Statevertaling – Bybelstigting
Verheerliking van Jesus op die berg.
(Mark. 9:2-13; Luk. 9:28-36.)
EN aná 1ses dae het Jesus vir Petrus en Jakobus en Johannes, sy broer, saamgeneem en hulle op ’n hoë 2berg 3in die eensaamheid gebring.
En Hy het voor hulle van gedaante verander, en sy aangesig het geblink soos die son, en sy klere het wit geword soos die lig.
En kyk, daar verskyn aan hulle 4Moses en Elía 5in gesprek met Hom.
Toe begin Petrus vir Jesus te sê: Here, dit is goed dat ons hier is; 6as U wil, laat ons hier drie 7hutte maak: vir U een en vir Moses een en een vir Elía.
Terwyl hy nog spreek, oordek ’n helderligte wolk 8hulle meteens en daar sê ’n stem uit die wolk: bDit is my geliefde Seun in wie Ek ’n welbehae het. cLuister na Hom!
En toe die dissipels dit hoor, het hulle op hul aangesig geval en was baie bevrees.
En Jesus het nader gekom en hulle aangeraak en gesê: Staan op en moenie vrees nie.
Toe slaan hulle hul oë op en sien niemand meer nie, behalwe Jesus alleen.
dEn onderwyl hulle van die berg afklim, het Jesus hulle bevel gegee en gesê: Julle moet vir niemand iets van die 9gesig sê voordat die Seun van die mens uit die dode opgestaan het nie.
eEn sy dissipels vra Hom en sê: Waarom sê die skrifgeleerdes dan dat fElía eers moet kom?
En Jesus antwoord en sê vir hulle: Dis waar, Elía 10kom eers en sal alles 11herstel;
maar Ek sê vir julle dat Elía al gekom het, en hulle het hom nie 12erken nie, maar aan hom 13alles gedoen wat hulle wou. So sal die Seun van die mens ook deur hulle ly.
Toe verstaan die dissipels dat Hy met hulle van Johannes die Doper gespreek het.
’n Maansieke kind gesond gemaak.
(Mark. 9:14-32; Luk. 9:37-45.)
gEN toe hulle by die skare kom, gaan daar ’n man na Hom en val voor Hom op die knieë en sê:
Here, ontferm U oor my seun, want hy is 14maansiek en ly swaar; want dikwels val hy in die vuur en dikwels in die water.
En ek het hom na u dissipels gebring, en hulle kon hom nie gesond maak nie.
Toe antwoord Jesus en sê: o Ongelowige en verdraaide geslag, hoe lank sal Ek by julle wees, hoe lank sal Ek julle verdra? Bring hom hier vir My.
Daarop bestraf Jesus 15hom; en die duiwel het van hom uitgegaan, en die seun het gesond geword van daardie uur af.
hToe kom die dissipels na Jesus 16afsonderlik en sê: Waarom kon ons hom nie uitdryf nie?
En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof; iwant, voorwaar Ek sê vir julle, as julle 17geloof het soos ’n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie.
Maar 18hierdie geslag gaan nie uit behalwe deur 19gebed en vas nie.
kEn terwyl hulle in Galiléa rondgaan, het Jesus vir hulle gesê: Die Seun van die mens sal oorgelewer word in die hande van die mense;
en hulle sal Hom doodmaak, en op die derde dag sal Hy opstaan. En hulle het baie bedroef geword.
Jesus betaal die tempelbelasting.
EN toe hulle in Kapérnaüm kom, het die wat die 20tempelbelasting ontvang, na 21Petrus gegaan en gesê: Betaal julle Meester nie die tempelbelasting nie?
Hy antwoord: lJa. En toe hy in die huis inkom, was Jesus hom voor en sê: Wat dink jy, Simon? Van wie neem 22die konings van die aarde tol of belasting — van hulle seuns of van 23die vreemdelinge?
Petrus antwoord Hom: Van die vreemdelinge. Jesus sê vir hom: Dan is die seuns vry.
