Statevertaling – Bybelstigting

Matthéüs 14

Die onthoofding van Johannes die Doper.

(Mark. 6:14-29; Luk. 3:19, 20; 9:7-9.)

1

ENa in daardie tyd het 1Herodes, die 2viervors, die gerug van Jesus gehoor

2

en aan sy knegte gesê: Hierdie man is Johannes die Doper. Hy het uit die dode opgestaan, en daarom werk dié kragte in hom.

3

bWant 3Herodes het Johannes gevang, hom geboei en in die gevangenis gesit vanweë 4Heródias, die vrou van Filippus, sy broer.

4

Want Johannes het vir hom gesê: cDit is u nie geoorloof om haar 5te hê nie.

5

En hoewel hy hom wou doodmaak, het hy die skare gevrees, domdat hulle hom vir ’n profeet gehou het.

6

Maar by edie viering van die 6verjaarsdag van Herodes het die dogter van Heródias voor hulle gedans en Herodes behaag.

7

fDaarom het hy met ’n eed beloof om haar enigiets te gee wat sy sou vra.

8

Toe sê sy, nadat sy deur haar moeder 7aangehits was: Gee my hier op ’n skottel die hoof van Johannes die Doper.

9

En die koning het 8treurig geword, maar ter wille van 9die eed en die feesgenote het hy beveel dat dit gegee moes word.

10

En hy 10het gestuur en Johannes in die gevangenis onthoof.

11

Sy hoof is toe op ’n skottel gebring en aan die meisie gegee, en sy het dit na haar moeder gebring.

12

En sy dissipels het gekom en sy liggaam weggeneem en dit begrawe; en hulle het gegaan en dit aan Jesus vertel.

13

gEn toe Jesus dit hoor, het Hy daarvandaan in ’n skuit 11vertrek na ’n verlate plek 12alleen. En die skare het dit gehoor en Hom van die stede af 13te voet gevolg.

Eerste vermeerdering van die brode.

(Mark. 6:30-44; Luk. 9:10-17; Joh. 6:1-14.)

14

hEN toe Jesus uitgaan, het Hy ’n 14groot skare gesien en iinnig jammer vir hulle gevoel, en Hy het hulle siekes gesond gemaak.

15

kEn toe dit aand geword het, kom sy dissipels na Hom en sê: Die plek is verlate, en dit is al oor 15die tyd; stuur die skare weg, sodat hulle na die dorpe kan gaan en vir hulle voedsel koop.

16

Maar Jesus sê vir hulle: Hulle hoef nie weg te gaan nie; gee julle vir hulle iets om te eet.

17

Maar hulle antwoord Hom: Ons het hier net vyf brode en twee visse.

18

En Hy sê: Bring dit hier vir My.

19

Toe gee Hy die skare bevel om op die gras te gaan sit; en Hy neem die vyf brode en die twee visse, kyk op na die hemel en l16dank; en nadat Hy die brode gebreek het, gee Hy dit aan die dissipels en die dissipels aan die skare.

20

En almal het geëet en versadig geword, en 17hulle het die oorskot van die brokstukke opgetel, twaalf mandjies vol.

21

En dit was omtrent vyfduisend manne wat geëet het, buiten die vroue en kinders.

Jesus loop op die see.

(Mark. 6:45-56; Joh. 6:16-21.)

22

mEN Jesus het dadelik sy dissipels 18gedwing om in die skuit te gaan en voor Hom uit te vaar na die oorkant, terwyl Hy die skare wegstuur.

23

nEn nadat Hy die skare weggestuur het, klim Hy op die berg om in die 19eensaamheid te bid. En toe dit aand geword het, was Hy daar alleen.

24

En die skuit was al in die middel van die see, 20geteister deur die golwe; want die wind was teen hulle.

25

Maar in die vierde 21nagwaak het Jesus na hulle gekom, al wandelende op die see.

26

En toe die dissipels Hom op die see sien loop, word hulle ontsteld en sê: Dit is ’n 22spook! En hulle het geskreeu van vrees.

27

Maar Jesus het dadelik met hulle gespreek en gesê: Hou goeie moed, 23dit is Ek! Moenie vrees nie.

28

En Petrus antwoord Hom en sê: Here, as dit U is, beveel my om op die water na U te kom.

29

En Hy sê: Kom! Petrus klim toe van die skuit af en loop op die water om na Jesus te gaan.

30

Maar toe hy die sterk wind sien, het hy bang geword; en toe hy begin sink, roep hy uit en sê: Here, red my!

31

En Jesus het dadelik sy hand uitgesteek en hom gegryp en vir hom gesê: Kleingelowige, waarom het jy getwyfel?

32

Daarop klim hulle in die skuit, en die wind het gaan lê.

33

Toe kom die wat in die skuit was, en 24val voor Hom neer en sê: Waarlik, U is die Seun van God!

