit is, wat geen nut tot stigting het nie, Ef. 4:29, hoeveel te meer nog die woorde van laster. |
| e 2 Sam. 1:16. Luk. 19:22. | 32 Dit is, as regverdig erken en verklaar word. |
| f Matt. 16:1. Mark. 8:11. Luk. 11:29. 1 Kor. 1:22. |
| 33 Of: ontaarde en verbasterde. Sien Joh. 8:39 en die kanttekening. |
| g Jona 1:17; 2:10. | 34 ’n Deel van die dae word hier verstaan as ’n hele dag en nag; soos by die Hebreërs gebruiklik is. Sien 1 Sam. 30:12, vergeleke met vers 13, en Est. 4:16, vergeleke met Est. 5:1. En indien ’n mens dit neem volgens die Romeinse tydrekening, waar die dae op middernag begin en geëindig het, is dit nog duideliker.
35 Dit is, binne-in die aarde, volgens die Hebreeuse spreekwyse. So word gesê dat Tirus in die hart van die see lê, Eség. 27:4. |
| h Luk. 11:32.
i Jona 3:5. |
36 Naamlik deur hul voorbeeld. |
| k 1 Kon. 10:1. 2 Kron. 9:1. Luk. 11:31. | 37 Dit is, van Skeba, 1 Kon. 10:1, wat suid van Judéa geleë was.
38 Dit is, van vergeleë plekke af. |
| l Luk. 11:24. | 39 Dit is, droë of dorre plekke. |
| 40 Of: verfraai. |
| m Hebr. 6:4, 5; 10:26. 2 Petr. 2:20. | 41 Dit is, baie. ’n Hebreeuse spreekwyse.
42 Met hierdie gelykenis leer Christus, dat wanneer ’n mens deur die kennis van die evangelie verlos is van sy natuurlike onwetendheid, en nogtans nie ooreenkomstig hierdie kennis leef nie, maar dit onderdruk, hy baie erger word as tevore. Sien 2 Petr. 2:20, 21. |
| n Mark. 3:31. Luk. 8:20. | 43 Sommige verstaan hier bloedverwante, wat by die Hebreërs ook broers genoem word. Sien Gén. 13:8, 11 se kanttekeninge. |
| 44 Christus spreek hier nie veragtend oor sy moeder nie, maar prys net die geestelike familiebande bo die vleeslike. |
| o Joh. 15:14. 2 Kor. 5:16. Gal. 5:6; 6:15. Kol. 3:11. |