Maar dat ons hulle geen aanstoot mag gee nie, gaan na die see toe, gooi ’n hoek uit en neem die eerste vis wat opkom; en as jy sy bek oopmaak, sal jy ’n 24stater kry; neem dit en gee dit aan hulle vir My en vir jou.
| a Mark. 9:2. Luk. 9:28. 2 Petr. 1:17. | 1 Naamlik nadat Christus met sy dissipels oor die koms van sy heerlikheid gespreek het. Luk. 9:28 sê: omtrent agt dae, die eerste en die laaste dag ingereken vandat hierdie dinge gebeur het, wat Matthéüs hier en Markus in Mark. 9:2 oorslaan.
2 Watter berg dit was, word nie gesê nie. Baie kerkvaders meen dat dit die berg Tabor was, omdat dit in daardie omgewing geleë en baie hoog is. 3 Of: eenkant. |
| 4 Of Moses met sy eie liggaam verskyn het, of dat hy vir ’n tyd ’n ander een aangeneem het, soos die engele soms gedoen het, is onseker. Maar dit is wel seker, dat hulle albei daar in hul eie persoon verskyn het.
5 Naamlik oor sy uitgang, wat Hy in Jerusalem sou volbring, Luk. 9:31. |
| 6 Dit is, indien dit U behaag.
7 Wat van takke of dergelike dinge gemaak is, teen die hitte van die son en teen die reën. |
| b Jes. 42:1. Matt. 3:17. Mark. 1:11; 9:7. Luk. 3:22; 9:35. Kol. 1:13. 2 Petr. 1:17.
c Deut. 18:19. Hand. 3:22. |
8 Naamlik Moses en Elía, soos blyk uit Luk. 9:34. |
| d Mark. 9:9. Luk. 9:36. | 9 Dit is, wat hulle gesien het, Mark. 9:9. 2 Petr. 1:16-18. |
| e Mark. 9:11.
f Mal. 4:5. Matt. 11:14. Mark. 9:11. |
| 10 Dit is, moes wel eers kom volgens die profesie van die profeet Maleági, Mal. 4:5.
11 Dit is, die regte leer van die Messías verklaar, wat deur die Fariseërs vervals en verduister was, en vir Christus die weg berei. |
| 12 Naamlik vir wie hy was, of vir die beloofde Elía, wat alles weer sou herstel.
13 Dit is, hulle het hom vervolg en doodgemaak. |
| g Mark. 9:16. Luk. 9:37. |
| 14 Maansiekte is ’n siekte wat erger word soos die fases van die maan verander, soos die vallende siekte (epilepsie), kranksinnigheid en dergelike siektes, waarmee die duiwel hom soms ingemeng het, soos hier gebeur het. |
| 15 Naamlik die duiwel, Luk. 9:42. |
| h Mark. 9:28. | 16 Of: alleen. Dit is, in die besonder, of eenkant. |
| i Matt. 21:21. Luk. 17:6. | 17 Hier word vernaamlik verstaan,’n geloof om wonders te doen, wat ’n besondere gawe was, wat steun op besondere beloftes en die bevel van God, waaraan die dissipels hier getwyfel het. Sien 1 Kor. 13:2. |
| 18 Naamlik van duiwels.
19 Dit is, deur ’n vaste geloof, gesterk deur vurige gebede, waartoe mense gereedgemaak word deur te vas. |
| k Matt. 16:21; 20:18. Mark. 8:31; 9:31; 10:33. Luk. 9:22, 44; 18:31. |
| 20 Gr. didragmas. Dit was twee dragmes, of ’n halfsikkel silwer, wat elkeen, hoof vir hoof, moes betaal vir die diens van die tabernakel, Ex. 30:13, en dergelike ook tot onderhoud van die tempel en van die tempeldiens, 2 Kron. 24:9. Neh. 10:32. Hierdie belasting het die Romeine later vir hulself toegeëien. Sien Josephus, Joodse Oorlog.
21 Omdat hy sy woning daar gehad het, soos ook Christus. Sien Matt. 4:13; 8:14. Want elkeen moes hierdie belasting betaal waar hy woon. |
| l Matt. 22:21. Rom. 13:7. | 22 Naamlik wat soewerein is, en onder niemand staan nie.
23 Dit is, wat nie by die huisgesin van die konings behoort nie. Of: wat nie van hulle afkoms is nie, soos Christus wel van Dawid was, Luk. 1:32. |
| 24 Dit was ’n muntstuk, wat twee didragmes of ’n sikkel silwer geweeg het; wat soveel werd is as ’n sikkel van die heiligdom. |