34

oEn hulle het oorgevaar en in die land Gennésaret gekom.

35

En die manne van daardie plek het Hom herken en in daardie hele omtrek uitgestuur en almal wat ongesteld was, na Hom gebring;

36

en hulle het Hom gesmeek dat hulle net maar die 25soom van sy kleed mag aanraak; en almal wat 26dit aangeraak het, het gesond geword.

a Mark. 6:14. Luk. 9:7. 1 Hy was ’n seun van Herodes die Grote en is ook Antipas genoem.

2 Gr. tetraárges, dit is, ’n vors oor ’n vierde deel van ’n ryk. Want ná die dood van Herodes die Grote is sy ryk deur keiser Augustus onder sy seuns verdeel; waarvan amper die helfte, naamlik Judéa, Samaría en Iduméa aan Archeláüs, die oudste seun, gegee is; ’n deel, naamlik Galiléa en die land anderkant die Jordaan, aan hierdie Herodes, ’n deel genaamd Abilene aan Lisánias en die laaste deel, naamlik Ituréa en Trachonitis, het Filippus, die jongste seun, ontvang. Sien Matt. 2:22. Luk. 3:1, 19, en in Josephus, Oudhede. Hierdie tetrarge word ook konings genoem, omdat hulle as konings regeer het. Sien vers 9. Mark. 6:14. Hand. 25:24.

b Mark. 6:17. Luk. 3:19. 3 Die geskiedenis word by hierdie geleentheid beskryf, hoewel dit voorheen plaasgevind het. Sien Matt. 4:12.

4 Heródias was die vrou van Herodes se broer Filippus. Sy is deur Herodes verlei, het toe haar man verlaat, en is, terwyl Filippus nog gelewe het, deur Herodes as sy vrou geneem. Sien Josephus, Oudhede.

c Lev. 18:16. 5 Naamlik as vrou.
d Matt. 21:26.  
e Gén. 40:20. Mark. 6:21. 6 Van sulke viering van verjaarsdae vind ’n mens nog ’n voorbeeld in Gén. 40:20.
f Rig. 11:30.  
  7 Of: instruksie gegee, nadat sy haar moeder daaroor geraadpleeg het, Mark. 6:24.
  8 Nie soseer ter wille van Johannes nie, maar van die ongenoeë van die volk, wat hy gevrees het.

9 Gr. die ede. Naamlik wat hy onbehoorlik teenoor hierdie ligvaardige danseres afgelê het, vers 7.

  10 Naamlik ’n lyfwag of laksman, soos te sien is in Mark. 6:27.
g Matt. 12:15. Mark. 6:31. Luk. 9:10. 11 Nie net om die gevaar te ontduik nie, omdat sy tyd nog nie gekom het nie, maar ook omdat sy dissipels rus nodig gehad het, Mark. 6:30, 31.

12 Of: uit die pad, eenkant.

13 Want Christus het nie oorgevaar na die ander kant van die see nie, maar na die ander kant van ’n inham, sodat Hy aan dieselfde kant van die see gebly het, waar hulle Hom te voet kon volg.

h Joh. 6:5.

i Matt. 9:36.

14 Dit is, dat daar baie mense was.
k Mark. 6:35. Luk. 9:12. 15 Gr. die uur, naamlik van etenstyd, of van die dag, om die volk nie langer op te hou nie.
l 1 Sam. 9:13. 16 Die Griekse woord beteken soms wel dank, maar moet hier eintlik as seën, waarby danksegging ook gevoeg is, verstaan word, soos te sien is in Luk. 9:16. Hierdie seëning het geskied deur ’n besondere gebed, dat die brode tot versadiging van alle mense mog lei, 1 Tim. 4:4, 5.
  17 Naamlik die dissipels van Christus, soos blyk uit Joh. 6:12.
m Mark. 6:45. Joh. 6:17. 18 Naamlik met ernstige woorde, omdat hulle nie graag van Hom af wou weggaan nie.
n Mark. 6:46. Joh. 6:15. 19 Sien vers 13.
  20 Dit is, baie rondgeslinger of geslaan deur die golwe.
21 Die nag was toe opgedeel in vier wake, elk van drie uur, waarvan die vierde met die dagbreek geëindig het. Daarom word dit ook die môrewaak genoem, Ex. 14:24. 1 Sam. 11:11. Sien Luk. 12:38.
  22 Dit is, ’n gees, wat verskyn in ’n liggaamlike gedaante.
  23 Naamlik waarlik, en dit is geen verskyning of spook nie.
  24 Of: aanbid Hom.
o Mark. 6:53.  
25 Naamlik as ’n teken dat hulle deur Hom gehelp wou word; en nie dat hulle aan die soom sulke krag toegeskryf het nie. Sien soortgelyk in Matt. 9:21.

26 Naamlik die soom. Of: Hom.